Dagstukkies met Henry 24 April 2019

Spreuke 4:24:  #Waaksaamheid

24 APRIL 2019

“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”

Ek het geleer dat God verantwoordelik is vir al die beloftes, maar dat ons verantwoordelik is om gehoorsaam te bly aan die Here. Dit is hier waar ons dan al hierdie uitdagings beleef, want ons moet ons eie denke vernuwe (Romeine 12:2) en ons kan eerlik wees dit is nie altyd so maklik soos wat ons dink nie, of is dit? Daagliks beleef ons teleurstellings as gevolg van ‘n verwagting wat nie ontmoet is nie, of mense wat nie ander in ag neem nie, ens. Maar ons is verantwoordelik vir ons eie gesindheid en vir dit wat ons toelaat in ons harte. Een van die maniere wat satan gebruik om ons te ontspoor is vrees, skande en verwerping. Wanneer iets deur die dag gebeur wat een van daardie emosie in ons lewens aktiveer, kom satan met ‘n leuen om ons te oortuig dat God nie lief is, nie tevrede is, of nie daar is vir ons nie.

Satan gebruik eksterne dinge om emosies uit te lok wat jou laat twyfel in God se karakter, liefde en wil vir jou lewe. Israel het al God se wonders gesien, tog het hulle altyd getwyfel oor hoe God oor hulle voel.  Daar kom ‘n tyd wanneer jy net moet glo dat God jou, as sondaar, so lief gehad het, en steeds het as kind van God. Paulus is so bewus van alles wat deur sy gedagtes gaan dat hy alles gevange neem wat nie uit God se hart gebore is vir hom nie, of alles wat teen die natuur van God se karakter is. Satan gaan vir jou lieg en bedrieg en elke negatiewe ervaring gebruik om jou te oortuig dat God nie vir jou is nie. Waak teen alles wat jy weet nie God se karakter, liefde en wil vir jou lewe openbaar of bevestig nie.

Sê bietjie prys die Here!

Werkverskaffing – 23 April 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 3  A P R I L   2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VERSORGER CARER
 
Requirements: Trustworthy Carer needed for a 48th yr old man, moving to George end of April, paralyze from the neck down, for assistance with washing, dressing, brushing teeth, put into bed and other little duties, must be willing to move to George, home based certificate required.

Contact: Patrick on 083 258 2497 between 08h00-14h00  

   
VERSORGER CARER
 
Vereistes: Betroubare Versorger benodig op vrywilliger basis om na 2 persone om te sien, nie bedlêend) vergoeding vir 2dae per week. Verkieslik woonagtig wees in Eersterivier area.
Skakel: 082 061 4722
 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Gevestigde Maatskappy in Parow wat spesialiseer in die Vervaardiging van uitstaande kwaliteit Romeinse Blindings en “Couture” Gordyne benodig die dienste van ‘n Dame (35-45jr) met knip vaardigheid en ook gewone Industriële masjien ondervinding word verlang. Netheid & presiesheid is ‘n vereiste vir hierdie pos. Spesifieke opleiding volgens ons metodes sal verskaf word.

Skakel: 082 920 6804 na 17h00

   

 

 
DRYWER DRIVER

 

Requirements: Driver needed in Rondebosch East, must have own vehicle to park on premises, for night shift purposes, duties from 23h00-03h00am

Contact: Mischa on 021 697 0999 or 082 735 2252

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Bekwame en ervare Stikster benodig in Bellville omgewing om spoedig diens te aanvaar.

Kontak: Louisa by 072 229 7471

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

SUPERVISOR NEEDED

Requirements: Contours Landscapes needs a Garden Maintenance Supervisor in a full time capacity at Century City, with leadership qualities, basic Horticultural knowledge, MS Office, punctual, irrigation knowledge essential, drivers license, resides in the area close by Century City, must ensuring ground staff and tools are ready by 7am, management of staff using tools and power tools, etc.

Email Copy of CV, ID, Passport and or Valid Work permit, qualifications, salary expectation to hr@contoursgroup.co.za or call (021) 788 1202

 

GARDEN MAINTENANCE GROUNDSMAN – Level 1 NEEDED

Requirements: Resides in the area or close by Century City, Grade 8, must be able to speak and read English, Horticultural Knowledge/know basic horticultural practices, min. 6 months in the horticultural fields, no substance abuse issues, no criminal record, valid work permit & passport if foreign national

Email Copy CV, ID, Passport and or valid Work permit and qualifications to hr@contoursgroup.co.za or call 021 788 1202 and quote ref: garden maintenance Groundsman Level 1

 

PROJECT MANAGER NEEDED – Commercial sites

Requirements: Contours Landscapes needs a Project Manager for Contours Landscapes, in a full time capacity to ensure the efficient and professional installation of landscaping projects, with min. 5yrs exp. in the Landscape/Garden Industry, good with tools and machinery, good knowledge of construction and hard landscaping elements, adequate knowledge of plant requirements, deadline orientated, valid drivers license, joint builders contracts committee competent, sober habits etc.

Email Copy of CV, qualifications, salary expectation to hr@contoursgroup.co.za and quote ref: Project Manager (Commercial Sites)

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

SUPERVISOR NEEDED

Requirements: Building Maintenance Company needs a Supervisor to manage a small team of 4-5 workers, Liaise with managers and other role players, have relative exp. in the building/property main tenance Industry, be able to communicate at all levels, drivers licence a must, not negotiable.

Send CV to info@rorichprojects.com

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Quality Controller & All Round Stiksters benodig by ‘n Klerefabriek in Durbanville.

Kontak: Janke by (021) 976 2678

 

STAFVERPLEEGSTERS STAFF NURSES

 

Vereistes: Touch Community Services are looking for 2 Staff Nurses, to work from 07h30 – 15h30.

Contact: (021) 936 7286/9

 

VERSORGER CARER

 

Vereistes: Inslaap middeljarige Dame benodig met sober gewoontes en geen afhanklikes, vir die versorging van ‘n Bejaarde Dame. Pos beskikbaar in Brackenfell

Kontak: Julia by 071 681 6438

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Gemeenskapsnuus – 23 April 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 3  A P R I L   2 0 1 9

 

24  APRIL  2019 LIVE LOVE

 

Live Love Parent & Educator Empowerment presents Emotional Intelligence (equipping children for a lifetime of success) with Speaker, Melanie Enslin

Where: Durbanville Primary School Hall    Time: 18h30 for 19h00  

Entry fee: R50p/p at entrance    

Contact: Magda Bell on 079 878 69521

 

26  APRIL – 1 MEI  2019 WINDOWS OF HEAVEN FELLOWSHIP

 

Windows of Heaven Fellowship bied aan ‘n Mentoring Konferensie met Past. John Jones van New Zealand, Ds. Frank Retief & Past. Basil van Vuren         Tyd: 19h00 & 09h00

Waar: Strawberry Mall, 1 (Bloudak Kompleks) Strandfontein

Registrasiefooi: R100p/p    

Kontak: Past. Alan Thomas by 061 362 3188

 

26   APRIL   2019 SHAMMAH MINISTRIES

 

JMC Jays Musiek Korporasie hou ‘n Voor- bekendstelling met Tema “By His Grace” met Shirley Francis, JMC Orkes & Kunstenaar

Kaartjies: R150p/p (sluit verversings in)        Tyd: 19h00

Waar: Shammah Ministries, Organ Straat, Belhar, naby Symphony Primere Skool         

Kontak: 071 727 0075

 

26 APRIL  2019  PANORAMA PALMS

 

Trans 50 Panorama Palms Retirement Village presents Revive Yourself with Suezette Smit

Where: Panorama Palms Retirement Village      Time:  10h00-11h00   Cost: R10p/p   

Contact: Thomalene at (021) 930 5035

 

27  APRIL  2019 LOFDAL INTERNASIONAAL

 

Lofdal Internasionaal hou ‘n“Unity – We Are One” Konsert

Waar: Lofdal Konferensie Sentrum, Sandpiper Singel 3,  Okovango Park, Brackenfell Industrieel                    Tyd: 18h00                 Koste: R60p/p

Kontak: (021) 982 7290 of info@lofdal.com

 

28-29  APRIL  2019 TABERNACLE OF LIFE FULL GOSPEL CHURCH

 

Tabernacle of Life Full Gospel Church will be hosting In His Name Ministries themed “Time is Running Out” with Evang. Tamryn Klintworth

Where: Tabernacle of Life Church, C/o Weltevreden & Buzzard Roads, Rocklands, Mitchells Plain                    Time: 08h30 & 19h00                

Contact: Past. Claudia on 084 223 0183

 

28 APRIL  2019  LEAPS ANIMAL PROTECTION SERVICES

 

LEAPS presents a 250km Walk for the Paw from Cape Town- Lamberts Bay with Kylie, Kat & Jolene, Where: Battery Park, Alfred Road, V&A Waterfront,      Time:  09h00       
Contact: Kat on 082 955 1875 for more info and donations.

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

4  MEI 2019 ALTA DU TOIT SKOOL

 

Alta du Toit Skool, Kuilsrivier hou ‘n Fondsinsameling met “Worshippers for Christ”

Waar: AGS Oostenberg Oase Kerk, H/v Kerk & Walnut Straat, Kuilsrivier

Tyd: 18:30                          Kaartjies: R50p/p

Kontak: Cyril by 063 101 9446

 

5 MEI 2019 AGS BLACKHEATH

 

AGS Blackheath bied aan ‘n Rooi Tapyt Konsert met Simon Seekoei, Winston Pienaar, Dawn Petersen, Andy Petersen en vele Ander

Waar: AGS Blackheath Ouditorium, Valley Straat 14, Austinville, Blackheath

Tyd: 19h00                            Kaartjies: R50p/p  & CD Verkope: R100

Kontak: Andy Petersen by (021) 424 7930

 

18  MAY 2019 THE ARK CHRISTIAN SCHOOL

 

The Ark Christian School are participating in a Big Top Rock Fundraising

Where: The Barnyard Willowbridge           Time: 20h00           Tickets: R160p/p

Contact: Past. Jack Mahoney on 082 787 5993

 

18  MAY 2019 MMDI

 

Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning to represent South Africa in Russia

Where: Brick Lane Eatery, Century City      Time: 10h30 – 12h30

Cost: R200p/p (breakfast & beverage included)  Invite 3 people to team up (from 10yrs – old age)

Contact: Wendy on 076 053 1846

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

 

Dagstukkies met Henry 23 April 2019

Matteus 26:41:  #Waaksaamheid

23 APRIL 2019

“Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Ek is so beïndruk met ons Here Jesus. Wéér leer Hy ons iets baie besonders. In Matteus 26:38 sê Jesus: “My soul is deeply grieved, to the point of death….” Daar is niks in Jesus se raamwerk wat ooit vir satan ‘n geleentheid gegee het, om gesag oor Jesus te hê nie. Nie ‘n lering nie, nie ‘n gedagte nie, nie ‘n sonde nie, niks nie! Jesus is met alle tye in beheer van Sy emosies en ook van alles wat in Sy hart aangaan. Jesus is dié liefde en die nederigheid van God geopenbaar in die vlees, aan die mens. Jesus leer vir ons wat om te doen wanneer dit nie goed gaan nie en angs ons harte wil gryp en in ons lewens oorheers. Hy bid oor dit waarvan Hy bewus is. Jesus weet Hy het nodig om Sy hart en gedagtes by Sy Vader te gaan openbaar.

“My soul is deeply grieved”.

Dit leer ons dat Hy eerlik is met Homself en dat Sy prioriteit is om Sy wêreld en uitdagings te herinner aan die Een wie Hy dien en getrou aan is. Wanneer ons nie bid nie, lei dit na versoeking en versoeking vind plaas wanneer ‘n emosie ‘n gedagte bevestig wat nie gebore is uit ‘n openbaring van God nie. Dit is daardie ervaring van die verlede wat iets negatief gekommunikeer het, maar omdat ek dit nie aan God geopenbaar het nie, is daar ‘n geleentheid vir satan om my te manipuleer. “Wees waaksaam en bid” is om doelbewus met jou denke en emosies te wees en deur gesprekke met God dit uit te klaar, totdat jy vrede ervaar en vrug dra in die situasie. Emosies is die swakste vorm van waarheid en dit is ook gewoonlik die misverstande wat die oorsaak is van baie skade en seer in verhoudings is.  Wees waaksaam en bid oor alles.

Sê bietjie prys die Here!

Dagstukkies met Henry 22 April 2019

1 Petrus 5:8:  #Waaksaamheid

22 APRIL 2019

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.”

Die natuur openbaar soveel aan ons! ‘n Mens kan baie leer deur net lank genoeg te kyk en regtig te probeer verstaan watter les die natuur ons wil leer. Leeus is briljante jagters en kan enige dier vang. Daardie dier moet egter aan sekere voorwaardes voldoen. Leeus sal nie sommer vir die sterkste buffel in die trop gaan nie, nee. Hulle sal eerder vir die verwerpte, swakker buffel gaan, bloot omdat elke jag gevaar inhou – ook vir die jagter.

So bewys Petrus dan ook vir ons dat hulle wat nie hulle kommer en vrees deel met die Here nie, ruimte skep vir die duiwel om hulle te beinvloed tot op die plek van verwoesting. Die is ons voorreg om kommer en vrese met God te deel, sodat ons nie angstig en verwerp rondloop en voel dat God niks met ons te doen wil hê nie, nee. Petrus sê waak dat jy op daardie plek nie eindig nie, omdat die duiwel wat soos ‘n brullende leeu rondloop op soek is na iemand wie hy kan vernietig. Hy kan nie aan jou raak as jy nie op daardie plek kom nie. So wees vinning om met God jou hart te deel totdat jy vrede ervaar en deur aktiewe geloof jou vyand weier.

Sê bietjie prys die Here!

Paasgebede 21 April 2019

Deur Elize Parker

 

Paassondaggebed:  Steenwieg  

 

Here, ek stel my Josef van Arimatea se doelgerigtheid voor
toe hy, ten spyte van sy diep verdriet oor u kruislyding,
in die uur van skadu’s U tot diens wou wees.
Hy het hom onverwyld na Pilatus en ’n linneverkoper gehaas,
sodat voor die donkerte neersak, die Sabbatstilte toevou,
hy U veilig in ’n steengraf in grafklere tot ruste kon lê.
Hoe verheug moes hy op Opstandingsondag gewees het!
Heer, ek bid dat my hart ook in enige uur vol skadu’s
vir u koninkryk tot diens sal wees.
Daar kom vernuwing wanneer ons U dien.
Ek bid, Heer, vir die Heilige Gees om my te lei
uit enige hartseer
sodat ek kan opstaan en vir u koninkryk kan intree.
Dat ook my klipgraf ’n steenwieg kan word
en ek, nuut gebore, my grafklere eenkant kan plaas.
Help my, Heer, om soos hy konings namens ander te smeek
en verbande om seerplekke te draai.

Amen.

 

Henry Pike – ‘n bron van inspirasie!

Deur Helané Theunissen

In 2014 word Henry Pike aangewys as die eerste wenner van Radio Tygerberg 104fm se Gospel Talent Search-kompetisie – ‘n sangkompetisie waarvoor sy vrou, Justine hom voor ingeskryf het. In die September – Oktober-uitgawe van die tydskrif Juig! verskyn daar ‘n dubbelblad berig oor Henry en sy reis van mynwerker in Fochville tot singende pastoor by die De Bron-gemeente in Willowbridge saam met skoonpa Gary Kieswetter. In die berig is daar egter ‘n profesie wat opval. Oor ‘n tydperk van vyf jaar het Henry vier keer die profesie ontvang dat hy voor ‘n groot skare mense sou optree. ‘n Profeet het in 2014 vir hom gesê:

“My friend I see a platform opening for you. God is giving this platform to you. Are you ready for this?”

Intussen het Henry die ongelooflike voorreg gehad om verskeie vol sale te bedien onder meer by Gospel Skouspel en ook om die lofsang te lei by van die grootste gebedsbyeenkomste in Suid-Afrika: It’s Time Bloemfontein, Mitchells Plain asook Pretoria.

Henry is nie net ‘n pastoor nie, sy CV reflekteer aanbiddingsleier, sanger, radio omroeper, man van ‘n wonderlike vrou en pa van drie pragtige dogtertjies.  Henry was ‘n student by die Hatfield Christelike Kerk Bybelskool waar hy dan ook sy vrou, Justine, ontmoet het en in 2008 getrou het.  Saam het hulle eers vir drie jaar by ‘n kerk in Kuruman bedien en in 2011 was hulle gevra om saam met sy skoonouers, Gary en Rhona Kieswetter, ‘n kerk te begin as mede-leiers.  Dit is toe wat Die Bron gemeente gebore is.

Henry het al ‘n paar albums uitgereik en was ook ‘n gereelde kunstenaar by die Gospel Skouspel konserte.  Dit was dus geen verrassing toe sy aanbiddingspan die geleentheid gekry het om die lofprys en aanbidding te lei by die historiese It’s Time geleentheid in Bloemfontein.  Hy is ook weekliks op die lug by Radio Tygerberg 104fm met sy program Kerk Sonder Mure wat elke Dinsdag aand om 21:00 uitgesaai word. Henry se passie en roeping is om die liggaam van Christus deur God se Woord asook musiek te bedien, te motiveer en te inspireer om in die krag van die Heilige Gees te beweeg.

Henry skryf hierdie week ons rubriek Dagstukkies met… waar hy na die tema van #Waaksaamheid kyk  Hy kan gevolg word op sosiale media by FaceBook, Twitter en Instagram.

 

Paasgebede 19 April 2019

Deur Elize Parker

 

Toe die hemelgordyn geskeur het

 

Teen ongeveer twaalfuur het duisternis toegesak oor die hele
land tot drie-uur toe.
Lukas 24: 44.

 

Jesus, toe die tyd aangebreek het om na Golgota toe te stap,
het U geweet die son sou verdoof vir drie ure?
So seer was u Vader se hart dat die hemelkoepel se gordyn
teen die ligbal getrek was.
Soms Heer leef ek nie in die Lig van u opstanding nie
maar in die donkerte van my hart.
Ek weet Heer, hoe seer dit U hart maak dat ek nie
in die helder lig van u kruisoorwinning leef nie.
Maar Heer, dis moeilik om net deur ‘n dag te kom
wanneer my gedagtes my regeer.
My gevoelens dartel soos ‘n rustelose vlinder.
Ek het u Lig so nodig en die wete dat U met my is.
U sorg vir my. U sal doen wat reg en goed vir my is.
Ek weet U wil nie hê dat ek moet bly lê nie.
Na drie ure aan die Kruis het die duisternis vervaag.
Daar is ook ‘n einde aan my pyn en seer.
Heer, ek prys U dat ons nie in die skadu van die kruis staan nie
maar in die Lig van u Opstanding.

Amen.

Dagstukkies met Anton 19 April 2019

Johannes 11:25-26:  #Opstanding

19 APRIL 2019

“Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”

In Johannes 11 lees ons die verhaal waar Jesus vir Lasarus uit die dood opwek.  Terwyl Lasarus nog siek was is ‘n boodskap na Jesus gestuur om asseblief so gou moontlik te kom help.  Die mense het geweet Jesus kon wonders doen en het sekerlik gehoop Hy sou Hom na sy vriend se siekbed haas en ook daar en dan genees. Jesus was glad nie haastig nie.  Inteendeel, ons lees in die Bybel Hy het vir nog twee dae gebly waar Hy was voor Hy uiteindelik aan Sy dissipels gesê het hulle gaan terug na Judea waar Lasarus was.  Met Sy  aankoms was Lasarus al vier dae dood en ook reeds in sy graf.  Vir mense was die situasie hopeloos. Niks kan tog daaraan gedoen word nie.  Lasarus is dood en Jesus was te laat om dit te keer, maar, dan gebeur iets asemrowend.  Jesus sê hulle moet die klip voor die graf wegrol.  Hy roep met ‘n harde stem vir Lasarus om uit te kom en dis presies wat gebeur.  Net daar, ten aanskoue van al die mense kom Lasarus uit die graf te voorskyn en word uiteindelik met sy familie herenig.

Hierdie verhaal raak elkeen van ons. Ons roep na die Here.  Ons bid en vra Hom om in een of ander situasie te kom help voor dit dalk te laat is, maar dit is juis die ding.  By God bestaan daar nie iets soos “te laat” nie.  Tyd maak nie vir Hom saak nie en Hy word ook nie daardeur gebind óf beperk nie.  Ek en jy moet net aanvaar dit wat wél in ons lewens of situasies gebeur ís binne Sy wil selfs al sou dit nie vir ons so lyk nie en selfs al kan ons dit nie verstaan nie.  God belowe dat alles (enigiets) sal ten goede uitwerk vir dié wie Hom liefhet.  Met ander woorde  alles (enigiets) sal tot jou voordeel wees as jy Hom met jou hele hart vertrou. Staan op en staan sterk in die vertroue dat God jou nie ignoreer nie en het jou nie vergeet nie.  Hy is net besig om alles vir jou ten goede te laat meewerk omdat jy Hom vertrou.

Sterkte!

Paasgebede 18 April 2019

 

Deur Elize Parker

Bidboom

 

Heer, die aand voor U kruisiging was U in ‘n olyftuin.
By ‘n bidboom het U gekniel om gerusstelling by u Vader te soek.
O Redder van die eeue, Beskermer van my lewe
Man van Galilea wat mere blink soos spieëls
en persblou berge geëts teen die lug geken het,
die vrede van ooptes, stilte van verre horisonne,
U het ‘n tuin as gebedskild opgesoek.
Na U voorbeeld Heer, is my soeke na vrede en rus
wanneer onsekerheid my oorrompel.
O laat ek uitreik na U in my verwardheid.
Ek het U nou nodiger as netnou, vandag nodiger as gister.
Heer, moet my nooit van U vervreem nie.
Lei my na ‘n bidboom waar ek altyd na U kan draai.
Dis net na U waarnatoe ek kan gaan vir hulp.

Amen.