Dagstukkies met Dennis 16 Julie 2019

Hebreërs 10:24-25:  #Kerk

“Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.  Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

16 JULIE 2019

Paulus skryf aan Timoteus in 2 Timoteus 3:14 “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het.” Ons leef regtig in die laaste dae, waar kerkbywoning al hoe minder word. Mense het meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God geword. Die vraag wat baie kere gevra word is: Hoekom is kerkbywoning so belangrik?  Eerstens, wanneer jy jou hart vir die Here gegee het, dan behoort jy aan die liggaam van Christus volgens 1 Korintiërs 12:27. Daarom sê Hebreërs 10:24 “Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” Dus moet ons mekaar aanmoedig om met goeie gesindhede mekaar te kan eer en met liefde die weg te bewandel, om die gesonde leer uit te kan dra.

Dit is om hierdie kameraadskap van die een en die ander wat kerkbywoning belangrik is in die wedergebore Christen se lewe. Dat ons dan nie ons onderlinge byeenkomste versuim nie, want as ons aan Christus behoort en lewe volgens Sy wil en plan dan sal ons daardie diepe verlange hê om God te loof in die teenwoordigheid van die ander gelowiges en sodoende mekaar bedien met vars getuienisse in die liefde van die Here.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 15 Julie 2019

Matteus 18:19-20:  #Kerk

“Weer sê Ek vir julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in My Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

15 JULIE 2019

Hierdie week gaan die tema oor “kerk” en daarom gaan ons in die Woord kyk waar pas dit in, in die samelewing. Baie mense het hulle eie opinies en idees van kerk, maar ek vertrou dat ons hierdie week meer duidelikheid daaroor sal kry. Ons moet verstaan dat die bymekaarkomplek is die gebou en word in verskillende lande verskillend genoem. Baie noem dit kerk, sommige noem dit sinagoge, ander tempel of huis van die Here en baie as tent van samekoms. Die vraag word baie keer gevra watter insiggewende betekenis het die vergaderplek te doen met die heiligheid van God? Dan volg die volgende vraag: Moet ‘n mens kerk toe gaan?

Jesus wil die belangrikheid van die samekoms egter beklemtoon wanneer Hy in Matteus 18:19 sê: “Weer (dit beteken Hy het dit al voorheen gesê) sê Ek vir julle: “As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in My naam saam is, daar is Ek by hulle.”  Wat ‘n wonderlike belofte. Dit maak die verskil aan ‘n gewone samekoms en die van die huis van die Here, want waar hulle in Sy Naam vergader daar vul Hy die plek met Sy heerlike teenwoordigheid en niks sal dan weer dieselfde wees nie.

Vrede / Shalom

Alles & Nog Wat – 13 Julie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 3  J U L I E     2 0 1 9

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Lionel Smith  soek ‘n Gospel Band vir n Konsert in Nov.’19, verkieslik ‘n volledige orkes.

Skakel: 078 964 9257

 
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Hob sonder stoof vir R500 + Karavaan vir R130 000 +  Opel carburetor pan vir R100

Is op soek na Kombuiskaste in ruil vir 2 Opel Deure

 
Skakel: 061 837 1530  
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Catherine is op soek na ‘n Bedpan & Bed vir haar ma teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 074 551 6953

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Hisence Telefoon in verpakking vir R800 + Brandblusser vir R200

Koordlose Foon vir R300

Kontak: Joseph by 063 512 0873

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Parrot Cage on wheels @ R1000

Contact: (021) 393 4022

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Soliede Mahogany Hout TV Kas (2.3mx0.65mx1.3m) vir R12 000

Skakel: 073 884 4390

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
   Luisteraar is op soek na ‘n TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 662 6512

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
40L Urn vir R1400

Skakel: 082 646 1475

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Rolstoel in goeie toestand vir R800  
Kontak: Susan by 082 353 7301  
   
S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T  
   
Gerhard soek ‘n Saamrygeleentheid van Langeberg Ridge Durbanville na Killarney Gardens, vanaf Ma-Don. (07h30 – 17h30) en Vrydae vanaf 07h30-14h00, teen vergoeding.

Kontak: Gerhard by 079 565 0164

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Clifford is op soek na ‘n Rolstoel vir  Bejaarde Ouer teen bekostigbare prys.

Skakel: 084 228 6586

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
3-Deur Yskas 170L vir R5500

Opsoek nan 2dehandse Klavier vir beginners in goeie werkende toestand teen vergoeding.          

Skakel: Louie by 079 468 0995

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Samsung Top Loader Wasmasjien nuut vir R3800

Kontak: Marius by 083 549 2404

 

 

 

Kerknuus – 14 Julie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 4  J U L I E   2 0 1 9

19-20  JULY   2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents an Ignite Children’s Ministry Conference with Heather Thompson, from Powerpack Ministries, UK, Bill Bennot & many Others

Where: Journey of Grace, Upper Ground Level, 102, Suntyger Building, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley,    Time: 09h00-19h00    Cost:  R150p/p

Contact: Leandra on 081 271 0073 or visit www.esmeschmitt.com/ignite

 

20  JULY  2019 WOMAN OF VALUE

 

Woman of Value presents a Conference themed “Breaking Shackles”

Where: Rocklands Civic Centre, C/o Park Avenue & Spine Road, Mitchells Plain    Time: 14h00

Contact: Thelma on 081 344 4676

 

20  JULIE  2019 ALL CHURCH

 

All Church hou ‘n Ope Lug Diens met Tema “Break Every Chain”teen Bendegeweld, Dwelm misbruik, Gesinsgeweld ens.

Waar: H/v AZ Berman & Morgenster Park, Mitchells Plain      

Tyd: 13h00-16h00

Kontak: Chadwick Grove by 074 360 8918

 

20  JULIE  2019 KENSINGTON DOCKS MISSION CHURCH

 

Kensington Docks Mission Kerk hou ‘n Manskonferensie met Spreker, Past. J. Bowers, oor Tema “Standing Tall                          Registrasie: 08h30

Waar: Kensington Docks Mission Kerk, H/v 11de Straat & 3rde Laan, Kensington

Kontak: W. Robertson by 082 462 5628

 

20  JULIE  2019 CAPE TOWN OPERA

 

NGK Moedergemeente, Kuilsrivier bied aan ‘n Optrede met Classical Notes, Cape Town Opera & De Kuilen Hoërskool

Waar: NGK Moedergemeente, Van Riebeeck Weg, Kuilsrivier

Tyd: 16h00          Koste: R60p/p (Computicket beskikbaar)

Besoek webtuiste: www.capetownopera.co.za

 

27-28  JULY  2019 KINGS GARDEN MINISTRY

 

Kings Garden Ministries hou ‘n Werkswinkel met Tema “Is your Destiny on Hold?”

Waar: Pinkster Park Saal, H/v N2 & Mondeor Straat, Strand      

Tyd: 08h30-21h00/16h00 

Koste: R450p/p (sluit studiemateriaal, tee/koffie en ligte ete vir Saterdag in).             Kontak: Past. John by 081 387 0566

 

27  JULIE  2019 NGK VRIJZEE

 

NGK Vrijzee hou ‘n Praatjie met Jerome Hendricks, oor Selfbeveiliging, Selfverdedigingtegnieke   en Demonstrasies

Waar: NGK Vrijzee, H/v Merriman & Oxfordstraat, Goodwood      

Tyd: 14h00

Kontak: Kerkkantoor by (021) 591 2731

 

2-4  AUGUSTUS   2019 DARLING PRESBYTERIAN CHURCH

 

Darling Flower Ministry presents Take My Hands Flower Festival with 15 different cut-flower arrangements depicting a particular Bible verse

Where: Darling Presbyterian Church, Darling     Time: 10h00-17h00     Cost: Free (Light Lunch & refreshments available to purchase)

Contact: Rodney Brits on 084 512 3700

 

3 AUGUSTUS   2019 CHRIST THE REDEEMER CHURCH

 

Christ the Redeemer Kerk hou ‘n Gospel Konsert met Tema “Hope Down in my Soul”

Waar: Westridge Burgersentrum, Mitchells Plain     Tyd: 15h00

Koste: R70volw, R30 kind(4-12jr).

Kontak: Edwin by 082 345 6375

 

4  AUGUST   2019 JOSHUA GENERATION WORSHIP CENTRE

 

Jonathan Siteria Presents His Glory will come Down with Muriel Fortuin, Tony Richards & many Others,  Where: Joshua Generation Worship Centre, C/o Albert Philander & Fynbos Street, Kleinvlei     Time: 17h00     Cost: R30p/p

Contact: Contact Jonathan on 076 201 8788

‘n Savage van ‘n snuffelhond!

Ses uit ses vir Savage

Superster Savage (middel) spog met sy medalje. By hom is Mosuli Faku (links) en grootbaas Wayne le Roux.

 

Nuushoof Elize Parker se hart klop warm wanneer dit by diere kom.  Enige diere! Maar sy het beslis ‘n sagte plekkie vir die honde van die K9-eenheid in Kaapstad ontwikkel. In besonder vir Savage.

Savage is ‘n snuffelhond en is onlangs beloon met ‘n medalje vir uitstekende diens. Hy het nie minder as ses suksesvolle arrestasies in ses maande uitgevoer. Beslis nie ‘n ‘hondjie’ om sonder handskoene aan te pak nie en Kaapse boewe kom verseker hul Moses tee as Savage op die toneel is.

Savage en sy mens-kollega, Mosuli Faku, is ‘n gedugte span. Hulle werk veral om dwelms uit te snuffel. Savage is een van 25 superhonde van die K9-eenheid onder leiding van Wayne le Roux.

Kaapstad is beslis veiliger met honde soos Savage op straat. En Savage is duidelik baie geliefd. Luister  gerus na hierdie heerlike onderhoud met ‘n baie trotse Mosuli Faku  indien jy dit gemis het.

 

Dagstukkies met Dennis 12 Julie 2019

 

12 JULIE 2019

2 Petrus 3:9:  #Geduld

“Die Here stel nie die vervulling van Sy belofte uit nie, al dink party mense so.  Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie:  Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.”

Ons leef in ‘n tyd waar die boodskap van redding en verlossing op elke terrein verkondig word. Niemand sal ooit kan sê dat hulle nie gehoor het dat hulle hul moet bekeer nie. Romeine 14:11 verklaar: “Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My, sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.” Johannes 3:16 sê: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

Dit maak nie saak hoe groot sonde jy gedoen het nie, God het ons lief met ‘n ewigdurende liefde.  Daarom sê die Woord in 2 Petrus 3:9 “Die Here stel nie die vervulling van Sy belofte uit nie, al dink party mense so.  Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie:  Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” Te midde van die hardnekkigheid van die mens, is God nog lankmoedig oor ons as mens, omdat Hy ons ewig lief het, ons was werd om te gesterf het voor.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 11 Julie 2019

11 JULIE 2019

1 Timoteus. 1:16:  #Geduld

“Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.”

In die dolle vaart van die lewe is almal haastig om êrens te kom. Mense gee nie om hoe hulle ander behandel om te kry wat hulle wil hê nie.  Geen barmhartigheid word bewys nie, en groot letsels is al op mense se lewens gelaat.

In 1 Timoteus 1:16 verklaar Paulus: “Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.” Ons as sondaars het dit nie verdien nie, maar deur Sy grote genade en liefde het God sy lankmoedigheid, sy geduld aan ons getoon.

Nou sê Paulus dat dit nie net vir ons gegee is om daarmee te spog nie, maar juis sê Paulus: “Om ‘n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.” Daarom moet ons wat in Christus Jesus is die lankmoedigheid uit die lewe, nie moed opgee nie.  Ons moet aanhou om in Hom te glo dat Hy gebed sal beantwoord vir die wat in Hom glo tot in ewigheid.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 10 Julie 2019

10 JULIE 2019

Psalm 37:7:  #Geduld

“Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.”

Mense sal altyd sê dat ons Job se geduld moet hê wanneer jy deur moeilike omstandighede gaan. In 2 Timoteus 3:12-13 bemoedig Paulus vir die jongman, Timotheus: “En almal wat Godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.”

Baie keer voel ons, ons word onreg aangedoen wanneer mense ons onregverdig behandel, maar Dawid bemoedig ons in Psalm 37:7 “Swyg voor die Here en verwag Hom…” Jy moet totaal oorgegee wees in jou toewyding aan God, om hierdie bevel te gehoorsaam. Dit is moeilik om te swyg want jy soek jou reg. Maar die opdrag is selfs in daardie moeilike tyd: Swyg voor die Here en verwag Hom, want as Hy deurkom dan doen Hy ver bo alles wat ons kan bid of dink.

Daarom hoef ons nie toornig te wees op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie, omdat ons met die nuwe mens beklee moet word, wat na God geskape is.  Ons moet net gefokus wees op Hom, ons Leidsman en Voleinder van ons geloof en daarin met geduld volhard tot die einde toe.

Vrede / Shalom

Gemeenskapsnuus – 09 Julie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 9  J U L I E   2 0 1 9

 

9-11  JULIE   2019 PLEK VAN SAMEKOMS BEDIENING

 

Plek van Samekoms Bediening hou ‘n Reeks Dienste met Tema “God gives an Open Door” met Past. Anton van Niekerk    Waar: H/v 14de Laan & Ralph Straat, Ravensmead           Tyd: 19h30

Kontak: Alicia by 079 285 3636

 

19-20  JULY   2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents an Ignite Children’s Ministry Conference with Heather Thompson, from Powerpack Ministries, UK, Bill Bennot & many Others

Where: Journey of Grace, Upper Ground Level, 102, Suntyger Building, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley,    Time: 09h00-19h00    Cost:  R150p/p

Contact: Leandra on 081 271 0073 or visit www.esmeschmitt.com/ignite

 

20  JULY   2019 ELIM NIGHT SHELTER

 

Elim Night Shelter in conjuction with Pam Golding Property Group Goodwood presents their annual Street Store (Hang Up – Help Out)

Where: Elim Night Shelter, 47 Third Avenue, Elsies River

Time: 09h30-12h30

Contact: Patricia on 076 194 2379

 

20  JULIE  2019 ALL CHURCH

 

All Church hou ‘n Ope Lug Diens met Tema “Break Every Chain”teen Bendegeweld, Dwelm misbruik, Gesinsgeweld ens.    Waar: H/v AZ Berman & Morgenster Park, Mitchells Plain      

Tyd: 13h00-16h00

Kontak: Chadwick Grove by 074 360 8918

 

26  JULIE 2019 SUPPORT MIA THE BRAVE

 

Jo Black Optrede ten bate van Mia the Brave Support

Waar: Bergkroon Wellington       Tyd: 20h00        Koste:  R200p/p

Kontak: Chantelle by 081 888 6308

 

27  JULIE 2019 NGK STELLENBOSCH WES

 

NGK Stellenbosch Wes bied aan ‘n Junk & Vintage Mark

Waar: NGK Stellenbosch Wes Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch

Tyd: 09h00-13h00

Kontak: Michelle Botha by 071 368 4164

 

17 AUGUSTUS 2019 CHRISTIAN SPORT & BUSINESS

 

Christian Sport & Business hou ‘n Optrede met Angus Buchan & Getuienis van bekende Sport Persoonlikheid,            Waar: Die Lighuis, Voortrekker Weg, Parow

Tyd: 14h00-16h00

Kaartjies:  R30p/p (beskikbaar by Itickets)

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

 

 

 

Werkverskaffing – 09 Julie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 9   J U L I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
ONTVANGSDAME RECEPTIONIST
 
Vereistes: Prof-Staff benodig ‘n Ontvangsdame vir Spesialis Tandheelkundige Praktyk, Durbanville, met Praktyk ondervinding, rekenaar- en Tikvaardigheid. 

Tweetalige Aansoekers kan CV epos aan: profstaff1@adept.co.za (sluitingsdatum: 12 Julie 2019

   
VAKATURES VACANCIES
 
Vereistes: Tipper & Lowbed Drywer met geldige Kode 14 met PDP benodig, ASOOK OPERATEURS – Sloot grawer (excavator) Laaigraaf, digger loader en dumper met Operateurs- en mediese Sertifikate, asook ‘n WERKTUIGKUNDIGE met geldige lisensie
Faks CV na: 021 931 0007 of epos aan charl333@monterama.co.za
 
VERPLEEGSUSTER NURSING SISTER

 

Vereistes: Professionele Verpleegsuster benodig by Overstrand Hospice, Hermanus met SANC registrasie, eie vervoer en geldige Kode 8 bestuurslisensie, goed tweetalig, isiXhosa voordelig, kwalifikasie/ondervinding in palliatiewe sorg.
Epos CV na admin@overstrandhospice.org.za

 

SKRYNWERKER CARPENTER/JOINER

 

Vereistes: Westelike Skrynwerker, Paarl benodig ‘n gekwalifiseerde Skrynwerker, vir die vervaardiging van deure en vensters. Kwalifikasies, werksondervinding en CV ‘n vereiste, aangeheg aan aansoek.

Stuur aansoeke aan: accounts@westernjoiners.co.za

(sluitingsdatum: 11 Julie 2019)

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Ons benodig jonk, lewenslustige Afrikaanse Onderwysers om op ‘n deeltydse basis by ons span aan te sluit, met ‘n min. van 3jr. ondervinding.

Epos: CV aan dos@ltc-capetown.com

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers met Diploma in Onderwys benodig, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel 074 755 4321

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Geleentheid om deel te raak van n dinamiese span… n bemarkingsbesigheids geleentheid met ‘n minimale kapitaal. Jy geniet ook groeps-en ander voordele met kommissie. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting, moet jy asb. ons vlg. Inligtingsessie bywoon.

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 082 926 5062

 

TEGNIKUS TECHNICIAN

 

Vereistes: Tony’s Motorspares Worcester benodig ‘n Hydraulics & Pheumatics Tegnikus met ondervinding, huisvesting beskikbaar indien benodig.

Epos CV na phillip@tonyshydraulics.co.za

 

ELEKTRISIEN ELECTRICIAN

 

Vereistes: Elektrisiën benodig te Worcester, met 5jr. ondervinding, in elektriese- en meganiese vakge-bied, kwalifikasie sal voordelig wees. Kandidaat is verantwoordelik vir Melkery, Kelder, pompe ens.

Epos CV aan Renaldo by renaldo@skillsforu.co.za

(sluitingsdatum: 31 Julie 2019)

 

KONTROLEERDER CONTROLLER

 

Vereistes: Administrasie & Voorraad Kontroleerder benodig met ‘n voltooide skool opleiding, goeie rekenaarvaardighede, kennis van Excel, ondervinding in voorraad kontrole, Kode 8 rybewys, moet Vurk hyser kan werk of bereid wees om te leer, eie vervoer, goeie gesondheid, sober en netjiese gewoontes

Epos: CV (maks 3 bladsye) aan lynn@ecliquors.co.za

 

ADMINISTREERDER ADMINISTRATOR

 

Requirements: An experienced Administrator needed for a Restaurant in the Northern Suburbs, must have 3yrs exp. computer literate and well spoken, own transport, shift work is required.

Email: CV with contactable references to japplications50@gmail.com

 

BESTUURDER MANAGER

 

Requirements: 2IC Front of House and Back of House Manager needed for busy northern suburbs Restaurant, with 5yrs exp. is essential. Strong management skills, ability to work under pressure, must reside in the area and have own transport. Shift work is required. No chancers please.

Email: CV with contactable references to japplications50@gmail.com

 

KASSIERE CASHIER

 

Vereistes: Ervare Kassiere & Counterhands benodig vir Groot Vleishandelaar met Matrieksertifikaat goeie kommunikasie en menseverhoudinge, ervaring voordelig, maar nie vereiste, opleiding verskaf.

Epos: CV na admin@fairfieldmeats.co.za

 

SEKURITEITSBEAMPTES SECURITY OFFICERS

 

Requirements: Male Security Officers, Grade C needed, with PSIRA Certificates, Training Certificate and Copy of ID Document, at Chuma Security, 7 Wiener Street, Goodwood.

Contact: Mr. Khambi on 072 290 4730 or 021 592 1585

 

SKOONMAKER/ALGEMENE WERKER CLEANER/GENERAL WORKER

 

Vereistes: Skoonmaker/Algemene Werker benodig moet energiek, dinamies en onafhanklik kan werk, goed in Engels kan kommunikeer, goeie menseverhoudings, matrieksertifikaat nie vereiste, sal voor delig wees. Skoonmaak van kantore/korporatiewe omgewing.

Epos: CV na info@farrsa.org.za

 

HANDY MAN HANDY MAN

 

Vereistes: Betroubare Handyman vir ‘n permanente pos om deure te hang, algemene verfwerk en maintenance te doen, verkieslik in noordelike voorstede woonagtig wees en in besit van ‘n geldige rybewys, met sober gewoontes en kontakbare verwysings.

Kontak: Reno Construction by 079 811 9544 of info@renoconstruction.co.za

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za