Alles & Nog Wat – 22 Junie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 2  J U N I E     2 0 1 9

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Vanessa is dringend op soek na ‘n Vrieskas & Gasstoof teen vergoeding of te skenk.

Skakel: 062 832 1982

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Durbanville Presbyterian Church is looking for a Pianist/Keyboard Player to join their morning Worship team.  
Contact: 073 680 6654  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Baba Wiegie vir R200 + Sport Stootwaentjie vir R500

2 Kopieerders vir R300 & R2500 elk

2 Lessenaars vir R1000 (albei) + Salon Toerusting vir R3000

Skakel: 082 061 4722

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Naaimasjien vir R650 + Donkerblou Opvou Gazebo vir R700

Skakel: 072 909 4016

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Opel Astra 1600 in goeie toestand vir R23 000 o.h.b.

Skakel: Mev. Julies by 079 450 2356

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
71cm Sansui “box” TV  in werkende toestand + Dubbelbed Matras + 3-Laai Pine Chest of Drawers + Tafel met stoel (study desk) + nuwe groot kiddies Plastiek tafel + nuwe Bedlampie vir R2000 (alles)

Skakel: 082 061 4722

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2007 Tata Indigo 1.4 Stasiewa in goeie lopende toestand vir R29 500

Skakel: 062 262 4006

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Elizabeth is op soek na Netbal Pale + Bal teen vergoeding of te skenk.

Skakel: 084 620 0301

 
   
S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I FT  
   
Michael is op soek na ‘n Saamrygeleentheid na Springbok in die Noord Kaap teen vergoeding.  
Skakel: 078 353 9134  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
1998 Toyota Tazz in running condition @ R25000

Point of Sale with screen, monitor & Printer @ R18000

1989 Nissan Sentra @ R18000 (needs attention)

Renault Sport needs attention @ R19500

Contact: Deen on 021 637 3812 or 076 265 1021

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Defy 4-Plaat Stoof in goeie toestand vir R650

Skakel: 071 004 0301

 

O P  S O E K L O O K I N G
 
Martha is op soek na ‘n Keyboard teen vergoeding.

Skakel: 061 767 4133

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
2 Grys egte Leer Jeep Sitplekke vir R1000 elk

4 XXX Large Golf T-hemde vir R300 of R100 elk

Skakel: 073 446 3669

 

Kerknuus – 23 Junie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   2 3  J U N I E   2 0 1 9

23  JUNE   2019 PRAYER MINISTRIES

 

Prayer Ministries presents their 10th Anniversary Celebration Concert with Anthony Andrews, Mass Choir & many Others,

Where: Bellville Civic Centre, Voortrekker Road, Bellville    

Time: 17h30           Cost: R100p/p

Contact: Robin Lee on 082 890 1735

 

29  JUNIE   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Women after God’s own Heart Ministries presents Woman Arise with  Anthony van Zaal, Raylene Booysen & many Others         Time: 12h00            Cost: R100p/p

Where: Tabernacle of Praise C/o Alexander & Tygervalley Street, Parow

Contact: cakeandbake91@gmail.com

 

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg    

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

1-3  JULIE   2019 DURBANVILLE 4 JESUS

 

Durbanville 4 Jesus hou ‘n #ImagineKidz Holiday Club vir alle graad 1-6 kinders

Waar: El Shaddai Kerk, Durbanville,      Tyd: 08h30-12h30

Koste: R120 vir 3dae of R50 p/dag (Snacks ingesluit) Registreer by Quicket (Holiday Club)

Kontak: Zendre Roets by 074 181 6825

 

5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plain      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

6  JULIE   2019 PASSION FOR TRUTH BYBEL KOLLEGE

 

Passion for Truth Bybel Kollege hou ‘n Fondsinsameling vir voorgenome Israel Toer, met Marina Olivier, Sendeling in Thailand

Waar: Dennegeur Straat, Protea Hoogte, Brackenfell            Tyd: 09h00

Koste: R120p/p (sluit vingerete in)    RSVP teen 30 Junie 2019

Kontak: Ilse van der Walt by 082 463 1177

 

20  JULY  2019 WOMAN OF VALUE

 

Woman of Value presents a Conference themed “Breaking Shackles”

Where: Rocklands Civic Centre, C/o Park Avenue & Spine Road, Mitchells Plain    Time: 14h00

Contact: Thelma on 081 344 4676

 

29  JULY   2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents a Fund Raising Gospel Show in aid of Bradley Smith represent SA Hip Hop Dance in America with Spiritual Dancers, Artists & many Others

Where: Upper Hall Pentecostal Church, Sonata Street, Steenberg     Time: 17h00     Cost: R50p/p

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

9 AUGUSTUS  2019 THE FLOCK LADIES MINISTRIES

 

The Flock Ladies Ministries hou ‘n Vroue Ontbyt met Tema “Dare to Dream”

Waar: Sonnemeisie Straat, 2 Kuilsrivier     Tyd: 10h00-14h00

Koste: R100p/p

Kontak: Meriza by 084 854 8241

 

16 – 18  OCTOBER   2019 CALVIN PROTESTANT CHURCH

 

Calvin Protestant Church SA & Namibia will be Celebrating their 70th Birthday and are requesting all past and present Calvinists and members from sister churches, to get involved and contact their local congregations. All are welcome to attend and be a part of these festivities.

Contact: Sandy on 072 268 1340

 

Dagstukkies met Elize 21 Junie 2019

Eksodus 3:2#Vuur

21 Junie 2019

Skielik het die engel van God aan hom verskyn in ‘n vlam wat in ‘n bos brand. Moses was verwonderd, want die bos het aanhou brand, maar dit het nie uitgebrand nie.”

Daar is baie gevoelens wat by mens opkom wanneer jy na ‘n vuur staar.  ‘n Kampvuur in die bosveld teen middernag of ‘n kaggelvuur in jou eie huis, gaan jou nie dieselde laat voel nie.

Daar is tye wat ‘n vuur kan woed soos in ‘n bergbrand, maar ook tye wat dit smeul soos met ‘n brand in fynbos.  Daar is tye wat die veld ‘n brand nodig het sodat sade kan oopkraak. Daar is ook tye wat die veld dit nie kan bekostig nie soos tydens ‘n droogte. Eintlik is alle vuur en brande vir ons ‘n geheimenis.

In Eksodus sien ons hoe God hierdie natuurverskynsel gebruik om met Moses te praat. Ook die skielike fenomeen laat hom sy skoene uittrek en sy hoof buig. God se boodskappe aan ons is dikwels ‘n skielike verrassing soos die vuurbos vir Moses was. Ons twyfel dan of dit van Hom kom. Ontsag sal ons egter nader aan sy openbaring bring. Hoe ons ookal God se stem hoor, daar is altyd seën in sy verklarings oor ons lewens. Ons kan luister met die wete dat selfs die vure van ons lewens verkondig sy Naam.

Vrede / Shalom

 

Dagstukkies met Elize 20 Junie 2019

Psalm 68:3#Vuur

20 Junie 2019

Soos wind rook wegblaas, soos was in vuur smelt, so vergaan die goddeloses voor God. Maar die vromes sal verheug wees, hulle sal bly wees voor God.”

In hierdie lofpsalm oor God se triomf van Berg Sinai tot Berg Sion, hoor ons van die seën van oorwinning. Met trompetgeskal neem Dawid en die volk die Ark na Berg Sion. Dit maak ons bly om te weet dat God sy oorwinningsvuur ook vir ons sal inspan. Hierdie tema van hoe God sy almag sal toon, kom sterk te vore in die Woord.

Onlangs het ek ‘n artikel gedoen oor ‘n ma wie se seun ‘n groot tragedie deur gemaak het en in die intensiewe eenheid beland het. Sy het dikwels sms’e uitgestuur oor hoe ‘n onrustige nag hy gehad het. Daarby egter ook was dikwels foto’s van hom besig om sport te doen. Dit is asof sy aan blydskap oor haar kind se eertydse lewe vasgehou het om haarself te kalmeer.  Dis wat God ook met ons doen. Hy gun ons oorwinningsvreugde as ‘n reserwe vir wanneer ons dit nodig het. God weet ons het vreugde broodnodig.

Toe die ma ‘n paar dae later moedeloos geword het, het vriendinne en skoolmaats foto’s van goeie tye aangestuur. Ek dink dis hoe oorwinning moet werk, met die vreugde in die verlede as aanmoediging vir die hede en met ander wat ons daaraan herinner as ons daarvan vergeet. Dis immers hoe Vader met ons werk.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Elize 19 Junie 2019

 

2 Petrus 3:7#Vuur

19 Junie 2019

God het presies so – deur sy Woord – beskik dat die hemele en die aarde deur vuur verteer sal word op die dag wat die goddelose mense veroordeel en verdelg sal word.”

Ons leef in hierdie afwagtingstyd tussen die Eerste en die Tweede Koms.  Die afspraak is reeds gemaak. Ons het  die sekere wete Jesus se  Wederkoms is op God se program vir ons lewens.

Daarom kan ons in die lig van Jesus se Tweede Koms lewe en die wete van wederkomsseën geniet.  Dit is ons toegangskaartjie tot God se ewige huis.Hy is self so ernstig oor Jesus se Tweede Koms, dat Hy ons in die Woord daarop voorberei.

In Noag se tyd was die aarde verdelg deur water. Blou op blou. Met die Wederkoms is dit ‘n oordeelsvuur. Rooi op rooi.  As volgelinge van Jesus bly ons die vuur gespaar.  Sy Tweede Koms is eerder ‘n winkende vlam in die donkerte wanneer ons nie weet hoe om te lewe nie.  God se warme deernis deur Jesus is ‘n dubbele porsie bevrydingsgenade.  Dit word ‘n verborge verlange in ons harte, hierdie vlamlig van die Heilige Gees.  Daarom moet ons nie leef asof daar geen Wederkoms gaan wees nie. Ons moet ons voorberei om ook nou deur sy toekomstige teenwoordigheid aangeraak te word.

Vrede / Shalom

Gemeenskapsnuus – 18 Junie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 8   J U N I E   2 0 1 9

 

19  JUNIE   2019 GRACE LIFE TYGERBERG

 

Grace Life Tygerberg presents a Prophetic Night with Marcus & Sharon Wick

Where: Gracelife Tygerberg, Bellville Baseball Club, 40 Bloemhof Road, Bloemhof    Time: 19h00

Contact: gracelife.co/location-tygerberg

 

22  JUNIE   2019 IMPACT TRAINING CENTRE

 

Impact Training Centre hou 2 Konserte in 2 Gemeenskappe met Phillipine Morkel, Alban Petersen, Gershwin Thys & Ander

Waar: Belhar area om 15h00 & Mitchells Plain area om 19h00      

Toegang: R50p/p

Skakel: 084 863 9580 of 078 696 5790

 

22  JUNIE   2019 PINKSTER PROTESTANTE KERK

 

PPK Factreton hou ‘n Vroue Konferensie met Spreker, Colleen Robertson

Waar: PPK Saal, Factretron & 16de Laan, Factreton          Tyd: 13h30

Epos: Colleen by Robertson.tlservice@gmail.com

 

23  JUNE   2019 PRAYER MINISTRIES

 

Prayer Ministries presents their 10th Anniversary Celebration Concert with Anthony Andrews, Mass Choir & many Others,

Where: Bellville Civic Centre, Voortrekker Road, Bellville    

Time: 17h30           Cost: R100p/p

Contact: Robin Lee on 082 890 1735

 

29  JUNIE   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Women after God’s own Heart Ministries presents Woman Arise with  Anthony van Zaal, Raylene Booysen & many Others         Time: 12h00           Cost: R100p/p

Where: Tabernacle of Praise C/o Alexander & Tygervalley Street, Parow

Contact: cakeandbake91@gmail.com

 

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg    

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

1-3  JULIE   2019 DURBANVILLE 4 JESUS

 

Durbanville 4 Jesus hou ‘n #ImagineKidz Holiday Club vir alle graad 1-6 kinders

Waar: El Shaddai Kerk, Durbanville,      Tyd: 08h30-12h30

Koste: R120 vir 3dae of R50 p/dag (Snacks ingesluit) Registreer by Quicket (Holiday Club)

Kontak: Zendre Roets by 074 181 6825

 

5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plan      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

7 JULIE 2019 LIVING NETWORK KRISIS SENTRUM

 

Living Network Krisissentrum, Bellville bied aan Wie is Jy? Hoekom moet jy Weet! met Lise Swart & Sangpaar Jacus & Lina Hattingh

Waar: Vredelust Kerksentrum, H/v Duminystraat & 13de Laan, Boston, Bellville       Tyd: 10h00

Kaartjies: R120p/p (by Vredelust Kerk Ontvangs by (021) 949 0096

Kontak: Louise by 021 950 4455

Werkverskaffing – 18 Junie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 8   J U N I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VERPLEEGDIENS BESTUURDER NURSING MANAGER
 
Vereistes: Professionele Verpleegkundige benodig by Huis Pam Brink Esperanza met goeie bestuursvaardighede, om hoë gehalte sorg aan verswakte inwoners in ‘n dinamiese omgewing te lewer, voorkeur aan ‘n persoon met psigiatriese kundigheid.  

Sluitingsdatum: 21 Junie 2019   

Rig CV met verwysings aan: Die Bestuurder, Mev. BV Louw, Donaldsonstraat, 11 Strand 7140

   
VERKOELINGSTEGNIKUS REFRIGERATION
 
Vereistes: Senior Verkoelingstegnikus benodig by  Verpakkingsaanleg net buite Ceres met ervaring in seisoenale voorbereiding van BA Koelkamers, ervaring in verskillende BA metodes, prosesse, hantering van appels en pere, gebruike en instandhouding van kragopwekkers, bekend met BA verkoelings protokolle, rekenaarvaardig, onafhanklik en pro-aktief werk en onder druk funksioneer.
Epos CV na trish@thehrdepartment.co.za (Sluitingsdatum: 30 Junie 2019)
 
PLAAS BESTUURDER FARM MANAGER

 

Vereistes: Junior Plaasbestuurder in Wellington benodig met toepaslike ondervinding in die verbouing van wyndruiwe, pere, granate, pruime en sitrus, geldige Kode C1 (kode 14) rybewys, goeie interpersoonlike vaardighede, landbou verwante tersiëre kwalifikasie kan voordelig wees.
Epos: CV na info@bassongroep.co.za (Aansoeke sluit 20 Junie 2019)

 

DRYWER DRIVER

 

Vereistes: Drywer benodig vir DIY CUPBOARDS met geldige Kode 8 Rybewys, geldige PDP (25-40jr) hardwerkend, betroubaar, goeie gesondheid, geen kriminele rekord, eie vervoer.

Epos CV met verwysings + Gr 12 Sertifikaat na reception@knock-d.co.za of skakel 021 945 4421

 

DRYWER DRIVER

 

Requirements: Code 10 Driver needed with valid PDP, 3-5yrs driving exp. dangerous goods would be an advantage. Only SA citizens to apply no foreigners please.

Email CV to jjoilremovals@absamail.co.za

 

INSLAAP HUISHULP DOMESTIC WORKER

 

Vereistes: Betroubare Inslaap Huishulp (38-55jr) met Christelike waardes en sober gewoontes benodig om na babas om te sien en huishoudelike take te verrig, moet uitstekende gesondheid geniet.

Epos: CV na t.jooste@hotmail.com

 

HAARKAPSTER HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarsalon benodig ‘n Stylist om spoedig diens te aanvaar.

Skakel: 082 749 4160

 

BEMARKING KONSULTANT MARKETING CONSULTANT

 

Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy vir 28 jr. benodig Konsultante, opleiding en kliënte word voor sien, bo gemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel (021) 910 0992 of 074 755 4321

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers met Diploma in Onderwys benodig, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel 074 755 4321

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Geleentheid om deel te raak van n dinamiese span… n bemarkingsbesigheids geleentheid met ‘n minimale kapitaal. Jy geniet ook groeps-en ander voordele met kommissie. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting, moet jy asb. ons vlg. Inligtingsessie bywoon.

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 082 926 5062

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Begin jou dag met Elize

 

Jy sal haar herken in die Liewe Elize – rubriek of van haar meer as 40 gepubliseerde boeke óf natuurlik as die nuwe nuusstem in Oggendrooi.

Sy is gebore in Bloemfontein en voltooi haar 12-jaar skoolloopbaan by die Hoër Christelike Meisieskool Oranje waarna sy as verslaggewer by die Transvaler haar skryfpassie begin uitleef. In 1990 verruil sy die Vrystaatlug vir die Kaapsedraai. Nadat sy reeds in 1981 boeke begin skryf het, maak sy haar debuut in 1994. Dit is geen geheim dat sy haar identiteit in die Here vind nie. Rotsvas in haar geloof is sy ook die trotse ma van twee dogters.

Elize Parker beskryf haarself in eenvoud, maar hoe meer jy saam haar tyd spandeer besef jy watste besonderse vrou sy is en hoe sy haar gawe om te skryf, ten goede aanwend. Sy beskou haarself as ‘n Groen-Christen en lewer gereeld verslag oor wildlewe en misdaad. Sy beskryf haar nuwe rol as Nuushoof by Radio Tygerberg 104FM as stimulerend. Met Elize aan die stuur in die Nuuskantoor kan jy verseker wees van die jongste nuus.

As Elize nie skryf nie, bestee sy haar tyd in haar bediening, Tabita (Jesus genees), waar sy op enkelma’s en weduwees fokus. Vir ontspanning gaan stap sy graag in die berge. Haar lewensdroom? Om eendag vir ‘n jaar in Jerusalem by ‘n kinderhuis te werk.

Met ‘n slagspreuk Jesus Genees is Elize iemand wat die Here se heelmaak en genade uitleef.

 

Dagstukkies met Elize 18 Junie 2019

2 Tessalonisense 1:8#Vuur

18 Junie 2019

In ‘n vlammende vuur sal Hy die mense straf wat God nie ken nie; dit is hulle wat hulle nie gesteur het aan die Goeie Nuus van ons Here Jesus nie.”

Om Jesus te ken, is om God te ontmoet.  Dit is die ware Goeie Nuus. Dat Jesus help dat ons reg kan lewe en hierdie vlammende vuur se oranje gloed waarteen die Woord waarsku, kan vryspring. Die wete dat Jesus God se geliefde Seun is, maak ons ook God se geliefde kinders. Ons het ‘n nuwe hart soos Syne.  Dit is nie genoeg om net ‘n goeie mens te wees nie. Ons moet met die kennis van Jesus as ons Verlosser in ons harte leef.  Ons moet weet Hy is ons ontsnaproete weg van selfvernietigende gedrag, chaos in verhoudinge en diepgewortelde negatiewe patrone.  Hierdie oortuiging moet in ons harte posvat sodat ons gedagtes kan vernuwe.

Soms wil ons eers seker maak dat ons lewe met God reg is voordat ons iets vir die Koninkryk doen.  Dis onnodig. Wanneer die krag van God oor ons kom, verander ons heeltemal. Dan weet ons Jesus het die volle prys aan die kruis betaal.  Die Goeie Nuus word op ons harte geskryf. Ons moet dit net ons eie maak en vir die koninkryk begin werk.  Hierdie vernuwingseën sal ons ‘n verandering van hart en van gedagtes laat ondergaan.  Ons is die oordeel vuur gespaar as ons Jesus se Kruisgawe aanvaar.  Maar dit beteken ons moet glo en gehoorsaam wees. Ons moet bely, bekeer en aanvaar.  God se deernisvolle geskenk in Jesus is toegang tot sy vredesoord en die troos van ewige rus.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Elize 17 Junie 2019

Hebreërs 12:28-29#Vuur

17 June 2019

Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ‘n verterende vuur.”

Wat ‘n geskenk om van ons deernisvolle Vader te ontvang! Toegang tot sy onwankelbare koninkryk!  In hierdie wêreld kan als geskud word: ons verhoudings, gesondheid en lewens.

Maar die troos is: Niks kan God skud nie! Hy is onwankelbaar en verander nie.  Hoe dankbaar moet ons wees vir hierdie ewige troos!  En as hy ons toegang gee tot hierdie koninkryk verander Hy ons met sy verlossende vuur. Ons moet  Hom loof omdat Hy skeppend, magtig en regverdig is om juis in te tree en ons te vernuwe met Sy vuur, ‘n vuur wat vernuwing bring.

Die diep oranje vlamme van sy goedheid en krag wat reinig en suiwer.  So ‘n verterende sielsvuur is ‘n openbaring van die Here se mag en juis daarom moet ons met ontsag met hom omgaan.

So dikwels het ons juis vars vuur van die Here nodig. Nié sommer net ‘n enkel vlam nie, maar ‘n vuur wat die onnodige kan wegbrand.  As ons ‘n stryd met gedagtepatrone het is dit die vuur van nuwe denke wat skoonbrand. Hieruit word nuwe gedagtes gebore, God se gedagtes vir ons lewens.  Gewoontes en karaktertrekke word deur God se vuur gesuiwer.  Daarna kan ons meer opregte lewens lééf.  Hy bly ons gunsgenoot, Skepper van suiwer en edel harte.

Vrede / Shalom