Dagstukkies met Dennis 9 Mei 2019

Psalm 30:5:  #Storms

10 MEI 2019

“Psalmsing tot eer van die Here, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam.”

Dawid sê in vers 4: “Here, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.” In Psalm 18:5-6 verklaar Dawid: “Bande van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk was rondom my, strikke van die dood het my teëgekom.”

Daarom sê Dawid sal hy: Psalmsing tot eer van die Here, o sy gunsgenote, en loof Sy heilige gedenknaam……” Wanneer ons dink aan al die kere wat ons al moes omgekom het, en ons amper by die dood omgedraai het, besef ons dit is net die genade van die Here wat ons tot hiertoe gedra het.

Klaagliedere 3:22-23 sê: “Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nog nie omgekom het nie, want Sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut, U trou is groot. Ons as gunsgenote kan net die Here loof en prys vir die Here gee.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 8 Mei 2019

Matteus 8:26:  #Storms

8 MEI 2019

“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.”

Dit maak nie saak wie jy is of wat jy doen nie.  Daar sal een of ander tyd ‘n storm in ons lewe kom – veral in die oorgangslewe uit die donker tot in die wonderbare lig want die dissipels het oorgevaar. Die dissipels het vir Jesus saamgeneem toe hulle oorgevaar het.  Min het hulle geweet dat daar ‘n groot storm op die see sal kom. Die Woord verklaar, dat die storm so erg geraak het dat die boot amper vol water geraak het, soveel so dat dit sou sink! Maar êrens op die boot lê Jesus en slaap. In hulle benoudheid het hulle Hom wakker gemaak en hom gevra: “Gee U nie om dat ons vergaan nie?”  En Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?”

In ons geestelike lewe gebeur dieselfde dinge.  Storms kom ons kant toe, ons geestelike lewe word bedreig, angs en benoudheid oorval jou. Toe Moses die Here aanroep vra God vir hom wat hy in sy hand het. Baie keer het ons die oplossing in ons hand. Baie keer vra Jesus vir ons waarom ons bang is, want met die staf het Moses die see gekloof.  Jesus het die outoriteit om elke storm in ons lewe stil te maak. Geen situasie is te groot vir onse God nie. Jesus het die winde en die see bestraf en daar het ‘n doodse stilte gekom, want die dissiples het gedink wat vir ‘n man is die dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is?

Hy is nog dieselfde Jesus wat die storm in ons lewe kan stilmaak.

Vrede / Shalom

Werkverskaffing – 07 Mei 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 7  M E I    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
ARBEIDSTERAPEUT OCCUPATIONAL THERAPIST
 
Vereistes: Arbeidsterapeut benodig met toepaslike opleiding en ondervinding, geregistreer by HPCSA, Kliënte skakeling, interpersoonlike vaardighede en aktiwiteitsprogramme vir Bejaardes, by Huis Uitsig.

Epos: humanresources@uitsig.org of Faks na (021) 939 1885    

   
KOöRDINEERDER CO-ORDINATOR
 
Vereistes: Badisa benodig die dienste van ‘n Koördineerder vir Bejaarde- en Gestremdesorg.

Sluitingsdatum: 18 Mei 2019

Vir meer inligting besoek webtuiste: http:/badisa.org.za/recruitment
 
STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Stikster (40-60jr) benodig, verkieslik woonagtig  in Portlands Mitchells Plain
Kontak: Selina by 078 123 0587

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Bekwame en ervare Stikster benodig in Bellville omgewing om spoedig diens te aanvaar.

Kontak: Louisa by 072 229 7471

 

MAATSKAPLIKE WERKER SOCIAL WORKER

 

Requirements: Youth Solutions Africa requires a Qualified, SACSSP Registered Social Worker, with a Degree, at least 3yrs practical experience, knowledge and understanding of SA Legislation and policies related to Social Development, valid drivers license and have own transport, 3 contactable references, communicate in English, Afrikaans, a 3rd language advantageous.

Email: CV, proof of qualification and registration to: admin@safyouth.org.za

 

KREDITEURE KLERK CREDITORS CLERK

 

Requirements: Senior Creditors Clerk needed at Airport City, with Matric, at least 5yrs creditors exp. Pastel evolution, Excel Intermediate, must have contactable references, own transport, knowledge of accounting principles and procedures, good problem solving skills, work accurately, meticulous and high attention to detail, etc.

Email: CV to admin@tsuafrica.com

 

VERSORGER CARER

 

Vereistes: Dame met sober gewoontes benodig, wat verblyf soek, met die doel om te help met die versorging van ‘n Bejaarde, moet drie-talig wees (Afrikaans, engels en Xhosa).

Skakel: 082 061 4722

 

VERKOOPSDAMES SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Gemeenskapsnuus – 07 Mei 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 7  M E I   2 0 1 9

 

8 MEI  2019 BLESSED HOPE

 

Blessed Hope Ondersteuningsgroep hou ‘n Byeenkoms vir dwelm & drankverslaafdes en  skep bewusmaking vir die effek op families

Waar: Blessed Hope Kerk, Cradock Straat, 154 Steenberg                  Tyd: 19h30

Kontak: Yusuf by 071 897 4018

 

11 MEI  2019 CHERE BOTHA SKOOL

 

Chere Botha Skool vir Gestremdes hou ‘n Modeparade

Waar: Chere Botha Skool vir Gestremdes       Tyd: 10h00

Kaartjies: R100p/p (Sluit verversings in)

Kontak: Carine of Ona by (021) 910 5300

 

11 MEI  2019 ADOPT A MISSION OUTREACH

 

Adopt A Mission Outreach hou ‘n Fondsinsameling met die Klipwerf Orkes

Waar: De Kuilen Hoërskoolsaal, Kuilsrivier       Tyd: 19h30   Koste: R120p/p

Kontak: Jan by 072 275 7561

 

12 MEI  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Optrede met Sanger, John Nelson

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, Goodwood, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood                      Tyd: 10:00                   Toegang: Gratis

Kontak: 072 117 4883

 

14 MEI  2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries hou ‘n Besigheids & Bedienings Leiers Konferensie met Emma Stark van Glasgrow Profetiese Sentrum, Skotland            Tyd: 10h00-16h00

Waar: Journey of Grace, Suntyger Gebou 102, Willie van Schoor Laan, Tygervallei

Kontak: Anton by 076 651 1514

 

16-18 MAY  2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents  Prophetic Training & Activating with Emma Stark of Glasgrow Prophetic Centre, Skotland            Time: 14h00-19h00

Where: Journey of Grace, Suntyger Building 102, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley

Contact: Anton by 076 651 1514

 

18  MAY 2019 THE ARK CHRISTIAN SCHOOL

 

The Ark Christian School are participating in a Big Top Rock Fundraising

Where: The Barnyard Willowbridge           Time: 20h00           Tickets: R160p/p

Contact: Past. Jack Mahoney on 082 787 5993

 

18  MAY 2019 MMDI

 

Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning to represent South Africa in Russia     Where: Brick Lane Eatery, Century City      Time: 10h30 – 12h30

Cost: R200p/p (breakfast & beverage included)  Invite 3 people to team up (from 10yrs – old age)

Contact: Wendy on 076 053 1846

 

22, 24, 25  MEI  2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,      Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00      Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)
Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

 

25  MEI 2019 CON SPIRIT FILHARMONIESE MUSIEK

 

Con Spirit Filharmoniese Musiekvereniging bied aan‘n Aand by die Opera met Dirigent, Sjoerd Alkema, Lauren Dasappa, Solis en vele Ander

Waar: Uitsig NGK Mountain View Rylaan, Ridgeworth    Tyd: 19h30

Kaartjies: R145 by webtickets ook by Deure beskikbaar

Kontak: Jacques by 082 453 3236

 

7 JUNIE 2019 GEMEENSKAPSPROJEK

 

Gratis Naaldwerk Klasse word aangebied vir Vroue & Tienerdogters verkieslik van Kraaifontein, Wallacedene, Scottsdene, Scottsville en Eikendal areas

Waar: Eikendal Biblioteek Saal        Tyd: 09h30-13h00    (Bring eie koppiespelde, naalde en skêre)

Kontak: Carol by 060 506 2740

 

Dagstukkies met Dennis 7 Mei 2019

Jesaja 25: 3-4:  #Storms

7 MEI 2019

“Daarom sal ‘n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees. Want U was ‘n vesting vir die arme, ‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was, ‘n skuilplek teen die stortreën, ‘n skaduwee teen die hitte – want die geblaas van die tiranne is soos ‘n stortreën teen ‘n muur.”

Wanneer ons in die 1953 vertaling lees, dan begin die hoofstuk met die opskrif: “Die Triomf” met ander woorde: Die oorwinning, “…omdat die Here is my God, want Hy het van ‘n stad ‘n hoop klippe gemaak…” Nasies sal Hom eer en die tirannieke nasies sal die Here vrees, want die Here was ‘n vesting vir die arme, ‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was, ‘n skuilplek teen die stortreën en ‘n skaduwee teen die hitte.

Wanneer ons die Here vrees en aanbid sal Hy ons beskut teen die storms van die lewe. Vir die arme is Hy ‘n skuilplek, die Woord sê: Die regverdige hardloop daarin en word beskut. Filippense 4:4 verklaar: “Verbly julle altyd in die Here, Ek herhaal: Verbly julle.”

Jou blydskap is jou beskutting teen die storms van die lewe wat jou wil bedreig.  Psalm 91 se opskrif lui: In die beskerming van die Almagtige, vers 1 verklaar: “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige en vers nege sê: “Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.”

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 6 Mei 2019

Jesaja 4:6:  #Storms

6 MEI 2019

“En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.”

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) sê: “Dit sal skuilplek bied teen die hitte van die dag en teen storms en reën.” Met die klimaatsverandering is daar soms abnormale klimaatsverskynsels, waarvoor ‘n mens voorbereid en bedag moet wees.  Psalm 121:6 verklaar: “Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.” Want Jesaja 4:5b sê: “Sy magtige heerlikheid sal alles beskerm (NLV). Dit bied ‘n afdak met ander woorde ‘n skuilplek, sodat ‘n mens veilig kan wees teen die storm.

In die lewe van elke mens is daar storms wat ‘n mens se geestelike lewe bedreig. Die Woord sê dat die dassie is nie ‘n magtige nasie nie, maar wanneer die storm kom hardloop hulle in die rots vir beskutting. So kan ons leer van die dassie, want net so is dit in ons geestlike lewe. Wanneer die storms ons lewe bedreig kan ons hardloop na die Rots van die eeue, naamlik Jesus vir die beskerming, want Hy is ons Bergvesting.

Vrede / Shalom

Kerknuus – 05 Mei 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   0 5  M E I   2 0 1 9

 

05  MAY  2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents Free Open Mic Sessions for Artists, dancers, bands & groups to showcase their talents        Where: Upper Hall Church, Sonata Street, Steenberg      Time: 17h30

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

13 & 15  MEI  2019 BLUE DOWNS VERENIGDE KERK

 

Blue Downs Verenigde Kerk hou hul 30ste Bestaansjaar Feesvieringe met ‘n Gedenkdiens

Waar: Blue Downs Verenigde Kerk, H/v Oak & Silverleaf Straat, Forest Village, Eersterivier                     Tyd: 19h00

Kontak: Ds. Davids by 083 407 6233

 

17 & 18  MEI  2019 BLUE DOWNS VERENIGDE KERK

 

Blue Downs Verenigde Kerk hou ‘n Konsert & Debutante Bal met Hemel Besem & Ander

Waar: Tuscany Glen Primêre Skool, Eersterivier        Tyd: 19h00

Kontak: James by 083 327 4703

 

18  MEI  2019 LEDE IN CHRISTUS KERK

 

Lede in Christus Kerk bied aan “Jesus se DNA – Geweef deur God se Hand”met Dawid Botes, Neurosielkundige & Spreker

Waar: Lede in Christus Kerk, H/v Tweede & Wrench Straat, Parow        Tyd: 17h00

Koste: R100 volw, R50 kind/o/12jr (Sluit ete in) Besprekings noodsaaklik.      

Skakel: (021) 939 8446 of Carin by 072 567 5009

 

24 – 26 MAY  2019 GLOBAL SUPERNATURAL MINISTRIES

 

Global Supernatural Ministries Pretoria presents Priesthood Arise Mens Camp 2019

Where: Nietverdiend Game Farm, Brits           

Cost: R200 adults, R100 child/u/16yrs (visitors)

Contact: Jean-Pierre at info@globalsm.co.za or visit www.globalsm.co.za

 

31 MAY  2019 METHODISTE KERK

 

Methodiste Kerk Scottsdene bied aan ‘n Golfdag met ‘n 4bal alliansie

Waar: Bellville GolfKlub                   Koste: 4bal alliansie @ R2500 of R625p/speler

Kontak: Petrus by 078 837 8103

 

1 JUNIE  2019 ONE LIFE MINISTRIES

 

One Life Ministries bied die 7de Rut Konferensie aan, met Riëtte Delport, Ziva Spangenberg, Prof. Gerrie Bester, Benescke J van Rensburg en vele Ander

Waar: NGK Welgelegen La Provence Straat 47, Parow      Tyd: 09h00-15h00           Koste:  R150p/p

Navrae: Stuur epos aan info@ziva.co.za

 

1 JUNIE  2019 UPPER HALL  PINKSTER KERK

 

Upper Hall Pinkster Kerk hou ‘n Sangaand

Waar: Upper Hall Pinkster Kerk, Sonata Straat, Steenberg                   Tyd: 18h30     Kaartjies: R50p/p

Kontak: Lionel by 078 964 9257

 

7-9 JUNIE   2019 MEC MINISTRIES

 

MEC Ministries hou hul Jaarlikse Afrikaanse Kamp met Tema “ Ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou SIEL goed gaan” 3 Joh.1:2

Waar: Bergkroon, Wellington           

Koste: R600p/p (sluit in akkomm. etes) bring beddegoed

Kontak: Sheila by 021 906 0733 of epos: sheila@meccommunityservices.co.za

 

7-9 JUNIE   2019 RESTORATION MINISTRIES

 

Restoration Ministries hou ‘n Restorasie Kamp met Tema “Restoration to His Fullness”vir Mans Dames en Kinders          Bring eie Beddegoed, eetgerei, drinkwater, bybel, notaboek en pen

Waar: Hatikvah Kampterrein net anderkant Caledon    

Koste:  R500p/p (5x etes ingesluit)

Kontak: Naas by 061 466 0073 of Helene by 064 196 3831

 

Alles en Nog Wat – 04 Mei 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 4  M E I     2 0 1 9

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Used Salon Style Hairdryer, wall mounted in good working condition @ R800 neg.  
Contact: Albert on 076 068 0772  
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
4-Plaat Gasstoof vir R1700 (met gastenk vir R2000)  
Kontak: Mev. Pietersen by 062 105 0548  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Audi Stasiewa in goeie lopende toestand vir R25 000 (lisensie op datum)

Skakel: Mev. Smith by 064 999 6792

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Handgemaakte Tafel + 4 Stoele vir R3000 – prys o.h.b.

Kontak: Christie by 083 268 3969

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Silwer & Swart AEG 42L Mikrogolfoond vir R2000 + Swembad Pomp (prys o.h.b.)

Kontak: Lionel by 078 964 9257

 
   
T E   K O O P F O R  S A L E  
   
Standaard grootte Sekuriteitshek vir R450

Kontak: Dave by (021) 393 4886 of 074 340 2408

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
 Mansklere: Swartpak (nr 44-46) + splinternuwe Grysbroek + ander items –prys o.h.b.

Skakel: 072 436 4759

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Nelson Mandela R5-muntstukke vir die jaar 2008 & 2000 onderskeidelik vir R5000

Hammond Orrel vir R2000 + DSTV HD Dekodeerder vir R350

Skakel: 082 646 1475

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Silwer KIC 2-Deur Yskas vir R2000 + LG 32cm TV vir R1800 + Diamond 32cm TV vir R1800  
Skakel: 071 736 4585 of 082 734 4803  
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Luisteraar is op soek na ‘n Stoof, Klerekaste, Kombuiskassies, Yskas en meubels teen weggeeprys

Skakel: 060 370 4433

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Blou 2010 Yamaha First Edition 1200cc Motorfiets, geen skrape, semi off-road vir R95 000
Kontak: Hugo by 074 931 7223

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Nuwe Sangroep “Its Not About Us” van Parkwood Estate benodig 2 Sopranos, 1 Alto, 1 Tenor en ‘n Klawerbord Speler (Keyboard player) verkieslik van Parkwood, Grassy Park of Lotusrivier area.

Kontak: Lionel Smith by 078 964 9257

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Luisteraar is op soek na ‘n Bed teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 327 1047 

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
KIC 210L Vrieskas in goeie werkende toestand vir R1500 + AEG Front loader Wasmasjien benodig aandag vir R500

Kontak Memory by 073 445 2164

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Popaea is op soek na ‘n 2dehandse Hangkas & Sitkamerstel teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 076 371 9746

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Blou VW Jetta – Prys o.h.b.

Kontak: Randall by 063 120 3209

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Bernina Record Naaimasjien vir R1300 + Kenwood Menger vir R700

Rainbow Stofsuier – Maak ‘n aanbod + 1990 Opel Record Motor vir R35 000

Skakel: 082 439 1206

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Embuia Dubbelbed Kopstuk met 2 Laaie vir R850 + Embuia Spieëlkas vir R550

Kontak: Louise by 072 868 7214

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

BabaBed (Dream Cot) in uitstekende toestand vir R1800

Kontak: Charl by 081 436 8856

 

 

Dagstukkies met Dennis 3 Mei 2019

Kolossense 2:8:  #Onderskeiding

3 MEI 2019

“Wees versigtig dat niemand julle beroof deur filosofieë en leë misleiding volgens die leringe van mense en volgens die beginsels van die wêreld en nie volgens die Gesalfde Een nie.”

Paulus waarsku die volk van Kolossense om versigtig en op hul hoede te wees, want misleiding was reeds daardie tyd aan die orde van die dag. Hulle moes oppas dat hulle nie as buit weggevoer word deur die wysbegeertes en nietige misleiding nie.

Daarom behoort elke gelowige die gees van onderskeiding te hê, om sodoende te onderskei wat die planne van die vyand is, want hy kom met die oorleweringe van die ou mense en die eerste beginsels van die wêreld vorendag om jou van jou staanplek af te ruk.

Wanneer ons nugter en waaksaam is, sal ons weet wat is die wil van God vir ons lewe, ons sal dan wandel in die plan van die Here ongeag die aanslag van die bose. Daarom moet ons altyd God se aangesig soek, sodat Sy wil in ons lewe kan geskied.

Vrede / Shalom

Radio Tygerberg 104fm bou aan!

Agter met die wit hemp is Mike en Gerrie. Middel v.l.n.r. is Francois, Eunice, Elize, Surita en Herschelle en voor is Veronique.

Deur Adrie Jurgensen

 

Wanneer ‘n huis te klein raak vir ‘n gesin is dit tyd om uit te breek, aan te bou en ‘n paar meubelstukke rond te skuif! So is dit ook by Radio Tygerberg 104fm. Ons is besig om ons huis spreekwoordelik groter te maak, ‘n nuwe lagie verf te gee en om ‘n paar meubelstukke rond te skuif!

Luisteraars word nou vroeg-oggend met Elize Parker se stem op lug wakker as deel van #Oggendrooi. Elize, ‘n ervare joernalis met meer as 20 jaar se ervaring in drukmedia, radio en TV staan aan die hoof van ons Nuusafdeling. Elize is nie net ‘n gesoute joernalis en radiostem nie, sy is ook ‘n bekende skrywer van dagstukkies en liefdesverhale asook ‘n gewilde motiveringspreker by veral vroue-oggende.

Aan Elize se sy is die dinamiese Veronique Serfontein en sy neem vanaf 13:00 – 18:00 oor om vir jou die jongste nuus te bring. Veronique wat daagliks vanaf die Paarl pendel is geen vreemdeling as dit by radio kom nie, en werk reeds nege jaar by gemeenskapstasies in die Wes-Kaap. Haar tegniese vaardighede is ‘n reuse aanwins vir die span en sy en #HuisToe se Reinhard Kotze vul mekaar goed aan weeksdae voordat sy laatmiddag haar eie reis huis toe aanpak.

#Oggendrooi se borrelende Eunice Stoltz is ook geensins vir Radio Tygerberg 104fm verlore nie! Sy is bevorder tot Skakelbeampte. Met haar passie vir goeienuus-stories, haar vermoë om (met moeite!) Anton Brink altyd te laat wen tydens die Bybelvasvra, haar sin vir nuus en humor, haar deursettings- en organisasievermoëns en haar liefde vir Jesus was sy die logiese keuse vir dié dinamiese pos.

Die bedieningsafdeling is nou uitgebrei na ‘n voltydse pos en ons verwelkom Surita Cowley as hoof van berading. Surita sal ook ons gebedspan lei en is verantwoordelik vir ons Pledge wat eersdaags afskop. Surita is die skrywer van twee boeke wat oor bediening handel en het reeds verskeie werkswinkels oor die onderwerp aangebied.

Op Sondae is twee nuwe stemme op lug. Laerskool-juffrou Gerrie Smith leer gedurende die week die kleinspan by ‘n plaaslike laerskool en op ‘n Sondag is sy van 11:00 tot 13:00 programaanbieder op Radio Tygerberg 104fm. Mike Potgieter skuif skuins voor 17:00 agter die mikrofoon in en hou ons luisteraars geselskap tot 19:00.

Om te verseker dat alles agter die skerms en by ons buite-uitstendings glad verloop is ons tegniese span uitgebrei met die aanstelling van Herschelle Lewis en Francois Fourie. Beide is ook betrokke by RoepTV.com en dus geen vreemdelinge by die 104fm-familie nie!

Radio Tygerberg 104fm is opgewonde oor die veranderinge wat ons gemaak het om ons “huis” te vergroot en ons visie – om alle mense te inspireer en impakteer met die verlossingskrag van die evangelie van Jesus Christus – verder uit te bou.

Lees meer oor al ons omroepers en agter-die-skerm personeel op ons webblad onder WIE IS ONS.