Kerknuus – 07 April 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   0 7  A P R I L   2 0 1 9

 

 

10  APRIL  2019  BLESSED HOPE FULL GOSPEL CHURCH

 

Blessed Hope Full Gospel Church presents weekly Support group meetings for Drug Addiction, alcohol or gambling addicts, open to family members who are affected by the behavior of addicts.

Where:  Blessed Hope Full Gospel Church, 154 Cradock Road, Steenberg    Time: 19h30

Contact: Yusuf on 071 897 4018

 

7   APRIL   2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents Free Open Mic Sessions for Artists, dancers, bands & groups to showcase their talents

Where: Upper Hall Church, Sonata Street, Steenberg           Time: 17h30

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

9 – 14  APRIL   2019 PASSION PLAY MINISTRIES

 

Passion Play Ministries International presents He’s Alive! – Dramatic presentation of the events surrounding the death, burial and resurrection of Jesus Christ

Where: Bellville Civic Centre                      Time: 19h30

Admission: Free (love offering)

Contact: 084 769 7350

 

11 -14  APRIL   2019 BLESSED HOPE FULL GOSPEL CHURCH

 

Blessed Hope Full Gospel Church will be hosting a Gospel Campaign themed “Time is running Out.. for us” with Past. Dylan Botes

Where: Blessed Hope Full Gospel Church, 154 Cradock Road, Steenberg        

Time: 19h30 & 09h00

Contact: Sydney on 083 372 9380

 

12  APRIL   2019 CHRIST EMBASSY CHURCH

 

Christ Embassy Church presents a Love Colours & Music Concert

Where: City Hall, Cape Town                     Time: 18h30

Tickets: R50 adults, R20 scholars

Contact: Temi on 079 538 2186

 

1 3   APRIL   2019 VREDELUST CHURCH

 

Vredelust Church will be hosting Foster Conference 2019, themed “Making a Difference, One Child at a Time”aim to introduce as many people to the foster care process

Where: Vredelust Church, Bellville               Time: 08h00-16h30         Cost: R300p/p

Contact: Foster Conference team on 082 560 6488

 

14-16   APRIL   2019 MISSION FOR CHRIST KERK

 

Mission for Christ Kerk hou ‘n Genesingsveldtog

Waar: Huis van God H/v Eisleben & Caravelle Straat, Mitchells Plain           

Tyd: 17h00

Kontak: Past. Adam Nurse by 083 494 5512

 

1 8   APRIL   2019 FOLLOWERS OF CHRIST MINISTRY

 

Followers of Christ Ministry presents the Ultimate Gathering with Past. Duane Maloy

Where: Bellville South Community Centre, Kasselsvlei Road, Bellville South        

Time: 19h00

Contact: Jessica on 060 333 5603

 

24 – 28   APRIL   2019 PAARL VERBONDSGEMEENTE

 

Paarl Verbondsgemeente hou hul Jaarlikse Africa Aflame Konferensie

Waar: The Rock Covenant, Firlands, Gordonsbaai  & Paarl Stadsaal         

Tyd: 18h00 & 10h00

Kontak: Elana by (021) 868 3470 of 082 269 8855

 

27  APRIL  2019 LOFDAL INTERNASIONAAL

 

Lofdal Internasionaal hou ‘n“Unity – We Are One” Konsert

Waar: Lofdal Konferensie Sentrum, Sandpiper Singel 3,  Okovango Park, Brackenfell Industrieel                    Tyd: 18h00                 Koste: R60p/p

Kontak: (021) 982 7290 of info@lofdal.com

 

27  APRIL  2019 OMEGA PROPHETIC MINISTRIES

 

Omega Prophetic Ministries will be hosting a Gospel Single CD Launch of Marlin B

Where: Omega Prophetic Ministries, 36 Robert Sobukwe Road, Bellville            

Time: 18h00

Entrance: R30 adults, R15 children                

Contact: Marlin on 061 805 3149

 

03  MEI  2019 HEBREEUSE VROUE BEDIENING

 

Hebreeuse Vrouebediening hou ‘n Bevrydings Vrouekamp

Waar: Pinkster Park, Somerset Wes              Koste: R190p/p                

Kontak: Daleen by 073 725 8027

 

24 – 26 MAY  2019 GLOBAL SUPERNATURAL MINISTRIES

 

Global Supernatural Ministries Pretoria presents Priesthood Arise Mens Camp 2019

Where: Nietverdiend Game Farm, Brits           

Cost: R200 adults, R100 child/u/16yrs (visitors)

Contact: Jean-Pierre at info@globalsm.co.za or visit www.globalsm.co.za

 

7-9 JUNIE   2019 MEC MINISTRIES

 

MEC Ministries hou hul Jaarlikse Afrikaanse Kamp met Tema “ Ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou SIEL goed gaan” 3 Joh.1:2

Waar: Bergkroon, Wellington                  Koste: R600p/p (sluit in akkomm. etes) bring beddegoed

Kontak: Sheila by 021 906 0733 of epos: sheila@meccommunityservices.co.za

 

16 – 18  OCTOBER   2019 CALVIN PROTESTANT CHURCH

 

Calvin Protestant Church SA & Namibia will be Celebrating their 70th Birthday and are requesting all past and present Calvinists and members from sister churches, to get involved and contact their local congregations. All are welcome to attend and be a part of these festivities.

Contact: Sandy on 072 268 1340

 

Dagstukkies met Helané 5 April 2019

1 Petrus 1: 18-19:  #Waardevol

5 APRIL 2019055

“Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.”

In die Ou Testament het God die slagting van ‘n vlekkelose lam as ritueel ingestel om Sy volk te reinig van hul sondes en hulle te red van die dood.  Maar hoekom juis ‘n lam?  ‘n Lammetjie is onskuldig en sondeloos.  Net soos Jesus.  Die bloed van die lam moes dan teen die deurkosyne gesmeer word, net soos Jesus se bloed moes vloei, wie die enigste Deur is.  Johannes 10:9 sê: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind”.

Die Israeliete was gered na die tiende plaag, die sterfte van die eerstegeborene.  Die sterfte van God se enigebore Seun het ons uit ons Egipte kom red asook die dood.  Hierdie was ‘n jaarlikse instelling en ‘n wet.  Maar die Here wou ons kom red het van die wet, want Hy is genadig.  Jesus moes die perfekte, onskuldige en vlekkelose lam vir ons wees, God in die vlees, om geslag te word sodat Sy bloed ons sondes kon bedek.  Hy het die Ou Testament kom vervul.  Ons noem hom ons Verlosser want Sy bloed het ons kom loskoop van die ewige dood asook die straf wat ons toegedien word vir die oortreding van God se wette.  Dit is slegs KOSBARE bloed wat dit kan doen! Jesus se bloed!

Ons hoef dus nie meer elke jaar ‘n lammetjie te slag om ons te reining nie.  Jesus se bloed het dit reeds kom doen.  Die dood is reeds oorwin!  Deur geloof in Jesus se kruisiging ontvang ons vergifnis van ons sondes en beweeg ons in ‘n regte verhouding met Hom.  Ons moet net by Sy voete kom sit met ‘n hart vol berou en onsself bekeer, want Sy kosbare bloed sal jou vergewe en jou sondes kom skoonwas.

Jesus Liefde

Dagstukkies met Helané 4 April 2019

Matteus 13: 45 -46:  #Waardevol

4 APRIL 2019

“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het en koop dit.”

In hierdie gelykenis het Jesus basies sy kruisiging kom bevestig.  Jesus is die Koopman wat Sy lewe sal opoffer vir Sy pêrels, die kerk.  Maar hoekom word ons spesifiek vergelyk met pêrels? Kom ons gaan sit weer terug in ons skoolbanke in die biologieklas.  Pêrels word gevorm wanneer ‘n sandkorrel, of vreemde en uitheemse voorwerp, die skulp betree.  Dit is wanneer sonde ons lewens en harte infiltreer. Die proses wat dan binne die skulp plaasvind bestaan uit geweldige irritasie en pyn.   Die oester begin dan om ‘n beskermende vloeistof af te skei wat laag vir laag vorm en dan uiteindelik ‘n pragtige en waardevolle pêrel vorm.  Hierdie beskermende vloeistof kan so baie simboliseer wat die houvas van sonde in ons lewe kan vernietig.  Die Woord van God, die wapenrusting van God, gebed, aanbidding, ens.

Jesaja 66:9 sê:  Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die Here. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.”  Die Here sal nie pyn in ons lewens veroorsaak sonder dat wysheid, vergifnis en karakter daaruit “gebore” word nie.  Hy gebruik dit dan juis vir die herstel van huwelike, families en ander verhoudings. Moet nooit dink dat jou donker en aaklige verlede verniet was nie of dat dit jou identiteit is nie of selfs dat God jou verlaat het nie.  Terwyl die pêrel gevorm was in die diepste en donkerste oseaan, was dit die heeltyd beskerm deur die harde skulp.  Die Here weet dat as ons volharding beoefen ten spyte van ons omstandighede en op Hom fokus sal ons ryk wees van goddelike karakter, barmhartigheid en ontferming.  Ons is kosbare pêrels as gevolg van Jesus se liefde, genade en beskerming.

Jesus Liefde

Dagstukkies met Helané 3 April 2019

Spreuke 31: 10:  #Waardevol

“Wie sal ‘n ywerige vrou vind, want haar waarde is ver bo robyne.”

3 APRIL 2019

Vir enige vrou sal Spreuke 31 baie intimiderend wees.  Ek bedoel, bestaan so ‘n vrou ooit?  Wie is so perfek?  Wel, eerstens is ons almal, man en vrou, die bruid van Jesus so Spreuke 31 verwys dalk nie net na ons vrouens nie, maar na die kerk in die geheel.  Tweedens verwys dit nêrens dat die vrou se fisiese voorkoms belangrik is nie.  Dit noem nie dat ons maer moet wees of die mooiste en duurste klere moet dra nie.  Dit verwys wel na wysheid, integriteit, karakter en dit is waar die waarde lê.

Die Here het geweet my man gaan nie ‘n beeldskone model van ‘n vrou nodig hê nie.  Hy gaan wel iemand nodig hê wat genoeg genade en wysheid sal hê om te verstaan waardeur hy gaan as die skaduwees oor sy lewe kom val.  Hy gaan iemand nodig hê wat hom nie gaan oordeel nie, maar wat hom gaan reghelp en hom gaan herinner aan sy identiteit en gesag in Jesus Christus.  Maar daardie genade, kennis en wysheid wat diep in ‘n vrou se hart lê was daar geplant.  Die helfte daarvan het die Here in ons DNA geweef voor ons gebore was en die ander helfte was gebore uit seer, teleurstellings en verwerping wat ons in die lewe ervaar het.

Maar ons almal weet die Here kom neem daardie seer en verwerping en hy gebruik dit! Dit vorm jou karakter en bou jou wysheid, mits jy vir Jesus toelaat om jou weer heel te maak.  Romeine 8:28 sê: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.”  Die vraag is net hoe YWERIG is jy om jou wysheid op ‘n liefdevolle manier en met deernis in ander se lewens te saai, want daardie saad is vir Jesus se koningkryk baie waardevol.

Jesus Liefde

Werkverskaffing – 02 April 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 2  A P R I L   2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BESTUURDER MANAGER
 
Requirements: AFGRI Equipment Bellville requires a Parts Manager with Grade 12, 5yrs related exp. of which 2yrs in a supervisory position, advanced computer literacy (MS Office), stock control and sales knowledge. Basic financial skills, analytical skills.

Email CV to dewald.ras@afgri.co.za  

   
ONDERWYSERES TEACHER
 
Vereistes: Goodwood Park Bewaarskool benodig ‘n Educare N6/ Vlak 5 Onderwyseres – Voldagpos. Moet kwaliteit onderrig verskaf aan 4-5jariges, volledig tweetalig wees, voldoen aan posvereistes soos uiteengesit deur sosiale werke, kwalifiseerde kandidaat moet ‘n liefde en passie hê vir bg. Pos.
Epos volledige CV en skouerlengte foto na: gwpcreche@gmail.com
 

BOEKHOUER BOOKKEEPER

 

Requirements: A specialized engineering Company in Durbanville requires a Bookkeeper, must be energetic, able to work on their own and qualified, with exp. in import/export and general office administration, must be able to compile financials.    

 

Email CV to willie@bmscengineering.com    
 
DIESEL WERKTUIGKUNDIGE DIESEL MECHANIC

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige benodig met ondervinding in die diens en herstel van motorvoertuie, vragmotors, trekkers en landbou implemente, vermoë om onafhanklik binne ‘n werkswinkel omgewing onder druk te kan funksioneer, EC (Kode 14) rybewys met geldige PDP.

Stuur CV met verwysings en toepaslike foto aan admin@vzhd.co.za

 

DIESEL WERKTUIGKUNDIGE DIESEL MECHANIC

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige benodig vir Siviele Konstruksie Maatskappy in Wellington, met ‘n wye kennis van Bell, Caterpillar, Komatsu en ander masjienerie.

Epos CV na recruit@jvzconstruction.co.za of Faks CV na 086 691 7159

 

MOTORWERKTUIGKUNDIGE MOTOR MECHANICS

 

Vereistes: Motorwerktuigkundige benodig vir ‘n Siviele Konstruksie Maatskappy in Wellington, moet oor ‘n wye kennis beskik vir die diens- en onderhoud van voertuie en “small plant” wat insluit: Compactors, generators, waterpompe ens.

Epos CV na recruit@jvzconstruction.co.za of Faks na 086 691 7159

 

FITTER & DRAAIER FITTER & TURNER

 

Requirements: Fitter & Turner needed in Brackenfell, with Trade Tested qualification, qualified artisan, 3-5yrs practical exp. to build custom made factory equipment, maintenance and repairs of factory equipment.

Email CV to info@hrsa.co.za

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Requirements: Liesbeeck Primary School needs the following qualified foundation Phase Educators: 1 x Grade 3 & 2 x Grade 1, with sound knowledge of CAPS, support learners with special needs, good classroom management, have organizational motivational and conflict resolution skills, computer literate, must be registered with SACE and knowledge of Maths Green Shoots.

Send CV to the Principal at wahiedg23@gmail.com

 

WERKERS WORKERS

 

Vereistes: Mans benodig met kennis van Hout palette, en met Air Tools kan werk vir die vervaardiging  daarvan.

Skakel: 074 337 7329

 

INSLAAP HUISHULP/VERSORGER SLEEP IN DOMESTIC/ CARER

 

Vereistes: 2 Inslaap vakatures in Parow vir Christelike dames met sober gewoontes:

Pos 1 – deeltyds vir n gekwalifiseerde Versorger (careworker) vir  bejaarde dame in ‘n rolstoel; Pos 2 – voltyds vir n algemene werker vir volle huishouding hantering en kosvoorbereiding.

Kontak: Herman by (021) 910 0207

 

DRYWER DRIVER

 

Requirements: Experienced School Bus Driver needed at Filia Special School, with a valid Identity Document, valid driving licence and Code 10/11/14 Driving permit, proof of address (not older than 3 months), must reside in Milnerton, Joe Slovo or Summer Greens area.

Contact: Anthony Meyer (Deputy Principal) at (021) 592 1361

 

ADMINISTRATIEWE KLERK ADMIN CLERK

 

Vereistes: Vervoermaatskappy benodig ‘n manlike Admin. persoon met rekenaarvaardighede vir Aanddiens, moet oor eie vervoer beskik.

Kontak: Mnr. De Wet by 072 216 7199 of 072 123 2453 (Kantoor-ure)

 

VERKOOPSVERTEENWOORDIGER SALES REPRESENTATIVE

 

Vereistes: West Coast Turbo Blackheath, benodig ‘n Verkoopsverteenwoordiger, verkieslik ‘n Dame (20-30jr) met geldige rybewys (Code B) eie vervoer en tweetaligheid (Afr&Engels)

Kontak: Quentin by (021) 905 0600 of 072 570 0520

 

SUPERVISOR SUPERVISOR

 

SUPERVISOR NEEDED

Requirements: Building Maintenance Company needs a Supervisor to manage a small team of 4-5 workers, Liaise with managers and other role players, have relative exp. in the building/property main tenance Industry, be able to communicate at all levels, drivers licence a must, not negotiable.

Send CV to info@rorichprojects.com

 

SCHOOL LEAVERS NEEDED

Requirements: Rorichprojects are looking for reliable and honest young school leavers (Boys) who is willing to learn and work hard extra hours, no exp. needed.

Send CV to info@rorichprojects.com

 

PANEELKLOPPER PANELBEATER

 

Vereistes: Vervoermaatskappy benodig dringend ‘n Paneelklopper & Spuitverwer in Athlone area.

Kontak: Mnr. De Wet by 072 216 7199 of 072 123 2453 (Ma-Vrydag tussen 09h00 – 16h00)

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Overlocker Machinist benodig met ondervinding van Industriële masjiene, moet betroubaar en elke dag by die werk wees, van Ma-Vrydag vanaf 07h30-15h00, in Parow area.

Kontak: Karin by 083 761 2363

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Gemeenskapsnuus – 02 April 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 2  A P R I L   2 0 1 9

 

5  APRIL  2019  NGK RUYTERWACHT

 

NGK Ruyterwacht hou Basaar met heerlike Gebak, Hamburgers, Kerrie & Rys en vele meer!   Waar: NGK Ruyterwacht, Saldanhastraat, Ruyterwacht

Tyd:  18h00

Kontak: Danita by 082 575 3778 of (021) 534 2873 (Ma-Do) 08h00-12h00

 

 6  APRIL  2019  VIRTUOUS DAUGHTER OF ZION

 

Virtuous Daughter of Zion presents a Grace for Purpose Conference

Where: Commission Assembly Church, C/o Lusitania & Watussi Road, Bayview, Strandfontein

Time:  09h00 – 17h00       Cost: Free (light lunch will be served)

Contact: Past. Melanie on 078 390 7037 for catering purposes and registration.

 

13  APRIL  2019 UNASHAMEDLY ETHICAL

 

Unashamedly Ethical will be hosting the Ride4Ethics Mountain Biking 14km for beginners and social riders & 35km for the fitter & more technical riders

Where: Bloemendal Wine Estate, Durbanville

Entries: online www.bloemdalwines.co.za    

Both events are timed by RACETEC.

 

26 APRIL  2019  PANORAMA PALMS

 

Trans 50 Panorama Palms Retirement Village presents Revive Yourself with Suezette Smit

Where: Panorama Palms Retirement Village      Time:  10h00-11h00   Cost: R10p/p   

Contact: Thomalene at (021) 930 5035

 

28 APRIL  2019  LEAPS ANIMAL PROTECTION SERVICES

 

LEAPS presents a 250km Walk for the Paw from Cape Town- Lamberts Bay with Kylie, Kat & Jolene, Where: Battery Park, Alfred Road, V&A Waterfront,      Time:  09h00       
Contact: Kat on 082 955 1875 for more info and donations.

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

18  MAY 2019 MMDI

 

Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning to represent South Africa in Russia

Where: Brick Lane Eatery, Century City      Time: 10h30 – 12h30

Cost: R200p/p (breakfast & beverage included)  Invite 3 people to team up (from 10yrs – seniors)

Contact: Wendy on 076 053 1846

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

Dagstukkies met Helané 2 April 2019


2 APRIL 2019

Psalm 139: 13 – 14:  #Waardevol

“U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder.  Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.”

Het jy al ooit voor die spieël gestaan en fout gevind met jou liggaam, met jou persoonlikheid en selfs met jou geestesgesondheid?  Troos jouself in die feit, in die waarheid, dat God jou geskape het, net soos jy is, vir ‘n baie goeie rede.  Die druk wat jy ervaar om soos ander mense te wees kom glad nie van die Here af nie.  As Hy nie eens wil hê dat ‘n sneeuvlokkie soos die volgende een moet lyk nie wil Hy verseker nie hê dat jy moet wees soos jou buurvrou, buurman, kollegas of vriende nie.

Ek is baie lief daarvoor om die storie te hoor wat my ma altyd vertel hoe sy my hoor sing het terwyl ek nog in haar maag was! Dit is presies wat ek vandag doen wanneer ek teneergedruk en hopeloos voel.  Ek sing vir die Here want ek weet dit is hoe ek my stryd teen die vyand wen.  Die Here weet op watter manier ons elkeen “geniet” om vir Hom te aanbid, want Hy plant dit in ons DNA – dit is deel van ons!  Ons is immers geskape om hom te loof en prys. Het jy al ooit daaraan gedink, dat om jouself te aanvaar soos wat jy is en dankbaar te wees daarvoor, is ‘n vorm van aanbidding tot die Vader?  Hy maak nie foute nie.  En jy is nie ‘n fout nie!

Jou persoonlikheid, temperament en veral jou geskiedenis gebruik Hy ten goede mee en om Sy naam te eer.  Want iewers in die wêreld, in jou straat en by jou werk sit iemand met ‘n groot stryd in sy of haar lewe waarin net JY kan hoop  en lewe inspreek as gevolg van hoe God jou geskape het en waardeur jy is in die lewe.  Jou lewe het ‘n waardevolle doel vir Jesus se koninkryk.  Jy moet dit net begin glo!

Jesus Liefde

 

Dagstukkies met Helané 1 April 2019

1 APRIL 2019

Jesaja 43:4:  #Waardevol

“Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.”

Die Almagtige Vader het geweet wat ons doel vir Sy koninkryk is voordat ons nog in hierdie wêreld gekom het.  Ongelukkig weet die vyand dit ook.  Hy weet watter impak jy eendag gaan maak en watter bedreiging jy gaan wees vir die koninkryk van duisternis mits jy WEET wie jy is in Christus en in daardie identiteit rus.  Hy wil daardie sekerheid vernietig en so dan God se plan vir jou en Sy koninkryk belemmer.  Sy teiken is jou verstand en sy wapens is leuens.  Deur hierdie leuens wil hy jou identiteit in Jesus Christus kom steel.  Jy moet glo dat jy niks werd is nie en dat niemand jou liefhet nie.  Jy lewe vir die opinie van ander en nie jou Hemelse Vader nie.  Jy gaan nooit voel dat jy goedgenoeg is nie.

2 Korinthiërs 10:5 sê uitdruklik vir ons dat ons elke gedagte gevangene moet neem.  Jy moet dan vir jouself afvra:  Is hierdie gedagte van die Here of van die duiwel?  As dit nie opbouende of liefdevolle gedagtes is nie is dit verseker nie van die Here af nie en is dit ‘n blatante leuen! God se gedagtes oor jou is net goed – jy word hooggeag!   Besef jy hoe waardevol jy is?  Besef jy hoe waaghalsig God se liefde vir jou is?  Hy sal die 99 skape los om die een verlore skaap te gaan vind.  Die Here het jou vir ‘n rede geskape en jy het ‘n groot doel en roeping.  Ons moet die doelbewuste besluit maak om nie na ander mense se opinies oor ons te luister nie.  Meeste van daai opinies kom van ‘n plek van seer en bitterheid wat niks eens met jou te doen het nie.  Dis die vyand se leuens.  Jy is ‘n kind van die Almagtige God wie ‘n nasie sal vernietig om jou lewe te behou.

Vra vandag vir die Here om jou te help om elke dag jou gedagtes te vernuwe en kies elke dag om te glo dat jy waardevol is vir Hom en dat Hy jou baie liefhet.  Sodra ons gesonde en goddelike gedagtes van onsself vasvang en rus in ons identiteit in Christus sal ons vinniger in lyn kom met God se plan vir ons.

Jesus Liefde

Begin jou dag met Helané

Dagstukkies Met …is Radio Tygerberg 104fm se daaglikse artikels op ons blog. Hierdie week, skryf Helané Theunissen, Administratiewe Assistent by die Bloudruk Groep, ons dagstukkie. Die tema van die week is #Waardevol.

Helané se reis by Radio Tygerberg 104fm het in September 2018 begin nadat sy ‘n pos as junior skakelbeampte aanvaar het. Dit was gou duidelik dat sy ‘n ongelooflike passie vir skryf – veral geestelike liedere het. Sy is ‘n opgeleide regssekretaresse en haar oog vir detail, georganiseerde en rustige geaardheid en vermoë om in moeilike en uitdagende omstandighede kalm te bly, het haar vinnig baie geliefd gemaak. Sy was betrokke by die stasie se 25ste verjaardagviering, #VREESloos2018, toergroepe en die webtuiste en sosiale media voordat sy die pos by die Bloudruk Groep aangebied is.

Helané geniet dit vreeslik baie om navorsing te doen, veral nadat die Here vir haar ‘n droom gegee het.  In die proses doen sy ook navorsing van die Hebreeuse kultuur, alfabet, syfers en die betekenisse en verborgenhede wat daarin wegkruip.   Sy is ook baie kunstig en het die ikone van elke skrywer in ons Dagstukkies met…reeks ontwerp.

Helané is getroud met Darius, ‘n metroloog wat grootgeword het in Wellington. Hulle woon in Bellville en is gereelde gesigte by Boston Coffee waar Helane altyd ‘n flat white en Darius ‘n Cortado bestel.

Haar droom vir Radio Tygerberg 104fm is om vol te hou om Jesus Christus uit te leef en om die ware godsdiens en aanbidding in Kapenaars se harte te herstel.