Eendag lank lank gelede…wanneer sprokies waar word

 

Deur Eunice Stoltz

“Hiermee verklaar ek dat Irefaan en Shanaaz Said wettig getroud is. Gee aan mekaar die ringe as teken van julle liefde en eenheid as man en vrou”. – Pastoor Marencia Westraat

Die Here het Irefaan en Shanaaz ‘n tyd gelede gaan opsoek waartydens hulle ‘n ander geloof beoefen het. Binne daardie tyd het die Here op ‘n wonderbaarlike wyse elkeen tot Sy kinders geroep.

Op Woensdag 21 Augustus 2019 is Irefaan en Shanaaz by die Elim Night Shelter tydens ‘n Christelike huwelikseremonie in die eg verbind. Wat vir beide ‘n langtermyn droom was, het binne twee weke ‘n werklikheid geword.

Personeellede van Radio Tygerberg 104FM het die idee om ‘n troue moontlik te maak, voorgestel. Dit volg nadat Minda Groenewald (ontvangsdame) en Eunice Stoltz (skakelbeampte), van Radio Tygerberg 104FM besoek by Elim Nagskuiling afgelê het. Irefaan en Shanaaz was beide inwoners by die skuiling. Vanweë die reël dat liefdeverhoudings nie binne die skuiling toegelaat word nie, is Irefaan na ‘n ander skuiling oorgeplaas. Intussen het hulle verhouding met mekaar asook met die Here gegroei en is hulle vandag amptelik man en vrou.

DIE TROUE
Tydens die heilige en mooi geleentheid is die teenwoordigheid van die Here tasbaar ervaar. Die Here se hand kon ook in die huwelikseromonie en onthaal gesien word. Vanaf dag een het organisasies, individue en die inwoners van Elim Nagskuiling saamgewerk om die dag in ‘n sprokiesverhaal te omskep. Ons gebed is dat Irefaan en Shanaaz die guns van die Here in hulle huwelik ervaar, maar veral dat hulle saam nader aan ons Hemelse Vader sal groei.

Spesiale dank aan almal wat die dag ekstra spesiaal gemaak het:
Mary’s Decor & Things
Abraham Darlow
Grant-Pierre van Wyk
Sedicks Hiring
Protea Hotel Cape Castle

Dagstukkies met Anton 23 Augustus 2019

23 AUGUSTUS 2019

Psalm 112: 5-6:  #Eerlikheid

“Dit is ‘n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree.  Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.”

Die “glory grabber”: Ek dink die korrekte Afrikaans vir dié term is, “gloriegryper”.  Dit is wanneer iemand graag erkenning vir hom of haarself eien asof hy of sy die reg het om so te doen.  So ‘n persoon sal breëbors rondloop asof hý (of sy) die enigste held in ‘n verhaal is.  Asof dit nét deur sy of haar toedoen is dat alles wat goed is in die wêreld as gevolg van hulle gebeur en dat daar (klaarblyklik) nie sonder hulle klaargekom kan word nie.

Die ontmoeting:  ‘n Paar jaar gelede word ek na ‘n vergadering genooi waar verskillende nie-winsgewende organisasies (of NGO’s soos hulle bekendstaan) verteenwoordig was.  Die byeenkoms was ‘n geleentheid vir netwerk in die hoop dat hulle op verskeie vlakke kan hande vat om sodoende ‘n groter impak in die gemeenskap te kan hê.  Elkeen van ons het ‘n beurt gekry om te vertel wat ons doen en om so bietjie daaroor uit te brei.  Dit was interessant om hierna te luister.  Elkeen het ‘n storie gedeel en ook vertel hoeveel mense se lewens al deur die Here verander is in die plek waar elkeen van hulle dien.  Dit was mooi.

Toe gebeur dit:  Meneer “Me, myself and I” kry ‘n beurt om te praat.  Dit was (vir mý in elk geval) so ‘n groot verleentheid om na hom te luister.  Die oomblik toe hy sy mond oopmaak kon hy nie ophou om sy eie lof te besing nie.  Hy het vir omtrent 10 of 15 min aangerammel oor hoe wonderlik hý is en watter goeie werk hý doen asof hy al een in die vertrek was.  Hy het herhaaldelik genoem dat hy die énigste een was wat (oënskynlik) hierdie spesifieke bediening onder jong mense gehad het waar hy hulle (jongmense) help om van verslawing vry te kom en ook hoe hy gereeld (selfs in die middel van die nag) gebel word om te kom help waar daar een of ander geval was.  Volgens hom swoeg en sweet hy daagliks alleen, sonder die hulp van ander en het mense van oral oor glo vreeslik baie respek vir hom.  Dis hartseer, sy woorde was vir my hol en leeg en ek het opgemerk hoe baie van die mense daar eenvoudig grond toe gekyk het.

Hoogmoed kom tot ‘n val: ‘n Volgende persoon het voorentoe beweeg.  Dit was ‘n jong man.  Hy het begin praat, eers oor sy eie verlede en die feit dat hy ‘n gereabiliteerde dwelmverslaafde was.  Hy het gedeel hoe kragtig die Here hom gered het en hom van verslawing kom verlos het.  Sy getuienis is nederig oorgedra. Hy het vertel hoe hy hierdie boodskap van Christus se verlossingskrag met ander verslaafdes deel.  Hy het genoem dat hy en die ander mense wat saam met hom werk gereeld deur polisiestasies en gevangenisse gebel word om (veral) jongmense te help, by te staan en te bedien.  Nie vir een oomblik het hy homself opgehemel nie. Toe, net vir ‘n oomblik het hy reguit na meneer “Me, myself and I” gekyk en vir hom gesê hoe vreemd dit was dat hulle mekaar nog nooit raakgeloop het nie!  As die werk wat hy doen dan werklik so onmisbaar was moes hulle paaie sekerlik tog op een of ander stadium al gekruis het.  Meneer “Me, myself and I” het net sy skouers opgetrek en nie geantwoord nie.

Hieruit moet ons leer: Wanneer jy goeie dinge vir die Here doen, moet dan nie op ‘n verhoog gaan staan en vir almal vertel hoe wonderlik jý is nie.  Kies liewer om reg op te tree en die eer en heerlikheid aan die Here te gee. Die Een aan wie dit werklik toekom.

Sterkte!

Dagstukkies met Anton 22 Augustus 2019

22 AUGUSTUS 2019

Kolossense 3:9:  #Eerlikheid

“Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mense en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens. Wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.”

Soms lieg ons vir onsself.  Ek was telkens in sulke situasies waar ek só graag iets wou hê dat ek myself oortuig dit is van die Here af, maar eintlik was ek net eenvoudig oneerlik daaroor.  Dit gebeur so maklik. Jy wil glo wat jý wil glo en basta met die res.  Jy kies om net te sien wat jy wíl sien en kyk dan die waarskuwingstekens gerieflik mis.  Dit kan enigiets wees: ‘n nuwe verhouding, ‘n nuwe werk of dalk een of ander transaksie wat jy wíl beklink. Maar, hier is die probleem.   Ons (gelowiges) oortuig onsself baie keer dat ons die Here hééltemal vertrou en dat ons hom heel eerste geken het in ‘n saak voor ons die besluit geneem het. Die teenoorgestelde is eintlik baie keer meer die geval.  Jy het die Here nooit geken in die saak nie, jy het hom eintlik net daaroor ingelig en daar is ‘n gróót verskil tussen die twee.

Die eie ek.

Wanneer ons bid verklaar ons graag aan God dat dit nie mý wil is waaraan Hy gehoor moet gee nie, maar Sy eie.  Ons doen dit want ons is (veronderstel) om te verstaan en te aanvaar dat Hy régtig van beter weet en as Hy sou kies om nee te sê dan is daar verseker ‘n baie goeie rede.  Die ding is, ons wil nie “nee” vir ‘n antwoord hê nie.  Ons trek dan die wol oor ons eie oë en doen dinge asof dit die Here is wat dit so bestem het en is dan boonop verbaas en geskok as goed nie uitwerk soos óns wou hê dit moes nie. Moenie iets probeer wegsteek nie. Wees liewer van die begin af eerlik en opreg met die Here én met jouself.  Moenie vir jouself lieg net om te kry wat jý graag wil hê nie.

Wanneer jy bid oor iets en jy maak jou behoefte of begeerte aan die Here bekend bedoel dit dan werklik wanneer jy sê, “Here, nie my wil nie, maar U wil geskied” en aanvaar dat Hy soms gaan nee sê.

Sterkte!

Dagstukkies met Anton 21 Augustus 2019

21 AUGUSTUS 2019

2 Timoteus 2:15:  #Eerlikheid

“Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat Hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die Woord van die waarheid suiwer verkondig.”

Die waarheid maak jou vry… Of doen dit?  Dit is ‘n skrifgedeelte wat baie mense graag gebruik, maar om een of ander rede laat hulle gereeld die drie belangrikste woorde daarvan uit.  Ek besef hulle doen dit nie met voorbedagde rede of vir ‘n duister rede nie.  Dit is maar net hoe mens soms praat, maar dit bly steeds nie 100% korrek nie.  Jy sien, dit is nie bloot net wáárheid wat jou vry maak nie, dit is die kennis van die waarheid wat dit doen, om (intiem) met die waarheid om te gaan.  Met ander woorde, as jy nie sélf (in jou hart) van die waarheid oortuig raak nie kan mense dit met jou deel maar dit sal jou glad nie beweeg nie. ‘n Duisend mense kan elke dag vir jou vertel dat die Here Jesus vir jou sondes aan die kruis gesterf het en dat Hy die prys daarvoor namens jou betaal het, maar as jy dit (die waarheid) nie wíl glo nie, kan dit jou ongelukkig ook nie vry maak nie.

Die verskil tussen hoor en luister.  Ek noem gereeld aan my kinders dat hulle moet sorg dat hulle huiswerk klaar is voor die naweek aanbreek anders gaan hulle spyt wees.  Hulle hoor my, maar hulle luister nie.  Hulle neem nie kennis van wat ek sê nie en wanneer die naweek aanbreek is hulle dikbek omdat hulle op ‘n Saterdag moet huiswerk doen terwyl hulle maats kan kuier en speel.  As hulle waarlik geluister het na die die waarheid wat ek met hulle deel en hulle bereid was om hulself beskikbaar te stel sou hulle dadelik tot aksie oorgegaan. So sou hul die gevolge kon vermy.

Om waarheid ter harte te neem.  Wanneer ons dít doen en ons is gewillig kan ons nie anders as om aan die werk te spring en stelmatig te begin verander nie.  Ons is so oortuig van wie en wat God is dat ons beter mense wil word en ook die wêreld ‘n beter plek wil maak tot Sy eer en verheerliking.  Dit neem miskien tyd, maar soos die jare verby gaan word elkeen van ons al meer vaardig in die werk wat die Here ons gegee het om te doen omdat die Heilige Gees ons toerus.

Sterkte!

Werkverskaffing – 20 Augustus 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 0  A U G U S T U S    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

KONSULTANTE CONSULTANTS
 
Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy benodig  Konsultante, opleiding en kliënte word voorsien.  

Skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533 of www.learn2learn.co.za

ONDERWYSERS TEACHERS

       

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 082 458 0533 of www.learn2learn.co.za

 

DEBITEURE KLERK DEBTORS CLERK

 

Vereistes: Debiteure Klerk benodig met 3-5jr. ondervinding, Omni ondervinding voordelig, oog vir besonderhede belangrik.

Epos CV na info@nuberry.co.za

 

PLAASBESTUURDER FARM MANAGER

 

Vereistes: Plaasbestuurder benodig met 3jr. toepaslike ondervinding in Sitrus, kennis van besproeiing, tegniese- en bestuursvaardighede met Tersiêre opleiding in Landbou, sober gewoontes, meganiese vaardighede, kennis en ervaring van die verbouiing van aartappels, rankgewasse en groente voordelig.

Epos: Verkorte CV na pmaritz@adept.co.za

 

JUNIOR WEB/GRAFIESE ONTWERPER GRAPHIC DESIGNER

 

Vereistes: Junior Web/Grafiese Ontwerper benodig met naskoolse kwalifikasie, moet kan photoshop, verkieslik woonagtig wees naby Century City.

Stuur Aansoekbrief en CV aan: admin@ctradett.com

 

ADMINISTRATEUR  ADMINISTRATOR

 

Requirements: Office Administrator needed with 2-3yrs exp, able to liaise with creditors, familiar with Word and  Excel, strong character and reliable.

Email CV to info@rorichprojects.com

 

 KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Requirements: Justice 4U Consultancy in Bellville are looking for persons who can act as our agents in tracing former members or beneficiaries, owed unclaimed retirement benefits.

Contact: Janine on (021) 949 8673

 

ALGEMENE ASSISTENTE  GENERAL ASSISTANT

 

Vereistes: Piets Biltong & Butchery benodig ‘n Algemene Assistente met vorige slaghuis ondervinding.

Epos CV na pietsbiltong@vodamail.co.za

 

VERKOOPS AGENTE  SALES AGENTS

 

Requirements: Calandria is looking for young and energetic Sales Agents (19-23yrs), English & Afrikaans fluency, must reside in the Northern suburbs.

Contact: 021 949 2929

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.
Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

 

 

Gemeenskapsnuus – 20 Augustus 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 0  A U G U S T U S   2 0 1 9

 

24 AUGUSTUS 2019 HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM

 

Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 22ste jaarlikse Concertofees met Optrede van 16 jong musici & Hugo Lambrechts Simfonie Orkes

Waar: Hugo Lambrechts Musieksentrum, Parow       Tyd: 19h00    Kaartjies: R130p/p

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105

 

26 AUGUST 2019 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH

 

Bethany Educentre will be offering Matric Classes for Adults who need to complete their Senior Certificate     Where: Bethany Fellowship Church, Claremont

Time: 18h30 (orientation)

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

31 AUGUSTUS 2019 SJ PRODUKSIES & DGP MUSIEK

 

SJ Produksies & DGP Musiek hou ‘n Aand van Goeie Kos & Goeie Musiek met Kristan Donson, Bianca Solomons & Ander

Waar: Westcliff Spesiale Hoërskool, Ou Paarl Weg, Bellville

Tyd: 19h00         Kaartjies: R100p/p

Kontak: Samantha by 076 064 6620

 

31 AUGUST 2019 RAINBOW OF HOPE

 

Rainbow of Hope presents a Woman’s Breakfast with Speaker, Joy Lange & MC Samantha Gleeson

Where: Durbanville Racecourse, Bowlers Avenue, Durbanville

Time: 09h30         Cost: R250p/p (includes Goody Bag)

Contact: Alison on (021) 591 6610

 

6-7 SEPTEMBER 2019 AGS OOSTENBERG OASE KERK

 

AGS Oostenberg-Oase hou ‘n Nagmark met groot Bonfires & ‘n Familiefees met Merry-go-Round, Stalletjies en vele Vermaak      Tyd: 17h00 & 09h00

Waar: AGS Oostenberg Oase, H/v Kerk & Walnutstraat, Rouxville, Kuilsrivier,                  Kontak: Kerkkantoor by 021 906 1986

 

15 SEPTEMBER 2019 ORIGIN SA

 

Origin SA presents Performances by Cape Town Mass Choir, CT Philharmonic Orchestra, Symphonic Praise & Rouchelle Liedemann

Where: Cape Town City Hall, Grand Parade   Time: 15h00      Tickets: R150p/p.

Contact: (021) 825 9903

 

20 SEPTEMBER 2019 HEIDEKOPPIE GEMEENTE

 

Heidekoppie Gemeente bied aan Leon Ferreira, bekende Gospelsanger in Konsert!! ten bate van Mosaïek Gemeenskapskerk

Waar: Heidekoppie Kerk, H/v Protea & Stasieweg, Brackenfell

Tyd: 19h00      Kaartjies: R90p/p.

Kontak: Attie Rall by 082 932 2922

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

28 SEPTEMBER  2019 FRANETTE FUNDRAISER

 

Franette Fundraiser for Electrical Wheelchair with Garner Nel

Where: Voortrekker Hall, 151 De Wet Street, Vrijzee, Goodwood       Time: 19h00     Cost: R60p/p

Skakel: Franette by 082 557 0133

 

02 NOVEMBER  2019 JOHAN JURGENS HANDELSKOOL

 

‘n 50 jaar Reunie vir die Matrieks van 1969 van die ou Johan Jurgens Handelskool in Springs word gereel in Springs. Oud Matrikulante word uitgenooi om kontak te maak.
Skakel: Juliana Murray van den Berg by 083 788 5651

 

Dagstukkies met Anton 20 Augustus 2019

20 AUGUSTUS 2019

2 Korintiërs 8:21:  #Eerlikheid

“Ons is daarop gesteld om korrek op te tree, nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.”

Selfbeheersing is die vermoë om jouself (met spesifieke verwysing na jou emosies en begeertes) te beheer, verál in moeilike omstandighede. Wanneer dinge goed of normaal gaan, is selfbeheersing mos nie regtig eintlik ooit nodig nie, of hoe? Dit is wanneer dinge begin verander, dat dit meer relevant raak.

‘n Paar weke gelede, na ‘n besoek aan die dokter vir my gewone “check up“, noem die dokter dat hy bekommerd is oor my bloeddruk.  Dit is hoër as gewoonlik en daar moet “dadelik” iets aan gedoen word. Ek was verbaas oor dié nuus.  Ek was my lewe lank nog altyd baie gesond en my bloeddruk was nog nooit ‘n problem nie.  Wat het dan nou skielik skeefgeloop?

Die dokter het voorgestel dat ek voortaan begin om sout te vermy.  Dit is nou nie juis iets wat ek graag wóú hoor nie want ek baie lief is daarvoor en dat ek graag sout oor my kos gooi.  Maar, as dit moet dan moet dit seker.  Ek het maar net diep gesug en toe ingestem. Eintlik is ek baie trots op myself.  Dit is nou al drie weke date k sout vermy.  Ten spyte daarvan dat dit baie moeilik was en ek groot selfbeheersing aan die dag moes lê het ek nog nie weer daarvan gebruik nie.  Elke keer wanneer ek aansit vir ete, kiés ek om korrek op te tree en te doen wat my dokter en (baie belangrik) my gesin van my verwag.

Iemand hou my met groot oë dop. My dogtertjie (11) het my daaroor uitgevra en ek het haar vertel wat met ‘n mens kan gebeur as jou bloeddruk buite beheer raak.  Sederdien het sy dit haar persoonlike doel gemaak om te verseker dat haar Pappa van die soutpotte af wegbly.  Ek wil my doodlag wanneer ek net voorgee ek gaan sout oor my kos gooi!  Sy gryp dit letterlik uit my hand en skel my vreeslik.  Sy neem dit (die sout) dan en gaan sit dit terug in die koskas waar dit hoort.

Daar is talle voorbeelde wat ek vandag kan noem van dinge in die lewe wat ons liefs (vir ons eie beswil) moet vermy.  Dinge wat regtig sleg is vir ons en wat die potensiaal het om ons lewens te verwoes en jy kan dit net deur selfbeheersing vermy.  Om korrek op te tree en om jouself te beheer kom ook nie vanself nie.  Dit verg ‘n keuse wat nét jy kan maak.  Dit verg telkes ook hulp.  Jy hoef dit verseker nie alleen te doen nie.  Vra iemand wat vir jou omgee om jou by te staan en jou reg te help. En wanneer dit nodig is, om jou soms selfs uit te skel soos my dogtertjie met mý maak.

Sterkte!

Dagstukkies met Anton 19 Augustus 2019

19 AUGUSTUS 2019

Efesiërs 4:25:  #Eerlikheid

“Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat want ons is lede van dieselfde liggaam.”

Neem een teelepel eerlikheid. Voeg dan twee eetlepels liefde daarby. Meng dit goed en laat staan vir so ‘n paar minute. Die waarheid maak seer. Ek onthou nog toe ek ‘n kind was het my Ma my gereeld aan hierdie ongemaklike feit herinner. Kinders vertel mos maar graag die waarheid “snaaks” en het hulle nou en dan so bietjie raad en aanmoediging daaromtrent nodig.  Om eerlik te wees, dit is nie eens altyd maklik vir volwassenes nie, so wat nog te sê van kinders. Tog vreemd dat dit so is.

Ons (die mensdom) doen dit so maklik. Ons doen eerder die verkeerde ding, ten spyte daarvan dat ons meestal presiés weet wat reg is en ook weet wat ons eintlik veronderstel is om te doen.  Om nie eerlik te wees nie is natuurlik (soos ons almal weet) een van daardie verkeerde dinge. Daar is baie redes. Soms is ons oneerlik om ‘n ongemaklike situasie te probeer vermy of dalk om iemand te probeer beskerm. Wat die rede ookal is, jy moet ingedagte hou dat dit die potensiaal het om in iets te ontaard wat jy nóóit in die eerste plek wou hê nie.  Een leuen word twee en dan drie en vier en voor jy jou oë kan uitvee is dit heeltemal buite jou beheer.  Uiteindelik maak jy mense (of miskien jouself) dalk meer seer as wat jy hulle wou help of beskerm.

Een bestanddeel kort. Liefde.  Eerlikheid is goed, dit is verseker die beste opsie of keuse om te neem. Moet egter nie vergeet dat liefde die ding is wat die spreekwoordelike “angel” uit suiwer eerlikheid kom haal nie. Die waarheid of eerlikheid sonder liefde, is baie wreed.  Hanteer dit so (met liefde) dat almal betrokke (insluitende jouself) beter van die situasie af wegstap eerder as slegter. Kom, laat (veral) ons wat ons self kinders van die Here noem hierdie resep volg, eerlikheid met net so ‘n paar teelepels liefde daarby ingemeng.  Dit is goed en gesond vir jou en die beste is, dit maak nie vet nie!

Sterkte!

Dagstukkies met Reinhard 16 Augustus 2019

16 AUGUSTUS 2019

1 6   A U G U S T U S   2 0 1 9

1 Korintiërs 12 :21-24:  #Liggaam

“Die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik en die wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg.  So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie.  God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom.”

Ons was al almal daar gewees, daar waar ons foute bloodgelê word vir die wêreld. Dit voel nooit lekker nie en maak meer kere seer as wat dit noodwendig goed doen.

Dit is asof ons nog dink ons is alleen in hierdie wêreld, maar ons is nie. Ons is deel van een liggaam. Net soos met enige wond loop ‘n mens nie rond en wys mens dit noodwendig vir die hele wêreld nie. Die kans vir infeksie is groter en niemand wil eintlik sulke nare goed sien nie! Net so het ons ‘n verantwoordelikheid om die geestelike wonde van ons in broers en suster in Jesus te beskerm. Ons moet hul beskerm sodat hulle nie nog seerder kry nie maar ook om nie meer skade aan hulself en die liggaam te bring nie.

Soms het iemand net nodig om te sien wat ‘n ander nodig het. En soms is daardie iemand JY.  Kom ons besketm mekaar sonder om die wond toe te smeer of te ontbloot. Ko mons hanteer dit met die nodige volwassenheid en wysheid sodat genesing kan plaasvind.

Jy ken die groot Geneesheer, die Skepper, die Probleemoplosser en Hy ken jou van kroontjie tot toontjie! Jy is deel van Sy Liggaam.

Jesus Liefde

Dagstukkies met Reinhard 15 Augustus 2019

1 5   A U G U S T U S   2 0 1 9

15 AUGUSTUS 2019

Kolossense 1:17:  #Liggaam

“Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.  Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.”

Daar is ‘n gewilde Afrikaanse idioom wat lui: Hoë bome van die meeste wind, dit beteken eenvoudig dat mense in belangrike posisies gewoonlik ook die meeste kritiek ontvang. Dit het egter nie net betrekking tot teëspoed of moeilikheid nie, maar spreek ook baie van verantwoordelikheid en outoriteit wat hierdie mense dra.

Soms is dit moeilik om volkome aan God oor te gee. Van kleins af word kinders geleer om sterk te wees, om voorbereid te wees en om in beheer van hul lewens en keuses te wees. Maar dit is nie hoe dit by God werk nie. Hy is die Hoof van hierdie wêreld. Hy is verseker ook die Hoof van jou en my liggaam en lewe. Alle mag behoort aan Hom.

Hierdie gedagte en wete – dat jy nie werklik in beheer is nie, kan baie mense bangmaak. Inteendeel, vir baie mense is dit ‘n Christenskap “deal breaker”.Maar in die totale oorgawe aan God se heerskappy is daar vryheid om ‘n kind van God te wees.

Mag jy vandag besef Hy is die Hoof van jou lewe en dat jy veilig by Hom is. Hy is die Een wat die wind saam met jou aanvat en jou help staande bly.

Jesus Liefde