Rescue Among Many se Carol ‘n juweel

Vrywilligers Amanda Engelbrecht en Benita de Gouveia by RAM se stigter, Carol Bruton en een van RAM se borge, Tino van der Merwe van Imagine Cruising by Radio Tygerberg 104fm se kantore tydens die #KleinSaterdag-uitreik.

Deur Eunice Stoltz

Wat begin het as ‘n vakansiebederf by die Montagu Country Hotel het uitgebrei tot ‘n inisiatief wat daagliks talle mense se lewens aanraak en verreik.

“Ek spandeer nooit geld op myself nie, daar is altyd iemand wat nood het” – Carol Bruton, stigterslid van RAM – Rescue Among Many.

Op ‘n keer besluit hulle om wel ‘n wegbreek te reël en eindig so in die Montagu Country Hotel op. Van stilsit hou Carol glad nie en hulle besluit om tydens die wegbreek te gaan stap waar hulle toe op ‘n tuinprojek afkom. Die vrou wat die tuin in stand gehou het was skraal en gegewe die koue temperatuur glad nie warm genoeg aangetrek nie. Carol se man, Stephen, het onmiddellik Carol se jas gaan haal en dit vir die vrou aangetrek.

Daar het hulle besluit dat hulle nooit weer hulle rug sal kan draai nie. En hulle het ook nie.

RAM is in 2011 gestig en word sedertdien deur beide Carol en Stephen daagliks bestuur. Carol het in 2017 die Lead SA-toekenning ontvang vir haar innoverende werk. Sy en haar man glo beide om te deel ver beter is as om, dit wat jy ontvang, vir jou self te hou. Hulle doen dit dan ook en spreek maklik hulle dankbaarheid uit oor dit wat hulle kry.

“Ons is nie ryk in geld nie, maar ons is ryk aan goedere.”

Carol volg ‘n sterk deursigtigheidsbenadering en gee alles wat inkom vir RAM aan mense in nood. Hoewel die invloed van RAM in die Montagu en Ashton-gemeenskappe sigbaar is, sê Carol dat armoede weens die heersende droogte toeneem. Sy noem ook dat met die verhoging in armoede daar meer werk is, en dat ekstra vrywillige hande tans ‘n groot behoefte is.

RAM is daarop gerig om die lewensomstandighede van jongmense, bejaardes, enkel ouers, plaasskole en straatkinders te verbeter. Met hulle hoofkantore in Thornton, Kaapstad, fasiliteer hulle projekte soos die verskaffing van lae koste behuising aan enkel ouers en oumas wat na kleinkinders kyk. RAM kon onder meer reeds vier huise oprig vir persone in nood. Wanneer die geleentheid homself voordoen is hulle sekondêre mandaat om skuilings aan diere te verskaf. Besoek RAM by www.ram1.co.za.

Bel gerus vir Carrol met enige skenings!

Tel: +27 82 469 3041
E-pos: info@ram1.co.za
Adres: Posbus 957, Eppingdust 7475

RAM is deel van die Tygerberg 104FM-Netwerk, jy kan ook wees, registreer. Vir meer oor die 104FM-Netwerk, of om een van ons #KleinSaterdag begunstigdes te wees, besoek ons NETWERK-skakel bo aan die blad.

 

Dagstukkies met Reinhard 14 Augustus 2019

14 AUGUSTUS 2019

Romeine 10:15:  #Liggaam

“Hoe wonderlike klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

In die Bybelse tyd was ‘n paar skoene die teken van volwassenheid. Dit was die simbool van onafhanklikheid, ‘n sigbare bewys dat die persoon groot geword het.

Vandag is dinge aansienlik makliker en kry kinders motors wanneer hul ‘n sekere ouderdom of status bereik. Die gee van skoene was egter die teken dat jy enige plek kon gaan – dat daar geen beperkings op jou was nie.  Vandag nog wil ouers deur die geskenke aan hul kinders die eindelose moontlikhede wys wat die wêreld bied en dat hulle gehoorsaam sal wees aan hul roeping. Die skoene is sleutel tot ‘n toekoms vol geleenthede.

Elke mens het ook ‘n paar skoene by sy Hemelse Vader gekry. En hoewel niemand foutloos is nie, kom hierdie skoene met outoriteit en ‘n roeping.  Jy het spreekwoordelik die sleutel aan jou voete wat deure vir ander kan oopsluit.  Elke tree is ‘n nuwe geleentheid om die goeie boodskap te verkondig.

Sluit jou skoene deure en geleenthede vir mense oop of toe? Dit is jou vraag om vandag eerlik te beantwoord. En die wonderlike genade van skoene is dat dit die rigting volg wat jy kies. Kies jy vandag reg?

Jesus Liefde

 

Werkverskaffing – 13 Augustus 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 3  A U G U S T U S    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BESTUURDER MANAGER
 
Vereistes: Gekwalifiseerde Menslike Hulpbronne Bestuurder benodig by Foreshore, Kaapstad, met toe- paslike graad in Menslike Hulpbronne/Arbeidsreg, min. 3-5jr. ondervinding as MHB, rekenaarvaardig en tweetalig, vir Ontwikkel en bestuur van aansporingsstelsel om te verseker dat ons mededingend is.  

Epos: CV’s na etoit@chenshia.com (Sluitingsdatum: 16 Aug. 2019)

   
STOORWERKER STOREWORKER

       

  Vereistes: Stoorwerker benodig met gesertifiseerde Matrieksertifikaat, verkieslik met gemiddeld van 60% of hoër, vorige stoor ervaring voordelig, rekenaargeletterd, tweetalig (Afr&Engels) vir tel van voorraad, nagaan van voorraad op bestellings, trek van voorraad, ontvangs en versending van pligte,

Epos CV, Matrieksertifikaat voor 19 Aug. na werner.jubileus@agrico.co.za

 

INSPEKTEUR INSPECTOR

 

Vereistes: Gehaltebeheer Inspekteur & Logistieke Beampte benodig vir (Voedsel en-bestuur) Foreshore, Kaapstad, met Matriek, toepaslike kwalifikasie in Gehaltebeheer, 3-5jr ondervinding in vars vrugte as Gehaltebeheer beampte, eie vervoer, bestuurslisensie, woonagtig in Kaapstad.

Epos CV na etoit@chenshia.com (Sluitingsdatum: 16 Aug. 2019)

 

KOMBUIS ONTWERPER KITCHEN DESIGNER

 

Vereistes: Top Living Kitchens benodig ‘n Kombuis Ontwerper met 2-3jr ondervinding in die kombuis industrie, rekenaarvaardighede (spesifiek CAD) vermoë om behoeftes van die kliënt te verstaan en te konseptualiseer, ontwerp of verkoopskwalifikasies sal voordelig wees.

Epos: CV met ‘n kort portfolio na: rochelle@topliving.co.za

 

TEGNIESE TEKENAAR TECHNICAL DRAFTSMAN

 

Vereistes: Tegniese Tekenaar benodig vir ‘n Vervaardigings Maatskappy in Wellington. Moet op Auto cad en Pro-Engineer (Creo) kan werk. Ondervinding voordelig, moet bereid wees om lang ure te werk.

Epos: Verkorte CV na masgcor@gmail.com

 

JUNIOR WEB/GRAFIESE ONTWERPER GRAPHIC DESIGNER

 

Vereistes: Junior Web/Grafiese Ontwerper benodig met naskoolse kwalifikasie, moet kan photoshop, verkieslik woonagtig wees naby Century City.

Stuur Aansoekbrief en CV aan: admin@ctradett.com

 

SEKURITEITSBEAMPTES SECURITY OFFICERS

 

Requirements: Armed Vehicle Responds & Petrol Officers Grade A and B needed, with a valid registration PSIRA Certificate, fire arm competency certificate, drivers license, code 8, PDP licence will be advantageous. Must be a SA Citizen with valid SA identity document, fluent in English & Afrikaans, must be able to work shifts, to reside in Paarl, Franschhoek, Stellenbosch, Wellington & Kraaifontein.

Email: CV & documents to payroll@hrfsecurity.co.za

 

PANEELKLOPPERS PANELBEATERS

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Paneelklopper benodig met min. 10jr. toepaslike ondervinding.

Epos CV na renata@malmesburypb.co.za

 

ADMINISTRATEUR  ADMINISTRATOR

 

Requirements: Office Administrator needed with 2-3yrs exp, able to liaise with creditors, familiar with Word and  Excel, strong character and reliable.

Email CV to info@rorichprojects.com

 

 KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Requirements: Justice 4U Consultancy in Bellville are looking for persons who can act as our agents in tracing former members or beneficiaries, owed unclaimed retirement benefits.

Contact: Janine on (021) 949 8673

 

SNYER (NAALDWERK)  CUTTER

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Cutter benodig vir ‘n Sportklere Fabriek in Kuilsrivier, met ondervinding in Oplê en Sny, verkieslik eie vervoer.

Kontak: Louwina by 083 460 2195

 

ALGEMENE ASSISTENTE  GENERAL ASSISTANT

 

Vereistes: Piets Biltong & Butchery benodig ‘n Algemene Assistente met vorige slaghuis ondervinding.

Epos CV na pietsbiltong@vodamail.co.za

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

Gemeenskapsnuus – 13 Augustus 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 3  A U G U S T U S   2 0 1 9

 

15  AUGUSTUS   2019 VOCAL MASTER CLASS

 

Meesterklas word aangebied met Leah, Rouchelle Liedeman & Stem afrigter, Gerrida Dickason m.b.t. Sleutels tot sukses in die musiekbedryf & gesonde grondslag vir enige Sanger

Waar: Stone Shed, Durbanville    Tyd: 18h30

Koste: R400p/p (sluit in ligte aandete en geskenkpak)

Epos: vocalmasterclass.za@gmail.com

 

16-17  AUGUSTUS   2019 LOGOS CHILDRENS MINISTRY

 

Global School of Theology will be hosting a Childrens Ministry Leadership Summit with Gordon & Becki West, Dr. Peter Hammond & many Others on different Topics

Cost: R200p/p            Time: 18h00 & 19h00

Where: Global School of Theology, 8 Potsdam Road, Killarney Gardens   

Contact: Sonia on 082 974 4213 or 021 535 5853

 

17 AUGUSTUS 2019 CHRISTIAN SPORT & BUSINESS

 

Christian Sport & Business hou ‘n Optrede met Angus Buchan & Getuienis van bekende Sport Persoonlikheid,            Waar: Die Lighuis, Voortrekker Weg, Parow

Tyd: 14h00-16h00

Kaartjies:  R30p/p (beskikbaar by Itickets)

 

17 AUGUSTUS  2019 PROJEK 31

 

Projek 31 hou ‘n Fondsinsamelings Ontbyt  ten bate van Jeugbemagtiging

Waar: St. Georges The Martyr Anglikaanse Kerksaal, Sarepta Straat, 67, Kuilsrivier    

Tyd: 09h30 vir 10h00     Kaartjies: R100p/p (bring blikkies kos item)

Kontak: Lesley Bam by 082 333 3604

 

18 & 25  AUGUSTUS   2019 OIKEDOME CHRISTEN SENTRUM

 

Oikedome Christen Sentrum Vroue Bediening hou Spesiale Vroue Maand Dienste met Spreker, Joslyn Staal & Past. Dominique Adonis oor Tema “This is how we fight our battles”

Waar: Oikedome Christen Sentrum, Eon Laan, Scottsdene, Kraaifontein   

Tyd: 09h00

 

24 AUGUSTUS 2019 HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM

 

Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 22ste jaarlikse Concertofees met Optrede van 16 jong musici & Hugo Lambrechts Simfonie Orkes     Waar: Hugo Lambrechts Musieksentrum, Parow       Tyd: 19h00    Kaartjies: R130p/p

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105

 

31 AUGUSTUS 2019 SJ PRODUKSIES & DGP MUSIEK

 

SJ Produksies & DGP Musiek hou ‘n Aand van Goeie Kos & Goeie Musiek met Kristan Donson, Bianca Solomons & Ander

Waar: Westcliff Spesiale Hoërskool, Ou Paarl Weg, Bellville

Tyd: 19h00         Kaartjies: R100p/p

Kontak: Samantha by 076 064 6620

 

31 AUGUST 2019 RAINBOW OF HOPE

 

Rainbow of Hope presents a Woman’s Breakfast with Speaker, Joy Lange & MC Samantha Gleeson       Where: Durbanville Racecourse, Bowlers Avenue, Durbanville

Time: 09h30         Cost: R250p/p (includes Goody Bag)

Contact: Alison on (021) 591 6610

 

15 SEPTEMBER 2019 ORIGIN SA

 

Origin SA presents Performances by Cape Town Mass Choir, CT Philharmonic Orchestra, Symphonic Praise & Rouchelle Liedemann

Where: Cape Town City Hall, Grand Parade

Time: 15h00      Tickets: R150p/p.

Contact: (021) 825 9903

 

 

Dagstukkies met Reinhard 13 Augustus 2019

13 AUGUSTUS 2019

1 3   A U G U S T U S   2 0 1 9

Efesiërs 4:4:  #Liggaam

“Daar is net een liggaam en net een gees, soos daar net een hoop is waartoe God julle geroep het.”

Die hele wêreld is opsoek na een ding: HOOP! Want sonder dit is daar geen toekoms nie. Al het ek al die geld en rykdom maar ek het nie HOOP nie dan sê die Bybel het ek niks.  Jesus is nie net ons Verlosser en Saligmaker nie, maar in die woorde van die sanger Phill Wickomb is hy ons ‘Living Hope’. Ons Lewende Hoop wat ons dra as ons swak is, wat ons wysheid gee as ons onseker is en wat ons vrede gee wanneer ons bang is.

Dit is maklik om ons hoop in tydelike kragte te sit.  My bank, my kar, my werk, my huwelik. Maar al verloor ek al daardie dinge sou ek steeds my Lewende Hoop hê en weet dat ek alles het wat ek nodig het om hierdie lewe voluit te kan leef.

Waarin vind jy vandag jou HOOP? Is dit ‘n ewige hoop?  My hoop is in die Here, die Koning van die hemel en die aarde.

Jesus Liefde

Dagstukkies met Reinhard 12 Augustus 2019

12 AUGUSTUS 2019

1 2   A U G U S T U S   2 0 1 9

 Romeine 12:4-5:  #Liggaam

“Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie.  Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlike lede van mekaar.”

 Dit was vir ‘n lang tyd vir my moeilik om te verstaan dat almal nie noodwendig soos ek is of soos ek dink nie. Ek het ‘n unieke manier van dinge doen en sê en as jy my ken dan weet jy dit goed!  Ek het egter baie vinnig agtergekom dat my manier nie altyd die regte manier vir elke situasie is nie. Ek kan dalk nie vereenselwig met ‘n ander se probleem nie – daarvoor het ek nie die nodige geduld nie. Maar dit is goed om tot daardie insig te kom want God het ons almal anders gemaak, elk met ons eie sterk en swakker punte.

As ek besef wat my uniek en sterk maak dan beweeg ek baie natuurliker in die rigting waarvoor God my geroep het. Ek hoef nie alles vir almal te wees nie. Dit is wanneer ek ander se sterk punte kan sien dat ek besef ons is sterker saam en kan meer saam vermag. Ek is op my heel beste wanneer ek ontdek ek is nie alleen nie en dat ons een liggaam is met een doel:  om eer aan een God te bring.

Speel jy vandag jou rol soos wat God dit lei? Of probeer jy almal se rolle self vervul? Mag jy besef jy is sterker wanneer jy saam met die res van die liggaam wandel. Elke dag.

Jesus Liefde

Dagstukkies met Wayne 9 Augustus 2019

9 AUGUSTUS 2019

Markus 11:24:  #Gebed                                                                 

Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.”

Dit is baie belangrik om die twee belangrikste elemente raak te sien in hierdie skrifgedeelte – gebed en geloof.

Dit is hierdie twee komponente wat hand-aan-hand funksioneer. Ons kan nie net bid oor ‘n saak en dit daar los nie. Ons moet geloof toepas en glo dat God ons werklik sal antwoord. Die grootste manier waarop ons soms misluk in hierdie verband, is die wyse en manier waarop ons praat. Ons woorde en ons gebede is nie altyd in lyn met mekaar nie.

Twee jaar gelede was ek deur ‘n vriend van my uitgedaag om te begin draf. Ek wou dit glad nie doen nie en het toe teen my sin wel besluit om dit een maal te gaan doen (net om hom van my rug af te kry). Behalwe vir die feit dat ek daardie oggend gevoel het of ek by die dood omdraai het iets anders ook gebeur (wat ek nie dadelik vir my vriend gesê het nie): Die draf-gogga het my gebyt! Ek het lief geword vir die sport en het dit deel gemaak van my leefstyl vir sowat twee jaar, totdat iets gebeur het wat my hartseer gelaat het. Ek het ‘n besering opgedoen in my regter knie en ek moes gaan vir ‘n operasie. Na die operasie het die dokter my afgeraai om weer te draf.

Om terug te kom na die punt:  ek het bly bid dat die Here my knie gesond sal maak, want Hy is mos die Geneesheer en Hy kan alles doen. Die probleem was dat my woorde nie in lyn was met dit wat ek gebid het nie. In my binnekamer het ek bly bid dat die Here my sal genees, maar met almal met wie ek in aanraking gekom het en wat vrae het oor my knie gehad het, het ek bly sê dat “ek nooit weer sal kan draf nie” en dat my knie “nooit weer dieselfde sou wees nie.” In hierdie geval het my gebed gefunksioneer sonder geloof en mense kon dit sien.

As jy kyk na jou situasie waaroor jy tans bid – glo jy werklik dat God dit vir jou kan doen en praat jy reg daaroor? Of bid jy een ding en praat iets heeltemal anders?

Weet dat God jou gebede wil beantwoord en dat Hy vir jou wil doen waaroor jy bid, want jy is ‘n Vriend van God.

Wanneer die droogte jou stilmaak raak appelkose blatjang (luister)

Vrouwees op ‘n plaas in die droogte geteisterde Noord-Kaap is nie maklik nie en “vrouens word mekaar se klankborde want broodwinners gesels allermins oor die seer in hul harte”, skryf Elize Parker in hierdie roerende berig. Op Vrouedag vier ons vroue. Sterk vroue. Vroue wat planne en blatjang maak.

 

Joos Moelich

Keith Coetzee    

Drie jaar gelede het die diep gebrul van Boertjie, Boytjie en die Lady vroegoggend oor die Laeveldwildreservaat opgeklink toe die drie trokke van hoop vroegoggend ingery gekom het. Noodtrokke van die droogte-verligtingsorganisasie, Boere-in-Nood. En ek het volwasse mans en vrouens en kinders sien huil toe die voer vir hul diere met ‘n plofslag vanaf die trokke die rooi grond tref.

Kort daarna het ek wilde diere, soos rooi bokke en renosters, agter die bakkie wat voer afgooi, soos mak troeteldiere sien draf.

Toe ek tien dae gelede in die Hooglandkaroo teen sonsondergang op die plaas Da Ganna op die Brospanpad naby Williston agter op Joos en Magda Moelich se bakkie vol versigtig uitgetelde voer tussen drie skaaphonde sit, draf ‘n troppie skape net so mak nader toe hulle die bakkie hoor. Die 250-stuks is nou lankal op die kraal gesit. Die skaaphonde spring nie eers af om skaap te werk nie. Elke skaap ken mos nou die pad van die bakkie tot die voerkrippe uit sy swart dorperkop.

Ook hier in die omtes het Boytjie, Boertjie en die Lady se organiseerders reeds ‘n ruim tyd gelede ‘n draai in die Hantam gemaak. Skape en vee is reeds lankal op kraal gesit. Die gebied ken nou reeds vyf jaar van versengende, genadelose droogte.

Die swart droogte noem hulle dit hier. As jy oor die veld kyk, is die bossies wat nog staan, swartpers van kleur.  Jy skop dit sommer los. Daar is geen voedingswaarde meer daarin nie.

G’n mens hier het al so droogte geken nie. Een wat ‘n eens trotse gemeenskap nou al ‘n ruk laat bakhand staan vir hulself, hul gesinne en hul diere.

Sommiges blameer die SKA-radioteleskoopontwikkeling op Carnarvon en lê selfs die wetenskap agter die blaam uit op ‘n geloofbare wyse. Ander weet veel van klimaatsverandering en soek die skuld by aardverwarming. En dan is daar diegene wat so ontredderd voel dat blaam nie meer ‘n faktor is nie.

Steek jy jou hande in die skape se wol, voel jy gou die heupbene wat van ontbering en verhongering skerp uitstaan. Joos verduidelik dan ook hoe dit nou met die skaars voer werk: soms kan net die mae volgehou word met voer wat nie veel voedingswaarde het nie, maar wat darem die trop op hul bene hou. Die meer voedende voer word dan vir die dragtige ooie en die slagvee gevoer. Dalk vir die skaap wat wel op pad na die slagpale is.

Als sodat ‘n goeie prys gekry kan word. Lank nadat die stryd op die veld en in die voerkrale gestry is, is daar ook die stryd om die regte pryse te kry en die geld in die bankrekening te kry sodat nog voer gekoop kan word. Pryse het ook reeds so geval dat gelykbreek skaars moontlik is. Regeringshulp bestaan nie en daar is boonop kompetisie van Namibiese skaapboere.

Dit gaan lankal nie meer oor eie behoeftes nie, maar oor ‘n bedryf en gemeenskappe se oorlewing.

Ook hier op De Ganna is Joos se voertrop uitgedun tot ooie wat eersdaags moet lam en word die goeie voermengsels gehou sodat die ooie nie lammers verloor nie.

Hier is lyding onder mens en dier wat nie in geld of trane gemeet kan word nie. Bankrekeninge word leeg getrek om voer te koop en petrol om dit aan te ry. Koöperasiegeduld met skuld is nou ook reeds verstaanbaar min en sommige boere word reeds van bankdeure weggedraai en is aangewese op skenkings van veevoer wat dalk nie altyd so gepas is nie. Ondertussen moet mediese fonds bydraes gekanselleer word en waar daar polisse is, dit uitgekoop word. Plaaswerkers word afgelê en dorpe se besighede loop dood.

Joos wys die geskenkte pekanneute wat hy as proteiene by die voer inwerk. Vertel van ‘n vrag appelkose wat boervroue tot blatjang verwerk het en verkoop het om geld vir voer te kry. ‘n Droogteboer maak meer as een plan.

Hier sukkel mense ten regte om te praat. Ook die stilte oor die een veld verstom jou – totdat dit voertyd is en ‘n geblêr uit ‘n ander wêreld opklink. Nader aan Williston, maak ek ‘n draai op Keith Coetzee se plaas, Skipperskraal, waar die voerkrale in ‘n ry sit met ooie en lammers van verskillende ouderdomme en kategorieë daarin. So ver as die voertrokkie ry, klink die geblêr van kraal tot kraal op.  Veral ook van die ooie wat lam maar nie die lammers deurgetrek kan kry nie. Ek maak ‘n warm mandjie met my arms vir ‘n lam wat ‘n uur later sterf al het Keith inderhaas ‘n bottel voermelk gaan kry. Die hoop bly dat wat gered kan word, gered moet word.

Hier is daar geloof by die ongeloof van hoe goed ander kan wees wanneer dit by skenkings kom. Op die grootste geskenk word daar egter gewag met oë wat heeldag na die horisonne draai en ‘n ongemaklike stilte wat heers as die weersvoorspelling oor die televisie kom. Soos die palm van hul eelthande ken hierdie boere weerkaarte.

Hoe vergeet mens die uitdrukking op ‘n Karooboer se gesig wanneer jy sien hoe hy na die wolke op die aandhorison kyk – net om die volgende oggend bloot die ligte dou op die grond en weer ‘n helder hemelkoepel te sien?

Gemeenskappe staan saam en neem hande om te oorleef. Verdeeldheid kom tot ‘n einde wanneer sakke voer met buurmense gedeel moet word. Dit is dalk die laaste stukkie hoop wat jy kan aangee. Van laastes gepraat –  hier word ‘n laaste bietjie geld dalk gebruik om ammunisie te koop om verhongerde skape dood te skiet en dan dalk die geweer op jou self te draai soos dit wel al gebeur het.

Vrouens word mekaar se klankborde want broodwinners gesels allermins oor die seer in hul harte om nie te kan sorg soos daar altyd gesorg is nie. Boonop, veeboere is intens lief vir hul diere. Sommiges kry nie eers meer self goed geëet nie. Soos een dit stel: “Hoe kan ek eet as my diere nie kan eet nie?”

Waterare is nou opgedroog. Boorgate loop droog. Ook plase na aan die dorp se boorgatwater raak minder nou dat die watertafel laer is omdat daar vir die dorp vir water geboor is.

Dis Dag Zero vir die boere in die Hoogland-Karoo. En die oë draai na Bo, maar ook na die teerpad waar rolbosse in die leë velde teen die grensdrade aanwaai en waar ook ander trokke van hoop dalk eendag weer sal aankom.

– Hierdie lammetjie by Elize het die droogte nie oorleef nie.

 

 

 

Dagstukkies met Wayne 8 Augustus 2019

8 AUGUSTUS 2019

Matteus 6:7-8:  #Gebed                                                                 

Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie.  Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.  Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle dit van Hom vra.”

Ons almal ken só ‘n tipe gelowige wat altyd in gebed ander wil beïndruk met die gebruik van hul woorde. Dit is wat vir my so mooi is van die God wat ons dien. Die feit dat Hy nie mens is nie en nie omgekoop kan word met mooi woorde nie. Hy word ook nie beïndruk met woorde of word daardeur gemanipuleer nie. Dieper as woorde kyk Hy na ons hart. Let daarop dat hierdie skrifgedeelte nie sê aangesien God ons ken en weet wat ons nodig het, ons dit as verskoning kan gebruik om nie te bid nie. Nee – ons moet steeds bid! Maar wanneer ons wel bid kan ons net onsself wees en hoef ons onsself nie te bewys deur die aantal woorde wat ons gebruik nie.

Toe ek jonger was en net tot inkeer gekom het, het ek soveel goed gehad om vir God te sê en vir Hom te vra maar omdat ek gevoel het dat ek nie die perfekte woorde gehad het nie, het ek gebed eerder heeltemal vermy. Dit is glad nie die plan van God vir jou en my lewe nie. Hy stel nie belang in die woorde wat ons gebruik (of nie gebruik) nie. Waarin Hy wel belangstel is die feit dat ons tyd maak vir Hom en ons harte voor Hom uitstort.

As dit jy is vandag vra jy jouself dalk: “Waar begin ek dan?”  Daar is ‘n ou lied met die volgende woorde waarmee ek jou vandag wil bemoedig.  Dalk voel jy tans presies soos hierdie lied beskryf en weet jy ook nie hoe om te bid nie:

“You don’t have to know how to pray, all you have to know how to say is “Jesus.” In a shouted voice of a whispered tone, is a crowded room or when you’re all alone it is “Jesus.”

Begin vandag deur jou hart voor Hom uit te stort.

Nie met fêncy woorde of lang paragrawe nie… wees jy net jy.

Wees jy ‘n Vriend van God.

Dagstukkies met Wayne 7 Augustus 2019

 

1 Johannes 5:14-15:  #Gebed                                                      

En nou kan ons moet vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens Sy wil vra.  En aangesien ons weet dat Hy ons vra en aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets so vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.”

Baie gelowiges lees hierdie skrif maar al wat hulle raak lees is die volgende: “En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.” Dit is egter glad nie wat hierdie skrif gedeelte ons leer nie.

Die sleutel in hierdie skrifgedeelte is in die feit dat wanneer ons bid ontvang ons wat ons vra sou ons vra wat God se wil is. Dit maak hierdie skrifgedeelte heeltemal anders. Ons bid egter nou nie net meer vir dit wat ons wil hê nie, maar ons vra dat God ons sal gee wat wel Sy wil is vir ons. Jesus het ook so ‘n gebed gebid. Hy het gevra dat die beker Hom verby moet gaan omdat Hy nie deur die lyding wou gaan nie MAAR dit is nie waar sy gebed gestop het nie. Jesus bid toe verder en sê: “Laat nogtans nie my wil nie maar U wil geskiet” (Lukas 22:42, AFR83).

Jakobus 4:3 in die Engelse vertaling lees: “When you ask, you do not receive, because you ask with wrong motives, that you may spend what you get on your pleasures.” (NIV). Hier het ons dus die kern van enige gebed: Motiewe. Ons bid alles wat ons bid vanuit een van twee motiewe:

  • God se wil of
  • vir ons eie plesier.

Dalk bid jy al jare vir daardie huis, motor, werksgeleentheid of huweliksmaat. Dit is glad nie verkeerd om dit te doen nie want ons kan met vrymoedigheid na God gaan met enigiets. Maar wanneer ons bid, kom ons bid eerder vir God se wil as wat ons bid vir ons eie plesier.  As jy bid, vra jouself die vraag: “Is dit God se wil of eerder vir my eie plesier?”

As ons God se wil soek, is ons werklik ‘n Vriend van God.