Dagstukkies met Dennis 9 Julie 2019

9 JULIE 2019

Romeine 8:25:  #Geduld

“Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.”

Paulus skryf tog so ‘n ware ding, want as daar iets is waarop ons hoop dan maak dit nie saak hoe lank ons wag nie, want dit waarvoor ons wag maak dit die moeite werd. Dit is juis in Romeine 5:5 waar die Woord verklaar: “En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uit gestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

Ek kan onthou as kind was ons hoop gevestig as ons die werk verrig het, dan was daar ‘n beloning wat vir ons gewag het. Baie kere moes ons baie dinge deurmaak, maar net die wete van die beloning het ons dit met nuwe ywer verrig. ‘n Mens het geduld en deursettingsvermoë nodig om alles sorgvuldig te doen.

Wanneer ons lees in 2 Korintiërs 4:16-17 sê Paulus: “Daarom gee ons die moed nie op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag na dag vernuwe.” En dank Hom, dit waarop ons hoop en wag daarop met volharding in vers 17: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid. Daarom laat ons hoop wat ons nie sien nie, en daarop wag met geduld en volharding.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 8 Julie 2019

8 JULIE 2019

Efesiërs 4:2:  #Geduld

“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”

Daar is so baie dinge in die lewe waarmee baie mense worstel en geduld is een van hulle.  Kyk maar in die daaglikse gang van die lewe. Mense wil nie wag nie want geduld is nie in hulle woordeskat nie.

Apostel Paulus vermaan die volk van Efese in vers een om waardig in die roeping te wandel waarmee hulle geroep is. Dit wil voorkom asof daar onderlinge verdeeltheid was, mense wat nie wou wag op die Here nie. Klink dit nie bekend nie!  Hierdie soort gesindheid kry ons feitlik in enige organisasie, mense wat nie kan wag om bo uit te kom nie en in die proses word baie mense seergemaak. So baie mense lê stukkend en seergemaak langs die pad. Wanneer ons dan waardig in die roeping wandel, moet ons dit doen met alle nederigheid en met lankmoedigheid.

Dawid was selfs gesalf, maar hy moes terug na die skape gaan tot die tyd vervul was dat hy koning kon word. Hy moes geduldig wag en hom berus en dit in liefde verdra.

Vrede / Shalom

The Association of Christian Media in 2019

What is the Association of Christian Media

The ACM is a non-profit network of Christian media organisations that share a vision of reaching people with the Gospel. It is a platform for those involved in Christian media to pool resources, expertise and ideas for the purpose of uplifting each other. The ACM offers its members the unique chance to support and be supported by each other.

The ACM was founded in 1994, for the purpose of supporting Christian Broadcasters. Last year the name (formerly the Association of Christian Broadcasters) was changed to reflect a growing number of print and electronic media members and also to accommodate the vision to include Christian individuals who work in secular media and church media departments. The ACM currently has over 60 members.

Radio Tygerberg 104fm is a proud member of the ACM.

Dave Hotchkiss (Sarepta Radio Consulting), Darius Koekemoer (TBN Africa) , Valerie Govender (Focus on the Family Africa), Kedibone Rayner (Radio Kansel), Rikus van Rooy (104fm) and Nurden Cross (CCFM) (Chairperson).

 

 

 

Alles & Nog Wat – 06 Julie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 6  J U L I E     2 0 1 9

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Vanessa is dringend op soek na ‘n Vrieskas & Gasstoof teen vergoeding of te skenk.

Skakel: 062 832 1982

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Poppaea soek na n 2dehandse Opvou Bed & Elektriese Braaipan teen ‘n weggeeprys of te skenk  
Skakel: 076 371 9746  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Morphy Richards Induction Cooker with Pot @ R800 + Defy 2 Plate Hob @ R700

Contact: 079 973 2578

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Opel Kadett 1600 vir R12 000

Skakel: 073 463 0302

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Splinternuwe Koningin grootte Matras vir R3500

Skakel: Sylvia by 064 171 1868

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
1 Paar Dames Silwer Skoene (nr.4) vir R800 + Ligte Donkerblou Matriekafskeidrok vir R2800

Kontak: Sharon by 084 836 0744 of 078 951 4555

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
 2 Veiligheidshekke vir R800 + Diefwering (Burglar Bar) vir R800

Kontak: Louise by 083 553 7383

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Huawei P10 lite never used, in original packing @ R3700

5 Boxes ceramic floor Tiles (11 tiles p/box) regtangular in shape @ R500

Beautiful Glass Top wrought iron Diningroom Table with 6 Chairs in silver & black @ R3900

Designer grey bull denim Couch with 4 Pillows @ R2800

Chimney Italian Cooker hood 600cm brand new @ R1550

Brand new Counter top ceramic Basin (40x40cm) square Italian import @ R800

Import 3-hole wall mount Basin Mixer hot & cold brand new @ R1950

New Italian Import Towel Rail (60cm) @ R400 + 2 Import wall Lights @ R700 (both)

Contact: Carmen on 073 161 9106

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Imbuia Dubbelbed Kopstuk met 2 Laaie vir R850 + Imbuia Spieëltafel vir R550  
Kontak: Louise by 072 868 7214  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Samsung Auto 13kg Toploader Wasmasjien vir R2500

Kontak: Leonard by 076 160 1072

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Clifford is op soek na ‘n Rolstoel vir  Bejaarde Ouer teen bekostigbare prys.

Skakel: 084 228 6586

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
3-Deur Yskas 170L vir R5500

Opsoek na ‘n 2dehandse Klavier vir beginners in goeie werkende toestand teen vergoeding.

Skakel: Louie by 079 468 0995

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Samsung Top Loader Wasmasjien nuut vir R3800

Kontak: Marius by 083 549 2404

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Jan is op soek na ‘n 2dehandse Wasmasjien teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 084 889 2640

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Yolanda is op soek na ‘n Naaimasjien om inkomste te genereer teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 079 019 1569

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Luisteraar is op soek na ‘n Bergfiets teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Contact: 061 770 8046

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

2004 Nissan Xtrail handrat te ruil vir outomatiese Voertuig, verkieslik Audi A4 met n sleepstang.

Skakel: Matthys by 084 427 0363

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

VW Golf 1400 Chico in goeie toestand vir R18 000

VW Polo 1400 Player vir R18 000

Skakel: 072 859 5375

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Carol is op soek na ‘n Naaimasjien teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 073 671 4821

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Panasonic TV @ R400

Skakel: Mev. Jonkers by 074 296 0639

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Adjustable Hospital-bed with remote in excellent condition @ R10 000

Easy Air Inflated Mattress which prevent bed sores @ R1800

Monkey chain @ R1000

Contact: Stephanie on 083 990 6353

 

Kerknuus – 07 Julie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   0 7  J U L I E   2 0 1 9

 

7  JULIE   2019 WINNING SOULS MINISTRIES

 

Winning Souls Ministries hou ‘n Genesingsdiens met Past. George Mpunga

Waar: Hyde Hotel, London Weg, Seepunt          Tyd: 10h00-12h00

Kontak: Past. George by 074 355 6230

 

7 JULIE 2019 SHEKINAH MINISTRIES

 

Shekinah Ministries hou ‘n Sangmiddag met Kraaifontein Gemeenskapskoor

Waar: Shekinah Kerksaal, H/v Essex Weg & Woodlandsweg, Hawston       Tyd: 16h00

Kaartjies: R20p/p

Kontak: Mark by 076 689 2026

 

19-20  JULY   2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents an Ignite Children’s Ministry Conference with Heather Thompson, from Powerpack Ministries, UK, Bill Bennot & many Others

Where: Journey of Grace, Upper Ground Level, 102, Suntyger Building, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley,    Time: 09h00-19h00    Cost:  R150p/p

Contact: Leandra on 081 271 0073 or visit www.esmeschmitt.com/ignite

 

20  JULY  2019 WOMAN OF VALUE

 

Woman of Value presents a Conference themed “Breaking Shackles”

Where: Rocklands Civic Centre, C/o Park Avenue & Spine Road, Mitchells Plain    Time: 14h00

Contact: Thelma on 081 344 4676

 

20  JULIE  2019 ALL CHURCH

 

All Church hou ‘n Ope Lug Diens met Tema “Break Every Chain”teen Bendegeweld, Dwelm misbruik, Gesinsgeweld ens.

Waar: H/v AZ Berman & Morgenster Park, Mitchells Plain      

Tyd: 13h00-16h00

Kontak: Chadwick Grove by 074 360 8918

 

27-28  JULY  2019 KINGS GARDEN MINISTRY

 

Kings Garden Ministries hou ‘n Werkswinkel met Tema “Is your Destiny on Hold?”

Waar: Pinkster Park Saal, H/v N2 & Mondeor Straat, Strand      

Tyd: 08h30-21h00/16h00 

Koste: R450p/p (sluit studiemateriaal, tee/koffie en ligte ete op Saterdag in)

Kontak: Past. John by 081 387 0566

 

29  JULY   2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents a Fund Raising Gospel Show in aid of Bradley Smith represent SA Hip Hop Dance in America with Spiritual Dancers, Artists & many Others

Where: Upper Hall Pentecostal Church, Sonata Street, Steenberg     Time: 17h00     Cost: R50p/p

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

2-4  AUGUSTUS   2019 DARLING PRESBYTERIAN CHURCH

 

Darling Flower Ministry presents Take My Hands Flower Festival with 15 different cut-flower arrangements depicting a particular Bible verse

Where: Darling Presbyterian Church, Darling     Time: 10h00-17h00     Cost: Free (Light Lunch & refreshments available to purchase)

Contact: Rodney Brits on 084 512 3700

 

9 AUGUSTUS  2019 THE FLOCK LADIES MINISTRIES

 

The Flock Ladies Ministries hou ‘n Vroue Ontbyt met Tema “Dare to Dream”

Waar: Sonnemeisie Straat, 2 Kuilsrivier     Tyd: 10h00-14h00

Koste: R100p/p

Kontak: Meriza by 084 854 8241

 

10 AUGUST  2019 NEW LIFE ASSEMBLY

 

New Life Assembly Ladies presents You Matter with Ellen Pakkies, Marian Kortjie & Others

Where: Shawco Hall, 12th Avenue, Kensington     Time: 14h00     Entrance: Free

Contact: Chantal Philander on 065 983 2194

Dagstukkies met Dennis 5 Julie 2019

1 Korintiërs 1:30:  #Wysheid

“Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is.  Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.”

5 JULIE 2019

Wanneer ons in Johannes hoofstuk een lees, dan sê Johannes 1:3 “Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan, wat ontstaan het nie.” Dan besef ons alles het deur Hom ontstaan en soos die woord sê: “Maar deur Hom is julle in Christus Jesus….” Kolossense 3:16 verklaar: “Laat die Woord van Christus ryklik in julle woon en in alle wysheid.

Die wysheid van God word duidelik in 2 Timoteus 3:17 verklaar: “Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk, volkome toegerus. Daarom as ons in Christus Jesus is, het ons die volheid van God, want Jesus Christus; wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.” Die wysheid van God bring geregtigheid na vore, want sy oordele is regverdig en dit rig ons lewe om na heiligmaking te strewe, sodat ons die volle verlossing kan kry.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 4 Julie 2019

Jakobus 3:17:  #Wysheid

“Maar die wysheid wat van bo kom is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.  Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God en jy moet dit gebruik om vrede te maak.”

4 JULIE 2019

Apostel Jakobus beeld die wysheid baie duidelik uit wat van God af is. Daarom is die wysheid eerstens rein en is dit skoon met geen verskuilde agendas nie. Die wysheid van God is vredeliewend, dit jaag die vrede na, dit verdryf die haat en nyd wat soveel lewens al verwoes het.  Die wysheid is ook vriendelik en geseglik, daarom sal ‘n wyse man sy woorde mooi geseglik hou met vriendelike gesindhede. Die vriendelikheid sal baie mense gemaklik laat voel.  Baie mense wat wysheid van die wêreld bekom het dink hulle het gearriveer totdat hulle eintlik agterkom dat hulle het eindelik niks.

Die man of vrou met wysheid sal barmhartigheid  bewys aan almal, want dis hul geaardheid. Die wysheid van die wêreld sal oor jou loop sonder om verskoning te vra, want die “ek” is in beheer. Die woord verklaar dat ons moet minder word, maar Jesus meer en wanneer dit gebeur dan sal daar goeie vrugte wees. Mense sal elke gees van partydigheid en geveinsheid bestraf en verbreek, want ons het die wysheid van God.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 3 Julie 2019

Spreuke 29:11:  #Wysheid

“’n Dwaas uiter al sy woede, maar ‘n wyse gebruik sy verstand.”

3 JULIE 2019

In die tyd waarin ons leef het mense nie ruimte vir mekaar nie, want almal soek sy eie belange. Baie mense het al heen gegaan omdat hulle hul reg nie wou afgee nie. Prediker 7:9 verklaar: “Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergenis rus in die boesem van die dwase.” Dit is met hierdie dinge wat die vyand die mens mee besig hou, want alles moet volgens sy wil gaan, anders laat hy sy toorn ontvlam.

Wat die mens baie keer miskyk is dat die Woord in Prediker 7:11 sê: “Wysheid is net so goed as ‘n erfdeel en ‘n voordeel vir die wat die son sien.” Met ander woorde, vir elkeen wat die son sien, wat in die lewe is, is daar ‘n voordeel in, want jy sal ervaar die goedheid van die Here.

Dawid sê in Psalm 16:6 “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Daarom sê die Woord: “Want wysheid is ‘n beskutting…die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.” Dit is ‘n erfdeel vir elkeen wat in God glo.

Daar is geweldige keuses wat gemaak moet word.  Daarom moet ons die Gewer van wysheid raadpleeg om ons, in alles wat ons doen, wysheid te gee sodat ons veilig anderkant kan uit kom.

Vrede / Shalom

Gemeenskapsnuus – 02 Julie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 2  J U L I E   2 0 1 9

 

2-5  JULIE   2019 TYGERBERG EVANGELIES GEREFORMEERDE KERK

 

Tygerberg EG Kerk hou n 4×4 Avontuur Vakansie Bybelskool – n Reis deur die Ou Testament

Waar: Tygerberg EG Kerk, H/v Deodar Straat & Uys Krige Rylaan, Loevenstein            

Tyd: 08h00-14h00 (nasorg is beskikbaar) (Ontbyt vanaf 07h00 vir die wat vroeg kom)

Koste: Gratis    Ouderdom: 5-13jaar

Kontak: Loedolff by 079 866 2455

 

   5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plan      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

   5 JULIE   2019 RAILWAY VINTAGE MARK

 

Railway Vintage hou hul Mark met heerlike etes, ou vinielplate, interessante boeke en vele meer!

Waar: Derry Straat, 2, Rondebosch      

Kontak: Ronelle by 021 869 3612

 

6  JULY   2019 IMPACT TRAINING & DEVELOPMENT

 

Impact Training & Development Centre presents 1 Day Seminars every Saturday, on Parenting Skills, Substance Abuse, First Aid, Computers, etc.     

Time: 09h00-15h00 (registration essential)

Contact: Neil on 084 863 9580 or email: neiloortman271@gmail.com

 

6  JULIE   2019 PASSION FOR TRUTH BYBEL KOLLEGE

 

Passion for Truth Bybel Kollege hou ‘n Fondsinsameling vir voorgenome Israel Toer, met Marina Olivier, Sendeling in Thailand

Waar: Dennegeur Straat, Protea Hoogte, Brackenfell            Tyd: 09h00

Koste: R120p/p (sluit vingerete in)    RSVP teen 30 Junie 2019

Kontak: Ilse van der Walt by 082 463 1177

 

7  JULIE   2019 WINNING SOULS MINISTRIES

 

Winning Souls Ministries hou ‘n Genesingsdiens met Past. George Mpunga

Waar: Hyde Hotel, London Weg, Seepunt          Tyd: 10h00-12h00

Kontak: Past. George by 074 355 6230

 

7 JULIE 2019 LIVING NETWORK KRISIS SENTRUM

 

Living Network Krisissentrum, Bellville bied aan Wie is Jy? Hoekom moet jy Weet! met Lise Swart & Sangpaar Jacus & Lina Hattingh

Waar: Vredelust Kerksentrum, H/v Duminystraat & 13de Laan, Boston, Bellville       Tyd: 10h00

Kaartjies: R120p/p (by Vredelust Kerk Ontvangs by (021) 949 0096

Kontak: Louise by 021 950 4455

 

7 JULIE 2019 SHEKINAH MINISTRIES

 

Shekinah Ministries hou ‘n Sangmiddag met Kraaifontein Gemeenskapskoor

Waar: Shekinah Kerksaal, H/v Essex Weg & Woodlandsweg, Hawston       Tyd: 16h00

Kaartjies: R20p/p

Kontak: Mark by 076 689 2026

 

7 JULY 2019 GLOBAL RESTORATION CHURCH

 

Global Restoration Church presents an Ordination Service of Past. Roysten Richards & Lady Nicole

Where: Global Restoration Church, Belhar Airport Mall, Belhar      Time: 15h00

Contact: 065 123 5575

 

19-20  JULY   2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents an Ignite Children’s Ministry Conference with Heather Thompson, from Powerpack Ministries, UK, Bill Bennot & many Others

Where: Journey of Grace, Upper Ground Level, 102, Suntyger Building, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley,    Time: 09h00-19h00    Cost:  R150p/p

Contact: Leandra on 081 271 0073 or visit www.esmeschmitt.com/ignite

 

26  JULIE 2019 SUPPORT MIA THE BRAVE

 

Jo Black Optrede ten bate van Mia the Brave Support

Waar: Bergkroon Wellington       Tyd: 20h00        Koste:  R200p/p

Kontak: Chantelle by 081 888 6308

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

 

 

Werkverskaffing – 02 Julie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 2   J U L I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
DIESELWERKTUIGKUNDIGE DIESEL MECHANIC
 
Vereistes: Konstruksie Maatskappy in Bellville benodig n Dieselwerktuigkundige met min. 5jr. onder vinding van grond-verskuiwings toerusting.   

Epos volledige CV en verwysings aan: sheree-lee@exeo.co.za

(Sluitingsdatum: 13 Julie 2019)

   
VERKOOPSVERTEENWOORDIGER SALES REPRESENTER
 
Vereistes: Motorhandelaar verlang ervare Verkoopspersoon (30-55jr) met kontakbare verwysings, verkieslik woonagtig in die Noordelike Voorstede.
Epos CV aan info@autoexecutive.co.za
 
STIKSTER DRESSMAKER

 

Requirements: Part time Seamstress/Dressmaker needed with exp. in the functions of a seamstress, valid SA ID, have the ability to keep records, logs, function independently and contactable references.
Contact: Vanessa on 072 208 7531

 

VERKOOPSDAMES SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

BEMARKING KONSULTANT MARKETING CONSULTANT

 

Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy vir 28 jr. benodig Konsultante, opleiding en kliënte word voor sien, bo gemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel (021) 910 0992 of 074 755 4321

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers met Diploma in Onderwys benodig, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel 074 755 4321

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Geleentheid om deel te raak van n dinamiese span… n bemarkingsbesigheids geleentheid met ‘n minimale kapitaal. Jy geniet ook groeps-en ander voordele met kommissie. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting, moet jy asb. ons vlg. Inligtingsessie bywoon.

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 082 926 5062

 

PRODUKSIE LYN BESTUURDER PRODUCTION LINE MANAGER

 

Requirements: Racepace is looking for an experienced Production Line Manager from 31st July-  October 2019, must have exp. in making of swimwear and sportswear line.

Forward CV with contactable references to office@racepace.pro or Michele@racepace.co.za

 

VAKATURES VACANCIES

 

Vereistes: SPAR Bellville benodig Kombuispersoneel, Konfeksionere Bakker, Ervare Kok & Ervare GRV Klerk met (ondervinding van SPAR SIGMA Sisteem) kry voorkeur.

Epos CV na jobs.bspar@gmail.com of bring aansoeke na SPAR Bellville, H/v Bill Bezuidenhout & Strand Straat, Winkel 9, Bellville Mall

 

KONTROLEERDER CONTROLLER

 

Vereistes: Administrasie & Voorraad Kontroleerder benodig met ‘n voltooide skool opleiding, goeie rekenaarvaardighede, kennis van Excel, ondervinding in voorraad kontrole, Kode 8 rybewys, moet Vurk hyser kan werk of bereid wees om te leer, eie vervoer, goeie gesondheid, sober en netjiese gewoontes

Epos: CV (maks 3 bladsye) aan lynn@ecliquors.co.za

 

ADMINISTREERDER ADMINISTRATOR

 

Requirements: An experienced Administrator needed for a Restaurant in the Northern Suburbs, must have 3yrs exp. computer literate and well spoken, own transport, shift work is required.

Email: CV with contactable references to japplications50@gmail.com

 

BESTUURDER MANAGER

 

Requirements: 2IC Front of House and Back of House Manager needed for busy northern suburbs Restaurant, with 5yrs exp. is essential. Strong management skills, ability to work under pressure, must reside in the area and have own transport. Shift work is required. No chancers please.

Email: CV with contactable references to japplications50@gmail.com

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za