Dagstukkies met CLF 21 Desember 2020

Wat is liefde?

“En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe.

Soos julle van die begin af gehoor het,

is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe”(2 Johannes 6)

Reeds in Januarie het ons die Tien Gebooie behandel. Ons het na hulle almal gekyk, en ook die samevatting daarvan. Daar het ons gesien dat ons eerstens God bo alles moet liefhê, en tweedens moet ons ons naaste liefhê soos onsself. Alles gaan oor die liefde.

Die Here weet dat ons mense nie altyd in liefde met mekaar lewe nie. Daarom het Hy vir ons die Tien Gebooie gegee. Nou kan ons vandag se teksvers verstaan. As ons sy gebooie nakom, dan lewe ons in liefde, en dit is soos God dit wil hê. God het ons eerste liefgehad, Hy het ons só lief dat Hy gewillig was om mens te word, en as Jesus Christus vir ons sondes te kom sterf.

 

Liefdevolle Jesus, dankie dat U so lief is vir my, leer my om elke dag in liefde met ander te lewe. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 20 Desember 2020

Weet dit

“Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet
dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo” (1 Johannes 5:13)

Ons wat kinders van die Here is, het net een doel in die lewe, en dit is om God te ver­heer­lik. En dan hoop ons ook op die ewige lewe. Jesus het vir ons sondes gesterf, en as ons onsself aan Hom oorgee, belowe Hy vir ons die ewige lewe saam met Hom. Soms kry ons as Christene swaar om staande te bly, maar ons vertrou op God se hulp, om dan eendag daardie wonderlike prys te kan kry.

Hier skryf Johannes dat ons wat in die Seun van God glo alreeds die ewige lewe het. Wat ’n wonderlike gedagte! Nou kan ek en jy met die lewe voortgaan met die wete dat ons klaar die prys ontvang het. Ons kan elke dag aanpak met die wete dat ons reeds die nuwe lewe ontvang het, en daarom God loof en prys vir sy geskenk. Wanneer jy weer bid, sê dankie vir die Here vir sy groot geskenk.

 

Liewe Heer, baie dankie dat ek vandag gehoor het dat ek al klaar die ewige lewe ont­vang het. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 19 Desember 2020

Wys jou liefde

“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid” (1 Johannes 3:18)

Die grootste opdrag van God aan ons gaan oor liefde. Eerstens moet ons God liefhê, en tweedens moet ons
liefde aan almal bewys met wie ons te doen kry. Die
Bybel praat van ons naaste. Wie is ons naaste? Dit is elke mens in jou lewe wat jy ontmoet, of mee te doen kry. So is selfs die man wat die strate vee waar jy verbystap jou naaste. Groet hom vriendelik. Die Here sien dit raak, en so is jy ’n ware kind van God.

Ons teksvers sê dat ons nie net van liefde moet práát nie. Nee, ons moet deur dit wat ons doen bewys dat ons liefde in ons harte het. Groet mense opreg, help mense wat sukkel, en gee aan die armes iets om te eet. Al ken jy nie die ou tannie wat swaar dra aan haar pakkies nie, help haar dra, en sorg dat sy veilig oor die straat kom. Die Here soek mense op aarde wat liefde aan ander bewys. Dit is tekens van sy koninkryk.

 

Liefdevolle Here, wys vir my waar ek ander mense in liefde kan bystaan. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 19 Desember 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  1 9  D E S E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Arthur is op soek na ‘n (Top- of frontloader) Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 082 219 5239

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Avril is op soek na ‘n Wasmasjien teen ‘n  bekostigbare prys.

Skakel: 078 368 5483

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Chelino Twin Pram in good condition @ R1200

Contact: Melissa on 073 127 7912  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Thelma soek na ‘n Yskas, Bed en TV teen ‘n weggeeprys of te skenk, brandskade gehad.

Skakel: 073 969 6543

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Imbuia Headboard & Stool in good condition @ R3000

Contact: Angela on 082 342 4794

 

T E  K O O P   F O R  S A L E
KIC Oven & Hob in good condition @ R600

Contact: Victoria on 061 001 5295

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 Volvo s40 2L @ R30 000 + 4-Plaat Gasstoof vir R1700 + 2 Opel Deure vir R400

DSTV Dekodeerder & Skottel vir R400

Skakel: 061 837 1530

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Spieël (1x2m) vir R500

Skakel: 082 646 1475

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Conroy is op soek na ‘n Selfoon teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 081 556 1068

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2000 Alfa Romeo 2L twinspark 16 valve 5-spoed met papierwerk vir R18 500

Skakel: 073 052 8766

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Electrolux Stofsuier met bybehore vir R500 + LG 7.2kg Toploader Wasmasjien, goeie toestand vir R900

Kontak: Leonard by 076 160 1072

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Russell is op soek na ‘n Toyota Corolla/Sentra met papierwerk/ lisensieerd teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 073 399 0525

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Vanessa soek na ‘n Wendy Huis, Vensters, Deure en Vibracrete Slabs teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Vanessa by 084 564 7267

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Eva is dringend op soek na ‘n Klerekas en Vloertëels teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Kontak: Ashley by 064 186 7557

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Groot Foto Raam (1.5m) vir R600 + Groot Spieël in pragtige wit raam vir R500

Skakel: 082 646 1475

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
The Bethany Charity Shop at Claremont needs pre-loved clothing, shoes, books, toys, house hold goods, electric items, furniture, appliances etc.

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

T E  K O O P F O R  S A L E
John Ramsay Seuns skooldrag (14-16jr) + Bellville Suid Hoërskool Meisie skooldrag (XS) Prys o.h.b.

Skakel: 082 061 4722

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Huis Pikkie soek na Bou materiaal, vensters, deure,  ens. teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 083 551 1593

 

Dagstukkies met CLF 18 Desember 2020

Hou vas aan God se Woord

“Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak”  (1 Johannes 3:7-8)

Deur al die eeue heen was daar mense wat die gelowiges mislei het. Reeds in Johannes se tyd het sommige al gesê dat Jesus, die Seun van God, nie regtig mens geword het nie. Hulle het selfs ook beweer dat dit nie so nodig was om die sonde te laat staan nie, want dit is die geestelike dinge wat belangrik is.

Gelukkig weet ek en jy dat Jesus ’n ware mens was, en dat Hy werklik die Seun van God is wat vir ons sondes kom sterf het. Ons verstaan ook dat dit onmoontlik is om tevrede te wees met die sonde as God die sonde so ernstig geneem het. Dit is die duiwel wat wil hê dat ons aanhou met sondig.

Die Heilige Gees woon in ons harte, en wil ons hier op aarde lei om die regte dinge te glo en doen. Hou vas aan wat die Bybel jou leer, en jy sal die ewige lewe kry.

 

Dierbare Here, dankie dat U ook so baie geduld met my het. Dankie dat ek u kind kan wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 17 Desember 2020

God is geduldig

“Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer” (2 Petrus 3:9)

In die tyd toe Petrus hierdie brief geskryf het, was daar mense wat die gelowiges mislei het. Onder andere het hulle gespot met Jesus se wederkoms, en gesê dat dit nie gaan gebeur nie. Hulle was vals leraars wat teen God opgetree het. Petrus pleit egter by die gelowiges om vas te hou aan Jesus soos wat Hy aan hulle verkondig is.

Die gelowiges het al uitgesien na die wederkoms, en hulle kon nie verstaan waar­om dit nog nie gebeur het nie. Petrus skryf vir hulle dat die Here se beloftes vas bly staan, maar dat Hy geduldig en liefdevol wag totdat elke mens die geleentheid gehad het om die Here aan te neem. God wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie. Daar­om moet ek en jy altyd mense uitnooi om die Here aan te neem.

 

Dierbare Here, dankie dat U ook so baie geduld met my het. Dankie dat ek U kind kan wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 16 Desember 2020

Jou naam

“Maar wanneer iemand ly omdat hy ’n Christen is,

moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie

naam moet hy God verheerlik”(1 Petrus 4:16)

Ons weet uit die Bybel dat Christene dit nie altyd maklik sal hê nie. In vandag se teksvers lees ons dat as iemand swaarkry omdat hy of sy die Naam van Christus dra, so iemand kan trots wees. Dis ’n voorreg om ’n Christen genoem te word. Die Here het ons uitverkies
om sy kinders te wees.

Ek en jy moet elke dag die Here loof en prys omdat ons die naam Christen het. As ons aan Christus behoort, wag daar vir ons ’n groot beloning aan die einde van ons aardse lewe, die ewige lewe by God in die hemel. Daarom kan ons maar swaarkry en spot verduur, die Here self sal vir ons sorg en daardie wonderlike prys aan ons gee.

 

Dankie, Here, dat my naam ook Christen kan wees. Help my om daardie naam waardig te wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies met CLF 15 Desember 2020

Jesus ons voorbeeld

“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ’n leuen gekom nie” (1 Petrus 2:22)

Elke kind van die Here wil graag soos Jesus leef. Toe Jesus op aarde was, het Hy net goed aan almal gedoen. Hy was lief vir elkeen, selfs vir sondaars. En nooit het hy ’n leuen vertel nie.

Ons wil so graag Jesus se voorbeeld volg. Maar tog doen ons dikwels nog verkeer­de dinge. Ons vertel maklik ’n onwaarheid wanneer ons in die moeilikheid is. Gelukkig ken die Here ons, en het ons lief. Hy weet waar ons swakhede is, en verstaan hoekom ons soms nog sondig.

As ons nederig na Jesus gaan en ons sondes bely, sal Hy vergewe, want ons bly sy kinders. Toe ek en jy klein was, was ons ook soms stout. Ons ouers het ons gestraf of ’n pak slae gegee, maar ons het hul kinders gebly.

Sê elke dag vir Jesus dankie dat Hy so ’n goeie voorbeeld vir jou is.

 

Dankie Here, dat ek vir U ken, en in U voetspore kan loop. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 15 Desember 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 5  D E S E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

MAATSKAPLIKE WERKER  SOCIAL WORKER
Requirements: Youth Solutions Africa in Zonnebloem requires a Social Worker with a Degree/Qualification as Social Worker, registered with the SACSSP, at least 3yrs practical exp, knowledge and understanding of South African legislation and policies related to Social Development, valid Drivers licence and own transport, communicate in English and Afrikaans, 3rd language an advantage.

Email CV, proof of qualification and registration to youthsa1@yahoo.com

 

SEKURITEITS OFFISIERE SECURITY OFFICERS
Vereistes: Graad A & B Sekuriteits Offisiere benodig, verkieslik woonagtig in Bellville en Parow omgewing.

Epos: CV na admin@fbprotectionservices.co.za

 

BEROEPSGESONDHEIDS PRAKTISYN OCCUPATIONAL HEALTH PRACTITIONER
Requirements: Urgently looking for a qualified Occupational Health Practitioner that can perform and issue medical certificates of fitness. Required for 3-4 times a week. Remuneration highly competitive.

Contact: Naas van Tonder on 061 466 0973

 

STIKSTER MACHINIST
Requirements: All Rounder Machinist, Table hands and Ironer needed to start a.s.a.p.

Contact: Lorraine on 062 369 5544

 

SEKRETARESSE SECRETARY
Requirements: Mostert & Bosman Firm in Bellville needs a Bonds Secretary with at least 5yrs exp. Must have exp. in ABSA Bonds (Normal Developments, Business, Private and Cancellations) Lexis Convey, E4, Stordoc and Lexis Sign.

Email detailed copy of updated CV to Lee-Anne Ely at lee-anne@mbalaw.co.za

 

VAKATURE VACANCIES
Requirements: CUM BOOKS W/Cape area requires the services of dynamic people to the following positions: Store Managers, Assistant Store Managers & Supervisors at Blue Route Mall, Canal Walk, Cape Gate, N1 City, Paarl Mall, Somerset Mall, Tygervalley, with at least 3-6yrs retail  exp, computer literate (MS Word & Excel) fully bilingual – English & Afrikaans. Must have excellent leadership qualities, exp. in store management will be an added requirement.

Email Application to cv@cumbooks.co.za

 

VERKOOPSPERSOON SALESPERSON
Vereistes: Maatskappy vir Staal/Metaal Industrie benodig ‘n Interne Verkoopspersoon met min. 2 jr. ondervinding in verkope en kennis van staal, Min. Matriek, Rekenaar ondervinding van Syspro noodsaaklik, tweetaligheid, hardwerkend, vriendelik en goeie menseverhoudings.

Epos CV met kontakbare verwysings na: zgilles@eurosteel.co.za

 

ASSISTENT WERKTUIGKUNDIGE ASSISTANT MECHANIC
Vereistes: Babylonstoren verlang die dienste van ‘n entoesiastiese Assistentwerktuigkundige met Matriek en min. N1-Kwalifikasie, Kennis van spuitpompe, kennis van outo-elektriese werk, sweisvaardighede, rekenaarvaardig, Afr & Engelmagtig en moet onafhanklik kan funksioneer.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

INSTANDHOUDING ASSISTENT MAINTENANCE ASSISTANT
Vereistes: Babylonstoren verlang die dienste van ‘n Instandhoudings Assistent met 2-3jr. ondervinding van instandhouding, ondervinding in ‘n toerisme omgewing sal voordelig wees, basiese kennis van loodgieters werk en elektriese stelsels, Afrikaans- en engelsmagtig.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

WERKSWINKEL BESTUURDER WORKSHOP MANAGER
Vereistes: Pool Transport benodig ‘n Werkswinkel Bestuurder. Volledige advertensie en aansoekvorm is beskikbaar by www.pooltransport.co.za (Sluitingsdatum: 20 Desember 2020)

Epos: CV en voltooide aansoekvorm aan careers@pooltransport.co.za

 

VAKATURES VACANCIES
Requirements: Tradesmen & artisans needed in Mitchell’s Plain, Strand, Elsies River, Manenberg areas. Construction site Superintendents,  Construction site managers, Construction site Supervisors, Civil engineers, Inspectors, Boilermaker contractors, Artisans, Labourers, Bricklayers, Plasterers, Airconditioning contractors and Health and Safety Officers.

Email CV to stephenpetersen85@gmail.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dagstukkies met CLF 14 Desember 2020

Hoe om te bid

“As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (Jakobus 4:3)

Om te kan bid, is ’n wonderlike voorreg wat die Here aan ons gegee het. Deur te bid, praat ons met die Here en kan ons al ons bekommernisse en begeertes aan Hom oordra. Die Here is so lief vir ons nietige mense dat Hy altyd daar is om na ons te luister. Dit maak nie saak of dit dag of nag is nie, as ons bid, hoor die Here wat ons vra.

Tog lees ons in Jakobus dat ons dikwels nie ontvang wat ons vra nie omdat ons verkeerd bid. Ons bid net selfsugtige gebede vir onsself, en vra net dat die Here vir ons moet gee wat ons wil hê.

Wanneer ons bid moet ons allereers vir God loof en prys vir al sy goedheid aan ons bewys. Hy het vir ons sondes gesterf sonder dat ons dit verdien het. Maar ons moet ook vir ander mense bid wat minder bevoorreg is. Heel laaste kan ons vir onsself bid.

 

Here Jesus, leer my hoe om te bid sodat ek kan ontvang wat ek van U vra. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.