“Wanneer ons doen wat goed is, moenie dat dit moeitevol wees nie, want op die bepaalde tyd sal ons self oes as ons nie moeg word nie.”
Apostel Paulus bemoedig die gelowiges van Galasië om sterk te staan, dat hulle nie moet moeg word om goed te doen nie. Die mens het ‘n manier om gou tou op te gooi, want die arbeidsveld is groot en die arbeiders is min. Matteus 9:37 verklaar: “Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders is min.”
Baie keer voel ‘n mens alles raak te veel, dan voel jy om op te hou om goed te doen. Dit voel vir jou mense kom net na jou toe, die mense klop net aan jou deur. Jy voel moeg en afgemat.
Jesaja 39:29-31 wys dat Hy nuwe krag gee vir die vermoeide en vermenigvuldig sterkte gee aan die wat geen kragte meer het nie. Die jonges word moeg en die jongmense struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag.” Daarom as ons nie moeg word nie, sal ons op die regte tyd maai as ons nie verslap nie.
“Let op, die dae kom,” verklaar die Here “wanneer die ploeër die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die een wat die saad saai: wanneer die berge van nuwe wyn sal drup en al die heuwels hulle verbly.”
Wanneer ons die skrifgedeelte lees dan sien ons oorvloedige seëninge, die belofte van die Here is ja en amen: “Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier sal inhaal….” Dit spreek van oorvloed. Amos 9:9 sê: “Want kyk, Ek gee bevel en dit sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in ‘n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.” God se barmhartigheid en Sy goedertierenheid is tot in alle ewigheid. Die wat in Sy hand is sal niemand kan uitruk nie. Psalm 125:2 verklaar: “Rondom Jerusalem is berge, so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.”
Nou sê Jesaja 43:18-19: “Dink nie aan die vorige dinge nie en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak, nou sal dit uitspruit. Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.” God belowe Hy gaan iets nuuts doen en sal ons dit nie opmerk nie? Amos 9:13b se woorde vir die volk was amper asof hulle droom toe die Here die lot van Sion verander het, want die woorde “…en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees” spreek van volkome herstelling, want die oes sal groot wees.
G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G 1 4 M E I 2 0 1 9
16-18 MAY 2019
JOURNEY OF GRACE MINISTRIES
Journey of Grace Ministries presents Prophetic Training & Activating with Emma Stark of Glasgrow Prophetic Centre, Skotland Time: 14h00-19h00
Where: Journey of Grace, Suntyger Building 102, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley
Contact: Anton by 076 651 1514
18 MAY 2019
THE ARK CHRISTIAN SCHOOL
The Ark Christian School are participating in a Big Top Rock Fundraising
Where: The Barnyard Willowbridge Time: 20h00 Tickets: R160p/p
Contact: Past. Jack Mahoney on 082 787 5993
18 MAY 2019
FRANSCHHOEK 7s ACADEMY
Franschhoek 7s Academy presents Mixtape & Jesse Jordan Live Music Fundraising in Aid of the Franschhoek 7s Academy’s development players with Cecil Afrika & Philip Snyman
Where: Blaauwklippen Time: 16h00
Tickets: R140 adults, R90 child/u/12yrs (available at Quicket
Contact: Marithy on 074 868 4339
18 MAY 2019
MMDI
Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning Where: Brick Lane Eatery, Century City Time: 10h30 – 12h30
Cost: R200p/p
Contact: Wendy on 076 053 1846
22, 24, 25 MEI 2019
KOFFIEHUIS TEATER
Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese, Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts Tyd: 19h00
Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)
Kontak: Marilyn by 082 324 8751
24 MEI 2019
PANORAMA TRANS 50 PALMS
NHKA Bellville, Kaapstad Mediclinic Panorama & Trans 50 Panorama Palms hou ‘n Tooi Turkoois Welstand Dag met gesondheidstoetse, handmasserings, dieetkundige Praatjie deur Berna Harmse en Paw Pals Tyd: 09h00 Toegang: Gratis
Waar: Trans 50 Panorama Palms Aftree-oord
RSVP: (021) 930 6035
25 MEI 2019
HOëRSKOOL GIMNASIUM
Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)
Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom
Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269
25 MEI 2019
CON SPIRIT FILHARMONIESE MUSIEK
Con Spirit Filharmoniese Musiekvereniging bied aan‘n Aand by die Opera met Dirigent, Sjoerd Alkema, Lauren Dasappa, Solis en vele Ander
W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G 1 4 M E I 2 0 1 9
Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.
PARAPLANNER
PARAPLANNER
Vereistes: Brenthurst Wealth benodig ‘n Paraplanner (22-24jr) verkieslik ‘n gegradueerde wat onlangs ‘n BComm kwalifikasie verwerf het, moet ten volle tweetalig wees (Afr & Engels).
Requirements: Senior Customer Service Representative needed with previous client services, account management in a print environment preferable experience, knowledge of quick easy software system, print knowledge and quoting exp, good English and conversational Afrikaans additional language.
Email CV to aziz@printondemand.co.za
ONTVANGSDAME
RECEPTIONIST
Vereistes: Ontvangsdame vir Spesialis Tandheelkunde Praktyk benodig vir Ontvangs en Alg. Admin rekenaarvaardig (MS Word/Medemass) ondervinding noodsaaklik.
Vereistes: Prima Bande Tyremart Durbanweg, Bellville benodig ‘n Toonbank Verkoopspersoon met geldige rybewys, minstens matriek, bewese diensrekord, verkieslik vorige ondervinding in die bande bedryf en goeie mense verhoudings. Sluitingsdatum: 20 Mei 2019
Requirements: Youth Solutions Africa requires a Qualified, SACSSP Registered Social Worker, with a Degree, at least 3yrs practical experience, knowledge and understanding of SA Legislation and policies related to Social Development, valid drivers license and have own transport, 3 contactable references, communicate in English, Afrikaans, a 3rd language advantageous.
Email: CV, proof of qualification and registration to: admin@safyouth.org.za
KREDITEURE KLERK
CREDITORS CLERK
Requirements: Senior Creditors Clerk needed at Airport City, with Matric, at least 5yrs creditors exp. Pastel evolution, Excel Intermediate, must have contactable references, own transport, knowledge of accounting principles and procedures, good problem solving skills, work accurately, meticulous and high attention to detail, etc.
Email: CV to admin@tsuafrica.com
ELEKTRIESE ADMINISTREERDER
ELECTRICAL ADMINISTRATOR
Requirements: Electrical Operations Administrator needed at PKI Electrical, Epping Industrial 2, must be qualified in Excel and other MS Office packages, require good administrative organization, reporting and planning skills, good communication skills in Afrikaans and English, good time keeping, 2-3 yrs admin. exp.
Vereistes: Klas Assistent benodig vir Chere Botha Spesiale Skool, met Graad 12, Afrikaans & Engelsmagtig en 2 referente, vir die fisiese versorging van leerders wat ‘n hoë vlak van ondersteuning benodig, voedingsterapie asook toilet roetine, daaglikse opruiming en skoonmaak van klaskamer en toilette, vorige ondervinding sal in u guns tel.
Vereistes: Bekwame en ervare Stikster benodig in Bellville omgewing om spoedig diens te aanvaar.
Kontak: Louisa by 072 229 7471
STIKSTER
MACHINIST
Vereistes: Versatile Plain & Overlocker Machinist benodig, vir spoedige diensaanvaarding.
Kontak: Lorraine by 072 956 1628
ASSISTENT MASJIEN OPERATEURS
ASSISTANT MACHINE OPERATORS
Vereistes: Skoolverlaters benodig as Assistent Masjien Operateurs en Distribusie Klerke, vir die Staalbedryf, nie gestudeer het en nie kan bekostig om te studeer nie, vir Palisade Fencing, moet eerlik, hardwerkend wees, nie-rokers, slegs Christene met toekomsvisie, afrikaanssprekend, mans of dames kan aansoek doen. Aanstellings vereistes geld.
Stuur CV na andre@palisadeworld.co.za
MONTEERDER
INSTALLER
Vereistes: Vragmotor toebehore Monteerder benodig om verskeie Aerokits, bullbars ens. op verskeie tipes vragmotors aan te bring, moet meganiese agtergrond hê, geen kriminele rekord en bestuurslisensie.
Stuur CV na werner@hdtruckaccessories.co.za
Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za
Prof Thuli Madonsela aan die woord en by Wendy Ackerman en Elita de Klerk.
KAAPSTAD. – Boosheid ontstaan in die gemoed van afknouers, terwyl baie wat iets kan doen om die boelies te stop, niks verrig nie. Hulle dink verkeerdelik hulle is te klein om iets uit te rig teen boelies, het Prof Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika en nou professor in sosiale geregtigheid en reg aan die Stellenbosse Universiteit, gister gesê.
Sy het gepraat by die 1000vroue1stem byeenkoms in die CTICC in die Moederstad. Die 1000women1voice Trust is ‘n organisasie wat deur vroue gelei word en wat vanjaar hul bewusmakingsveldtog fokus op afknouery, veral afknouery wat in die kuberruim plaasvind.
By die 1000vroue1stem-byeenkoms het Tina Thiart, direkteur en mede-stigter van die 1000 Vroue-trust, gesê tot 57 & van Suid-Afrikaanse leerders is in ‘n stadium van hul hoërskool loopbaan geboelie.
“As ‘n mens in ag neem dat daar 2.2 miljoen skoolgaande leerders in die land is, is hierdie persentasie ‘n uiters kommerwekkende stand van sake.
“Navorsing bewys ook dat party van hierdie leerders weekliks afgeknou word.”
Madonsela het gesê as iemand dink hy is te klein om ‘n boelie aan te vat, kan hy bloot dink aan ‘n muskiet.
‘n Reis van eenduisend myl begin met een tree.
“Ek hou van die tydsberekening van hierdie byeenkoms. Dis metafories ná die verkiesing wat ‘n nuwe fase van die demokrasie inlei.”
Aan die wortel van die heling van afknouery is die begeerte om in vrede met jouself en die res van die wêreld te wees.
“Ons moet ‘n nasie wees wat ‘n plek het vir elke mens. Suid-AFrika moet ‘n plek wees vir mans wat nie voel dat geslagsgelykheid ‘n oorlogverklaring teen mans is nie, het prof. Madonsela gesê.
Sy het bygevoeg dat vrede by die individu begin. “As daar geen vrede in ons harte is nie, kan daar geen vrede in samelewings en in die werkplek wees nie en kan daar geen volhoubare ontwikkeling wees nie,” het die professor gemaan.
“Julle het ons byeengeroep omdat julle glo daar is iets wat ons kan doen om die geweld uit te roei in gesinne en wat oorspoel in die samelewing in.”
As jy afknouery of boelies wil verstaan, moet jy begryp dat verwonde mense ander mense verwond.
Afknouers het geen vrede in hul harte nie weens verwondheid. Bullies have no peace in their hearts because of wounded-ness. Boosheid is aan die wortel van afknouery in die samelewing.
“Boelies is swak en magteloos en hulle voel klein en hulle wil ander mense nog kleiner as hulle laat voel,” het prof Madonsela bygevoeg.
Die omstandighede van ‘n kind wat ander boelie is dat hy in ‘n disfunksionele samelewing kan grootword.
Wat ‘n reddened genade kan wees is om daardie verwondheid te betreee en om die verwondheid van die verdeelde verlede gesond te maak.
Bevryde vroue is nie ‘n bedreiging vir mans nie; dis ‘n geveg teen toksiese manlikheid,” het prof. Madonsela verklaar.
‘n Taal van geweld in die samelewing skep ‘n kultuur van geweld.
Afknouery op die kuber-ruim is ‘n golf om mense stil te maak. Dis ‘n speelveld van afknouery wat bevorder word deur lafaards wat deur vrees gedryf word, het Madonsela bygevoeg.
Gelukkige mense maak nie ander dood nie; hulle wil ‘n nuwe wêreld skep.
Boelies het geen vrede in hul harte nie, weens hul gebrokenheid in hul harte.
Persverklaring uitgereik deur Fanie Heyns namens 1000vroue1stem. Vir nader inligting, kontak Tina Thiart op 073-2079079 of besoek www.1000women.co.za.
“Hy wat in sy menslike natuur saai, sal vanuit die menslike natuur vernietiging oes, maar hy wat in die gees saai, sal vanuit die gees die ewige lewe oes.”
Apostel Paulus praat met die volk van Galasiërs op ‘n stadium dat hulle in die gees begin het, maar in die vlees geëindig het. Daarom spreek hy hulle sterk aan om die geestelike waardes te handhaaf.
Kolossense 3:2 verklaar: “Bedink die dinge wat daar bo is, en nie wat op die aarde is nie.” Die vlees bring voort vleeslike dinge en die Gees bring voort geestelike dinge. Daarom, hy wat in die vlees saai, sal in die vlees verderf maai, maar hy wat in die gees saai, sal in die gees die ewige lewe maai. Alles wat in die vlees gedoen word sal verbygaan, maar wat in die gees gedoen word sal bly staan.
Ons moet baie noukeurig daarop let dat ons nougeset handel volgens die insettinge en die verordeninge van God, om sodoende sterk in die gees te wandel om die ewige lewe te kan beërwe.
“Maar dink daaraan: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig oes; en wie volop saai, sal ook volop oes.”
Vir die eienaar van ‘n plaas is dit die beste tyd van die jaar, want dit is oestyd. Hier sal hy uitvind watter arbeidsopofferinge hy werklik ingesit het in die saaiproses, en wat hy gesaai het, want dit sal in ‘n groot mate weerspieël in die oestyd. Galasiërs 6:7b verklaar: “Want net wat die mens saai sal hy maai.” Dit is ‘n Bybelsebeginsel: Wat jy saai sal jy maai, met ander woorde, saai jy onkruid, sal onkruid opkom, saai jy liefde, sal liefde na jou toe terugkom. As jy iemand seën, sal seëninge na jou toe terugkom.
Nou sê die Woord van die Here in 2 Korintiërs 9:6; “Maar dink daaraan: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig oes; en wie volop saai, sal ook volop oes.
Baie keer kyk ons die groter prentjie mis, want ons sien nou in ‘n spieël in ‘n raaisel, ons ken nou ten dele, maar eendag sal ons ten volle die hoekoms en die waaroms ken. Spreuke 11:24 verklaar: “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.” Wanneer ‘n mens volop saai, dan sal jy oestyd volop maai. Die Woord van die Here leer ons: Gee en vir jou sal gegee word, want ‘n mens kan niks ontvang as jou hand toe is nie.
7 Men T-Shirts (size XXXL) as new @ R500 or R100p/t/shirt + 2 Leather Jeep Seats @ R2000
Contact: Monica on 073 446 3669
T E K O O P
F O R S A L E
Defy 4-Plate Stove + Venetian Blinds – Price neg.
Contact: 071 004 0301
T E K O O P
F O R S A L E
Mercedes A Class 160 @ R16 000
Contact: 078 837 9256
T E K O O P
F O R S A L E
Handgemaakte Tafel + 4 Stoele vir R3000 – prys o.h.b.
Kontak: Christie by 083 268 3969
T E K O O P
F O R S A L E
51cm Kleur TV in goeie toestand met “remote” vir R400 + Kleur TV vir R200
Skakel: 073 639 4194
T E K O O P
F O R S A L E
Honda Regter Agterlig (pop-up-lights) vir R130
Skakel: 083 628 9182
T E K O O P
F O R S A L E
Dover Defy 5-Plaat Stoof, ten volle gerestoreer vir R5000
Skakel: 082 611 4709
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Eleanor is op soek na Dakplate en vensters, woning het brandskade.
Skakel: 065 801 4536
T E K O O P
F O R S A L E
Mens Bike need tyres and tubes @ R600 + Bristle Dart Board in Cabinet @ R525
Toyota Avanza lockable roof rack @ R570 + Variety of mechanical Tools @ R1500
3 Battery Drills in working order @ R500 + King size Mattress in very good condition @ R900 + Mirror 1.5mx1m @ R650 + Technics Organ in good condition @ R600
Contact: Rodney on 076 972 2964
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Belinda is op soek na ‘n hondjie Stootwaentjie teen vergoeding.
Skakel: 081 408 7421
T E K O O P
F O R S A L E
Desk in good condition @ R1000 + Bucket Chair @ R400 + Book Case @ R1000
Cast Iron halfmoon Table in good condition @ R1000
Contact: Avril on 074 198 8324
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Nuwe Sangroep “Its Not About Us” van Parkwood Estate benodig 2 Sopranos, 1 Alto, 1 Tenor en ‘n Klawerbord Speler (Keyboard player) verkieslik van Parkwood, Grassy Park of Lotusrivier area.
Kontak: Lionel Smith by 078 964 9257
T E K O O P
F O R S A L E
Silwer 9karaat 4-stuk Dames Troupand met Waardasie & Verkoopsertifikate vir R750
Kontak: Paul by 084 335 2440
T E K O O P
F O R S A L E
English Rippen Piano completely restored and refurbished @ R6500
Carl Otto Berlin Piana completely restored and refurbished @ R9000
Defy Stove 600 Combo includes Oven, HOP and extractor @ R3800
Contact: Jakes on 073 553 0343
T E K O O P
F O R S A L E
Volvo S40 2L vir R30 000 o.n.a. + 2 Opel Deure vir R600 + Karavaan vir R16 000
Skakel: 061 837 1530
T E K O O P
F O R S A L E
Kirby Matteskoonmaak masjien vir R6000 + Babawiegie vir R200 + Baba Speelhok + Baba Stoot waentjie + Fotokopieerder + 2 Kantoor Lessenaars + Salon Toerusting – Prys o.h.b.
Motor Parte vir ‘n 2007 Honda Jazz 1500 & 2007 Ford Fiesta 1400 – Pryse o.h.b.
Skakel: 082 061 4722 na 16h00
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Hout Tafel (groot genoeg vir 4 stoele) teen ‘n weggeeprys.
Skakel: 073 948 7976
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Natasha is op soek na ‘n Sitkamerstel teen vergoeding.
Skakel: 062 270 8356
O P S O E K
L O O K I N G F O R
Rachel is op soek na ‘n goeie 2dehandse Wasmasjien in ‘n werkende toestand teen vergoeding.
Bethany Fellowship Volle Evangelie Kerk hou ‘n Fondsinsamelings Ontbyt met Spreker, Dr. Melodie De Jager oor Tema “ Preparing A Child for an Uncertain Future – What can I Do?”
MEC Ministries hou hul Jaarlikse Afrikaanse Kamp met Tema “ Ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou SIEL goed gaan” 3 Joh.1:2
Waar: Bergkroon, Wellington
Koste: R600p/p (sluit in akkomm. etes) bring beddegoed
Kontak: Sheila by 021 906 0733 of epos: sheila@meccommunityservices.co.za
7-9 JUNIE 2019
RESTORATION MINISTRIES
Restoration Ministries hou ‘n Restorasie Kamp met Tema “Restoration to His Fullness”vir Mans Dames en Kinders Bring eie Beddegoed, eetgerei, drinkwater, bybel, notaboek en pen
Waar: Hatikvah Kampterrein net anderkant Caledon
Koste: R500p/p (5x etes ingesluit)
Kontak: Naas by 061 466 0073 of Helene by 064 196 3831
8 JUNIE 2019
AGS HELDERBERG
AGS Helderberg Gemeente bied aan “Worship The King” met Simone Simon
Waar: AGS Helderberg, Pinkster Park, H/v Mondeor Straat & N2 Helderberg, Strand Tyd: 15h00 Kleredrag: Geskik vir die Koning
Kontak: Johanita by 081 539 4173
16 – 18 OCTOBER 2019
CALVIN PROTESTANT CHURCH
Calvin Protestant Church SA & Namibia will be Celebrating their 70th Birthday and are requesting all past and present Calvinists and members from sister churches, to get involved and contact their local congregations. All are welcome to attend and be a part of these festivities.
“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop.”
Watter wonderlike voorreg net om te weet dat ons deur die geloof geregverdig is en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. Dit is hier waar Apostel Paulus ons dan bewus maak: “En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukking.” Baie keer wil ons net roem in die heerlikhede, daarom sê Jesus in die Bergpredikasie, Matteus 5:12 : “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele…” Dit wil sê te midde van die storms wat woed moet ons die Here loof, moet ons Psalmsing tot eer van sy Heilige Naam, want die verdrukking werk lydsaamheid. Jy leer om met geduld enige situasie te hanteer, sodat alles vir elkeen ten goede kan mee werk.
Deur lydsaamheid word jy op die proef gestel en leer om net op God te hoop. Daardie hoop wat Romeine 5:5 van praat wat nie beskaam nie. Die beproefdheid bring daardie hoop na vore, want al lyk die storm hoe donker, jy weet dat jy weet dat jy wèèt dat God sal deurkom vir jou. Dis daardie hoop wat nie kyk na die omstandighede nie, wat nie kyk na die prognose nie, wat nie luister na die diagnose nie, maar wat onwrikbaar hoop op die God van die onmoontlike, want ons weet die hoop beskaam nie.
Ons dank die Here wat alles op Hom geneem het, want die skuldbrief teen ons, wat met Sy insettinge ons vyandig gesind was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael- Aldus Kolossense 2:14.