Dagstukkies met Ziva 7 Februarie 2019

Galasiërs 3:26-29#Identiteit

7 FEBRUARIE 2019

“Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God”. (NTI)

Ek het eendag gelees van ’n gebruik in Skotland waar lammertjies met ‘n ekstra velletjie om hulle lyfies rondhardloop.  My eerste gedagte was dit is nogals oulik want dan kan hulle mos  nie koud kry nie, maar nee, dit was nie die rede nie. Die werklike rede is dat die skaapooi of dan nou die ma van die lammetjie gesterf het en dat die lammetjie geen kans op oorlewing het tensy ‘n ander  ooi die wesie aanvaar nie.  Maar, as jy nou net so ‘n wesie na ‘n ander ooi sou neem, sal sy dit bloot wegstoot.  Sy sal nie die lammetjie se reuk herken nie, en daarom weet dit is nie haar eie nie.

Gewoonlik het so ‘n skaapkudde egter ook ‘n ooi wie se lammetjie gesterf het.  Die skaapwagters neem die dooie lammetjie se vel en wikkel dit om die wees-lammetjie.  Die lam word dan na die ooi geneem wie se kleinding dood is.  Wanneer sy die wees-lammetjie ruik, ruik sy haar eie lam.  In plaas van om die lam te verdryf, eien sy dit as haar eie toe.  Op dieselfde manier, in Christus, word ons deel van God se kudde.   Ons ontvang ‘n nuwe identiteit (nuwe velletjie) en maak God geen onderskeid tussen Sy kudde. Jesus bevestig hierdie stelling so mooi in Galasiërs 3:26-29. Verklaar vandag oor jouself, dankie Here dat ek weet wat my herkoms is en dat ek deel  is van ‘n Goddelike kudde met ‘n identiteit wat een is met Christus.

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 6 Februarie 2019

Jeremia 1:5#Identiteit

6 FEBRUARIE 2019

“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het ek jou geheilig.  Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.” 

Ek wil vandag met jou gesels oor jou roeping want hierin lê ook opgesluit jou identiteit.  Hier wil ek graag Jeremia as lens gebruik en sy worsteling dat God sy volk vergeet het en ook dat hulle geweier het om God te erken.  Hulle was so nutteloos in die verhouding met God soos ‘n verslete gordel om iemand se lyf. Die Here was hierdie volk nie meer goedgesind en dit het Jeremia se hart gebreek maar nog steeds verkondig hy, dat soos ‘n kleipot gebreek word, sal die Here hierdie volk en hierdie stad breek.  Die ballingskap in Babel is hulle straf.  Die Here gaan hulle nie spaar nie en hulle deur hulle vyande laat wegvoer.  Ironies genoeg is die ballingskap egter ook hulle redding.  As deel van Jeremia se roeping om ook op te bou en te vestig, beskryf hy daarom die weggevoerde ballinge as ‘n mandjie goeie vye en in ‘n brief verkondig hy die Here se goeie guns aan hulle.

Deur die hele worstelingsproses kom motiveer God ook vir Jeremia met die volgende vier werkwoorde vir sy roeping: geken, gevorm,gewy (geheilig) en aangestel (gegee/gekies) wat ons dan ook lees in Jeremia 1:5.  Let op dat God hom ken nog voor die Here hom skep . God skep Jeremia volgens die prentjie wat Hy van hom het en voer dit deur met sy vorming in die moederskoot en daarbuite vir die roeping wat God vir hom het.  So ook het God ‘n prentjie van jou gehad  prentjie wat  voor jou vorming in jou moederskoot. Hy het ook geweet wat jou ware identiteit in Hom is, jou roeping en dat Hy jou geheilig het. Hierdie versekering gee diepsinnige perspektief op die lewe!  Vandag kan jy ook oor jouself verklaar dat jou identiteit  ‘n Goddelike prentjie is vir God en dat Hy jou ook wil gebruik soos ‘n Jeremia.  Dankie Jesus dat my identiteit  ook bestaan  uit vier werkwoorde, geken, gevorm, gewy en aangestel vir ‘n tyd soos nou.

In Sy Liefde altyd.

Werkverskaffing 5 Februarie 2019

 WERKVERSKAFFING 5 Februarie 2019

8 – 10  F E B R U A R Y  2 0 1 9 R E C O N N E C T  M I N I S T R I E S

 

Reconnect Ministries presents HaTikvah Rising Womens Camp

Where: Caledon,          Cost: R400 (self catering meals) includes accommodation.

Contact: Joylene Smith on 073 210 4734

 

9  F E B R U A R I E  2 0 1 9 H A W K  G R O E P

 

Hawk Groep hou ‘n Fondsinsameling ten bate van (Pro-life animal Rescue Centre) Weskaap
Waar:  Melkbosskerm, Melkbos            Tyd:  15h30

Kaartjies: R200 volw. R90 kinders

Kontak: Estelle by 076 701 4160

 

1 6  F E B R U A R I E  2 0 1 9 N G K  V R I J Z E E

 

NGK Vrijzee bied aan ‘n Praatjie met Jerome Hendricks van Gauteng vroeër van die SAP en tans by ‘n Privaat Sekuriteitsmaatskappy, oor hoe om jouself persoonlik te beveilig

Waar: Kerkgebou, H/v Merriman & Oxfordweg, Vrijzee, Goodwood         Tyd: 12h00

Kontak: Mergedis Nathan by 082 450 0075

 

 2 2  F E B R U A R Y   2 0 1 9 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  1 – 3  M A R C H   2 0 1 9 T H I R S T Y  M I N I S T R I E S

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”                 Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2  M A A R T  2 0 1 9 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

   2  M A A R T  2 0 1 9 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  M A R C H  2 0 1 9 C L A R E M O N T  B A L L E T  S C H O O L
 
“You are Special” a narrated Dance Show based on the Book by Max Lucado

Where: Bergvliet High School       Time: 11h00 & 15h00    Tickets: R50p/p

Contact:  Dominique on 081 413 9881

 

 

 

Gemeenskapsnuus 5 Februarie 2019

 GEMEENSKAPSNUUS 5 Februarie 2019

8 – 10  F E B R U A R Y  2 0 1 9 R E C O N N E C T  M I N I S T R I E S

 

Reconnect Ministries presents HaTikvah Rising Womens Camp

Where: Caledon,          Cost: R400 (self catering meals) includes accommodation.

Contact: Joylene Smith on 073 210 4734

 

9  F E B R U A R I E  2 0 1 9 H A W K  G R O E P

 

Hawk Groep hou ‘n Fondsinsameling ten bate van (Pro-life animal Rescue Centre) Wes-Kaap
Waar:  Melkbosskerm, Melkbos            Tyd:  15h30

Kaartjies: R200 volw. R90 kinders

Kontak: Estelle by 076 701 4160

 

1 6  F E B R U A R I E  2 0 1 9 N G K  V R I J Z E E

 

NGK Vrijzee bied aan ‘n Praatjie met Jerome Hendricks van Gauteng vroeër van die SAP en tans by ‘n Privaat Sekuriteitsmaatskappy, oor hoe om jouself persoonlik te beveilig

Waar: Kerkgebou, H/v Merriman & Oxfordweg, Vrijzee, Goodwood         Tyd: 12h00

Kontak: Mergedis Nathan by 082 450 0075

 

 2 2  F E B R U A R Y   2 0 1 9 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  1 – 3  M A R C H   2 0 1 9 T H I R S T Y  M I N I S T R I E S

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”                 Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2  M A A R T  2 0 1 9 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

   2  M A A R T  2 0 1 9 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  M A R C H  2 0 1 9 C L A R E M O N T  B A L L E T  S C H O O L
 
“You are Special” a narrated Dance Show based on the Book by Max Lucado

Where: Bergvliet High School       Time: 11h00 & 15h00    Tickets: R50p/p

Contact:  Dominique on 081 413 9881

 

 

 

Dagstukkies met Ziva 5 Februarie 2019

1 Petrus 2:9: #Identiteit

5 FEBRUARIE 2019

“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.”

Petrus praat van die kerk (ek en jy) as ‘n uitverkore volk. Meer spesifiek word hulle genoem genos eklekton wat beteken genos (ras) en ethnos (nasie) en laos (volk). Soos Israel in die Ou Testament roep God vandag nog alle nasies, rasse en volke om getuies te wees van Sy dade.

As deel van hierdie uitverkore nasie en volk moet ons gedurig werk aan ons verhouding met God. Ons moet optree as bemiddelaars tussen God en ander, daarom is dit ook noodsaaklik dat ons heilig sal leef voor God en ander. Het Hy ons dan nie juis uit die duisternis geroep tot Sy wonderbare lig?

Al behoort die hele aarde aan God, beklee ek “die kerk” dus ‘n baie spesiale plek, jy is God se besondere besitting met ‘n besonderse unieke identiteit. As sulks word daar dan van ons verwag om God se verlossingsdade te verkondig sodat ander ook in Sy wonderbare lig sal kan staan. Verklaar dan ook vandag oor jouself, Ek is ‘n uitverkore ligdraer met ‘n Goddelike mandaat!

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 4 Februarie 2019

 

Kolossense 2:9-10#Identiteit

8 FEBRUARIE 2019_ZIVA

“Want in Hom bly die hele volheid van wat God is gesamentlik en in Hom is julle ook volledig.  Hy wat die hoof is van elke heerser & outoriteit.”

Ons het elkeen ‘n identiteitsboekie waarin ons nommer en foto verskyn en wat wys hoe jy lyk, ‘n identiteit wat net jy is. Geen twee persone het dieselfde identiteitsnommer en daar is niemand anders op aarde soos jy.

Al sê ons identiteitsboekie wie ons is, weet baie Christene dikwels nie wat hul identiteit in die Here Jesus is nie of wat dit beteken om volledig in Hom te wees nie.  Wat is dan hierdie ware identiteit as ‘n kind van die Here wanneer die Bybel dan praat van die volheid van ons identiteit in Jesus?  “Want in Hom bly die hele volheid van wat God is gesamentlik en in Hom is julle ook volledig, Hy wat die Hoof is van elke heerser en outoriteit.”

Deur volledig jou identiteit te verstaan in Jesus Christus beteken eerstens dat jy in ‘n verhouding staan met God, jou erfenis deur geloof, jou transformasie deur die werking van die Heilige Gees, jou posisie, Goddelike outoriteit asook jou roeping en plan wat God het vir jou lewe.Mag jy voortaan leef met die sekerheid dat jy oor ‘n Koninklike identiteit beskik met Jesus Christus as hoof en heerser van jou lewe.  Verklaar vandag oor jouself, ek is wie God sê ek is!!

In Sy Liefde altyd.

Dagstukkies met Dennis Francis Opsomming 3 Februarie 2019

Opsomming 3 Feb 2019

Ons leef in ‘n tyd van baie uitdagings en versoekings, wat dan ten doel het om die gelowiges in die afgrond te lei, maar 1 Kor. 10:13 verklaar: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou wat nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.”

Jak.1:2 sê: “Ag dit louter vreugde, wanneer julle in allerhande versoekings val…..omdat dit lydsaamheid bewerk, sodat ons volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kort kom nie.

2 Thess. 3:3 verklaar : “Maar die Here is getrou, Hy sal julle versterk en bewaar van die bose.” Die Naam van die Here is ‘n sterk toring, die regverdiges hardloop daarin en word beskut. God is getrou wanneer ons swak is, is Hy sterk en openbaar Hy sy krag in ons en bewaar ons van die bose, want die Allerhoogste het ons, ons skuilplek gemaak.

Daarom bemoedig Deut.31:6 ons so mooi met die woorde: “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want Hy is die Bewaarder van Israel wat nie sluimer of slaap nie, maar Hy is wakker op Sy woord om dit te volbring.

Ons gee die Here al die lof en aanbidding, want ons is in die beskerming van die Almagtige. Daarom sê Dawid in Psalm 5:12 “Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil, laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam lief het.”

Ons blydskap in die Here,  is ons beskutting. Psalm 125:2 verklaar: “Rondom Jerusalem is berge, so is die Here rondom Sy volk van nou af tot in ewigheid.” Onse God is vir ons ‘n Bergvesting, die ewige Rots, die RoTs van die eeue, daarom spreek die profeet, Jesaja, met die volk terwyl hulle in ballingskap is: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie , want Ek is jou God, Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Die woord van die Here is ja en amen. Die Here sal ons nooit  begewe of  verlaat nie, maar in ons benoudheid, deur die gevare. Deur die dal van doodskaduwee is Hy altyd daar met Sy reddende regterhand, om ons te help en te versterk.

Ten slotte: Jes.40:29 sê Hy gee die vemoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Mag u die volle seën van die Here weg dra. Skakel in op www.tygerberg104fm.co.za/blog/ vir volgende week se Dagstukkies met Ziva, ons tema is #Identiteit.

Vrede / Shalom.

Dennis Francis

Kleurvolle ouma inspireer, bedien en lééf passievol

In Februarie gaan Ziva Spangenberg Radio Tygerberg 104fm se Blog, Dagstukkies met Ziva hanteer. Maandeliks sal personeel die geleentheid kry om die bediening met ons luisteraars en lesers te deel.

Ziva, wat LIG beteken, is nie ‘n vreemdeling as dit by skryf kom nie het het onder meer haar eie tydskrif en gemeenskapskoerant besit en bestuur. Sy skryf gereeld vir Christentydskrifte en ander publikasies.

Ziva is die laaste drie jaar die bedieningshoof by Radio Tygerberg 104fm maar is reeds meer as ‘n dekade by die stasie se bediening, as vrywilliger betrokke. “Ek het reuse respek vir die rol wat vrywilligers en nie-winsgewende organisasies speel. Hul waarde en impak kan jare later nog gevoel word”. Min het sy geweet dat haar vrywilligerswerk by die stasie, tot ‘n voltydse bedieningspos sou lei. “Wat ‘n voorreg om daagliks mense in nood te kon bystaan – sonder ‘n afspraak en heeltemal gratis! Soms voel dit of die lewe jou skop as jy lê, en die gratis bedieningsdiens by die stasie kon vir honderde mense weer ‘n mate van hoop gee en as rigtingwyser op hul pad dien”, sê sy.

Ziva, ‘n geordende pastoor met ‘n vroue bedieningen  is veral bekend vir haar jaarlikse Rut-konferensie en ander werkswinkels. “Vanjaar is die sewende keer wat dit aangebied sal word. Deur Rut het die Here reeds ‘n lang pad met my gestap. Tydens die jaarlikse konferensie – wat vanjaar op 1 Junie by die NG Kerk in Welgelegen plaasvind, het ek geleer dat Jesus jou fokus moet bly te midde van uitdagings en jou verlede”

Die laaste ses jaar was Ziva ook ‘n deeltydse student en het in 2018 haar Meestersgraad in Voedings- en gesondheidsberading suksesvol voltooi. Sy het ‘n passie vir kleur, geur en kosmaak asook haar vroue bediening, OneLife fokus juis op fiksheid en gewigsverlies met ‘n holistiese aanslag op liggaam, gees en siel – alles in ‘n eenheid. OneLife, haar bediening se direkte ontstaan kom as gevolg van haar jarelange stryd teen emosionele eetgewoontes.  Haar eie getuienis oor haar gewigsverlies van 20kg oor die laaste 12 maande deel sy graag om so ook hoop te  bring vir ander.

In Maart word haar tweede boek uitgegee, “Nothing Else Matters” wat spesifiek gaan fokus om ander mense te bedien om ‘n gesonde leefstyl  te begin en te kan volhard.  ‘n Ongelooflike reis van restorasie na siel, gees en liggaam.

Ziva is getroud met Johan, ‘n elektriese ingenieurstegnikus en het vier kinders en twee kleinkinders. Sy is ‘n natuurmens en hulle is gereeld Saterdae en vakansies op die gholfbaan! Sy skryf graag en het ‘n hart vir mentorskap en help graag mense om hul ware passie en roeping te ontdek en uit te leef.

Sy is nie ‘n stilsit-ouma nie en het twee jaar gelede ook ‘n geregistreerde en geakkrediteerde Bybel Kollege, Vision2Victory  gestig waarvan sy nou die Prinsipaal is. Volgens Jean Muller, ontvangsdame by Radio Tygerberg 104fm, student by Vision2Victory en gewaardeerde kollega, is Ziva se intimiteit met die Here die dryfkrag agter alles wat sy doen. “Sy is ‘n passievolle mens en ‘n wonderlike mentor wat ander die belewenisse wat die Here met haar deel, gun”.

Geniet die Februarie-reis met Ziva en Radio Tygerberg 104fm. Mag die brokkies vir jou en jou geliefdes in hierdie maand ‘n seën wees. Deel dit gerus met ander en nooi jou geliefdes uit om daagliks die kort dagstukkies te lees. Elke Sondag-aand om 20:15 bespreek Pastoor Dennis Francis die opsomming van die week op Radio Tygerberg 104fm.

 

Dagstukkies met Dennis Francis 1 Februarie 2019

Jesaja 41:10:  #Beskerming

1 FEBRUARIE 2019

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God, Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.”

Met Israel so lank in ballingskap, het hulle al begin glo dat God hulle vergeet het. Die omstandighede was nie altyd maklik nie. So is dit in vandag se lewe ook, want baie ervaar dieselfde gevoel van verlatenheid wanneer ons deur donker dieptes van benoudheid moet gaan; dan pak vrees en angs die mens toe.

Die oomblik toe ons die dokter se diagnose gehoor het en wanneer niks meer gedoen kan word nie, dan voel jy platgeslaan asof alles in duie stort. Maar dit is juis daardie oomblik wat die woord van die Here sê: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou…Ek die Almagtige …Ek wat is, wat was en wat altyd tot in ewigheid sal wees, Ek is met jou.

God gee ons daardie versekering dat Hy met ons is, dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie. In Sy teenwoordigheid is ons veilig, daarom hoef Israel nie te vrees nie, want dit was juis die doel om Israel hierdeur bewus te maak dat te midde van ballingskap, God hulle hand neem, hulle ondersteun met Sy reddende regterhand.

Met hierdie versekering, selfs tot vandag toe, is God altyd daar om ons te beskerm en ons deur al die gevare van die lewe te dra. Daarom kan ons die lewe aanpak met nuwe ywer en moed, want ons is in die beskerming van die Allerhoogste.

Vrede / Shalom.