Dagstukkies met CLF 5 Desember 2020

Verdra onreg

“’n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wees

wat onreg kan dra” (2 Timoteus 2:24)

 

In die Bybel is daar baie riglyne oor hoe ons as kinders van die Here moet lewe en optree teenoor ander mense. Veral in die briewe van Paulus kry ons goeie raad oor ons lewe met ander mense.

Vandag se Woord is dat ons vriendelik moet wees en nie rusie moet maak nie. Wat veral belangrik is, is dat ’n kind van die Here onreg moet kan verduur. Met ander woorde, as iemand teenoor jou onregverdig optree, moet jy altyd kalm bly. Weet dat die Here dit raaksien en met jou sal wees. Baie Christene moes al ernstige onreg verduur in hierdie wêreld van ons.

Wanneer jy weer gespot word of onregverdig behandel word omdat jy ’n kind van die Here is, onthou dat die Here dit weet en alles raaksien. Hyself sal die mense wat jou te na kom oordeel volgens hulle dade.

 

Help my Here om getrou aan U te bly, al word ek onregverdig behandel. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 4 Desember 2020

Harde werk

“Die broer wat die harde werk doen, behoort eerste ’n deel van die oes te kry”

(2 Timoteus 2:6)

Hierdie tweede brief aan Timoteus skryf Paulus vanuit gevangenskap. Hy wil hê dat Timoteus met geduld God se Woord verkondig. In daardie tyd, soos ook vandag, het die mense geneig om ver van die Here te leef.

Timoteus moet aanhou om hard te werk vir God se koninkryk, en hy sal beloon word. Paulus vergelyk dit met ’n boer wat hard werk, maar dan geregtig is om die eerste deel van die oes te eet en te geniet.

Dit is vir almal lekker om na harde werk beloon te word. Werk jou lewe lank hard vir die Here, en jy sal die grootste beloning kry – die ewige lewe, en om vir altyd by God in die hemel te woon.

 

Here, gee vir my asseblief elke dag die krag om hard vir U te werk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 5 Desember 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  0 5  D E S E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Jack Russel hondjie teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 071 153 9868

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Rodney is looking for an Inner sole Stitching Machine at a reasonable price.

Contact: Rodney on 076 972 2964

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Rose is op soek na ‘n Openview Dekodeerder teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 084 714 7836  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Mikrogolfoond teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 081 700 3804

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Geelhout & Embuia Eetkamerstel + Ronde Tafel met ekstra glasblad + 6 Riempiestoele met kussings vir R6500 o.n.a + Venster Blindings @ R600

Kontak: Corrie by (021) 988 2211 of 076 086 9362

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Sandra is op soek na ‘n Dubbelbed + Hangkas teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 073 708 0345

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Yskas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 853 4471

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Sleepstang (Towbar) met bybehore vir 2011 Hyundai Tucson @ R750

Spieël (1mx1.5m) sonder raam vir R800 + 2 mini (bar) Yskaste vir R300 elk

Fiets sonder bande (benodig aandag) vir R400 + Elektriese 3-fin Dak waaier vir R100

12 Plastiese Wit Stoele in goeie toestand vir R450

Kontak: Rodney by 076 972 2964

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Baba Kampbed met twee verstellings, aktiwiteits sentrum (organizer) en ekstras vir R850

Kontak: Mariana by 083 272 0474

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Pioneer USB CD Player + Motor CD Player @ R1000

Contact: Sharon on 063 266 0565 or 078 951 4555

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Charmaine is op soek na ‘n Mikrogolfoond teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 079 754 6306

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Arthur is op soek na ‘n Yskas & Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 082 219 5239

 

 T E  K O O P F O R  S A L E
2000 Alfa Romeo 2L twinspark 16 valve 5-speed in good shape with paperwork in order @ R17 999

Contact: 073 052 8766

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Charlene is op soek na ‘n Vrieskas teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 060 482 2883

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Twin Pram in very good condition @ R1500

Contact: Tania on 064 628 8820

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Solomons is op soek na ‘n Voordeur en Yskas teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: (021) 397 2845

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Kolossense Oorvloedige Sendingkerk soek na ‘n Stel Dromme teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Mnr. De Bruin by 082 852 9218

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Klerekas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 060 479 2466

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2 Sitkamer Banke in goeie toestand vir R500 (albei) + Studente Lessenaar vir R250

Skakel: 073 812 9142 

 

T E  K O O P   F O R  S A L E
Lowrey Orrel in baie goeie toestand vir R4200 + Oefenfiets vir R700

Kontak: Martina by 073 925 5316

Dagstukkies met CLF 2 Desember 2020

Nooit te jonk

“Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid” (1 Timoteus 4:12)

Gister het ons gelees dat Timoteus ’n jongman was. Paulus skryf aan hom dat hy nogtans ’n voorbeeld vir ander mense kan wees. Niemand hoef op hom neer te sien nie. Hy moet deur sy gedrag wys dat hy liefdevol is, ’n vaste geloof het, en ’n rein lewe lei.

Miskien is jy ook nog jonk. Soms voel jy minderwaardig, en dink dat jy nie oud genoeg is om vir God se koninkryk te werk nie. Jou jare tel nie by God nie. Enigeen wat ’n opregte kind van die Here is, kan vir Hom werk.

As jy die behoefte het om vir ander van die Here te vertel, bid tot God, en Hy sal jou help om te sê wat jy moet. Hoe meer jongmense van God getuig, en volgens sy wil lewe, hoe beter sal dit in ons samelewing gaan.

 

Here Jesus, al is ek nog jonk, gebruik my om vir U te werk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 01 Desember 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 1  D E S E M B E R   2 0 2 0

 

3 DESEMBER 2020 STER-KINEKOR
Ster-Kinekor Launches new Drive-In Experience with Movies for everyone – buckle up and grab your popcorn for the nostalgia of Drive-Ins!

Where: V & A Waterfront   Times: Saturdays at 15h00 & 19h00; Sundays at 14h00 & 18h00 and Thursdays & Fridays at 19h00 – throughout the festive season.

Visit www.sterkinekor.com or Customer Care on 0861 668 437

 

4-6 DESEMBER HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM
Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 23ste jaarlikse Concertofees in die vorm van ‘n Virtuele Gala Konsert met 8 jong Musici o.l.v. Liam Burden en die Hugo Lambrechts Simfonie-orkes

Toegang: R155p/p (besoek: www.quicket.co.za)

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105 vir meer inligting.

 

5 DESEMBER 2020 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH
Bethany Fellowship Church presents their Monthly Mini Market with a Tea Garden, konfyt, books and many more!

Where: Bethany Fellowship Church, 225 Imam Haron Road, Claremont

Time: 8h00 – 13h00      Stalls: Available @ R30

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 061 709 2533

 

5 DESEMBER 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Mini Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

10, 12-13 DESEMBER KAROO SUITE-PRODUKSIES
Deon Meyer & Coenie de Villiers se Karoo Suite-Produksies word beskryf as die “mooiste liefdesbrief aan die Karoo” Dié tweeluik – Karooi Suite en Karoo Suite 2 word by Atlantic Studios se Inryteater aangebied. Beide produksies word elke aand ten bate van die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se Liriekskryf-mentorskap program aangebied.

Kaartjies: R400 p/motor(met tot 4 insittendes) vir Desember vertonings by Computicket beskikbaar.

Werkverskaffing – 01 Desember 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1  D E S E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

SEKRETARESSE  SECRETARY
Vereistes: Mediese Sekretaresse benodig vir Spesialis Praktyk Goodwood met Rekenaar en Tikvaardigheid, en Praktyk ondervinding. (Sluitingsdatum: 17 Desember 2020)

Tweetalige Aansoekers epos CV aan profstaff1@adept.co.za.

 

DRYWERS DRIVERS
Vereistes: Drywers (19-35jr) met geldige Motorfiets lisensie benodig vir aanlyn Aankope (online Shopping) Aflewerings.

Kontak: Veronica by 084 660 9661

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

FIBRE OPTIC TEGNIKUS FIBRE OPTIC TECHNICIAN
Vereistes: Fibre Optic Tegnikus benodig, verkieslik in Mitchell’s Plain area vir nuwe installasie. Moet betroubaar wees met sober gewoontes. Bestuurslisensie en agtergrond van Fibre Optics vereiste.

Epos CV na focareers@gmail.com

 

VAKATURE VACANCIES
Requirements: CUM BOOKS W/Cape area requires the services of dynamic people to the following positions: Store Managers, Assistant Store Managers & Supervisors at Blue Route Mall, Canal Walk, Cape Gate, N1 City, Paarl Mall, Somerset Mall, Tygervalley, with at least 3-6yrs retail  exp, computer literate (MS Word & Excel) fully bilingual – English & Afrikaans. Must have excellent leadership qualities, exp. in store management will be an added requirement.

Email Application to cv@cumbooks.co.za

 

ONDERWYSERS EDUCATORS
Vereistes: Liesbeeck Primary, Mitchell’s Plain needs the services of the following Educators: 1 x Grade 1; 1 x Grade 3 & 1 x Grade 4 (LOLT English)

Closing date: Monday, 8 December 2020 @ 12h00

WCED Contract positions available from 1st January 2021 – 31 December 2021

Email CV and short application letter to the Principal W. Gasant at liesbeeck@mweb.co.za

Dagstukkies met CLF 1 Desember 2020

Leiers van die gemeente

“Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?” (1 Timoteus 3:5)

Hier skryf Paulus aan ’n jongman met die naam
Timoteus. Hy was ’n medewerker van Paulus, en was soos ’n dominee wat die gemeente moes leer en lei. Soos alle jong­mense moes Timoteus ook raad kry, en hy was gelukkig dat Paulus met die wysheid van die Heilige Gees vir hom kon skryf.

Paulus skryf vir hom hier oor die ouderlinge en diakens van die gemeente. Hy skryf dat hulle goeie mense moet wees. Hulle moet eerlik, getrou aan hulle vrou, nugter en verstandig wees. Ook moes hulle nie aan drank verslaaf of rusiemakers wees nie. Verder, soos ons teksvers sê, moes hulle huisgesinne voorbeeldig wees.

As jy miskien eendag gekies word vir ouderling of diaken, onthou vandag se gedeelte. Wanneer jy bereid is om so in God se gemeente te dien, doen jy ’n eerbare werk.

 

Here, help my om ’n eerbare mens te wees, sodat ek ook vir U kan werk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.