Kerknuus – 16 Junie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 6  J U N I E   2 0 1 9

 

19  JUNIE   2019 GRACE LIFE TYGERBERG

 

Grace Life Tygerberg presents a Prophetic Night with Marcus & Sharon Wick

Where: Gracelife Tygerberg, Bellville Baseball Club, 40 Bloemhof Road, Bloemhof    Time: 19h00

Contact: gracelife.co/location-tygerberg

 

22  JUNIE   2019 IMPACT TRAINING CENTRE

 

Impact Training Centre hou 2 Konserte in 2 Gemeenskappe met Phillipine Morkel, Alban Petersen, Gershwin Thys & Ander

Waar: Belhar area om 15h00 & Mitchells Plain area om 19h00    Toegang: R50p/p

Skakel: 084 863 9580 of 078 696 5790

 

22  JUNIE   2019 PINKSTER PROTESTANTE KERK

 

PPK Factreton hou ‘n Vroue Konferensie met Spreker, Colleen Robertson

Waar: PPK Saal, Factretron & 16de Laan, Factreton          Tyd: 13h30

Epos: Colleen by Robertson.tlservice@gmail.com

 

23  JUNE   2019 PRAYER MINISTRIES

 

Prayer Ministries presents their 10th Anniversary Celebration Concert with Anthony Andrews, Mass Choir & many Others,

Where: Bellville Civic Centre, Voortrekker Road, Bellville    

Time: 17h30           Cost: R100p/p

Contact: Robin Lee on 082 890 1735

 

29  JUNIE   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Women after God’s own Heart Ministries presents Woman Arise with  Anthony van Zaal, Raylene Booysen & many Others         Time: 12h00           Cost: R100p/p

Where: Tabernacle of Praise C/o Alexander & Tygervalley Street, Parow

Contact: cakeandbake91@gmail.com

 

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg  

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

1-3  JULIE   2019 DURBANVILLE 4 JESUS

 

Durbanville 4 Jesus hou ‘n #ImagineKidz Holiday Club vir alle graad 1-6 kinders

Waar: El Shaddai Kerk, Durbanville,      Tyd: 08h30-12h30

Koste: R120 vir 3dae of R50 p/dag (Snacks ingesluit) Registreer by Quicket (Holiday Club)

Kontak: Zendre Roets by 074 181 6825

 

5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plan      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

29  JULY   2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents a Fund Raising Gospel Show in aid of Bradley Smith represent SA Hip Hop Dance in America with Spiritual Dancers, Artists & many Others

Where: Upper Hall Pentecostal Church, Sonata Street, Steenberg     Time: 17h00     Cost: R50p/p

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

9 AUGUSTUS  2019 THE FLOCK LADIES MINISTRIES

 

The Flock Ladies Ministries hou ‘n Vroue Ontbyt met Tema “Dare to Dream”

Waar: Sonnemeisie Straat, 2 Kuilsrivier     Tyd: 10h00-14h00

Koste: R100p/p

Kontak: Meriza by 084 854 8241

Alles & Nog Wat – 15 Junie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 5  J U N I E     2 0 1 9

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Oefenfiets vir R800

Skakel: 081 270 6054

 
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
1997 Wit Mazda Etude 1800 vir R33 000  
Skakel: 078 265 9496  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
¾ Bed + basis en matras met matras beskerming in baie goeie toestand vir R1000

Dubbelbed +basis & matras in goeie toestand met matras beskerming vir R1500

Eetkamerstel met 6 Riempie Stoele, soos nuut vir R2000

2 Lessenaars met laaie vir R200 elk.

TE SKENK: Elektriese Orrel vir gratis weggee.

Stuur Whatsapp na 074 411 5711

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
¾ Matras vir R250 + klein Kantoorstoel vir R150

Drapeer Materiaal verskillende kleure (10m stukke) vir R3000

Skakel: 083 693 4223

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Boxes of brand new educational Toys for preschoolers (4-6yrs) @ R2000

Contact: Shereen on 062 893 3105

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Huisdakligte wat kan draai vir R250

Pypraamwerk vir groot skadunet vir buite in tuin @ R200

Skakel: Johan by 084 451 2257

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
 Splinternuwe Koningin grootte Bed vir R4000

Skakel: Sylvia by 064 171 1868

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Motorparte vir 2007 Ford Fiesta & 2007 Honda Jazz – Maak ‘n aanbod.

Skakel: 084 620 0301

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Baba Wiegie + Baba Sport Stootwaentjie + Kopieermasjiene + Kantoormeubels + Salon toerusting – Pryse o.h.b.  
Skakel: 082 061 4722  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Carl Otto Berlin Piano completely restored and refurbished, excellent sound @ R8500

Defy Stove 600 Combo (includes oven, HOB, extractor) @ R3800

Contact: Jakes on 073 553 0343

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
1994 Honda Ballade vir R18000

Kontak: Ricardo by 084 836 0744 of 078 951 4555

 

O P  S O E K L O O K I N G
 
Martha is op soek na ‘n Keyboard teen vergoeding.

Skakel: 061 767 4133

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
2 Grys egte Leer Jeep Sitplekke vir R1000 elk

4 XXX Large Golf T-hemde vir R300 of R100 elk

Skakel: 073 446 3669

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Luisteraar is op soek na Badkamer Teels + Paar Hout Vloer Plankies + Klere & Skoene vir 5jarige dogtertjie teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 073 446 3669

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

4 Stoele + Handgemaakte Tafel vir R3000 o.h.b.

Skakel: Christie by 083 268 3969

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

2 Tom Ford Sunglasses without cases in excellent condition @ R4000

70 Construction Drawing Hangers @ R4000

Industrial Vacuum Cleaner in excellent condition @ R2500

Contact: 079 172 5987

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Wit Defy 4-Plaat Stoof vir R650

Skakel: 071 004 0301

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Luisteraar is op soek na Kombuis- en Hangkaste teen vergoeding.

Skakel: 073 639 4194

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Defy Skottelgoedwasser vir R1500 + Stofsuier vir R200

Standaardgrootte Sekuriteitshek vir R250

Skakel: 082 848 8034 of (021) 633 5104

 

 

 

Dagstukkies met Adrie 14 Junie 2019 (Luister)

2 KRONIEKE 20: 15B:  #Oorlog

14 Junie 2019_RVR

“… Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.” (1933/53-vertaling)

Ons staan aan die einde van ‘n week met #Oorlog as tema en het geleer om die volle wapenrusting aan te trek en te besef ons , as Christene, is daagliks in ‘n oorlog.

Wat as jy jou grootste vyand is? Hoe gemaak as die #oorlog daagliks binne jou woed? Daardie negatiewe gedagtes, wanneer jy eenvoudig nie uit die bed kan of wil klim nie, wanneer die spieël in jou huis Vyand Nommer 2 is, wanneer jy voel jy nie slim, mooi of goed genoeg is nie? Wanneer jy jou namens jou kinders vir jouself, jou huis en jou omstandighede skaam en negatiewe gedagtes lankal in jou huis en hart kom woon het? Hoe bly jy staande as die vyand en vriend dieselfde persoon is?

Daar is verskeie selfhelpboeke, ondersteuningsgroepe en kerke wat jou gaan help om hierdie innerlike vyand te veg. Soms is jy alleen en kort net praktiese raad om jou ‘n hupstoot te gee wanneer die wolke om jou saampak.

Vir daardie dae wat jy dalk effens teneurgedruk voel, wil ek jou uitnooi om die volgende sewe dinge vir die volgende sewe dae te doen. Doen dit ELKE dag, ongeag hoe mismoedig jy voel. Skryf dit neer en merk dit af! Vier elke klein suskse – ongeag hoe klein.

  • Dag 1: Staan op, maak jou bed op. Moenie weer terug klim nie.
  • Dag 2: Dag 1 + Was jou gesig, borsel jou tande en kam jou hare.
  • Dag 3: Dag 1- 2 + Trek jouself netjies aan. Kouse en skoene ook. Los jou pajamas of kamerjas en pantoffels in die kas. Dames, sit grimering aan.
  • Dag 4: Dag 1 – 3 + Was jou skottelgoed, droog dit af EN pak dit weg.
  • Dag 5: Dag 1 – 4 + Kry vars lug! Maak jou vensters oop en kom uit jou huis. Al staan jy net buite vir 5 minute.
  • Dag 6: Dag 1 – 5 + Lag, sing of dans! Begin net. Doen dit vir 60 sekondes. Hardop. Dit voel dalk belaglik, maar sal jou laat beter voel.
  • Dag 7: Dag 1 – 6 + Worship. Kry geestelike musiek of skakel op Radio Tygerberg 104FM in en laat toe dat die Here deur lofprysing met jou herstel begin.

Verklaar vandag #Oorlog teen negatiewe gedagtes, die spoke van jou verlede, bitterheid en jou lyf. Gee vandag die eerste tree en gee jou drama vir die Groot Bevelvoerder. Hy het reeds oorwin.

Alles wat mooi is

Groetnis

 

HIERDIE LIED INSPIREER MY

Dagstukkies met Adrie 13 Junie 2019 (Luister)

DEUTERONOMIUM 28:7  #Oorlog

13 Junie 201913

“Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uitvlug.” (1933/53-vertaling) 

Ek het onlangs die voorreg gehad om by die sewende Rut-Vrouekonferensie betrokke te kon wees. Die tema deur konferensiekunstenaar Riette Delport was Vandag kies ek vreugde. Daarin is verskeie geheime opgesluit van hoe om ‘n geestelike oorlog strategies te voer:

Vandag: Die stryd is daagliks. Maak dus elke dag seker jy is voorbereid. Trek jou wapenrusting aan. Lees jou Bybel. Bid elke dag.

Kies: Ja, dis ‘n keuse om vreugde te ervaar. En dis JOU keuse hoe jy die dag gaan aanpak. Jy kan nie altyd jou familie, werk, huislike omstandighede, finansies en gesondheid kies nie. Maar jou gesindheid is 100% binne jou beheer.

Ek. Net jy kan die keuse maak. Jou vreugde word dalk deur omstandighede beinvloed maar net jy bepaal jou reaksie daarop.

Vreugde: Vreugde is die een emosie wat ‘n oorlog eerste kom steel. Verlore vreugde maak plek vir angs, bitterheid, vrees, depressie om net ‘n paar te noem.

Tydens die konferensie is verhale van hoop en oorwinning gedeel. Dit was duidelik dat die mense wat oorwin het, die was wat bereid was om te veg vir hulle vreugde. Om hierdie geveg te wen moet jy jou fokus op die Here hou – ongeag wat rondom jou gebeur want Hy het die oorlog reeds oorwin. Fokus daarop en vind jou vreugde in Hom.

Alles wat mooi is!

Groetnis

Hierdie lied inspireer my.

 

Kunswerk met vergunning deur Rut Art.

 

Dagstukkies met Adrie 12 Junie 2019 (Luister)

LUKAS 10:19:  #Oorlog

12 Junie 2019

“Kyk, Ek gee vir julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” (1933/53-vertaling) 

In die tyd wat ek hierdie rubriek skryf klop my hart warm vir twee mense in Suid-Afrika: Monet van Deventer en Nkosikho Mbele. Op Donderdag 30 Mei was daar ‘n storie op FaceBook van ‘n jong vrou wat haar dankbaarheid uitgespreek het en ‘n petroljoggie bedank het vir R100 van sy eie geld wat hy gebruik het om petrol in haar motor te gooi. Hy was bekommerd dat sy op die N2 sou gaan staan sonder brandstof. Sy het hom nie gevra nie. Hy het aangebied, eintlik aangedring.

Sedertdien is daar meer as R500 000 reeds ingesamel nadat Monet besluit het om fondse vir Nksikho te in.

Dis vir my wonderlik en vreesaanjaend. Wonderlik dat ons in ‘n tyd waar ons bang is vir die nuus ‘n juweel soos Nkosikho kan ontdek. Vreesaanjaend dat dit sulke groot nuus is!

Wat het van ons geword dat om ons naaste – in ‘n Christelike land– te help voorbladnuus is? Ons Groot Handboek, die Bybel maak dit tog duidelik in Lukas 10:27. Die eerste en grootste gebod is om die Here ons God lief te hê met ons hele hart, krag en verstand EN dan ons naaste soos onsself. Net dit. Eenvoudig.

Ons het ongelukkig ‘n bang nasie geword. Bang om werk toe te ry. Bang om huis toe te ry. Bang om winkel toe te gaan, te draf, uit te gaan en meer as alles om langs die pad te gaan staan.

Nkosikho het gesê hy is ‘n gelowige. Wat hy gedoen het, was reg. Ek dank die Here dat hy R100 gehad het om te gee. Want vir hom het syne veelvuldig teruggekom en gaan hy nou ook die geleentheid kry om vir sy kinders se opvoeding eendag te kan betaal.

Hy het nooit verwag om Monet of sy R100 weer te sien nie. Hy het gegee sonder om terug te verwag.

Hoe pas hierdie alles by ons tema van #Oorlog en vandag se teksvers in? Gaan lees die hele hoofstuk 10. Dit begin waar Jesus 72 mense twee-twee uitstuur om Sy Boodskap in ‘n ongenadige wêreld te verkondig, dan lees ons van die barmhartige Samaritaan en eindig met Maria wat – tot groot ontsteltenis van haar suster Marta aan Jesus se voete sit en na Hom luister.

Dit is presies waar ons die #oorlog gaan wen: aan Sy voete, deur barmhartigheid, medelye en opregte liefde aan ons naaste te bewys en deur uit te gaan en Sy Woord aan die wêreld te verkondig. Soos ‘n R100 wat reeds harte regoor die land aangeraak het en vir die jare wat kom gaan vermenigvuldig om ook die volgende generasie hoop te kan gee.

Alles wat mooi is!

Groetnis

Hierdie lied inspireer my.

Gemeenskapsnuus – 11 Junie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 1   J U N I E   2 0 1 9

 

14 JUNIE 2019 PAROW OOS PRIMERE SKOOL

 

Fondsinsameling ten bate van Aidon, verteenwoordig SA in Namibië & Kroatia met Nadia & Ander          Waar: Parow Oos Primere Skoolsaal, Selbourne Straat, Parow       Tyd: 19h00-20h30

Toegang: R100p/p

 

15  JUNIE   2019 CALVYN PROTESTANTSE KERK

 

Calvyn Protestantse Kerk hou ‘n Sport/Familie Dag met Claire Phillips, Helikopter Ritte, SAPD Kadette, Stalletjies en vele meer!!    Waar: Aalwyn Sportveld, Belhar,      

Tyd: 08h00

Toegang: R10 volw, R5 kind/o/12jr.

Kontak: Chantel by 074 210 1714

 

15  JUNIE   2019 ROYAL PRIESTHOOD FAMILIE KERK

 

Royal Priesthood Familie Kerk hou ‘n Vroue Rally met Tema “Die Outydse Wyse”

Waar: Rowena Straat 31, Gaylee, Blackheath          Tyd: 14h00

Kontak: Elize by 064 093 8361 of 021 905 5375

 

22  JUNIE   2019 IMPACT TRAINING CENTRE

 

Impact Training Centre hou 2 Konserte in 2 Gemeenskappe met Phillipine Morkel, Alban Petersen, Gershwin Thys & Ander

Waar: Belhar area om 15h00 & Mitchells Plain area om 19h00    Toegang: R50p/p

Skakel: 084 863 9580 of 078 696 5790

 

23  JUNE   2019 PRAYER MINISTRIES

 

Prayer Ministries presents their 10th Anniversary Celebration Concert with Anthony Andrews, Mass Choir & many Others,

Where: Bellville Civic Centre, Voortrekker Road, Bellville    

Time: 17h30           Cost: R100p/p

Contact: Robin Lee on 082 890 1735

 

29  JUNIE   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Women after God’s own Heart Ministries presents Woman Arise with  Anthony van Zaal, Raylene Booysen & many Others         Time: 12h00          Cost: R100p/p

Where: Tabernacle of Praise C/o Alexander & Tygervalley Street, Parow

Contact: cakeandbake91@gmail.com

 

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg  

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

7 JULIE 2019 LIVING NETWORK KRISIS SENTRUM

 

Living Network Krisissentrum, Bellville bied aan Wie is Jy? Hoekom moet jy Weet! met Lise Swart & Sangpaar Jacus & Lina Hattingh

Waar: Vredelust Kerksentrum, H/v Duminystraat & 13de Laan, Boston, Bellville       Tyd: 10h00

Kaartjies: R120p/p (by Vredelust Kerk Ontvangs by (021) 949 0096

Kontak: Louise by 021 950 4455

 

 

Werkverskaffing – 11 Junie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 1   J U N I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VERPLEEGDIENS BESTUURDER NURSING MANAGER
 
Vereistes: Professionele Verpleegkundige benodig met goeie bestuursvaardighede, inisiatief en die vermoë om personeel op te lei en te bemagtig om sodoende hoë gehalte sorg aan verswakte inwoners in ‘n dinamiese omgewing te lewer, voorkeur aan ‘n persoon met psigiatriese kundigheid.

Rig CV met verwysings aan: Die Bestuurder, Mev. BV Louw, Donaldsonstraat, 11 Strand 7140

Sluitingsdatum: 21 Junie 2019   

   
TUTOR TUTOR
 
Vereistes: Master Maths & Science Durbanville benodig ‘n Wetenskap & Wiskunde Tutor met Gr.12 Wisk & Wet. min 60%, vir 2dae p/w.
Epos CV na math@absamail.co.za
 
VERSORGER CARER

 

Vereistes: Christelike Dame met sober gewoontes benodig om Dame in Rolstoel te versorg, moet kan inslaap met bietjie Versorger ondervinding, in Parow Vallei area.
Kontak: Oscar by 082 883 4906

 

DRYWER DRIVER

 

Vereistes: Drywer benodig vir DIYCUPBOARDS met geldige Kode 8 Rybewys, geldige PDP (25-40jr) hardwerkend, betroubaar, goeie gesondheid, geen kriminele rekord, eie vervoer.

Epos CV met verwysings + Gr 12 Sertifikaat na reception@knock-d.co.za of skakel 021 945 4421

 

DRYWER DRIVER

 

Requirements: Code 10 Driver needed with valid PDP, 3-5yrs driving exp. dangerous goods would be an advantage. Only SA citizens to apply no foreigners please.

Email CV to jjoilremovals@absamail.co.za

 

HUISHULP DOMESTIC WORKER

 

Vereistes: Afrikaanssprekende Inslaap Huishulp benodig in Somerset Wes area.

Skakel: Mev. Coetzee by 082 873 0631

 

HAARKAPSTER HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarsalon benodig ‘n Stylist om spoedig diens te aanvaar.

Skakel: 082 749 4160

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: All Rounder Machinist benodig, in Durbanville.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

BEMARKING KONSULTANT MARKETING CONSULTANT

 

Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy vir 28 jr. benodig Konsultante, opleiding en kliënte word voor sien, bo gemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel (021) 910 0992 of 074 755 4321

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers met Diploma in Onderwys benodig, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel 074 755 4321

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Geleentheid om deel te raak van n dinamiese span… n bemarkingsbesigheids geleentheid met ‘n minimale kapitaal. Jy geniet ook groeps-en ander voordele met kommissie. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting, moet jy asb. ons vlg. Inligtingsessie bywoon.

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 071 924 0905

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Dagstukkies met Adrie 11 Junie 2019 (Luister)

EFFESIERS 6:11:  #Oorlog

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.” (1933/53-vertaling)

11 Junie 2019_RVR

Vir langer as ‘n jaar gesels die Here met my oor Sy wapenrusting. Kort nadat ek in 2017 by my vorige werk weg is, het ‘n boek van Priscilla Shirer, Die wapenrusting van God, my oog in ‘n boekwinkel gevang. Dis nie die tipe boek wat ek gewoonlik koop nie, maar ek het. Vir lank lê die die boek op my boekrak tot Februarie vanjaar toe ek en my man besluit het ek word voltyds Mamma.

Intussen het my jongste begin om by sy voorskoolse groep oor die wapenrusting van God te leer en raak dit, so wanneer ek onthou, deel van my gebedslewe. Die lesse wat die Here vir my vanuit die boek leer maak my deeglik bewus, dat as ouer, ek elke dag die volle wapenrusting MOET aantrek, nie net vir myself nie, maar ook vir my man, kinders en my familie.

Want sien, hoewel ons beslis nie die duiwel agter elke boom en bos wil sien nie, is hy eintlik  daar. Moet ons in vrees lewe? Beslis nie! Ons moet wel bewus wees van hom.

In haar boek skryf Priscilla: “Satan is slu, maar hy is nie baie oorspronklik of besonders kreatief nie. Hy het altyd dieselfde basiese plan.”

Die wapenrusting is God se baie noodsaaklike toerusting aan jou en my om ons nie net te beskerm nie, maar om ons bewus te maak van wat om ons aangaan. Om ons paraat te maak en voor te berei vir ‘n geveg waaraan ons soms, nie eers weet ons deelneem nie

Die goeie nuus is dat Jesus weet, en Hy is so lief vir my en jou dat Hy in Sy groot genade gaan aanhou om jou te herinner aan dit wat noodsaaklik is vir jou.

Lees vandag EFFESIERS 6: 10 – 19. Plak ‘n nota op jou yskas, trek ‘n streep by jou voordeur of hang ‘n soldaatteken aan jou sleutel. Maar maak seker dat vanaf vandag jy elke dag al jou geestelike klere aanhet voor jy die huis verlaat.

Alles wat mooi is!

Groetnis

Hierdie lied inspireer my.

Jy is My kind

Deur Eunice Stoltz

“Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” – Jesaja 43:1

Michael W. Smith se pa het die gewoonte gehad om wanneer hy iets wou sê, hy aandag getrek deur te roep: “Hold the phone. Hold…the phone!”

Tydens sy 2019 Suid-Afrikaanse Toer het Michael nie geskroom om te vertel watter besonderse band daar tussen hom en sy ouers was nie. Michael is in die meer landelike gebied, Nashville, in Amerika woonagtig. Hy vertel dat hy soms in ‘n winkelsentrum mense sal kry wat vra of hy Michael W. Smith is, waarop hy ja antwoord en dan moet hoor: “O, we love your parents.”

Sowat twee jaar gelede ontvang Michael ‘n oproep wat sê sy pa is ernstig siek. Binne ‘n paar minute was hy by sy ouerhuis waar sy pa besig was om deur paramedici op ‘n draagbaar gelaai te word. Buite in die straat het bure en vriende nader gestaan. Terwyl hy ‘n paar mense buite groet hoor hulle ‘n geroep vanuit die ambulans: “Hold the phone. Hold…the phone!” Michael se pa het half sittende wyse regop gekom, na Michael gewys en geroep: “That’s my son. His Michael W. Smith!”

Michael vertel hoe hy die Here daardie aand hoor fluister het: “I am your Father, and you are my son.”

Mag ons lofprysing die afgelope week tydens die Michael W. Smith Toer oorspoel in ons lewens hiervandaan vorentoe. Mag ons die Here voortdurend loof en prys en hoor hoe Hy opnuut vir elkeen sê: Ek is jou Vader, en jy is my kind.

Dagstukkies met Adrie 10 Junie 2019 (Luister)

PSALM 18: 40:  #Oorlog

“En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.” (1933/53-vertaling)

10 Junie 2019_RVR

Ons tema hierdie week is #Oorlog.  Beslis nie ‘n woord wat jou hart warm laat klop nie! Dit maak eerder ‘n negatiewe gevoel in ons wakker: een van onsekerheid, vrees, angs of dalk is dit ‘n gedagte wat ons eenvoudig nie aan wil dink nie.

Maar die oorlog is werklik. En as kind van God, is jy elke dag in ‘n baie werklike geestelike oorlog betrokke. Dit is ongelukkig een wat ons soms verkies om diep in ons hartkamers weg te bêre, te ignoreer en nie aan te dink nie. As ons die wind nie kan sien nie, beteken dit nie hy waai nie! Dit is net so met ons vyand.  Ons kan hom dalk nie sien nie, maar ons moenie dink hy is nie daar en besig met ‘n baie spesifieke plan om my en jou aan te val nie. Sy oorlogstrategie vir elkeen van ons is anders. Hierdie onsigbare vyand is ‘n werklikheid en sy handewerk lê soms soos stukkende glas (lees drome, geleenthede, verhoudings, lewens) agter ons.

Gelukkig is ons reeds meer as oorwinnaars verseker Romeine 8:37 ons. As kinders van God het ons toegang tot ‘n skatkis van God se beskerming. Gebruik ons dit? Trek jy daagliks jou wapenrusting aan wat Jesus in Efesiërs 6:10 –19 vir jou gee of dink jy dit is net nog ‘n rympie wat jy soms kan lees as jou dagstukkieboek toevallig daarop land?

Liewe vriende, ons moet erns maak met God se Woord. Ons kan nie aan die slaap gevang word of naïef wees nie. Ons moet voorbereid wees en nie bang nie, want ons Koning het reeds die oorwinning behaal. Die duiwel is reeds verslaan. En hy weet dit.

Maak hierdie week seker dat jy jou wapenrusting ernstig opneem. Memoriseer dit. Leer dit vir jou kinders en kleinkinders. Moenie jou kamer verlaat sonder dat jy volledig aangetrek is nie.

Môre gesels ons verder oor die #Wapenrusting en hoe dit jou gaan voorberei om in volle oorgawe te kan lewe aangesien Hy jou met krag omgord het vir die stryd waarin Hy reeds jou vyande verslaan het!

Hoe heerlik is dit nie? Om reeds in die wenspan te wees!

Alles wat mooi is,

Groetnis

HIERDIE LIED INSPIREER MY