Dis oorlog met Adrie!

Deur Eunice Stoltz

Dalk is dit nie toevallig dat ons eie voormalige skakelbeampte en huidige sosiale media koördineerder, Adrie Jurgensen, dié week se Dagstukkies met-rubriek met die tema, #oorlog, behandel nie. Want sy is iemand met wie jy ‘n oorlog – geestelik of fisies – vierkantig in die oë kan kyk en sê: tot die einde toe.

Sy is gebore in Gauteng en het daarna in Kakamas op ‘n plaas met die naam Arabees – wat plek van min water beteken – gebly, maar Adrie sal vir jou sê sy is oorspronklik van Mosselbaai! Reeds op ‘n jong ouderdom het haar familie besluit om die Kakamas-lug vir vars seelug te verruil en hulself in Mosselbaai te hervestig. In Mosselbaai is Adrie dan, nie gebore nie, maar getoeë. Van graad nege verhuis hul na Riversdal waar sy aan die Hoërskool Langenhoven matrikuleer in 1994. In 1995 raak sy ‘n soldoedie in die Suid-Afrikaanse Weermag waar sy van SALVKOL in George tot in Lohatla in die Noord-Kaap diens verrig. Haar dissipline, hardewerk en sterk dryfveer lei tot die rang van Tweede Lieutenant in die Suid-Afrikaanse Weermag.

Studeer het sy ook! Deur letterlik op te weeg watter kursus klink meer interessant het Adrie Skakelwese bo BRek gekies en studeer sy aan die Kaapse Technikon (CPUT). Sy voltooi haar internskap by Naspers waarna sy dan ook binne die sfeer van media bly. Sy begin haar loopbaan as skakelbeampte by Die Burger en werk op verskeie groot projekte insluitende die jaarliks KKNK op Oudtshoorn en die Nasionale Skoolkoerantprojek. Adrie het die korporatiewe leer geklim tot waar sy uiteindelik die pos as Groepbestuurder vir Gemeenskapsprojekte by Media24 volgestaan het. Dit is dan ook waar haar hart is: mense!

Naas haar man en kinders is haar passie diensbaarheid teenoor ander. Adrie het een man en twee jong seuns – sy glo hulle is baie snaaks en die mooiste manne! Hulle het ook onlangs die hoof praatrolle in ‘n radio-advertensie vir Radio Tygerberg 104FM vertolk en natuurlik hulself baie goed van die taak gekwyt.

Indien jy ooit in nood is, werk soek, mentorskap nodig het of iets gedoen wil hê is Adrie jou eerste opsie om te skakel. Sy het in 2018 by Radio Tygerberg 104FM begin werk en het sedertien baanbrekerswerk as skakelbeampte verrig. Van groot vennootskappe, gemeenskapsveldtogte tot interne skakeling onder personeellede is Adrie Jurgensen iemand saam wie jy ‘n oorlog wíl voer.

Mag hierdie week se dagstukkies jou verhouding met die Here verryk en wie weet, dit is dalk ook nie toevallig dat jý hierdie week se #oorlog-tema saam met ons behandel nie.

Wegbreek lei na album en musiekprojek

VIBRANCY-LIEDJIESKRYWERSWEGBREEK LEI TOT NUWE ALBUM EN MUSIEKPROJEK

Wat gebeur wanneer ’n diverse groep talentvolle geestelike leiers, liedjieskrywers en musikante saam wegbreek na ’n omgewing wat spesiaal geskep is om die siel te verkwik en verandering te weeg te bring? Hulle neem genoeg sielvolle musiek op om ’n album vol inspirasie en veelsydigheid met die wêreld te deel!

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is ’n projek wat oorspronklik in 2018 deur in Harmonie, in Franschhoek in die Kaap, geloods is. Die doel was om kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap, in ’n pragtige en rustige omgewing en onder die leiding van die Amerikaanse liedjieskrywer en mentor Rita Springer (wat met groot name soos Kari Jobe en Jeremy Riddle werk), te inspireer om saam musiek te skryf oor rus, genesing en versoening.

“Ons idee was regtig dat elke persoon wat dié wegbreek bywoon, in Harmonie met nuwe inspirasie, entoesiasme en moed sou verlaat; met nuwe liedjies en hoop om te sing en te versprei in hulle gemeenskappe en met baie nuwe vriende,” sê Ervaringsontwerper, Andriëtte de la Harpe.

Die eindresultaat van hierdie byeenkoms het egter almal se stoutste verwagtinge oortref en gelei tot die ontstaan van ’n splinternuwe album, ONE, wat pas bekend gestel is en reeds besig is om musiekliefhebbers se harte te verower. Dit spog met ’n ryk en harmonieuse klank, wat nie net eie is aan die land nie, maar ook die diversiteit daarvan vier.

ONE bestaan uit sewe oorspronklike snitte, in verskillende musiekstyle, waaraan verskeie van die betrokke kunstenaars (Hemelbesem, Joe Niemand, Sumarie Schoeman, Ndumiso Manana, Rouchelle Liedemann, Rashid Admans, Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Lebohang Kgapola, Lesego Senwamadi, Mégan Schilder, Gideon Nel, Carlyn Ganz, Cjay, en meer) saam gewerk het.

“Die liedjieskrywers kom uit verskillende kulture, denominasies en rasse en het hierdie musiek geskep vanuit ’n plek van weerloosheid en verhoudings is gevorm om ’n brug van versoening te help bou. Die resultaat bied ’n kykie na die hemel-op-aarde deur middel van musiek,” sê Andriëtte. “Ons vertrou dat alle Suid-Afrikaners hierdie hoopgewende liedjies sal sing en sodoende sal bydrae tot genesing en oorwinning oor die huidige situasie in ons land. Dié album is ’n gedenkteken van God se getrouheid.”

Die album sal vanaf 7 Junie digitaal beskikbaar wees, maar kan reeds nou al by die volgende skakels vooraf bestel word: http://itunes.apple.com/album/id1464065361?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1464065361

Elkeen van die sewe liedjies sal ook vanaf  7 Junie afsonderlik, oor ‘n tydperk van sewe weke, vrygestel word aand radiostasies landswyd, saam met ’n liriekevideo, bladmusiek en musiekstorie om die impak van elke snit ten volle oor te dra, vas te vang en met die publiek te deel. Verder sal kerke ook die bladmusiek kan aflaai, sodat die hele land kan deel word van hierdie inisiatief en Trots Suid-Afrikaanse musiek kan sing.  Gideon Nel is verantwoordelik vir die skep van die besonderse albumkunswerk wat op die omslag verskyn.

“As iemand wat buite die land en sy omstandighede staan, was dit ongelooflik om te sien dat alhoewel daar baie verskillende kulture en tale betrokke was by die skep van die album, die betrokke partye se harte en musiek dieselfde taal van liefde gepraat het. Iets baie spesiaal het gebeur en die diversiteit van verskillende kulture is vasgevang in die woorde en wysies van elke lied,” meen Rita Springer.

BE GLORIFIED, die eerste enkelsnit wat VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES graag met die land wil deel, word gesing deur Sima Mashazi en is geskryf deur Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Karien de Waal en Koketso Molaolwe. Hierdie snit kry dit reg om die hart van die land vas te vang en deur middel van lofprysing ’n boodskap van hoop vir die toekoms te versprei.  Hierdie enkelsnit sal Vrydag, 7 Junie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik word.

Volgens die skrywersspan wou hulle met dié lied nie net God vir sy goedheid prys nie, maar ook die land aan Hom wou opdra. “Ons hoop dat, ongeag van die omstandighede, mense hulle harte, aandag en lewens daarop sal fokus om God te verheerlik. Dit maak nie saak wie ons is, of waar ons vandaan kom nie, hierdie lied gee aan ons die kans om God as een nasie te vier.”

Buiten vir die kragtige lirieke en meesleurende wysie, word die boodskap in BE GLORIFIED ook in verskillende tale (Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho) gedeel, wat aan dit ’n baie unieke Suid-Afrikaanse geur gee.

“Dit was regtig ’n groot seën om deel te wees van hierdie proses. Die musiek is vir my simbolies van genesing en herinner my daaraan dat God weet wie ek is, selfs wanneer ek soms vergeet. Vir my was dit ’n groot voorreg om hierdie ervaring met sulke ongelooflike liedjieskrywers en individue te deeI,” sê Sima.

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is meer as net liedjies op ’n album, ’n idee en konsep of selfs ’n beweging. Dit gaan oor verhoudings en familie. Dis ’n groep wat droom oor ’n beter wêreld, waar verskille en diversiteit met trots gevier word, want elkeen voeg liefde en waarde by.

“Ons glo dat dit belangrik is vir Suid-Afrikaners om liedjies te begin sing wat relevant is tot vandag se konteks en ons geskiedenis en dat dit tyd is om genesing en oorwinning uit te spreek oor ons land en die probleme wat tans hier heers. Ons moet ook bid en sing oor die toekoms van Suid-Afrika,” sluit Andriëtte af.

Kliek hier om die musiekstorie van BE GLORIFIED te kyk:  https://www.youtube.com/watch?v=7XTmlJK1rFQ

LIEDJIES OP DIE ALBUM

  1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)
  2. Be Glorified (met Sima Mashazi)
  3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)
  4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)
  5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)
  6. In just one moment (met Mégan Schilder)
  7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)

Vir meer besoek:

https://www.facebook.com/vibrancyza

www.vibrancycollective.com

Dagstukkies met Eunice 7 Junie 2019

Jakobus 2:5#Rykdom

7 JUNIE 2019

“Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?”

Die brief Jakobus is binne ‘n konteks geskryf waarin baie Christene ontwortel is en hulself moes hervestig in ‘n onbekende stad en streek. ‘n Gebrek aan werk het gelei tot armoede onder talle gelowiges. Daarom het Jakobus onder meer in sy brief op die konsep van rykdom gefokus. Ons teksvers (v5) begin met ‘n bevel: “Luister, liewe broers (en susters)!” Jakobus wil dit wat volg beklemtoon juis vir die onskatbare waarde wat dit vir die gelowiges te midde van hulle swaarkry en vervolging kan beteken. Hy skryf dat daar ‘n verskil in wêreldse en hemelse rykdom is.

Op die oog af mag iemand met baie geld, goeie gesondheid en ‘n luukse huis en motor, ryk voorkom. Jakobus beskryf egter ‘n ander rykdom: geloof in Christus en die erfenis van God se Koninkryk. Die Bybel A-Z verwys na die rykdom van genade en redding wat baie meer werd is as aardse geld. Jy mag vandag die teksvers lees en self in ‘n situasie sit van finansiële uitdagings, of dalk sukkel jy met jou gesondheid. Vandag kan jy rus vind in die woorde van Jakobus 2:5: dat die Here geloof en sy koninkryk belowe het aan die wat Hom liefhet. Weet vandag dat jy Hemelse rykdom besit!

Groete

Dagstukkies met Eunice 6 Junie 2019

Matteus 13: 10 – 12#Rykdom

6 JUNIE 2019

“Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?” Hy het hulle geantwoord:  “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.  Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê, maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.”

‘n Vaste sekerheid en ‘n oproep tot gelowiges!  Jesus verduidelik in ons teksvers waarom Hy deur gelykenisse (verhale met ‘n dieper betekenis) met die skare praat. Jesus sê self aan sy dissipels dat aan hulle is die geheime van die koninkryk van die hemel geopenbaar. Hulle kan hoor en sien asook verstaan. Hoe verbind ons dit tot die week se tema van rykdom? Kom ons gaan terug na die begin van die week se dagstukkie. In 2 Korintiërs 4:4b word die Goeie Nuus (die Evangelie) as volg beskryf: “Dit is die Goeie Nuus van die Heerlikheid van Christus, Hy wat die Ewebeeld van God is.” (vlg. NLV) Rykdom verwys dus na die absolute genade, seën en voorreg om te kan bely dat God die Vader, die Seun en die Heilige Gees is.

Deur Jesus wat gekruisig is, opgestaan het en Sy Gees aan ons gegee het kan ons vandag die Evangelie hoor en sien asook verstaan. Die Gees wek dit in ons harte. Daarmee saam kom ‘n oproep aan elkeen van ons. Ons ontvang hierdie Ewige Rykdom, gratis en verniet. Wat doen ons daarmee? Lees ons die Evangelie met die doel om te sien, gehoor te gee en te verstaan?

Mag die Here ons deur sy Gees lei om vandag in dankbaarheid voor Hom neer te buig en sy Seun aan die kruis te sien, te hoor wat Sy Woord vir ons sê, en mag ons dit lééf met die sekerheid dat ons is in Christus, ryk is.

Groete

Dagstukkies met Eunice 5 Junie 2019

Matteus 6: 19 – 21#Rykdom

5 JUNIE 2019

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.  Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.  Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Die eerste gedeelte van ons teksvers mag voor die hand liggend wees: moenie op aarde skatte bymekaar maak waar dit gesteel kan word, vergaan of beskadig kan word nie. Nee, fokus op die dinge daar Bo, wat onverganklik is, en ewigheidswaarde het. Hou jouself besig met dit wat van onskatbare waarde is; die Woord van God en natuurlik die Woord wat Mens geword het, Jesus self.  In vers 21 staan die volgende: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Hier word verwys na wat binne jou is, dit wat onsigbaar vir die blote oog is en wat die kern van jou bestaan vorm. Dus, waar jou hart is, waarop die kern van jou bestaan gefokus is, en waaruit alles wat jy doen en sê spruit.

Jy kan jou hart vir mense wegsteek, maar nie vir God nie. Matt. 5:8 skryf oor die “wat rein van hart is.” Om rein te wees kan slegs gebeur wanneer jy skoongewas word, dit beteken egter nie dat jy sondeloos is nie – maar gesuiwer is. As kind van die Here is ons gereinig deur die Bloed van Jesus. Ons is skoon van alle ongeregtighede. Maar ons sondig steeds. Daarom die oproep in Matteus 6:21 “Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”  Fokus jou hart op God. Bid gedurig dat die Here aan jou ‘n rein hart sal gee, en jou sal lei om op dit wat onverganklik is te fokus. Rig jou lewe en jou hart op die Koninkryk van die Here – jy kan met vrymoedigheid dit doen: jy is skoongewas deur Jesus se bloed!

Groete

Gemeenskapsnuus – 4 Junie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 4  J U N I E   2 0 1 9

 

7 JUNIE 2019 DOXA DEO

 

Doxa Deo Langebergridge Bied aan “Toe ons Jonk Was”SA Musiek van Toeka tot Nou

Waar: Barnyard Willowbridge, Tygervallei    Tyd: 19h00

Kaartjies: R50 volw, R30 kinders/Studente

Kontak: Kerkkantoor by (021) 987 1275

 

7 JUNIE 2019 GEMEENSKAPSPROJEK

 

Gratis Naaldwerk Klasse word aangebied vir Vroue & Tienerdogters verkieslik van Kraaifontein, Wallacedene, Scottsdene, Scottsville en Eikendal areas

Waar: Eikendal Biblioteek Saal        Tyd: 09h30-13h00

(Bring eie koppiespelde, naalde en skêre)

Kontak: Carol by 060 506 2740

 

7 JUNIE 2019 BIG TOP ROCK

 

The Big Top Rock Fondsinsameling deur  Quentin & Natasja ten bate van hul 12jarige Dogter se mediese kostes          Waar: Barnyard Willowbridge, Tygervallei

Tyd: 19h00     Kaartjies: R160p/p

Kontak: Quentin by 079 961 4916

 

7 JUNIE 2019 BOULEVARD PLAY & BABY CENTRE

 

Boulevard Play & Baby Centre, Kleuterskool hou ‘n Winter Mark met heerlike Kosstalletjies, Musiek en vele meer!                  Tyd: 15h00-19h00

Waar: Boulevard Play & Baby Centre, Kleuterskool, Montevista    Gratis Toegang

Skakel: Annemarie by 076 372 2460 om ‘n Stalletjie te bespreek.

 

7 JUNIE 2019 RAILWAY VINTAGE MARK

 

Railway Vintage hou ‘n Mark met interessanthede van ou Vinielplate by dosyne, Familie Aandete vir 4, Vintage Klere en vele meer!               Tyd: 16h00-20h30

Waar: Die Trein op Platform privaat is die trein na  Derry Straat 2, Rondebosch

Skakel: Arina by 071 594 9659

 

8 JUNIE   2019 NGK STELLENBOSCH

 

Junk & Vintage Mark met Stalletjies, Speelgoed, Oudhede, Pannekoek, Koffie en vele meer!   Waar: NG Kerksaal, Alexander Straat, 3 Stellenbosch        Tyd: 09h00-13h00    Toegang: R10

Skakel: Michelle by 071 368 4164

 

8 JUNE 2019 DESTINY KIDZ

 

Destiny Kidz presents a Very Vintage High Tea

Where:        Time: 14h30   Cost: R120p/p

Contact: Michelle on 067 010 8194

 

9-11  JUNIE   2019 AGS OOSTENBERG OASE KERK

 

AGS Oostenberg Oase Kerk hou ‘n Gospel Veldtog met Evang. Nicky Coetzee

Waar: AGS Oostenberg-Oase Kerk, H/v Walnut & Kerkstraat, Rouxville, Kuilsrivier         Tyd: 09h00 & 19h00

Skakel: Kerkkantoor by (021) 906 1986

 

14 JUNIE 2019 PAROW OOS PRIMERE SKOOL

 

Fondsinsameling ten bate van Aidon, verteenwoordig SA in Namibië & Kroatia met Nadia & Ander          Waar: Parow Oos Primere Skoolsaal, Selbourne Straat, Parow       Tyd: 19h00-20h30           Toegang: R100p/p

 

7 JULIE 2019 LIVING NETWORK KRISIS SENTRUM

 

Living Network Krisissentrum, Bellville bied aan Wie is Jy? Hoekom moet jy Weet! met Lise Swart & Sangpaar Jacus & Lina Hattingh

Waar: Vredelust Kerksentrum, H/v Duminystraat & 13de Laan, Boston, Bellville       Tyd: 10h00

Kaartjies: R120p/p (by Vredelust Kerk Ontvangs by (021) 949 0096

Kontak: Louise by 021 950 4455

Werkverskaffing – 04 Junie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 4  J U N I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VERKOOPSADVISEUR SALES ADVISOR
 
Vereistes: AGRICO Bellville benodig ‘n Verkoopsadviseur met Kode 8 Rybewys, eie vervoer, Gr.12 ver pligtend (heg sertifikaat aan) rekenaarvaardig, sober gewoontes, raadpleegbare verwysings, verkieslik ondervinding van besproeing en/ of verkope

Epos CV na arrie.erasmus@agrico.co.za (Sluitingsdatum: 10 Junie 2019)    

   
LANDGOEDBESTUURDER ESTATE MANAGER
 
Vereistes: Dolphin Beach-Kompleks, Bloubergstrand Beheerliggaam benodig die dienste van ‘n ervare en dinamiese Landgoedbestuurder met Matriek/Graad/Diploma, ±5-8jr. ervaring, vir die bestuur van die landgoed, toepassing van landgoedreëls, beleid, instandhoudingsake, sekuriteit ens.
Epos CV na john@fcms.co.za
 
SEKRETARESSE SECRETARY

 

Vereistes: Sekretaresse benodig by Plankenburg, Stellenbosch
Epos CV na admin@mettesauto.co.za

 

DRYWER DRIVER

 

Vereistes: Drywer benodig vir DIYCUPBOARDS met geldige Kode 8 Rybewys, geldige PDP (25-40jr) hardwerkend, betroubaar, goeie gesondheid, geen kriminele rekord, eie vervoer.

Epos CV met verwysings + Gr 12 Sertifikaat na reception@knock-d.co.za of skakel 021 945 4421

 

DRYWER DRIVER

 

Requirements: Code 10 Driver needed with valid PDP, 3-5yrs driving exp. dangerous goods would be an advantage. Only SA citizens to apply no foreigners please.

Email CV to jjoilremovals@absamail.co.za

 

HAARKAPSTER HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarsalon benodig ‘n Stylist om spoedig diens te aanvaar.

Skakel: 082 749 4160

 

SKRYNWERKERS CARPENTERS

 

Requirements: Carpenters & Painters needed with artisan cards, required for projects in a range of areas, must be of sober habits and proof of stable work history.

Email CV’s with contactable references to wjphoenixbc@gmail.com

or call (021) 905 0127

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Hier is‘n geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te begin bou met ‘n minimale kapitaal uitleg asook groeps- en ander voordele. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting moet jy asb. ons volgende inligtingsessie bywoon op 8 Junie 2019

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 071 924 0905

 

REKENMEESTER ACCOUNTANT

 

Requirements: BEE Accountant needed in Johannesburg @ R35 000 p/m

Email: rachelbothma91@gmail.com

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

Dagstukkies deur Eunice 4 Junie 2019

Efesiërs 3:8#Rykdom

4 JUNIE 2019

“Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.”

Vanuit die staanspoor moet ons onthou dat rykdom is wanneer God “in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal” (2 Kor. 4:6 NLV).  In ons teksvers word daar verwys na die onmeetlike of onpeilbare rykdom, tesame met die genade om hierdie rykdom te kan verkondig.

Wanneer Paulus die brief aan die gemeente in Efese skryf is hy in huisarres vir die verkondiging van die Woord van die Here. Paulus is egter verheug en nie mismoedig nie. Nee! Hy besef dat sy tydelike lyding juis mense na God lei en dat hy te midde van vervolging ‘n getuienis van die Lewende God is. Paulus se vreugde en vrede is slegs genade, afkomstig van God alleen.

In ons eie lewe, ten spyte van die daaglikse uitdagings, het ons die wonderlike sekerheid dat God se genade ook ons harte vernuwe en rig om deur die Gees in Jesus Christus te glo.  Waarna verwys die onmeetlike of onpeilbare rykdom dan?  Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) omskryf dit in vers 6 so mooi: “die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus (Evangelie) verkry word.” (Ef.3:6 NLV)

Ons is erfgename van God, en dieselfde beloftes van vrede en hoop en ‘n toekomsverwagting in Christus geld ook vir jou en my!

Dagstukkies met Eunice 3 Junie 2019

2 Korintiërs 4:7#Rykdom

3 JUNIE 2019

“Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.”

Om die tema Rykdom in sy omvang te probeer verstaan is dit belangrik om van die begin te weet dat die rykdom waarvan hier gepraat word, na die Evangelie, of die Goeie Nuus verwys. In 2 Korintiërs 4:4b word die Goeie Nuus (die Evangelie) as volg beskryf: “Dit is die Goeie Nuus van die Heerlikheid van Christus, Hy wat die Ewebeeld van God is.” (vlg. NLV) Rykdom verwys dus na die absolute genade, seën en voorreg om te kan bely dat God die Vader, die Seun en die Heilige Gees is. Om te kan bely Jesus het gesterwe en opgestaan, en sit aan die Regter Hand van God. Rykdom is wanneer God “in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal” (2 Kor. 4:6 NLV).

Die Bybel A-Z verklaar ons teksvers (7) dat die skat in ‘n erdekruik of skat in ‘n breekbare kleipot ‘n figuurlike betekenis het. Paulus, ‘n apostel, wie die briewe aan die Korinte geskryf het, kon moontlik drie betekenisse aan die skat heg. (1) Paulus se bediening self (2) die gebeurtenis tydens sy bekering op die Demaskuspad (3) of die kennis van die heerlikheid van God wat hy deur Jesus Christus sy eie kon maak. Ons, as navolgers van God, is dan ook die kleipotte – breekbaar en nietig. Twee kontraste word duidelik: die skat wat in ‘n breekbare kleipot gestoor word. Dus, die Evanglie en die kennis van God se heerlikheid, word aan en in ons, die breekbare kleipotte toevertrou. Maar wat ‘n wonderlike sekerheid is dit nie, dat die Here sý Skat, aan ons gee. Ons kan verder nog meer troos vind dat ten spyte van ons breekbaarheid die Here vir ons sê in 2 Kor. 4:7b: “die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.” Hoe ongelooflik ryk is ons as kinders van God!

Groete

Energieke Eunice skryf oor #Rykdom vir Dagstukkies met…

Adrie Jurgensen

Sy het 1152 vriende op FaceBook, maar is eintlik meer ‘n Insta-meisie. Sy is nie vol fiemies nie, het baie energie, is passievol om mense te help, is lief vir lag, kuier, wiskey en haar ouers! Sy geniet ‘n mooi foto, ‘n opregte hart en is iemand wat haar man kan staan en haar sê kan sê. Meer as dit alles, is sy ‘n gewillige kind van God, iemand wat haarself beskikbaarstel om te loop waar Hy haar nodig het, te dien waar en wanneer Hy vra en getrou te bly aan Hom ongeag gewildheid of groepsdruk.

Eunice Stoltz se inleiding klink dalk asof sy nie meer ‘vandag-se-kind’ is nie, maar die oud-leerling van C & N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein, het in 2008 gematrikuleer.  Sy het op 1 April vanjaar die rol van Skakelbeampte by RadioTygerberg 104fm oorgeneem, nadat sy begin Oktober 2016 as Nuushoof by Radio Tygerberg aangestel is. Hierdie nuwe uitdaging het sy met beide hande aangegryp. Gedurende die afgelope twee maande het sy reeds verskeie uitreikprojekte in die gemeenskap geïnisieer, gereël en bygewoon. Sy was onder andere die eerste verslaggewer wat oor Oupa Fredie Blom, kort voor sy 115de verjaarsdag verslag gedoen het en sy was ook saam met haar voormalige mede-aanbieder Gerald Petersen een van die personeel wat op die voorpunt van die Wupperthal-uitreik betrokke was.

In 2016 het die oud-Richardbaaise meisie, by NWU Pukke afgestudeer en onder meer in Dokumentêre Videos, Uitvoerende Kunste, Kommunikasiekunde en Tale gekwalifiseer. Sy was ook op die nuusredaksie van PUKfm 93.6 waar sy haar liefde vir radio ontdek het. Gedurende hierdie tyd het sy ook haar lyf model gehou en was sy by Topco Modelagentskap betrokke.

Eunice se gunsteling aanhaling is:  Dare to dream.

En dit is iets wat sy met oorgawe doen. Sy was onlangs in Libanon as deel van InContext Internationaal se strategiese sendinguitreik waar hulle onder meer vlugtelingskampe en sendingstasies besoek het.

Sy is hierdie week die skrywer van ons rubriek Dagstukkies met…  Haar tema is #Rykdom. Lees dit, deel dit en bid vir Eunice vir wysheid, krag (en selfs meer energie!) in haar nuwe rol.