Gemeenskapsnuus – 12 Maart 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 2  M A A R T   2 0 1 9

 

15 – 17  MARCH  2019  BREAKTHROUGH  MINISTRIES

 

Breakthrough Ministries presents A Womens Camp themed “All Who are Thirsty”

Where: Bethel Gate of Heaven Anysberg

Costs: R500p/p (includes accommodation + meals)

Contact: Lizel Mouton on 082 781 3156 or lizel.mouton@gmail.com

 

16 – 21  MAART  2019  CHRISTEN STUDENTE VERENIGING

 

Verenigende Christen Studente Vereniging hou ‘n Nasionale Kamp met Tema “Liefde Kan”

Waar: Barkly-Wes, Kimberley        Koste: R730p/p (vervoer uitgesluit)

Kontak: Jolee by (021) 887 0212 of 079 138 6795

 

17 – 24  MAART  2019  GOD’S  FAITH MISSION CHURCH

 

God’s Faith Mission Church presents a Healing & Deliverance Tent Campaign with Bishop R. Bailey & Other Speakers                     Time: 19h30

Where: The Big Tent, C/o Kleinvlei Road & Pine Crescent, Pine Place, Eerste River

Contact: Evang. Joey Boer on 079 454 2901

 

23  MARCH  2019  HIS GRACE MINISTRIES

 

His Grace Ministries presents a Fresh Start Womens Wellness Conference with Rosebud Tsobane & many Others,

Where: Excellencia Restaurant 10 Jacaranda Street, Mikpunt, Durbanville

Cost: R200p/p (includes canapes and a high tea          Time: 12:00 – 17h00

Contact: 071 426 9430

 

2019/2020 SEASON  CAPE TOWN GOSPEL CHOIR

 

Cape Town Gospel Choir is recruiting singers for its 2019/2020 season of concerts and events in the following styles: classical, blues, rock, international gospel and South African gospel. Previous exp. in choral singing and the ability to read music would be an advantage, but is not essential. Rehearsals are on Monday evenings in Pinelands.

Annual membership of the choir is R250          Audition fee: R100

For more info contact: (021) 813 5853 or see ww.ctgc.org.za

 

23  MARCH  2019  WINNING SOULS MINISTRIES

 

Winning Souls Ministries presents an Organize Healing Crusade with Past. George Mpunga

Where: SABC Auditorium C/o Beach Road & St. James Road, Sea Point    

Contact: 074 355 6230

 

31  MAART  2019  JUBILEE LIFE MINISTRIES

 

Jubilee Life Ministries, Ravensmead hou ‘n Gospel Konsert ten bate van die Tygerberg Kinder Hospitaal met Johnny Davids, Desmond Stevens & vele Ander

Waar: Jubilee Life Ministries, Ravensmead               Tyd: 18h00

Kaartjies: R50 volw. R20 leerders

Kontak: Desmond by 079 604 6970

 

26 APRIL  2019  PANORAMA PALMS

 

Trans 50 Panorama Palms Retirement Village presents Revive Yourself with Suezette Smit

Where: Panorama Palms Retirement Village      Time:  10h00-11h00   Cost: R10p/p   

Contact: Thomalene at (021) 930 5035

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 

Werkverskaffing – 12 Maart 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 2   M A A R T  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
KONSULTANT CONSULTANT
 
Vereistes: SA Paving benodig ‘n ervare Konsultant met eie vervoer en suksesgedrewenheid.

Stuur CV na grant@sapaving.co.za  

   
BESTUURDER MANAGER
 
Requirements: Country Hotels needs a General Manager with 5yr. hotel management exp, Accounting up to trail balance.
Email CV to hotels@countrysa.co.za
 

VERKOOPSVERTEENWOORDIGER SALES EXCECUTIVE

 

Vereistes: Motorhandelaar verlang ervare Verkoopspersoon (30-55jr) woonagtig in die Noordelike Voorstede met kontakbare verwysings.    

 

Stuur CV na info@autoexecutive.co.za    
 
VERPLEEGKUNDIGE NURSE

 

Vereistes: Geregistreerde Verpleegkundige benodig by Verswakte afdeling van Chrismar Villas, moet SAVR geregistreerd wees, Indemniteitsversekering, toepaslike ondervinding van Bejaardesorg, Sorgplanne en beleid – Sluitingsdatum 18 Maart 2019

Aansoeke moet gerig word aan die Bestuurder en by Ontvangs afgelewer word te Jessiestraat 25 Chrismar, Bellville

 

ASSISTENT VERPLEEGSTER ASSISTANT NURSE

 

Vereistes: Assistent Verpleegster benodig met Matriek, SAVR geregistreerd met Indemniteitsversekering.

Diensaanvaarding: 1 April 2019 & Sluitingsdatum: 18 Maart 2019

Aansoeke moet gerig word aan die Bestuurder en by Ontvangs afgelewer word te Jessiestraat 25 Chrismar, Bellville

 

PARAPLANNER PARAPLANNER

 

Vereistes: Boutique Wealth Maatskappy benodig ‘n Paraplanner tussen 22 en 30jr. met ‘n BCom Financial Management Kwalifikasie, hoewel nie ‘n vereiste, sal ‘n RE5 kwalifikasie en 2jr ondervinding in jou guns tel, goed tweetalig (Engels & Afrikaans), produk inligting kan navors, beleggings voorstelle, kliente verhoudingsbestuur, Para-planning en intermediêre dienste, in Bellville area.

Epos CV na nortjedall@gmail.com

 

KOSTER CHURCH WARDEN

 

Vereistes: Koster benodig by NGK Kuilsrivier, verkieslik jonger as 60jr, goeie mense verhoudinge en inisiatief, diensbaarheid is ‘n gawe wat baie hoog aangeskryf sal word. Sluitingsdatum, 22 Maart 2019.  Gemeente se personeelbeleid, posbeskrywing en dienskontrak is by die Kerkkantoor beskikbaar.

Stuur volledige CV aan: Die Skriba, Posbus 107, Kuilsrivier, 7579 of epos : ngkkuilsrivier@absamail.co.za

 

DRYWER DRIVER

 

Requirements: Chauffeur Driver needed, must have valid driver’s license with PDP, customer service exp. knowledge of the Industry will be beneficial, for a Company in Cape Town.

Send CV to chauffeurs284@gmail.com

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS

 

Requirements: Grade 12, qualification in marketing will be advantageous, computer literacy and good written and spoken English, must have tolerance for stress, customer service, attention to detail etc.

Send your CV to info@jsbrokerage.co.za

 

ONTVANGSDAME RECEPTIONIST

 

Requirements: Sisters incorporated needs a Receptionist with min. Matric School leaving certificate, must be computer literate (excellent skills with all Word programmes) Drivers license an advantage, excellent communication skills, time management and organization, lives and works with integrity.

Email CV to manager@sisters.org.za

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Persoon word benodig vir halfdag met ondervinding van Klere herstelwerk, met ten minste 5jr. ondervinding en vinnig kan werk. Pos beskikbaar in Langebergridge naby Cape Gate, verkieslik in omgewing woonagtig wees.

Skakel: 082 555 8673

 

STOFFEERDER UPHOLSTERER

 

Requirements: Qualified Upholsterer needed to start a.s.a.p.

Contact: Allan on 083 377 7040

 

DRYWER DRIVER

 

Vereistes: ‘n Kode 8 Drywer benodig om spoedig diens te aanvaar.

Epos: 1 Bladsy CV na purosh@vodamail.co.za

 

ONDERWYSERES TEACHER

 

Requirements: Qualified Educare Teacher for Grade R needed with at least 3-5yrs exp. at SOS Kindergarden, Thornton.

Email: CV to soskindergarden@gmail.com

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

Dagstukkies met Dennis 12 Maart 2019

12 MAART 2019

Lukas 12:24: #Voorsiening

“Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie, hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!”

Die hoof opskrif van hierdie skrifgedeelte verwys na die sorge van die lewe. Die sorge van die lewe veroorsaak baie groot bekommernisse by baie mense. Die kwellinge van die lewe het baie mense al in ‘n diep put van depressie laat beland. Daarom sê Jesus kwel julle nie oor die lewe wat julle gaan eet, of drink of gaan aantrek nie. Lukas 12:23 sê: “Die lewe is meer werd as die voedsel en die liggaam as die klere.” Filippense 4:6 verklaar: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smekinge met danksegging bekend word by God.” Daarom is dit belangrik om op die Here te vertrou, want Hy is Jehova Jirha, die God wat voorsien. Ons dien die God van die onmoontlike.

Terwyl die manne moeg was en die hele nag deur niks gevang het nie, toe kom Jesus en sê: “Vaar uit na die diep waters en laat julle nette sak aan die regterkant. Alhoewel hulle vangste niks opgelewer het nie en hulle die see ken, het Petrus geantwoord: “Op U woord, Here sal ons dit doen.” Wanneer daar niks in die pot is nie verklaar Habakuk 3:17 “…..die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie….” Vers 18 sê dan: “Nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.” Want dit is net Hy wat kan voorsien in my behoeftes”.

Die woord bemoedig ons as die kraaie nie saai en maai en geen voorraadkamer of skuur het nie en tog voed die Here hulle. Die vraag is, is ons nie meer werd as die kraaie nie? Jesaja 43:4 sê: “Omdat jy kostelik is in My oë, en hoog geag is , en Ek jou liefhet, het Ek mense in jou plek gegee.”

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 11 Maart 2019

11 MAART 2019

2 Korintiërs 9.8: #Voorsiening

“En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.”

Groot en Almagtig is ons God wat magtig is om in elke behoefte van ons te voorsien. Spreuke 11:24 verklaar: “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terug hou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.” Die Bybel se beginsel is: Wat jy saai sal jy maai, gee en vir jou sal gegee word. Dit is belangrik om alles vir die Here te gee, sodat Hy dit kan seën. Dit sien ons in Matteus hoofstuk 14 met die eerste vermeerdering van die brode. Jesus vra wat het julle? Maar hulle antwoord Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee vissies.“ Vir die mens is dit ‘n onbesonne taak, want hoe kan ‘n mens van vyf brode en twee vissies omtrent vyf duisend manne, buiten die kinders en vroue, voed?

In Matteus 14:18-19 gebeur iets wat volgens die wetenskaplikes onverklaarbaar is: “En Hy sê: Bring dit hier vir My. Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit, en Hy neem die vyf brode en twee vissies, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.”

Daar is ‘n lied wat sê: “Little become much when you place it in the Master’s hand.” Vers 20 verklaar: “En almal het geëet en versadig geword.’ God bevestig net weer dat Hy is ‘n waarmaker van Sy woord: “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai, en wie volop saai, sal volop maai.”

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 8 Maart 2019

 

8 MAART 2019

Psalm 28:7:  #Blydskap

“Die Here is my sterkte en my skuld; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.”

Psalm 28 staan ook bekend as die Dankpsalm. Dit is in hierdie Psalm wat Dawid sterk uitroep na God. ‘n Gebed om verlossing om vry te kom van die dinge rondom hom. In die Psalm hoor ‘n mens hulpkrete van ernstige uitroepe dat God moet ingryp en sy pleidooi is in vers twee: “Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van U Heiligdom.” Die word van die Here sê ook: Roep My aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou uithelp, maar jy moet My eer, en dit is presies wat Dawid gedoen het.

So baie keer vergeet ons om net terug te kom om dankie te sê, om God te eer en Hom in erkentenis te neem. In vers ses begin Dawid God te loof en te prys, want hier alreeds erken hy dat God het sy pleidooi gehoor en sy gebed geantwoord het. Wanneer daar ‘n positiewe omwenteling in ‘n mens se lewe plaasvind, dan gee dit jou rede om God te verheerlik, want dit is net Sy genade en liefde wat dit kan doen.

Dawid sê sy hart jubel en juig. Hy wil sing, tot eer van die Here, ‘n gesang want die Here is sy sterkte en sy skild. In Hom, die God van die hemele en aarde is sy vertroue. God het die weeklaag en swaarmoedigheid omskep in blydskap en heerlikheid, daarom kan hy nie stilbly nie. Hy moet praat van die goedheid van die Here. Volkome blydskap laat jou verby die verskille kyk wat soms tussen mense verkeer.

Mag die Here ons help dat ons blydskap volkome sal wees en dat ons vriendelikheid aan alle mense bekend word.

Vrede /Shalom

Dagstukkies met Dennis 7 Maart 2019

Jesaja 35:10: #Blydskap

7 Maart 2019

“En die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.”

Telke maal, wanneer Israel ongehoorsaam was, dan het God Sy volk gedissiplineer en dan het Hy ‘n nasie gebruik om teen Israel te veg en hul soms te oorweldig om hulle as gevangenes weg te voer. Hulle was somtyds so hardkoppig dat God hulle vir ‘n tyd in ballingskap laat gaan het. En tog, omdat God ‘n behae het in Sy volk wat Hy uit verkies het, stuur Hy weer profete om hulle te bemoedig, om nie moed te verloor nie te midde van hulle omstandighede.

Jesaja hoofstuk 35 spreek van die grootheid en heerlikheid van die regering van die Messias. Daarom sê Jesaja 35:3 “Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.” Vers 4 verklaar: “Sê aan die wat vervaard is van hart: wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak met goddelike vergelding: Hy self sal kom en julle verlos.”

Die Engelse koordigter sê: ”What a day of rejoicing it will be; when we all see Jesus…” Wat ‘n heerlike dag sal dit nie wees nie, wanneer ons los en vrygemaak is van die kettings waarmee die vyand ons gebind het nie. Jesaja 35:10 sê: “En die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry.” God self sal kom om hulle los te maak van al die bindinge waarmee die mens gebind is want dit demp die blydskap. Daarom sê Jesaja 35: 6 “Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok en die tong van die stomme sal jubel….” Want die blydskap in die Here laat wonders geskied.

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 6 Maart 2019

Psalm 27: 6: #Blydskap

6 MAART 2019

“Nou sal my kop hoog opgelig wees bo my vyande rondom my en daarom sal ek in Sy tent offers offer met uitroepe van vreugde.  Ek sal sing en musiek maak tot eer van die Here.”

Wanneer Dawid die woorde uitroep: “En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my….” spreek hy van sy omstandighede waardeur hy gegaan het. In vers vyf verklaar hy: “Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.”

Al die eer en die lof kom die Here toe, want al die vyande wat teen hom was staan beskaam. Baie keer besef ons, ons moes al gesterf het, bande van die dood het ons omring. Dawid sê strome van onheil het hom oorval maar toe hy die Here aanroep het Hy hom gehelp en uit die benoudhede gered.

Die blydskap van die Here is ons beskutting. Filippense 4:4 verklaar: “Verbly julle in die Here, ek herhaal, verbly julle in die Here.” Blydskap maak dat ‘n mens uitbundig raak van dankbaarheid. Dawid sê hy wil in sy tent offerande offer met trompetgeklank….” Laat mense hoor van die oorwinning, laat mense hoor watter magtige dade onse Here gedoen het. Wanneer ons ons verbly in die Here, dan verheerlik ons Sy heilige Naam. Psalm 37:4 sê so mooi: “En verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” Hierdeur sal jy op Hom vertrou met jou hele hart en met jou hele siel.

Vrede / Shalom

Gemeenskapsnuus Dinsdag, 05 Maart 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 5  M A A R T   2 0 1 9

 

6 – 7  MARCH  2019 REVIVAL CHRISTIAN CHURCH

 

Global Fire Evangelical Ministry presents Cape Town Supernatural Encounter with Apost. Jean-Pierre Bekker                               Time: 19h00               Free Entrance

Where: Wittebome Civic C/o Rosmead Avenue & Byrnes Avenue, Wittebome Wynberg

Contact: Lionel Reddy on 060 861 4866

 

7  MAART 2019 CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS

 

Boekebekendstelling van “Fletcher vra hoekom en Aangenaamsdal se geheim”deur Ewald & Liani van Rensburg,     Waar: NGK Stellenberg, Markplein      Tyd: 09h00

Toegang: Gratis (RSVP getalle ter wille van spyseniering)

Kontak: berlise@clf.co.za

 

9  MARCH 2019 WALK FOR BIANCA

 

5Km Walk for Bianca in Aid of her 8weeks Chemotherapy

Starting Point: Outside Virgin Active, Greenpoint      Time: 12h00

Entries: R100p/p

 

9  MAART  2019 AMAZING GRACE MINISTRIES

 

Amazing Grace Ministries bied aan ‘n “Night without Light” Vertoning met Len & 6 ander top blinde kunstenaars ten bate van Bless-A-Blind Projek

Waar: Amazing Grace Ministries, Parow          Tyd: 18h00   

Kaartjies: R50 volw, R20 kinders

Kontak: Irene by (021) 930 1504 of 083 554 3466

 

10  MAART  2019 OESTYD PINKSTER KERK

 

Oestyd Pinkster Kerk hou ‘n Spesiale Diens met Past. Frikkie Spies van El-Shammah Bediening, Primrose, Germiston

Waar: Oestyd Pinkster Kerk, Cam Weg, Manenberg          Tyd: 09h00

Kontak: Past. Manuel by 081 351 1520

 

10  MAART  2019 CHRISTIAN ASSEMBLIES KERK

 

Christian Assemblies Ravensmead hou ‘n Sang & Musiek Aand met Trevor Benson, Courtney Du Preez & vele  Ander        Waar: Hennie Fortuin Singel 37, Ravensmead     Tyd: 17h00

Kontak: Nathan by 074 741 5446

 

10  MARCH 2019 MCSA SOCIAL WELFARE

 

MCSA Social Welfare Initiative for Wupperthal Fire presents a Wupperthal Benefit Concert with Elton Jansen, Jonathan Rubain & many Others     Time:  16h00

Where: Kraaifontein Civic Centre, Brighton Street, Kraaifontein     Cost: R70p/p

Contact: 065 853 3238

 

15 – 17  MARCH  2019  BREAKTHROUGH  MINISTRIES

 

Breakthrough Ministries presents A Womens Camp themed “All Who are Thirsty”

Where: Bethel Gate of Heaven Anysberg

Costs: R500p/p (includes accommodation + meals)

Contact: Lizel Mouton on 082 781 3156 or lizel.mouton@gmail.com

 

16 – 21  MAART  2019  CHRISTEN STUDENTE VERENIGING

 

Christen Studente Vereniging hou ‘n Nasionale Kamp met Tema “Liefde Kan”

Waar: Barkly-Wes, Kimberley        Koste: R730p/p (vervoer uitgesluit)

Kontak: Jolee by (021) 887 0212 of 079 138 6795

 

31  MAART  2019  JUBILEE LIFE MINISTRIES

 

Jubilee Life Ministries, Ravensmead hou ‘n Gospel Konsert ten bate van die Tygerberg Kinder Hospitaal met Johnny Davids, Desmond Stevens & vele Ander

Waar: Jubilee Life Ministries, Ravensmead               Tyd: 18h00

Kaartjies: R50 volw. R20 leerders

Kontak: Desmond by 079 604 6970

 

 

Werkverskaffing 05 Maart 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 5   M A A R T  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
KONTRAK BESTUURDER CONTRACT MANAGER
 
Vereistes: Gevestigde Konstruksie Maatskappy wat spesialiseer in plafon en partisie installasies benodig ‘n Kontrak Bestuurder met konstruksie agtergrond/ondervinding, moet onder druk kan werk

Stuur CV na jano@ceilwall.co.za  

   
BESTUURDER/VERPAKKER MANAGER/PACKER
 
Vereistes: Maatskappy in Maitland vereis die diens van ‘n Bestuurder/Verpakker met ‘n geldige bestuurslisensie (Kode B). Kennis van industriële area in Kaapstad sal voordelig wees.
Epos CV na powdersales@all-pro.co.za
 
BESTUURDER/TUTOR MANAGER/TUTOR

 

Vereistes: Master Maths & Science Brackenfell benodig ‘n Bestuurder/Tutor met Gr.12, Wiskunde en Wetenskap punte 60%min.  Werkure – Daagliks.

Epos CV na math@absamail.co.za

 

VERKOOPKLERKE SALESPERSONS

 

Vereistes: Punt van Verkoop (Point of Sale) Verkoopklerke, manlik of vroulik benodig met ondervinding van die kleinhandel staalbedryf.

Epos CV na anthon@bstaal.co.za

 

PARAPLANNER PARAPLANNER

 

Vereistes: Boutique Wealth Maatskappy benodig ‘n Paraplanner tussen 22 en 30jr. met ‘n BCom Financial Management Kwalifikasie, hoewel nie ‘n vereiste, RE5 kwalifikasie en 2jr onder vinding sal in jou guns tel, moet goed tweetalig wees (Engels & Afrikaans), produk inligting kan navors en op hoogte bly van produk inligting en ontwikkeling, opstel en implementering van beleggings voorstelle, kliente verhoudingsbestuur, Para-planning en intermediêre dienste, in Bellville area.

Epos CV na nortjedall@gmail.com

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarkapper/ster met eie kliënte om vir jouself te werk in gegoede haarsalon. Verkieslik n Christen met geloofswaardes, in Durbanville area.

Skakel: 071 688 7957

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarstilis benodig in Kensington area.

Skakel: 021 593 9348

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS

 

Requirements: Grade 12, qualification in marketing will be advantageous, computer literacy and good written and spoken English, must have tolerance for stress, customer service, attention to detail etc.

Send your CV to info@jsbrokerage.co.za

 

ONTVANGSDAME RECEPTIONIST

 

Requirements: Sisters incorporated needs a Receptionist with min. Matric School leaving certificate, must be computer literate (excellent skills with all Word programmes) Drivers license an advantage, excellent communication skills, time management and organization, lives and works with integrity.

Email CV to manager@sisters.org.za

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Persoon word benodig vir halfdag met ondervinding van Klere herstelwerk, met ten minste 5jr. ondervinding en vinnig kan werk. Pos beskikbaar in Langebergridge naby Cape Gate, verkieslik in omgewing woonagtig wees.

Skakel: 082 555 8673

 

ADMINISTREERDER ADMINISTRATOR

 

Requirements: Fisantekraal Centre for Development is looking for a Placements & Office Administrator, based at the Durbanville Office. Must have extensive office admin. exp. at least 2yrs essential, 1yr data capture exp, MS Office, Excel, Word and Outlook, excellent communication skills, fluency influency in isiXhosa and/ or Afrikaans would be beneficial, commited church going Christian.

To apply click on the link app.hirebright.co.za/apply/admin1 or email to director@fisantekraal.org.za (Closing date for applications: 10 March 2019)

 

KLAS ASSISTANT CLASS ASSISTANT

 

Vereistes: Chere Botha Spesiale Skool benodig ‘n Klas Assistent wat die waardes van die skool sal demonstreer, Graad 12 geslaag, tweetalig, Afrikaans en Engels + 2 referente, help met die daaglikse fisiese versorging van leerders in klas (wat hoë vlak van ondersteuning benodig) voedings terapie, daaglikse opruiming, skoonmaak van klaskamer ens.

Faks CV na 086 455 5470 of epos na admin1@cherebotha.co.za (sluitingsdatum 7 Maart)

 

ALGEMENE WERKER GENERAL WORKER

 

Vereistes: ‘n Algemene Werker word benodig verkieslik in Brackenfell area, moet ‘n wedergebore Christen wees met goeie geloofswaardes en eerlikheid.

Skakel: Mnr. Graham by 083 883 3762

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Dagstukkies met Dennis 5 Maart 2019

Jesaja 12:5-6: #Blydskap

5 MAART 2019

“Psalmsing tot eer van die Here, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde. Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.”

Wanneer die Here groot dinge vir ons gedoen het, dan vul Hy ons mond met ‘n nuwe lied, sodat ons Sy lof en eer kan besing. Dawid vra wat sal ek die Here vergelde vir al die weldade! Daarom in Psalm 103:2 sê hy: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie.”

God is groot en almagtig wat ons sterk maak vir enige uitdaging wat ons kant mag langs kom, want Hy is ons Rots en ons Bergvesting. In Hom sal ons altyd veilig wees. Hier in hulle ballingskap belowe God dat hulle bevryding gaan ervaar. Die loflied van die verlostes sal weerklink wanneer die verlossing plaasvind en die oorblyfsels, hulle wat die Here bewaar het, terugkeer.

In die derde vers word van beeldspraak gebruik waar die volk hul blydskap sal put uit die verlossing wat God bied. Wanneer daardie kragtige verlossing plaasvind, dan sal al die mense uitbreek in gejubel, mense sal dans want groot dinge het die Here vir hulle gedoen. Psalm 126:1-2 verklaar: “Toe die Here die lot van Sion verander het, toe is ons soos die wat droom, toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”

Vrede / Shalom