Dagstukkies met Dennis 2 Julie 2019

Psalm 37:30:  #Wysheid

“Wat die regverdige praat, is wysheid.  Wat hy sê, stem ooreen met die reg.”

2 JULIE 2019

Daar is krag in die woorde van die tong, daarom moet ons bid vir wysheid, want die sot haat wysheid. Die wat die aangesig van die Here soek sal wysheid ontvang.  Spreuke 8:17 sê: “Ek het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind,” so sê die Wysheid.

Lewe en dood is in die mag van die tong. Jakobus 3:9 verklaar: “Wat die regverdige praat, is wysheid.  Wat hy sê, stem ooreen met die reg.” Die wysheid van die wêreld is nietigheid, maar die wysheid van die Here red lewens. Net een wyse woord kan ‘n situasie omskep van ‘n nederlaag tot ‘n oorwinnaar.

Prediker 10:12 verklaar: “Die woorde uit die mond van ‘n wyse is aangenaam, maar die lippe van ‘n dwaas verslind homself.” Ons moet onsself beywer om wysheid te bekom, want daar is mense wat ten gronde gaan omdat hulle in hul eie dwaasheid woorde van onheil gespreek het. Galasiërs. 6:5 sê: “Want elkeen sal sy eie pak dra.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 1 Julie 2019

Jakobus 1:5:  #Wysheid

“As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

1 JULIE 2019

Daar is baie mense wat wysheid wil bekom, maar hulle ken nie die geheim van hoe om dit te kry nie.  Spreuke 8:10 verklaar: “Die beginsel van wysheid is vrees die Here, en kennis van die Heilige is verstand.”  Ons leef in ‘n deurmekaar wêreld.  Elkeen het sy reg en so raak mense baie dinge kwyt wat somtyds groot skade aan mense se verhoudings aanrig.

Daarom sê Jakobus. 1:5 “As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” Wanneer ons na die Here gaan met enige gebedsversoeke moet ons glo dat God gebede beantwoord en ‘n waarmaker van Sy Woord is.

Paulus skryf in 1 Korintiërs 1:27 “Want wat dwaas is by die wêreld het God uitverkies om die wyse te beskaam, en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam. God gee aan almal wysheid eenvoudig sonder om te verwyt, maar ons moet dit van God bid, want die wysheid van God oortref die wysheid van die wêreld.

Vrede / Shalom