Dagstukkies met Ziva 14 Februarie 2019

Romeine 8:37-39#Liefde

14 FEBRUARIE 2019


“In al hierdie dinge oorwin ons egter deur Hom wat ons liefhet, want ek is oortuig daarvan dat geen dood of lewe of engel of outoriteit of leermag of dinge wat nou bestaan of dinge wat nog sal kom of hoogte of diepte of enige ander skepsel in staat is om my af te sny van die liefde van God wat daar in ons meester, Yeshua, die Gesalfde Een, is nie.”

Jare terug, in ‘n tyd wat ek die swaarste gekry het, was daar baie vrae oor lyding en ongeregtigheid en rampe in my lewe.  Ek wou alles net met my kop uitredeneer. Ek wou alles netjies in boksies inpak, of eerder, ek wou dit inforseer. Maar ons kan nie vir God in boksies plaas nie.  Hy is lief vir ons al kom daar ook slegte goed oor ons pad.

Selfs al gaan ons deur ‘n dal van dood skaduwee, niks sal ons ooit kan skei van Jesus se liefde vir ons nie. Deur Sy liefde is ek en jy nie net-net, skraap-skraap oorwinnaars nie. Ons is meer as oorwinnaars. Die krag van die goeie is sterker as die krag van die bose. Die stryd tussen goed en boos is nie tussen gelyke magte nie. Goed sal altyd die slegte oorwin.

God se goedheid en Sy greep van liefde is genoeg om my en jou te dra en vas te hou sodat ons elke dag in oorwinning kan stap.  Hou vas aan God se belofte en die wete dat Hy ook reeds hierdie wêreld oorwin het en dit maak ons mede-oorwinnaars in Jesus Christus!

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 13 Februarie 2019

13 FEBRUARIE 2019

2 Thessalonisense 3:5#Liefde
“Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus.”

Wanneer die liefde van Christus in ons harte gegraveer is, kan dit nie verberg word nie. Dit is soos ‘n soet welriekende geur. Die heilige invloed wat gereflekteer word sal deur die karakter gemanifesteer word. Christus sal binne ons gevorm word, “die hoop van heerlikheid”.  Die vrugte van die Gees is liefde, blydskap en vrede. Onenigheid en tweedrag is die werk van Satan en die vrugte van sonde. As ons vrede en liefde wil geniet, moet ons ons sondes versaak, ons moet in harmonie wees met God en dan sal ons ook in harmonie wees met mekaar. Laat elkeen homself afvra; Het ek die gawe van liefde?  Is my hart gerig tot liefde vir my naaste? Het ek lankmoedigheid en vriendelikheid aangeleer?

Talente, geleerdheid en welsprekendheid, sonder hierdie hemelse eienskap van liefde, sal  betekenisloos wees soos ‘n klinkende metaal of luidende simbaal. Tog word hierdie kosbare hemelse skat so lig geag dat dit so min nagestreef word deur baie wat hulself gelowig noem!

Waar ‘n siel met Christus verbind is, is daar liefde. Wat ookal die karakter mag wees, as daar nie liefde is nie is dit waardeloos, nie liefde wat sag, swak, sentimenteel is nie, maar die liefde van Christus. Sonder die liefde sal alle ander dinge niks beteken nie, want dit kan nooit Christus verteenwoordig nie.

Heilige Gees, dankie dat ons met elke asemteug U Agape liefde kan verklaar en dat ons dit so intens sal ervaar dat dit ons lewens sal oorheers sodat die wêreld vir ons sal herken as dissipels van Jesus Christus. Draai ons harte in U rigting en laat U liefde ons kompas wees. Amen

In Sy Liefde altyd

Gemeenskapsnuus 12 Februarie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 2  F E B R U A R I E   2 0 1 9

 

14 FEBRUARIE 2019 NGK HELDERBERG

 

NGK Helderberg bied aan ‘n 13-Week program in Divorce Care, DivorceCare4Kids, Single & Parenting en Griefshare (inter-kerklike programme gegrond op Bybelse waardes)

Waar: NGK Helderberg, Firmountstraat 82, Somerset Wes         Tyd: 17h30-20h00

Kontak: Annette Botha by harmonyhelderberg@gmail.com

 

16 FEBRUARIE  2019 NGK  VRIJZEE

 

NGK Vrijzee bied aan ‘n Praatjie met Jerome Hendricks van Gauteng vroeër van die SAP en tans by ‘n Privaat Sekuriteitsmaatskappy, oor hoe om jouself persoonlik te beveilig

Waar: Kerkgebou, H/v Merriman & Oxfordweg, Vrijzee, Goodwood         Tyd: 12h00

Kontak: Mergedis Nathan by 082 450 0075

 

17 – 20  FEBRUARY   2019 SHARON ASSEMBLY OF GOD CHURCH

 

Sharon Assembly of God Church presents a Believers Conference with Evang. Llewellyn Simonse

Where: C/o Oxford Street & Merrydale Avenue, Portland Mitchells Plain        Time: 08h00 & 18h00

Contact: 072 453 3577

 

20 – 24  FEBRUARIE  2019 LAKEVIEW COMMUNITY CHURCH

 

Lakeview Community Kerk, Retreat hou Tent Veldtog Dienste met John Stroup (VSA)

Waar: Hilary Rylaan, Prince George Rylaan, Lavender Hill              Toegang: Gratis                         

Tyd: 19h30 & 17h00

Kontak: Randal by 073 193 0593

 

22  FEBRUARY   2019 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

  1 – 3  MARCH   2019 THIRSTY  MINISTRIES

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”

Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2  MAART  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

   2  MAART  2019 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer!

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  MARCH  2019 CLAREMONT  BALLET  SCHOOL
 
“You are Special” a narrated Dance Show based on the Book by Max Lucado

Where: Bergvliet High School       Time: 11h00 & 15h00    Tickets: R50p/p

Contact:  Dominique on 081 413 9881

 

7  MAART 2019 CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS

 

Boekebekendstelling van “Fletcher vra hoekom en Aangenaamsdal se geheim”deur Ewald & Liani van Rensburg,

Waar: NGK Stellenberg, Markplein      Tyd: 09h00

Toegang: Gratis (RSVP getalle ter wille van spyseniering)

Kontak: berlise@clf.co.za

Werkverskaffing 12 Februarie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G  1 2  F E B R U A R I E  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
MEDIESE ONTVANGSDAME MEDICAL RECEPTIONIST
 
Vereistes: Moet ondervinding hê, afgetrede persone ook welkom om aansoek te doen.

Epos CV na psychcv@gmail.com

   
MEDIESE ONTVANGSDAME MEDICAL RECEPTIONIST
 
Requirements: Medical Secretary for well-established Breast & Thyroid Health Centre in Panorama, with high computer literacy (MS Office) fluent in English/Afrikaans, reliable, own transport, must have impeccable integrity and references, efficient, caring personality, exp. in surgery arrangements, ICD 10 coding, electronic diary management, liaise with medical schemes for account queries and coding.
Email CV to vacancy@apffelstaedt.com
 
JUNIOR  ADMIN  KLERK JUNIOR  ADMIN  CLERK
 
Requirements: NJW Construction Company in Blackheath needs a Junior Administration Clerk, must be computer literate, valid South African ID, contactable references, duties include filing, data capturing etc.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za  

 
ADMINISTRATIEWE KLERK ADMINISTRATION CLERK
 
JUNIOR ADMINISTRATION CLERK

Requirements: NJW Construction Company in Blackheath Industrial needs a Junior Administration Clerk with a valid SA ID, computer literate, function independently, conversant and able to write in at least English or Afrikaans, duties include filing, data capturing etc.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za

 

STIKSTER MACHINIST

 

Requirements: All Rounder Machinist needed for CMT in Mitchells Plain.

Contact: Nicole on 076 694 5298

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Stikster dringend benodig wat goed met ‘n plain machine kan stik, in Durbanville area.

 Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

PANEELKLOPPERS PANELBEATERS

 

STRIP & ASSEMBLERS

Vereistes: Persone wat motor voertuie uit mekaar kan haal en weer aan mekaar kan sit) eie gereedskap ‘n vereiste.

Kontak: Mev. Muller by 021 939 4014 of 082 570 5215

 

PAINT SHOP STAFF

Vereistes: Persone wat in Paintshop voertuie kan voorberei om ge-spuitverf te word. Slegs persone met ten minste 5jr ondervinding asb.

 Kontak: Mev. Muller by (021) 939 4014 of 082 570 5215

 

SLEUTEL  MAKER KEY  CUTTER

 

KEY CUTTER

Requirements: WP Locksmith needs a Key Cutter, must have experience, in the Northern Suburbs, Durbanville, to start a.s.a. p.

Contact: Coleen on 082 338 8949

 

MOTOR TEGNIKUS MECHANIC

 

TEGNIKUS/MECHANIC

Vereistes: Gevestigde Motor-diens/herstel/onderhoud Besigheid in Montague Gardens benodig ‘n Tegnikus/Mechanic met ondervinding (formele kwalifikasie nie ‘n vereiste) verkieslik jong middeljarige persoon met eie vervoer, sober gewoontes en betroubaar.

Epos CV na anneline@unlimited-auto.co.za

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Requirements: Hair Stylist needed in Kensington area.

Contact: (021) 593 9348

 

MACHINIST IRONER

 

Requirements: Qualified Ironer needed in Belhar area.

Contact: Lorrein on 072 956 1628

 

KINDER OPPASSER NANNY

 

Vereistes: Betroubare Nanny benodig, met kwalifikasies in CPR en kinderopvoeding (verkieslik maar onderhandelbaar) ondervinding van kinders hê, woonagtig wees naby Parklands area, gewillig wees om na ure en naweke te werk indien nodig.

Kontak: Annchen by 083 287 7835

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

 

 

Werkverskaffing 5 Februarie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G  5  F E B R U A R I E  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

B E M A R K E R M A R K E T I N G
 
Vereistes: Nuwe Kunsmis verspreidings Maatskappy benodig jong selfgedrewe Bemarkers in die Wes-Suid en Oos Kaap, asook Klein Karoo met eie vervoer en selfoon noodsaaklik. ‘n Landbou agtergrond en veral kennis van gewasse (area spesifiek) of bemesting sal voorkeur geniet.

Epos CV aan fransoli4.1973@gmail.com

PARKERING BESTUUR PARKING MANAGEMENT
REGIONAL MANAGER
Requirements: Exp. in Parking Management, communication skills and Computer literacy is a must. Be able to work independently and in a team, at Federal, Cape Town.
Email CV to info@federalsa.co.za
P R O K U R E U R A T T O R N E Y
 
 Vereistes: ‘n Prokureur, Notaris & Aktebesorger met min. 2 jaar. Ondervinding word verlang by gevestigde Prokureursfirma in die Noordelike Voorstede van Kaapstad.

Epos CV aan anita@borhay.co.za

 
V E R P L E E G S T E R N U R S I N G  S I S T E R
 
Requirements: Arisen Women, based in New Woodlands Mitchells Plain needs a Nursing Sister, with own car, driving licence & Copy of SANC receipt and a passion for Community Service.

Email short CV to arisenwomen@telkomsa.net (att. Patricia) or call: (021) 372 6839

 

J U N I O R  A D M I N  K L E R K J U N I O R  A D M I N  C L E R K

 

Requirements: NJW Construction Company in Blackheath needs a Junior Administration Clerk, must be computer literate, valid South African ID, contactable references, duties include filing, data capturing etc.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za  

 

 

 

S T I K S T E R M A C H I N I S T

 

Requirements: All Rounder Machinist needed for CMT in Mitchells Plain.

Contact: Nicole on 076 694 5298

 

ADMINISTRATION CLERK ADMINISTRATIEWE KLERK

 

JUNIOR ADMINISTRATION CLERK

Requirements: NJW Construction Company in Blackheath Industrial needs a Junior Administration Clerk with a valid SA ID, computer literate, function independently, conversant and able to write in at least English or Afrikaans, duties include filing, data capturing etc.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za

 

T E G N I K U S T E C H N I C I A N

 

Requirements: Experienced Technician required for maintenance and installation work involving bakery and Food-service equipment, with sound electrical and mechanical knowledge, be able to work with tools, valid drivers license, min. 3yrs exp. in associated industry.

 Email CV with contactable references to techni-serv@telkomsa.net

 

GASTEHUIS BESTUURDERES GUESTHOUSE MANAGERESS

 

Requirements: An exp. person to run the Guesthouse in Muldersvlei/Eisenburg Farm area, with a proven track record and ability to operate independently, with driving licence, computer knowledge to handle bookings and enquiries, while previous guesthouse administration exp. will be a strong recommendation.

Email Detailed CV to info@muldersvlei.co.za

 

LEES TERAPEUT READING THERAPIST

 

Vereistes: Leesterapeut benodig in Durbanville/Melkbosstrand omgewing, opleiding sal verskaf word. Opvoedkundige of Onderwys agtergrond is ‘n vereiste.

 Epos CV na lurindie@xsinet.co.za

 

PAD MERKER ROAD MARKER

 

Requirements: Amandla Roadmarking is expanding their road marking division and need to employ suitably qualified individuals as an additional team. If you have prior exp. in roadmarking, send your

 Short CV to roadmarking@amandlaconstruction.co.za

 

 

 

 

 

 

S T I K S T E R M A C H I N I S T

 

Vereistes: Stikster dringend benodig wat goed met ‘n plain machine kan stik, in Durbanville area.

 Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

P A N E E L K L O P P E R S P A N E L B E A T E R S

 

STRIP & ASSEMBLERS

Vereistes: Persone wat motor voertuie uit mekaar kan haal en weer aan mekaar kan sit) eie gereedskap ‘n vereiste.

 Kontak: Mev. Muller by 021 939 4014 of 082 570 5215

 

PAINT SHOP STAFF

Vereistes: Persone wat in Paintshop voertuie kan voorberei om ge-spuitverf te word. Slegs persone met ten minste 5jr ondervinding asb.

 Kontak: Mev. Muller by (021) 939 4014 of 082 570 5215

 

S U P E R V I S O R S U P E R V I S O R

 

SUPERVISOR

Requirements: To manage a small team of 4-5 persons, liaise with managers and other role players, must have a drivers licence, be able to communicate at all levels.

Email CV to info@rorichprojects.com

 

S L E U T E L  M A K E R K E Y  C U T T E R

 

KEY CUTTER

Requirements: WP Locksmith needs a Key Cutter, must have experience, in the Northern Suburbs, Durbanville, to start a.s.a. p.

 Contact: Coleen on 082 338 8949

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Dagstukkies met Ziva 12 Februarie 2019

12 FEBRUARIE 2019

Romeine 5: 8-9#Liefde


“Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.”

As ek so oor redding dink, dan dink ek terug aan my eie lewe waar ek baie keer die weegskaal moes balanseer.   In die een bak van die skaal was al die sonde wat ek in my lewe gedoen het en dalk moontlik nog sou doen. Dan in die ander bak die goeie dinge wat ek gedoen het om die skaal te probeer balanseer.  En dan werk ons verder hard aan goeie dinge en dade om die skaal ten minste net gelyk te hou.  Maar ek dink dat almal van ons wat al ‘n paar jaar die pad van die lewe gestap het, met my sal saamstem dat dit onmoontlik is om ooit die skaal selfs effens te lig deur ons eie krag.

Omdat ons so fokus om die weegskaal gelyk te hou mis ons God se belofte van Sy groot genade en Sy bonatuurlike krag in ons.  God sit met al die troewe in Sy hand in die wedstryd teen sonde en nie vir ‘n oomblik hoef enige mens te twyfel dat God se genade groot genoeg vir ons sal wees nie. Daar is nie ‘n weegskaal wat sterk genoeg is om dit te weeg nie- selfs nie eens in jou gedagtes nie.  Ons is nou geregverdig deur Sy bloed en kan ons maar ophou om ‘n vleeslike skaal te gebruik.  Jesus, ons verklaar vandag ons dankbaarheid vir ‘n Hemelse weegskaal, in die een bak, U liefdesverbond met ons en in die ander bak van die weegskaal die Bybel – God se woord. Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 11 Februarie 2019

11 FEBRUARIE 2019

1 Johannes 4:10#Liefde
“Hierin is die liefde:  Nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.” 

 

Almal van ons het al die volgende slagspreke gehoor; elkeen vir hom- of haarself, ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand. Die sondige wêreld is vol leuens, haat, vrees, materialisme, wellus en so baie ander dinge, dit vertroebel verhoudings tussen mense. Hierdie dinge kry baie maklik vashouplek in ons as kerk se lewens.  Dit laat my ook dink aan ‘n teksvers in Galasiërs 5:15: “Maar julle byt en verskeur mekaar, pas op dat julle nie later mekaar heeltemal verslind nie.”

Maar dit hoef nie so te wees. Oorwinning is moontlik wanneer ons toelaat dat die Gees van God in ons heers. Daarom staan daar in 1 Johannes 4:10-11, werklike liefde is dit; nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur Sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

 

Geliefdes, as dit is hoe God Sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.

Liefde beteken dat ek en jy, soos Christus, bereid sal wees om vir ander te sterf. Dit gaan nie vir ons oor onsself nie.  Jou belange kom voor ander. Jou behoeftes is dus kleiner as ander.

Liefde beteken dat ons Christus se voorbeeld sal volg en sal sterf aan ons eie ek.  Dit gaan nie vir my oor myself nie.  Dit moet gaan oor ‘n ander se belange en behoeftes wat voor joune moet kom.  Dit is nie maklik om ander so lief te hê nie, maar as ek en jy toelaat dat die Heilige Gees in ons lewens oorneem, werk God se liefde vir ander mense in ons. As ons God toelaat, maak Hy dit vir jou en my maklik om Sy gebooie te gehoorsaam. Hy maak dit vir ons maklik om dan lief te hê.  Verklaar dan vandag, Here ek gee myself ten volle aan U sodat U liefde uit my kan vloei na ander. U is en bly die enigste bron van alle liefde. Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva Opsomming week 1

Opsomming Week 1 : #Identiteit

OPSOMMING week 1 FEBRUARIE 2019

Deur volledig jou #identiteit te verstaan in Jesus Christus beteken eerstens dat jy in ‘n verhouding staan met God, jou erfenis deur geloof , jou transformasie deur die werking van die Heilige Gees, jou posisie, Goddelike outoriteit asook jou roeping en plan wat God het vir jou lewe.

As deel van hierdie uitverkore nasie en volk moet ons gedurig werk aan ons verhouding met God. Ons moet optree as bemiddelaars tussen God en ander, daarom is dit ook noodsaaklik dat ons heilig sal leef voor God en ander. Het Hy ons dan nie juis uit die duisternis geroep tot Sy wonderbare lig?

Dankie Jesus dat my #identiteit ook bestaan uit vier werkwoorde:

  • geken,
  • gevorm,
  • gewy en
  • aangestel vir ‘n tyd soos nou.

Jou verklaring vandag, dankie Jesus dat ek nie ‘n bedelaar hoef te wees nie. Dankie vir ‘n nuwe lewe en ‘n skoongewaste identiteit gevul met liefde en oorvloed. Heilige Gees ek dank U ook vir geestelike rykdom  wat my  aanstelling is in U koninkryk!

Volgende week se tema is #liefde

In Sy liefde altyd

Kerknuus 10 Februarie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 0  F E B R U A R I E  2 0 1 9

14 FEBRUARIE 2019 NGK HELDERBERG

 

NGK Helderberg bied aan ‘n 13-Week program in Divorce Care, DivorceCare4Kids, Single & Parenting en Griefshare (inter-kerklike programme gegrond op Bybelse waardes)

Waar: NGK Helderberg, Firmountstraat 82, Somerset Wes         Tyd: 17h30-20h00

Kontak: Annette Botha by harmonyhelderberg@gmail.com

 

16 FEBRUARIE 2019 NGK  VRIJZEE
NGK Vrijzee bied aan ‘n Praatjie met Jerome Hendricks van Gauteng vroeër van die SAP en tans by ‘n Privaat Sekuriteitsmaatskappy, oor hoe om jouself persoonlik te beveilig

Waar: Kerkgebou, H/v Merriman & Oxfordweg, Vrijzee, Goodwood         Tyd: 12h00

Kontak: Mergedis Nathan by 082 450 0075

 

20 – 24  FEBRUARIE  2019 LAKEVIEW COMMUNITY CHURCH
Lakeview Community Kerk, Retreat hou Tent Veldtog Dienste met John Stroup (VSA)

Waar: Hilary Rylaan, Prince George Rylaan, Lavender Hill

Toegang: Gratis                          Tyd: 19h30 & 17h00

 

22  FEBRUARY   2019 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

1 – 3  MARCH   2019 THIRSTY  MINISTRIES

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”

Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2 MAART   2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

2  MAART  2019 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer!

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

3 MARCH  2019 UPPER HALL PENTECOSTAL CHURCH

 

Upper Hall Pentecostal Church will be hosting 2019 Open Mic for all upcoming Gospel Artists, Singers, Dancers, Bands, Praise & Worship groups etc, with Guest Artist, Lionel Smith,

Where: Upper Hall Pentecostal Church, Sonata Street, Steenberg     Time: 18h00

Contact: Lionel Smith on 078 964 9257

 

4 – 6  MARCH  2019 KWASIZABANTU  MISSION

 

Kwasizabantu Mission Malmesbury presents a Ministers Conference themed “Revival – God at Work” invite Pastors, evangelists, counselors and members of the Church to attend.

Where: Kwasizabantu Mission, Kranskop, KZN

Contact: KZN Reception at 032 481 5727 for bookings and more info.

 

4 – 8  MAART  2019 VGK RETREAT

 

VGK Retreat hou Veldtogdienste met Spreker, Ds. Piet Bester, oor Tema “Is jy Seker

Waar: VGK Retreat, 6de Laan & Boundary Weg, Retreat          Tyd: 19h30

 

Dagstukkies met Ziva 8 Februarie 2019

8 FEBRUARIE 2019

Romeine 8: 14-15#Identiteit
“Want die wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.  Julle het nie ‘n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die gees van aanstelling as kinders ontvang.”

Nou eendag sien ek ‘n verslete man sit onder ‘n verbleikte sonsambreel by een van hierdie gewilde vlooimarkte in die Wes-Kaap. Sy stoel is gedaan en sy tafeltjie staan taamlik skeef.

Hy het moeg en afgerem gelyk, maar hy doen sy bes om mense te oortuig om ‘n boek te koop  oor Hoe om vinnig ryk te word.

Ek kon amper nie my oë nie glo nie!  Al het ek hom innig jammer gekry was die versoeking groot om in sy oor te fluister, lees die boek en doen wat daarin staan!  So is dit ook soms waar  vir ons as kinders van die Here. Ons het die bybel, God se lewende Woord, waarin ons sien dat God vir ons lewe wil gee. Hy wil ons, deur die Heilige Gees, geestelik ryk maak.

Ons karring egter soos bedelaars baie keer nog op vullishope van sonde rond. Ons loop in verslete klere onder verbleikte sonsambrele rond terwyl ons nuwe klere, skoongewas deur Jesus Christus kan dra. Ons lewens is leeg terwyl die Heilige Gees ons ‘n lewe gevul met liefde en oorvloed wil gee. In Romeine 8:14-15 staan daar geskrywe “Want die wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God. Julle het nie ‘n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die gees van aanstelling as kinders ontvang”. 

Bid vandag: “Dankie Jesus dat ek nie ‘n bedelaar hoef te wees nie. Dankie vir ‘n nuwe lewe en ‘n skoongewaste identiteit gevul met liefde en oorvloed. Heilige Gees ek dank U ook vir geestelike rykdom wat my aanstelling is in U koninkryk!

In Sy Liefde altyd.