Oggendrooi se Anton – meer as net ‘n mooi stem

Deur Adrie Jurgensen

Datums is vir Anton Brink belangrik. Baie belangrik. Eintlik net een datum, 6 November. Dis die dag waarop Anton goeie wense, heelwat geskenke en baie “Veels-geluk-liewe-Anton-liedjies” verwag.

Anton, die meester van “flou jokes” en grootste aanhanger van sy mede-aanbieder Gerald Petersen, is in die geheim eintlik ‘n baie ernstige man. Hoewel Anton gereeld deeltjies van sy verborge sangtalent op lug en via WhatsApp-boodskappe aan medepersoneel openbaar, kan hy spog met drie goue en een platinum toekennings vir sang wat hy in 2018 by die South African Talent Championships verwerf het. Hierdie trotse pa van twee deel dan ook sy talent vir sang (en drama!) met sy 10-jarige dogtertjie Léri wat pas verskeie medaljes by die South African Championship of Performing Arts verwerf het. Sy 13-jarige seun, Léhan, blink weer uit in tennis en hokkie en hou ook sy lyf model! Tydens verlede jaar se South African Talent Championships is hy aangewys as die algehele wenner in die juniorafdeling vir seunsmodelle. Albei is in Laerskool Panorama, waar Anton ook die voorsitter van die Beheerraad is. ‘n Taak wat hy met groot erns aanpak.

‘n Mens kan egter nie van Anton praat sonder om sy vrou van 15 jaar, Arlene, in dieselfde asem te noem nie. Anton het reeds by verskeie geleenthede erken dat sy familie – behalwe sy liefde vir God – die groot dryfkrag in sy lewe is. Dit is al waarvoor hy onthou wil word – ‘n goeie man en pa.

Anton is reeds meer as 20 jaar in radio en net so gemaklik op ‘n verhoog as seremoniemeester as agter ‘n mikrofoon. Deesdae skuif hy vroegoggend saam met mede Oggendrooi-aanbieder Gerald in – draai die lugversorging op yskoud sodat Gerald sy pers kombers kan uitruk – en verseker dat die luisteraars hul dag met ‘n lag en op ‘n hoë, geesvervulde noot kan begin.

Wat minder mense van Anton weet, is dat hy ‘n groot visserman is (nie noodwendig suksesvol nie, maar die groot een wag vir hom!), dat hy die gesogte titel van Mnr. Struisbaai op die jong ouderdom van 18 verower het (en steeds die strandhanddoek en sambreel as bewyse het!) en dat hy, saam met sy gesin, die baie suksesvolle Smithland Guest Apartments in Parow besit en bestuur. Anton is nie skaam om op te staan vir wat reg is nie, hy is openlik lief vir die Here en is die week se skrywer van Dagstukkies met Anton op Radio Tygerberg 104fm se blog.

Anton het in April die onderwerp  #Opstanding aangepak en hierdie week kyk hy na #Eerlikheid.

Dagstukkies met Reinhard 12 April 2019

 

Openbaring 3:20:  #Luister

12 APRIL 201912

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”

Wanneer jy in jou middel 40’s of 50’s is dan onthou jy sekerlik toe jy ‘n kind was dat wanneer daar mense aan die deur geklop het was daar ‘n groot opgewondenheid want iemand het kom kuier.  Dit was die tye voor selfone en wanneer mense afsprake met mekaar gemaak het.  Jy het net opgedaag by ‘n vriend of ‘n kennis of selfs familie en mense was bly om jou te sien.  Deesdae is dit nie meer so nie.  Ons sê sommer vir ons vriende en familie dat as hulle nie genoegsame kennis gee nie, moenie eers kom nie want jy gaan dalk nie reg wees nie.  Ek dink die ou dae was ‘n bietjie beter!  Ons was bereid om met mekaar te gesels en met mekaar tyd te spandeer en mekaar te ontvang in ons tuiste.  Dit het nie net ‘n effek op ons persoonlike en emosionele lewe nie, maar ook ons geestelike lewe, dat ons vir God ook in dieselfde boksie sit deur te sê: “Here, ek haal U uit wanneer ek kerk en selgroepie toe gaan, maar die res van die tyd moet U eintlik nie vir my pla nie, Here.”  Die hartseer deel is is dat ek en jy is armer as gevolg daarvan.

Openbaring 3:20 sê: “Kyk, ek staan by die deur en Ek klop en as jy my stem herken sal jy dit vir My oopmaak en sal Ek na jou toe inkom en ons sal ‘n feesete saam geniet.”  Vir my en jou om saam met God te wees is altyd iets feestelik.  Dit is altyd wonderlik en transformerend. Miskien moet ons die nuwe manier van dinge doen een kant sit en bietjie terugkyk na die verlede toe en te onthou hoe God vir my en jou hanteer het.  God is ‘n God van samesyn.  Ek wonder of jy die klop aan die deur al gehoor het wanneer God by jou ‘n draai kom maak het.

Kom ons bid saam:

Here, dankie dat U nie opgee net omdat ons nie die deur die eerste keer oopgemaak het nie.  Dankie dat U aanhoudend by ons huis aankom, by die kamers van harte, en aanhou klop om te probeer inkom.  Here, help ons om getrou en gehoorsaam te wees sodat wanneer U klop dat ons U stem sal herken en die deur sal oopmaak.  Amen

Seëngroete

Dagstukkies met Reinhard 11 April 2019

Hosea 2: 16-17:  #Luister

11 APRIL 2019

“Let daarom op, Ek sal haar lok, haar in die woestyn inbring en sagkens met haar praat, dan sal Ek haar wingerde daarvandaan gee en die vallei van Akhor as ’n deur van versekerde verwagting en sy sal daar sing soos in die dae van haar jeug, soos op die dag toe sy uit die land van Mitzrayim opgekom het.”

Ons almal kan getuig van ons verlede en dat daar partykeer dinge is wat agter ons is wat ons nie regtig agter ons gesit het nie.  Ons haal dit nog aan in konfliksituasies en wanneer ons deur moeilike tye gaan herinner ons onsself en ander mense van ons teleurstelling en ons hartseer.  Maar deel daarvan om vir God te luister is om te erken dat Hy sê vir ons Hy maak alles nuut en dat dit wat voor ons is is ver beter as dit wat agter ons is.  Dat Hy ons op Sy hande dra, dat Hy vir ons krag gee sodat ons nie ons toon sal stamp nie en dat Hy ons sal oplig op arendsvlerke.  Wanneer ons konstant kyk na wat agter ons is mis ons uit na al die rykdom wat God voor ons sit.  Die rykdom van goeie gees en standvastige emosies.  Die rykdom van dalk ‘n finansiële deurbraak.  God wil hê ek moet kyk na dit wat voor my is en my oë op hom gerig hou sodat ek nie elke keer tydens moeilike tye sal terugkyk nie.

In Hosea 2:16-17 sê Hy so mooi dat Hy sal sorg, Hy wat God is.  Dat jy die name van die Baals nie meer sal noem nie.  Dat dit wat in jou verlede is weg is, sê Hy vir ons, dat jy nooit meer dit sal aanroep nie.  Op dié dag sal Hy met Israel ‘n ooreenkoms sluit met die wilde diere, die voëls en alles wat op die grond kruip en Hy sal die wapens vernietig en ‘n einde maak aan oorloë in die land sodat daar rus en vrede kan wees.  Wanneer ek en jy ophou kyk na wat agter ons is naamlik ons verlede, ons foute, ons tekortkominge en ons sit ons oë op God dan bring Hy vir ons vrede.  Hy bring vir ons rus en Hy bring vir ons ‘n nuwe geleentheid.

Kom ons bid saam:

Here, dankie dat ek kan weet dat U in beheer is van my lewe en dat ek nie hoef agter my te kyk om te sien wat my gaan vang en probeer seer maak nie maar dat ek my oë gerig kan hou op U en weet dat U ‘n plan het en vir my ‘n toekoms bewerk.

Seëngroete

Dagstukkies met Reinhard 10 April 2019

Jeremia 33:3:  #Luister

“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.”

10 APRIL 2019

Het jy al ooit vir God gevra: “Here, wys my dinge.  Praat met my.  Sê vir my wat U wil is vir my lewe.”  Partykeer dan kom die antwoord in die vorm van: “God wil nie met my praat nie.  Dit voel asof ek in die dak vasbid.  Dit voel asof niemand my hoor nie.”  Dink jy regtig God gaan nie luister as ek en jy met Hom praat nie?  Dink jy regtig dat Hy ons ignoreer?  Al voel dit partykeer so, kom ons sê vir mekaar wat die waarheid is.  God luister altyd! God doen altyd en Hy is besig om dinge in my en jou lewe te bewerk wat vir ons van groot seën gaan wees.

In Jeremia 33:3 gee die Here basies vir ons ‘n opdrag en Hy daag ons uit.  Hy sê vir ons:  “Vra My en Ek sal vir jou ongelooflike dinge vertel oor wat hier gaan gebeur waarvan jy niks op hierdie oomblik weet nie.”  Die opdrag wat God vir ons gee is om die vrymoedigheid te neem om te vra en Hy sal dinge vir jou wys en Hy sal jou lei.  Maar in dieselfde asem moet ek en jy bereid wees om te kan stilword en te sê: “Here, goed dan.  Ek het nou gevra.  U is getrou.  U belowe dat U met my sal praat.  Maar nou gaan ek stilbly.  Nou gaan ek luister.  Nou gaan ek hoor waantoe U my wil lei. Ek gaan luister wat U vir my wil sê en wat my uitweg op my vraag is.” As jy kan luister sal jy weet God is getrou.  Hy sal nooit ophou om met jou te deel die begeertes van nie net Sy hart nie, maar jou hart ook daarby.

Kom ons raak stil:

Here, dankie dat ons weet dat ons kan vra en dat U getrou is om in U woord te sê dat U sal vir ons die ongelooflikste goed vertel.  Dinge wat ons nog nooit eens aan gedink het nie.  Dankie vir U getrouheid en dankie dat ek kan weet dat daar altyd ‘n oop deur na U toe is. 

Seëngroete

Werkverskaffing – 09 April 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 9  A P R I L   2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BOEKHOUDSTER BOOKKEEPER
 
Vereistes: Prokureurs VisagieVos het ‘n vakature vir ‘n Junior Boekhoudster, ondervinding is nie ‘n vereiste nie.

Stuur volledige aansoek aan marinda@visagievos.co.za  

   
ONTVANGSDAME RECEPTIONIST
 
Vereistes: Spesialis Tandheelkundige Praktyk, Table View benodig ‘n Ontvangsdame met praktyk ondervinding, rekenaar- en Tikvaardigheid.
Tweetalige aansoekers kan CV epos aan profstaff1@adept.co.za
 

VERKOOPSVERTEENWOORDIGER SALES REPRESENTATIVE

 

Vereistes: West Coast Turbo Blackheath, benodig ‘n Verkoopsverteenwoordiger, verkieslik ‘n Dame (20-30jr) met geldige rybewys (Code B) eie vervoer en tweetaligheid (Afr&Engels)

Kontak: Quentin by (021) 905 0600 of 072 570 0520

   

 

 
TOESIGHOUER SUPERVISOR

 

Vereistes: By vooraf vervaardigde sementprodukte Fabriek te Blackheath, geskikte kandidaat 35jr+ betroubaar, eie vervoer, uitsonderlike netheid is ‘n vereiste, moet goed met mense kan werk.

Stuur kort CV aan admin@cemstone.co.za

 

TEATER SUSTER THEATRE SISTER

 

Vereistes: Deeltydse pos vir Spesialis Praktyk in die noordelike Voorstede, sterilisasie van instrumente tydens chirurgiese prosedures asook eie vervoer.

Epos ‘n verkorte CV na admin@kswart.co.za

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

Requirements: Deli Supervisor needed at a busy Convenience Store, must have 5yrs exp. in the management of a kitchen, deli, restaurant, must be able to draw up tasteful menus and preparation, be firm to comply with set hygiene standards and general housekeeping, computer literate on MS packages, implement continuous improvements and reduce waste.

Email CV to info@airportfreshstop.co.za

 

HANDY MAN NEEDED

Requirements: Must have workable knowledge and experience on plumbing, painting, welding and basic electricity, must be in possession of a valid driver licence, own transport, maintain a healthy lifestyle, no previous criminal record, non smoker, willing to work shifts, weekends included.

Email CV to info@airportfreshstop.co.za

 

METAAL WERKER METAL WORKER

 

Requirements: Sheet metal Worker needed, normal benefits of a large company apply.

Email CV to info@che.co.za

 

ADMINISTRATIEWE KLERK ADMIN CLERK

 

Vereistes: Vervoermaatskappy benodig ‘n manlike Admin. persoon met rekenaarvaardighede vir Aanddiens, moet oor eie vervoer beskik.

Kontak: Mnr. De Wet by 072 216 7199 of 072 123 2453 (Kantoor-ure)

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

SUPERVISOR NEEDED

Requirements: Contours Landscapes needs a Garden Maintenance Supervisor in a full time capacity at Century City, with leadership qualities, basic Horticultural knowledge, MS Office, punctual, irrigation knowledge essential, drivers license, resides in the area close by Century City, must ensuring ground staff and tools are ready by 7am, management of staff using tools and power tools, etc.

Email Copy of CV, ID, Passport and or Valid Work permit, qualifications, salary expectation to hr@contoursgroup.co.za or call (021) 788 1202

 

GARDEN MAINTENANCE GROUNDSMAN – Level 1 NEEDED

Requirements: Resides in the area or close by Century City, Grade 8, must be able to speak and read English, Horticultural Knowledge/know basic horticultural practices, min. 6 months in the horticultural fields, no substance abuse issues, no criminal record, valid work permit & passport if foreign national

Email Copy CV, ID, Passport and or valid Work permit and qualifications to hr@contoursgroup.co.za or call 021 788 1202 and quote ref: garden maintenance Groundsman Level 1

 

PROJECT MANAGER NEEDED – Commercial sites

Requirements: Contours Landscapes needs a Project Manager for Contours Landscapes, in a full time capacity to ensure the efficient and professional installation of landscaping projects, with a min. 5yrs exp. in the Landscape/Garden Industry, good with tools and machinery, good knowledge of construction and hard landscaping elements, adequate knowledge of plant requirements, deadline orientated, valid drivers license, joint builders contracts committee competent, sober habits etc.

Email Copy of CV, qualifications, salary expectation to hr@contoursgroup.co.za and quote ref: Project Manager (Commercial Sites)

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

SUPERVISOR NEEDED

Requirements: Building Maintenance Company needs a Supervisor to manage a small team of 4-5 workers, Liaise with managers and other role players, have relative exp. in the building/property main tenance Industry, be able to communicate at all levels, drivers licence a must, not negotiable.

Send CV to info@rorichprojects.com

 

PANEELKLOPPER PANELBEATER

 

Vereistes: Vervoermaatskappy benodig dringend ‘n Paneelklopper & Spuitverwer in Athlone area.

Kontak: Mnr. De Wet by 072 216 7199 of 072 123 2453 (Ma-Vrydag tussen 09h00 – 16h00)

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Overlocker Machinist benodig met ondervinding van Industriële masjiene, moet betroubaar en elke dag by die werk wees, van Ma-Vrydag vanaf 07h30-15h00, in Parow area.

Kontak: Karin by 083 761 2363

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: All Round Machinist word benodig in Durbanville area.

Skakel of Whatsapp asb. vir Yolandi by 082 733 5447

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: All Round Stiksters benodig in Durbanville.

Kontak: (021) 976 2678

 

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

 

 

Gemeenskapsnuus – 09 April 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 9  A P R I L   2 0 1 9

 

11 -14  APRIL   2019 BLESSED HOPE FULL GOSPEL CHURCH

 

Blessed Hope Full Gospel Church will be hosting a Gospel Campaign themed “Time is running Out.. for us” with Past. Dylan Botes

Where: Blessed Hope Full Gospel Church, 154 Cradock Road, Steenberg       

Time: 19h30 & 09h00

Contact: Sydney on 083 372 9380

 

13  APRIL  2019 UNASHAMEDLY ETHICAL

 

Unashamedly Ethical will be hosting the Ride4Ethics Mountain Biking 14km for beginners and social riders & 35km for the fitter & more technical riders

Where: Bloemendal Wine Estate, Durbanville

Entries: online www.bloemdalwines.co.za    

Both events are timed by RACETEC.

 

13   APRIL   2019 VREDELUST CHURCH

 

Vredelust Church will be hosting Foster Conference 2019, themed “Making a Difference, One Child at a Time”aim to introduce as many people to the foster care process

Where: Vredelust Church, Bellville               Time: 08h00-16h30         Cost: R300p/p

Contact: Foster Conference team on 082 560 6488

 

24  APRIL  2019 LIVE LOVE

 

Live Love Parent & Educator Empowerment presents Emotional Intelligence (equipping children for a lifetime of success) with Speaker, Melanie Enslin

Where: Durbanville Primary School Hall        Time: 18h30 for 19h00  

Entry fee: R50p/p at entrance    

Contact: Magda Bell on 079 878 69521

 

26 APRIL  2019  PANORAMA PALMS

 

Trans 50 Panorama Palms Retirement Village presents Revive Yourself with Suezette Smit

Where: Panorama Palms Retirement Village      Time:  10h00-11h00   Cost: R10p/p   

Contact: Thomalene at (021) 930 5035

 

28 APRIL  2019  LEAPS ANIMAL PROTECTION SERVICES

 

LEAPS presents a 250km Walk for the Paw from Cape Town- Lamberts Bay with Kylie, Kat & Jolene, Where: Battery Park, Alfred Road, V&A Waterfront,      Time:  09h00       
Contact: Kat on 082 955 1875 for more info and donations.

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

18  MAY 2019 MMDI

 

Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning to represent South Africa in Russia

Where: Brick Lane Eatery, Century City      Time: 10h30 – 12h30

Cost: R200p/p (breakfast & beverage included)  Invite 3 people to team up (from 10yrs – old age)

Contact: Wendy on 076 053 1846

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

 

Dagstukkies met Reinhard 9 April 2019

Jakobus 1:19:  #Luister

“So dan, my geliefde broerders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.”

9 APRIL 2019

Ek wonder of jy vir my kan sê wat is die vinnigste manier om in die moeilikheid te kom.  Dit is maar ‘n menslike ding.  Ons doen dit almal.  Ons reageer. Ons is baie vinnig om te praat en dit te sê wat ons pla.  Ons spreek maklik mense aan en wys uit wat hulle almal verkeerd doen.  En dan in daardie oomblik is ons besig om of op te tree in ‘n sondige natuur deur uit woede te reageer of ons is besig om nie in liefde met mense saam te leef nie.  Die Woord is baie duidelik in die dinge wat ons moet doen.  En herhaaldelik sê die bybel vir ons ons moet versigtig wees om baie te praat en eerder stil te wees en te luister.  Want die oomblik wat ek luister dan besef ek dat God met my kan praat en vir my kan lei in dit wat ek veronderstel is om te doen en te sê.  Jesus was daardie voorbeeld toe Hy sê: “Ek sê niks as Ek nie hoor dat My Vader dit sê nie.”

Is daar iets wat ek en jy kan sê vandag?  Kan ons bely en sê dat ons praat net wanneer ons gehoor het dat God met ons praat? Jakobus 1:19 sê vir my: “So dan, my geliefde broerders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.”  Om te praat gaan baie keer gepaard met kwaad raak, maar om te luister wys wie en wat God eintlik in jou lewe is.  Dit wys na ‘n volwassenheid, iets wat jy nie kan koop of kan aanleer nie.  Dit is iets wat jy kweek in jou binneste deur om tyd saam met God te spandeer en om te luister na Sy leiding.

Kom ons bid saam:

Dankie Here dat ek kan weet dat ek moet stilraak en luister na dit wat U vir my sê.  Dat ek sal optree in die manier wat U my lei en nie uit my eie woorde en eie begeertes sal optree  en dinge sal sê wat eerder kon gebly het nie.

Seëngroete

Dagstukkies met Reinhard 8 April 2019

Romeine 10:17:  #Luister

“Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God.”

8 APRIL 2019

Seker een van die belangrikste sintuie wat ‘n mens het is sy gehoor.  Het jy al ooit gewonder wat gehoor eintlik beteken?  Dit is nie net die ding waarmee jy luister nie, maar dit is hoe jy weet wanneer jy in gevaar is, dit is ‘n waarskuwing, dit is iemand wat jou bemoedig en dit is iemand wat jou prys.  Gehoor is die een sintuig wat so baie vir ons van ons wêreld vertel.  Ons leer ook baie makliker deur dit wat ons hoor, maar as jy nie kan hoor nie moet jy staatmaak op ‘n klomp ander faktore wat saamwerk vir jou om tot openbaring te kom.

Met my geestelike lewe is dit dieselfde.  Ons hoor God op ‘n praktiese manier.  Ons hoor hoe Hy met ons praat deur die Woord wat ons lees, deur die ervaring van die bybel wanneer ons bid en wanneer ons saam met ander gelowiges byeenkom.  Dit is in daardie hoor wat ons ontdek wie Hy werklik is.  In Romeine 10:17 sê dit dat geloof volg uit die aanhoor van die boodskap en die aanhoor van die boodskap volg uit die verkondiging van die goeie nuus van Christus.  Ek en jy het ‘n goeie nuus boodskap wat ons nodig het om te hoor.  ‘n Boodskap wat ons lewens verander.  Dit is ‘n boodskap wat vir my en jou tot insig bring.

Wanneer laas het jy regtig stil geraak en net geluister na dit wat God vir jou sê?

Kom ons bid saam:

Here, dankie dat ons kan hoor wat die goeie nuus is dat U vir my gekom het en dat ek vrygemaak is deur U bloed van die Lam. 

Seëngroete

 

Reinhard Kotze – ‘n man vir die middag

Reinhard Kotze – ‘n man vir die middag

Deur Adrie Jurgensen

Reinhard Kotze is die afgelope jaar die middag-aanbieder van #Huis Toe op Radio Tygerberg 104fm weeksdae tussen 16:00 en 19:00.

Hy is die pa van twee besige seuns en die man van een ongelooflike vrou, Aneke (hy glo een vrou sal hom uit die moeilikheid kan hou!) Sy skerp sin vir humor, uitstekende luistervermoë, vriendelikheid, eerlike reguit benadering tot probleme en toeganklike persoonikheid het hom vining ‘n baie gewilde kollega gemaak. Reinhard is onlangs genominieer vir die Liberty Radio Toekennings in die afdeling vir Beste Middag-aanbieder. Die wenner word Saterdag 13 April aangekondig.

Verder is hy  ook betrokke by die jeug vir Doxa Deo Langeberg naby Cape Gate, hy is ‘n voltydse pastoor en lewer ook Sondag 06:00 tot 09:00 die oggendboodskap op Radio Tygerberg 104fm.

Hy is passievol daaroor om mense te sien verander en put groot inspirasie daaruit om ander te impakteer met God se woord. Sy droom vir Kaapstad is dat die mense hier leef soos uitgesoekte kinders van God en dat die Wes-Kaap geken sal word as die plek waar God se heerlikheid heers.

In die tweede week van April skryf Reinhard die Dagstukkies met…reeks en pak die onderwerp #Luister aan.

Volg Reinhard op sosiale media by FaceBook , Instagram en Twitter.

 

Alles en Nog Wat – 06 April 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 6  A P R I L    2 0 1 9

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Brandnew Blaupunkt 2.1 Micro Hi-Fi System (Blue Tooth- USB-FM) in original packaging @ R700

New Alva 2-Burner Stainless steel Gas Stove in original packaging @ R300

 
Contact: Natasha on 084 058 0000  
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Opel Record 2L Outomatiese 4 Silinder Ratkas (Gearbox) – Prys o.h.b.  
Skakel: (021) 695 2244 of 084 895 3054  
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Luisteraar is op soek na ‘n Bed + Elektriese Rolstoel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 679 5523

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Wendy Huis (3m x 9m) vir R16 500

Skakel: 072 942 6924

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Mev. Afrika is op soek na ‘n bekostigbare Wendy huis in goeie toestand.

Skakel: 082 399 7781

 
   
T E   K O O P F O R  S A L E  
   
Klerekas vir R850

Kontak: Juliet by 073 187 7273

 
 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Luisteraar is op soek na ‘n Laaikas (Chest of drawers) teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 208 7785

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Tom Ford Sunglasses without cases @ R5000 + 70 Construction drawing hangers @ R4500 + 70L Industrial Vacuum cleaner in good condition @ R3000

Contact: 079 172 5987

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Kindertent met ekstras vir R400 + Koordlose Telefoon met laaier (charger) vir R400  
Kontak: Joseph by 063 512 0873  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
AEG Silwer 45L Mikrogolfoond, nuut in verpakking + Swembad pomp   – Pryse o.h.b.

Skakel: 078 964 9257

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Snoekertafel met balletjies en stokke vir R650 + 2 Dakplate (9m lank) soos nuut vir R750
Kontak: Mev. Van Wyk by 072 337 3911

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Lionel is looking for 3 Backing Vocals, 1 Soprano, 2 Tenors and 3 Alto’s.

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Lightweight compact power Scooter wheelchair, ideal for shopping @ R800

Wheelchair in good condition @ R2000

Contact: Mrs. Gal on 079 182 2344 

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Zink Kassie + Yskas teen vergoeding.

Kontak: 074 575 9062

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
2017 Kia Picanto Hatch back model met ekstras vir R95 000

Kontak: Essie by 082 709 0392

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Tannie Lenie, pensioenaris is op soek na betroubare en bekostigbare Vervoer vir haar een vertrek meubels vanaf Ravensmead na Beaufort wes.

Skakel: 071 303 6845

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Defy 4-Plaat Stoof + Silwer Blindings – Prys o.h.b.

Skakel: 071 004 0301

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Antieke Koffietafel te koop of te ruil vir ‘n Sitkamerbank.

Skakel: 060 681 6437

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Estelle is op soek na ‘n goeie 2dehandse Voëlhok, groot genoeg vir ‘n Indiese Ringnek voël teen vergoeding of te ruil.

Kontak: Estelle by 083 281 8218

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Standaardgrootte Veiligheidshek vir R450

Kontak: Dave by (021) 393 4886

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

25 Uitrustings Damesklere (M-L) nuut vir R1500 (alles) of naaste aanbod.

Kontak: Brenda by 076 339 1923