Hugo Weich – Soldaat vir Jesus

 

Deur Helané Theunissen

Predikant met vele talente

Ons luisteraars sal bekend wees met die stem van Hugo Weich. Die predikant van Harmonie Gemeente in Bellville lewer gereeld preke op ons luggolwe, maar hy het nie slegs predikant op sy CV nie.

Hugo het 20 jaar se ervaring in die Suid-Afrikaanse lugmag en is ‘n oud-Lugmag Luitenant-Kolonel. Hy het kwalifiasies in Kommunikasie en Bemarking en het ook sy MBA voltooi. Hy het in 2006 voltyds vir die NG Kerk begin werk by Kerksondermure deur wie hy ook verder teologiese studies aangepak het.

Hugo Weich kom uit ‘n familie van predikante. Sy groot-groot ouers was feitlik almal sendelinge en ander het help vertaal aan die Bybel. Sy ouers het ook in verskeie gemeentes bedien. Maar ten spyte van hierdie indrukwekkende bloedlyn was sy hart nooit spesifiek in voltydse bediening nie. Hy was oortuig dat sy musiekbediening sy groot roeping was. Hierdie man is ook ‘n talentvolle klavierspeler en sanger. Hy het bykans 30 jaar van sy lewe gewy aan musiek. Eers alleen en later met sy vrou, Retha, wat hy by ‘n jeugkamp (waar anders!) ontmoet het . Hierdie besonderse paartjie vertel dat die Here hulle geroep het vir die Noordelike Voorstede in die Kaap en het hulle hul lewens in Centurion agtergelaat om ‘n gemeente te kom plant in die Moederstad. Na 29 jaar se getroude lewe en vier jaar in die Kaap kan hulle getuig van ‘n Goddelike roeping waar die Here presies voorsien wat hulle nodig het om ‘n verskil te maak in Sy koninkryk.

Hugo en Retha geniet Kaapstad en elke stukkie skoonheid en vreugde wat die stad bied. Hulle maak altyd tyd om by die see te gaan stap of iewers rustig te raak in die natuurskoon. Behalwe sy liefde vir musiek en klavier kan Hugo ook skilder en daar hang darem al ‘n paar Weich-skilderye teen gelukkige kopers se mure!

Die Weich’s het een dogter, een seun en een kleinkind. Hul seun, Heinrich en sy vrou, Anika, is albei aanbiddingsleiers by Every Nation in Centurion en is die trotse ouers van Hugo se kleinkind, Tessa. Hul dogter, Marichen werk voltyds saam met hulle by Harmonie Gemeente en studeer deeltyds kunsterapie. Dit wil voorkom asof sy haar pa se kunstalente geërf het.

Hugo glo dat elke mens soekend is. “Ons het die roeping en verantwoordelikheid om deur die leiding van die Heilige Gees kontak te maak met hulle wat nog nie die waarheid ontdek het nie; om hulle met LIEFDE die pad na Jesus toe te wys.” Hugo se droom vir ons land en die Wes-Kaap is dat individue, families, samelewings en omgewings sal herstel omdat God hulle kom verander deur die enigste weg, waarheid en lewe – Jesus Christus.

Hugo is hierdie week ons skrywer van Dagstukkies met Hugo met die tema #Gesondheid.

Dagstukkies met Hugo 23 Oktober 2019

Jakobus 5:19#Gesondheid

En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak.  As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.  Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.”

Jesus se omgee hart klop innig en warm vir almal wat siek is.  Ongelukkig is siekte deel van hierdie sondige wêreld waarin ons leef.  Toe sonde in die wêreld ingekom het, het die dood en siekte ons metgeselle geword.  Daarom dat hospitale oorloop van stukkende mense wat deur siekte geteister word.  Gelukkig weet ons as gelowiges dat siekte en die dood Jesus se vyande is.  En dat Hy die vyand oorwin in elke opsig.  Mense wil graag altyd siekte aan die een of ander negatiewe oorsaak toeskryf, maar, inteendeel, Jesus wil juis God se heerlikheid openbaar deur siekte aan te raak.  Die genesende hand van Jesus is juis die geleentheid om die wêreld te wys wie God is en hoeveel Hy Hom ontferm oor stukkendes en siekes.  Siekte is deel van ons aardse bestaan, deel van die gebrokenheid van die wêreld, van verganklikheid.  Soms tref dit elkeen van ons.  Tog verseker Jesus ons dat Hy ons nie alleen los in ons lyding nie.  Hy is elke dag by ons.  Hy laat God se lig self in en deur ons siekte helder skyn.  Sulke oomblikke is Goddelike geleenthede.  Baie mense worstel met die vraag oor waar God is in die tyd van siekte en lyding.  God vrywaar ons nie van lyding nie,  maar Hy staan by ons.  Hy hou nie alle laste van ons af weg nie,  maar Hy dra dit saam ons.   Hy het die dood nie uitgeban nie,  maar Hy het wel die mag daarvan gebreek.  En hier is die groot antwoord wat my al baie keer in my eie lewe moed gegee het om aan te hou:   Jesus het nie gekom om ons leed weg te neem nie.  Hy het ook nie gekom om ons leed te verklaar nie.  Hy vul net ons lewe en ons leed met Sy teenwoordigheid.

Christus se hand is sag en sy hart raak week wanneer siekte mense laat krom loop van pyn en wanneer hulle liggaam stukkend raak.  Daarom het Hy gereeld by die siekes tot stilstand gekom en hulle lewe met hemelse genade aangeraak.  Dink maar net aan die melaatse wat voor Hom neergeval het met die smeekgebed dat Hy hom kan genees as Hy wil.  Toe sê Jesus kort en kragtig: “Ek wil, word gesond”.  So lyk hemelse genade in aksie.  Deur die bloed van Christus is daar vir ons genesing vir ons ons liggame saam met die vrymaking en vergifnis van sonde.  Daarom dat elke denkbare siekte in Jesus se omgewing tweede gekom het.  So ook die dood.  Die geheim is om te bid wanneer jy siek is en die Here te vertrou vir genesing.  Hy is immers nou nog die een wat siekte en die dood oorwin het.  Glo dat die Here kan genees, maar vertrou Hom ook vir die manier waarop Hy in jou liggaam werk tot Sy eer.  Soms gebeur dit dat jy siekte moet verduur sonder ooglopende beterskap, wees dan ‘n getuie vir Hom in die moedige manier waarop jy jou las en jou pyn dra.  Verheerlik die Here in alles wat jy sê en doen.  Moenie die knie buig voor moedeloosheid en ongeloof nie.  Vertrou die Here deur dik en dun, want Hy is ook genoem Jehova Rapha – “Ek is die Here jou Geneesheer” of “Ek is die Here wat genees”.    Jesus het vir ons siektes, pyn, oortredings, verderflikheid, ons vrede en ons genesing gesterf, want “deur Sý wonde het daar vir ons genesing gekom”.

Gemeenskapsnuus – 22 Oktober 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 2  O K T O B E R   2 0 1 9

 

23 OKTOBER  2019 BELLVILLE SENIOR SENTRUM

 

Bellville Senior Sentrum hou hul Jaarlikse 6Km Pretstap/Pretdraf met heerlike geregte, musiek en vele meer!

Waar: Bellville Senior Sentrum, Jessiestraat 25, Chrismar, Bellville    Tyd: 18h10

Koste: R10 laerskool leerders/jonger, R30 hoërskool leerders/volw.  

Kontak: Kantoor by 021 910 1250

 

23-27  OKTOBER   2019 ALPHA & OMEGA MINISTRIES

 

Alpha & Omega Ministries bied aan Hope Fest – Hope in My City Opelug Dienste met Evang. Herman Snell,       Waar: Die Park, Akkerdraai Straat, Delft

Tyd: 19h30 & 15h00

Kontak: 084 619 8008

 

23  OKTOBER   2019 CREATIVE HOPE

 

Creative Hope 5Km Fun Run & 10Km Off Road Fundraising in Aid of their Elderly Frail Care            Where: Zevenwacht Wine Estate           Time: 08h00 & 08h30

Cost: R150 volw, R70 kind.

Contact: Adri on 083 700 4334

 

23-27  OKTOBER   2019 LOFDAL INTERNASIONAAL

 

Lofdal Internasionaal bied aan “Open Heavens”met Dr. Gustav du Toit, Past. Bennie Vance, VSA & Ander oor Tema “Its Harvest Time”

Waar: Lofdal Internasionaal, Eagle Straat 34, Okovango Park, Brackenfell

Tyd: 19h00 & 18h00

Kontak: Walter Lottering by 072 405 7879 of (021) 982 7290

 

24 OKTOBER  2019 TYGERBERG MEALS ON WHEELS

 

Tygerberg Meals on Wheels hou ‘n Gholfdag ten bate van Etes aan behoeftige Bejaardes, Gesinne en Kinders in die Tygerberg omgewing           Waar: Parow Gholfklub
Skakel: (021) 939 4043 of webtuiste: www.tbergsc.org.za

 

25 OKTOBER  2019 HOëRSKOOL BRACKENFELL

 

Hoërskool Brackenfell hou ‘n Brackenfell vir Jesus-Familiefees met Optredes van Laerskole Brackenfell & Bastion Kore, Praise & Worship en vele meer!

Waar: Hoërskool Brackenfell              Tyd: 18h00

Skakel: 021 981 5522

 

25 OKTOBER  2019 GOODWOOD METHODISTE KERK

 

Goodwood Methodiste Kerk hou ‘n Kosfees met Hamburgers, Kerrie & Rys, Tee Tuin & vele meer!     Waar: Methodiste Kerk, Alice Straat 205, Tygerdal, Goodwood

Tyd: 18h00-20h00      Koepon Boekies: R50 elk

Skakel: 021 591 8232

 

26  OKTOBER   2019 BELHAR PRIMARY SCHOOL

 

Belhar Primary School presents their annual Family Fun Day with Food Stalls, Baby Competition and many more!!    Where: School grounds, Belhar        Time: 09h00

Contact: Mr. Pedro on (021) 952 2144

 

26 OKTOBER  2019 KENMERE PRIMERE SKOOL

 

Kenmere Primere Skool hou ‘n Fondsinsameling Sangaand met Elwin & Matthew Jacobs            Waar: Kenmere Primere Skool               Tyd: 15h00-19h00

Toegang: R30p/p

Skakel: Elton Jacobs by 079 909 3999

 

26 OKTOBER  2019 FAMILY OF FAITH FELLOWSHIP

 

Family of Faith Fellowship hou ‘n Arise Veldtog met Past. Elton Strydom

Waar: FSD Saal, Limpopo Straat, Bishop Lavis       Tyd: 17h00

Skakel: 062 176 7839

 

26 OKTOBER  2019 LIONS CLUB INTERNATIONAL

 

Lions Club, Cape of Good Hope & DPT Sports & Recreation presents a Free Health Expo with free Blood pressure checks, Eye Screening, Lung test & many more!

Where: C/o Symphony Way & Cradock Road, Steenberg     Time: 09h00-16h00

Contact: Nigel on 078 161 7966

 

26 OKTOBER  2019 EXCLUSIVE CREATIONS

 

Exclusive Creations presents a Fundraiser with Gino Ghetto Praise, Motivational Speaker, Kevin Alexander on Bullying Awareness & Others

Where: 87 5th Avenue, Kensington       Time: 18h30     Cost: R40p/p

Contact: Chan on 065 983 2194

 

29 OKTOBER  2019 HIGHWAY MINISTRY

 

Highway Ministry bied aan Highway Prayer Patrol – Stop to Pray before you Go – Aksie vir Padveiligheid met heerlike Pannekoek, Jaffles en vele meer! (alle winste vir Bybelverspreiding)

Waar: Johan Heyl Sportgronde, Rouxweg, Worcester        Tyd: 18h00

Skakel: Farrell by 082 495 9360

 

1 NOVEMBER  2019 DIAMANT VROUE

 

Diamant Vroue bied aan SKYN 2019 – Aand van Lofpryssing & Aanbidding met VRINNE (Rouchelle, Benescke & Karien)

Waar: AGS Hoof Ouditorium, AGS Bellville      Tyd: 19h00

Koste: Gratis, kan bydrae maak van R25 (Quicket)      

Kontak: Annedi by 073 209 6255

 

1 NOVEMBER  2019 MORAWIESE KERK

 

Maitland Morawiese Kerk hou hul Jaarlikse Basaar met ‘n Sangkompetisie en vele meer!      Waar: Morawiese Kerkgronde, H/v Kensington & Royal Weg, Maitland      Tyd: 19h00 & 09h00       
Kontak: Past. Davids by 079 120 5618

 

02 NOVEMBER  2019 JOHAN JURGENS HANDELSKOOL

 

‘n 50 jaar Reunie vir die Matrieks van 1969 van die ou Johan Jurgens Handelskool in Springs word gereel in Springs. Oud Matrikulante word uitgenooi om kontak te maak.
Skakel: Juliana Murray van den Berg by 083 788 5651

 

Werkverskaffing – 22 Oktober 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 2   O K T O B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
ALGEMENE ASSISTENT GENERAL ASSISTANT
 
Vereistes: Piets Biltong benodig ‘n  Algemene Assistent, geskikte kandidaat moet oor vorige Slaghuis ondervinding beskik.

Epos CV na pietsbiltong@vodamail.co.za

   
JUNIOR SUPERVISOR JUNIOR SUPERVISOR

       

  Requirements: NJW Construction Company, Blackheath Industrial, needs a Junior Supervisor with Code 10 Drivers licence & PDP, 3 yrs. Exp. as code 10 driver, valid SA ID, sober habits, knowledgeable in Civil Construction, knowledge of Health & Safety Act (Rules and Regulations) contactable references

Email CV to hr@njwconstruction.co.za or Contact: 063 074 4802

 

IT  TEGNIKUS  IT TECNICIAN

 

Vereistes: BDK Tech benodig ‘n IT Tegnikus met A+/MCSE of soortgelyke kwalifikasie, ondervinding kan ook tel as opleiding, vir Rekenaar en netwerk verwante herstelwerk en instandhouding, ens.

Epos CV na jobs@bdktech.co.za (Sluitingsdatum: 26 Okt. 2019)

 

MOTORFIETS DRYWERS  MOTORBIKE DRIVERS

 

Vereistes: 2 Betroubare Motorfiets Drywers benodig, verkieslik met Kode 8 en motorfiets lisensie en sober gewoontes.

Skakel: Renaldo by 074 238 4714 of 062 142 3817

 

VERKOOPSDAMES  SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde Produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

STIKSTERS  MACHINISTS

 

Vereistes: All-rounder Machinist dringend benodig in Durbanville area.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

VAKATURE  VACANCY

 

Vereistes: 2 Poste beskikbaar vir Persone wat Kombuiskaste kan bou, pos onmiddellik beskikbaar.

Kontak: Jan by 083 320 7585 of epos CV na: jan@bellmar.co.za

 

JUNIOR KLERK  JUNIOR CLERK

 

Requirements: Junior Administration Clerk needed for NJW Construction Company in Blackheath Industrial area, must be computer literate, with valid SA ID, function independently, be conversant and able to write in English and or Afrikaans, for filing, data capturing and other admin duties.

Email CV with contactable references to hr@njwconstruction.co.za

 

KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Vereistes: Jy hoef nooit weer sonder werk te sit nie. Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. benodig Konsultante – Opleiding en Kliënte word voorsien. Bo gemiddelde inkomste – Moenie wag nie!

Skakel: (021) 910 0992 of 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys. Moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

STIKSTERS  MACHINISTS

 

Vereistes: Stiksters benodig in Durbanville.

Whatsapp Naam & Kontaknr aan Mulder by 082 738 1811

of skakel: (021) 976 2678

 

KONTAK SENTRUM  CONTACT CENTRE

 

Requirements: Permanent Jobs available for Persons up to age 34, living with Disabilities, able to accommodate wheelchair bound applicants, with min. Grade 10, well spoken, problem solver, Must be able to cope with pressure, must be able to work shifts between 07h00-21h00, must be able to produce a medical report and be unemployed.

Email CV & medical report to placements.employmentsolutions@gmail.com

 

WINKELSENTRUM  SHOPPING CENTRE

 

Requirements: 12 Month Learnership with incorporation into business after successful completion of Learnership – Guaranteed 120 hours p/month with opportunity to generate additional income from overtime, cannot accommodate wheelchairs, only visually and hearing impaired, but must be able to hear normal speech with a hearing aid and see enough to work on a computer and read labels, must be able to work store hours. Must pay attention to excellent customer service delivery.

Email CV & medical report to placements.employmentsolutions@gmail.com

 

BEMARKING SEMINAAR  MARKETING SEMINAR

 

Vereistes: Geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te bou met ‘n minimale maandelikse kapitaal uitleg. Volledige opleiding en inligting word verskaf by ons volgende seminaar op Sat. 9 Nov. 2019, te Ouditorium van die Publieke Biblioteek in Bellville (Agter Melomed Hospitaal) om 10h30. Toegangsfooi: Gratis, Registrasie noodsaaklik.

Stuur Whatsapp of SMS na 082 926 5062 om jou en potensiële groep vir seminaar te registreer.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

 

 

 

Dagstukkies met Hugo 22 Oktober 2019

1 Korintiërs 10:31#Gesondheid

Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Ek deel graag goeie raad wat my pa my by herhaling geleer het: “Jy leef die lewe reg as jy dink wat jy doen en sê”.  As ons elke dag op dié manier begin en ons kies om deur die loop van die dag aanhoudend die regte treë Godwaarts te gee, word selfs die steiltes vir ons makliker om te oorbrug.  Wees versigtig met jou gedagtes, woorde en dade.  Wees in beheer daarvan, soos die Here dit wil hê.  Die resultaat word dan dat ander mense nie meer jou emosies en reaksies bepaal nie, maar jy neem beheer terug, saam met God.  Wat ons ook al doen!  Die hele boodskap van ons lewe, die getuienis wat ons oordra, deur ons woorde of dade, moet die lig van God aan ‘n donker wêreld wys.  Of ons eet, of drink, wat ons ook al doen, ons hele bestaan moet God se heerlikheid weerspieël.

Dis makliker om God se eer uit te leef, of uit te basuin, in die tye wanneer alles voorspoedig is, en my vyande of teenspoed ver weg van my is.  Die uitdaging kom om my lig so voor al die mense te laat skyn, sodat hulle steeds God se heerlikheid en Sy goeie werke in my lewe kan sien, wanneer dit op die moeilikste met my gaan.  Sodat die Vader wat in die hemel is, daardeur verheerlik kan word.

Ons verlossing moet God se heerlikheid weerspieël; en dis nie twee afsonderlike lewenstyle nie, wie ek is, as verloste, as mens, dit moet Christus verheerlik!  Maar, God self het Sy Heilige Gees belowe vir ons as eiendom, wat ons in hierdie heerlikheid van God toemaak.  En die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook nog meer sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome verlos.

Selfs as siekte die liggaam laat kwyn en jy swaar daaronder moet ly, moet jou liggaam steeds God se heerlikheid weerspieël.  Want, ons behoort nie aan onsself nie.  As gelowiges moet God in ons liggaam verheerlik word.  As swaarkry jou bedreig, en as jou denke ontspoor raak en jou hart moed wil verloor, skyn ons steeds gelowig ons lig sodat meer mense God se liefde kan raaksien.  Ook in die tye van sukses behoort alle eer slegs aan God.  Dan eer ons Hom met alles wat ons besit, want Hy alleen gee rykdom en eer en Hy gee ons die krag om dit te verwerf.   Wat ons ook al doen!  Die boodskap wat ons lewe verkondig, ons verlossing, ons liggaam wat die tekens van die lewe toon deur swaarkry en deur suksesse – alles moet die heerlikheid van God verkondig.

Mag dit jou gebed word dat ons genadige Vader elke aspek van jou lewe sal gebruik om Hom te verheerlik.  Sodat ons Hom sal eer selfs met elke struikelblok waarvoor ons te staan kom, sowel as elke prestasie.  Laat ons woorde en dade Sy naam verhef.  Laat die getuienis van ons eie verlossing ander mense na Hom toe trek.  Ons is geroep dat ons lewe Sy heerlikheid voortdurend sal verkondig.

God sal nie ’n groter teenwoordigheid in ons wees as wat ons bely Hy is nie. Wanneer jy dus met ’n behoefte of met nood  geteister word, bely dat die Here jou Herder is en dat jy geen gebrek ly nie.  (Psalm 103:1-3.) Jesus Christus genees steeds!  Alles tot eer van God!

Dagstukkies met Hugo 21 Oktober 2019

  

Spreuke 3:7-8#Gesondheid

Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.”

Daar moet by jou geen twyfel bestaan dat Jesus se bediening een van genesing vir liggaam en siel is nie.  Dis nogal vreemd om oor ‘n gesonde liggaam te praat, en dan begin die gesprek oor wysheid en vrees vir die Here.  Met dit in gedagte is daar ‘n belangrike waarheid wat ons op die tafels van ons hart moet vasmaak en dit gaan oor die oorsprong van die woorde wat ons spreek.  Ons kan nooit bo dit wat ons met ons mond bely, uitstyg nie.  Of dit die kwaad is wat ons gedagtes oorheers, of wanneer ons ongeloof of twyfel uitspreek, word ons eintlik deur daardie woorde gevange gehou.  Wanneer die vrees vir die Here ontbreek, en ons nog vreugde vind in die kwaad, gaan ons moeilik by ‘n plek van heelword en genesing uitkom. Want ons woorde gee uiting aan dit wat ons in ons hart glo.  Vir baie mense wat liggaamlike genesing soek, is die grootste struikelblok tot geloof, die onsekerheid of genesing wel God se wil vir hulle lewe is.  Maar die goeie nuus is dat genesing vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente vir almal is.

As jy onseker is of God dit werklik vir jou ook aanbied, neem dit jou vrymoedigheid weg om daarop aanspraak te maak.  Die krag van God, vir jou genesing, vir jou vrede, vir verkwikking vir jou gebeente word geopenbaar in die wil van God, en dis net die vyand wat jou gaan probeer wys maak, dat dit nie vir jou is nie.  Vir die ongelowige wat onbekend is met God se wil, word die vrees van die Here ‘n vrees vir Sy oordele en die ewige dood.  Vir die gelowige is dit iets heeltemal anders!  Dit word ons aanbidding en verwondering vir die grootheid en heerlikheid van God.  Vir Sy onbeskryflike, onverstaanbare, onverklaarbare liefde en genade.  Dit word ons denke, ons strewe, ons lewe, om ons geloof in Hom vas te maak.  En dit word die oorgawe van ons hart, om alles vir Hom te doen, uit liefde, eerbied, waardering, en vry van skuld en vrees, want Sy liefde het die plek daarvan ingeneem.  Elkeen van ons kan by genesing en verkwikking van ons siele uitkom, wanneer ons verstaan wie God is en Sy heerlikheid en grootheid kan omhels en ‘n eerbied vir Hom ontwikkel op grond van hierdie kennis.

Dagstukkies met Louise 18 Oktober 2019

18 OKTOBER 2019

Jesaja 43:1:  #Vreesloos

Wees nie bevrees nie want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne!”

Wannner ‘n kunstenaar besluit om ‘n nuwe kunswerk te skep, besluit hy oor die kleinste detail van die kunswerk om te sorg dat die eindproduk lyk soos dit wat hy in sy verbeelding gesien het.  Dit is ‘n groot droom.  Wanneer die kunswerk uiteindelik klaar is, kry dit ‘n naam en dit is hoe die kunswerk daarna uitgeken word, want die naam verwys meeste kere na unieke eienskappe van die kunswerk.  So is jy ook ‘n unieke kunswerk.  Jy is kosbaar.  Jy is by jou naam geroep.  Jy behoort aan die Meesterkunstenaar.

Meer as dit nog.  Jy is vrygekoop.  Jy is verlos.  Maar jy glo dit nie, né?  Ons leef mos in ‘n wêreld waar ons nie iets moet glo as dit te goed klink om waar te wees nie?  Maar God se woord kan ek en jy vertrou.  As Hy sê jy is verlos, dan is jy verlos.  Daar het nie ‘n fout ingesluip met die papierwerk nie.  Al voel dit vandag vir jou asof al die bitter van die verlede jou inhaal, weet net jy hoef nie bevrees te wees nie.  Doen dit net.  Ek dare jou.

Dagstukkies met Louise 17 Oktober 2019

17 OKTOBER 2019

Matteus 6:34:  #Vreesloos

Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel.  Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.”

Het jy al ooit iemand ontmoet waar dit voel asof julle mekaar net verstaan?  Amper asof julle uit een mond praat?  Asof julle mekaar se gedagtes kan lees?  Die Engelse mense het so ‘n lekker uitdrukking vir so ‘n ervaring.  Hulle sê: they just get me.  Voel jy nie asof hierdie teksvers jou net kry nie?  Wanneer laas het jy toestemming gehad om nie oor môre te bekommer nie?  Wanneer laas het iemand vir jou gesê jy hoef nie eers oor vandag bekommerd te wees nie?

Het jy die moed om iemand te glo sou hulle dit waag om dit vir jou te sê?  Het jy die moed om jou geloofspiere so in te span dat jy sal glo dat jy jou nie oor môre hoef te bekommer nie? Meer nog, dat die Here net die beste in gedagte het vir jou vandag? Ek glo dat die grootste kompliment wat ons vir die Here kan gee is om Sy Woord te glo.  Hierdie vers toets ons vreesloosheid in sy totaliteit – kom ons daag onsself uit om nie oor môre te bekommer nie.  Dit word elke dag ‘n bietjie makliker.

Dagstukkies met Louise 16 Oktober 2019

16 OKTOBER 2019

 Joshua 1:9:  #Vreesloos

Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”

Om sterk en vol moed te wees beteken dat ek en jy ons God moet vertrou om ons te beskerm.  Dit verg ook dat ons, ons geloof moet inspan om die moeilike dinge in die lewe vreesloos te trotseer.  Soos Joshua, gaan ons ook by dinge en situasies kom waar ons nie oplossings het nie.  Dinge wat ons so gaan skud, dat ons wonder of die son ooit weer gaan skyn.

Maar dan kry ons die boodskap presies soos wat Joshua dit gekry het.  ‘n Opdrag om nie bang en bevrees te wees nie, maar ‘n belofte dat God altyd by ons sal wees.  Is dit nie ‘n fantastiese wete nie?  Dat deur dik en dun kan ons op God vertrou om saam met ons te stap, te veg en te praat sodat ons veilig aan die ander kant kan uitkom.

Werkverskaffing – 15 Oktober 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 5   O K T O B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
NASORG TOESIGHOUER AFTERCARE SUPERVISOR
 
Vereistes: Eversdal Nasorgsentrum (Laerskool Eversdal) benodig ‘n Nasorg Toesighouer met goeie interpersoonlike verhoudings, kennis van en deernis vir kinders, eie vervoer, toesig oor leerders tydens alle aktiwiteite bv. Studie, etes en vryspel, vanaf 6 Jan. 2020) Werksure: 12h30-17h15 of 13h30-18h00

Epos CV na htraut@eversdal.org.za

   
ONDERWYSER TEACHER

       

  Vereistes: Laerskool De Tyger SBL –Aanstelling (Intermediêre/Senior Fase G.4-7) KABV & SARO registrasie (verpligtend) Afrikaans, Natuurwetenskap, en LO, Afrigting van Somer- en wintersport (seuns), Rekenaarvaardig, twee onlangse getuigskrifte – Aanvangsdatum: 1 Jan. 2019

Doen Skriftelik aansoek by: Die Skoolhoof, Faks: 021 939 4581 of epos: lsdetyger@telkomsa.net

 

VERSORGER CARER

 

Vereistes: Inslaap Versorger benodig met praktiese ervaring om na Bejaardes (89jr & 90jr) om te sien.

Epos: CV aan Mev. Ria Theron by mariatheron@gmail.com+

 

KOKKE CHEFS

 

Requirements: Mount Ceder Toerisme Koue Bokkeveld benodig 2 Kokke, verkieslik enkellopende persone met kwalifikasies verwerf by erkende skool/Gasteplaas, moet 4-dag Spyskaart gemaklik en stylvol voor berei, bereid wees om lang ure te werk.

Epos CV met bewys van vorige ondervinding en verwysings na selna@montpiquet.com

 

VERPLEEGKUNDIGE NURSE

 

Vereistes: Geregistreerde Verpleegkundige benodig met bewys van Opleiding, SAVR Registrasie, geldige Rybewys, tweetaligheid, bestuur en admin. vaardigheid, goeie menseverhoudinge ens.

Rig CV aan: Die Bestuurder, Suideroord Tehuis, Smithstraat 4, Bredasdorp 7280

of skakel Mev. L Van Wyk by 028 424 1080 vir Aansoekvorms.

 

ASSISTENT VERPLEEGKUNDIGE NURSE

 

Vereistes: Assistent Verpleegster by Chrismar Villas Aftree-Oord, Bellville benodig met Matrieksertifikaat en Geregistreerd by SAVR.

Aansoeke p/hand ingedien by Jessiestraat, 25, Chrismar, Bellville (Sluitingsdatum: 18 Okt.2019)

 

BESTUURDER/TUTOR MANAGER/TUTOR

 

Vereistes: Bestuurder/Tutor benodig met Gr.12 (Wisk. & Wet. 60%min) Werksure: Daagliks.

Epos CV na math@absamail.co.za

 

IT  TEGNIKUS  IT TECNICIAN

 

Vereistes: BDK Tech benodig ‘n IT Tegnikus met A+/MCSE of soortgelyke kwalifikasie, ondervinding kan ook tel as opleiding, vir Rekenaar en netwerk verwante herstelwerk en instandhouding, ens.

Epos CV na jobs@bdktech.co.za (Sluitingsdatum: 26 Okt. 2019)

 

BOEKHOUDSTER  BOOKKEEPER

 

Vereistes: Boekhoudster benodig met Pastel ondervinding tot Proefbalans, sterk admin. vaardighede en woonagtig in Noordelike voorstede.

Epos CV na info@autoexecutive.co.za

 

MOTORFIETS DRYWERS  MOTORBIKE DRIVERS

 

Vereistes: 2 Betroubare Motorfiets Drywers benodig, verkieslik met Kode 8 en motorfiets lisensie en sober gewoontes.

Skakel: Renaldo by 074 238 4714 of 062 142 3817

 

VERKOOPSDAMES  SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde Produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

VERKOELINGS TEGNIKUS  COOLING TECHNICIAN

 

Vereistes: Verkoelings Tegnikus benodig vir Fout opsporing, diens en herstel van kommersiële ver-koelingstelsels.

Epos CV na cornel@coldfact.co.za

 

STIKSTERS  MACHINISTS

 

Vereistes: Stiksters benodig op ‘n deeltydse basis in Durbanville area.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

KLAS ASSISTENT  CLASS ASSISTANT

 

Vereistes: Chere Botha Spesiale Skool benodig ‘n Klas Assistent, Graad 12 geslaag, Tweetalig: Afr/Eng en 2 referente, vir daaglikse fisiese versorging van leerders in klas, wat hoë vlak ondersteuning benodig voedingsterapie asook toiletroetine, daaglikse opruiming, toesighouding tydens pouses, vorige onder vinding sal ‘n aanbeveling wees.

Epos CV na admin@cherebotha.co.za of Faks na 086 455 5470

 

NUTSMAN  CLEANER/HANDY MAN

 

Vereistes: Handyman benodig met “panelbeating & Spraypainting” kennis, verkieslik in  Bishop Lavis en Elsiesrivier area.

Whatsapp of SMS na 082 061 4722

 

VAKATURE  VACANCY

 

Vereistes: 2 Poste beskikbaar vir Persone wat Kombuiskaste kan bou, pos onmiddellik beskikbaar.

Kontak: Jan by 083 320 7585 of epos CV na: jan@bellmar.co.za

 

GEWAPENDE WAGTE  ARMED GUARDS

 

Requirements: National Key Point Armed Guards needed, with valid NKP Certificate-Handgun, Shotgun/Rifle, valid Fire Arm Competency, PSIRA graded with valid certificate, Matric, clear criminal record and sober habits.

Contact: Dalene on 084 405 0249

 

STIKSTER  MACHINISTS

 

Requirements: All Round Machinist needed in Mitchells Plain area, must be able to work all machines operations.

Contact: Nicky on 076 694 5298

 

JUNIOR KLERK  JUNIOR CLERK

 

Requirements: Junior Administration Clerk needed for NJW Construction Company in Blackheath Industrial area, must be computer literate, with valid SA ID, function independently, be conversant and able to write in English and or Afrikaans, for filing, data capturing and other admin duties.

Email CV with contactable references to hr@njwconstruction.co.za

 

HUISHULP  DOMESTIC WORKER

 

Vereistes: Betroubare Huishulp benodig met sober gewoontes en Christelike waardes vir 5dae p/w. in Parow area.

Kontak: Mev. Adams by 073 151 4211

 

KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Vereistes: Jy hoef nooit weer sonder werk te sit nie. Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. benodig Konsultante – Opleiding en Kliënte word voorsien. Bo gemiddelde inkomste – Moenie wag nie!

Skakel: (021) 910 0992 of 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys. Moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.