Gemeenskapsnuus – 6 Augustus 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 6  A U G U S T U S   2 0 1 9

 

8-10  AUGUSTUS   2019 JESUS MIRACLE CENTRE MINISTRIES

 

Jesus Miracle Centre Ministries, Ravensmead hou ‘n Konferensie met Tema“Remember who you are”  Waar: Christian Straat, 195, Ravensmead,    Tyd: 19h30

Kontak: Past. Jenny by 072 341 8634

 

9 AUGUSTUS  2019 THE FLOCK LADIES MINISTRIES

 

The Flock Ladies Ministries hou ‘n Vroue Ontbyt met Tema “Dare to Dream”

Waar: Sonnemeisie Straat, 2 Kuilsrivier     Tyd: 10h00-14h00

Koste: R100p/p

Kontak: Meriza by 084 854 8241

 

9  AUGUSTUS   2019 EAGLES NEST MINISTRIES

 

Eagles Nest Ministries hou ‘n Liefdadigheids Ete met Heinrich Gabler (Mnr. SA 2019) & Jana Retief (Eat better SA) ten bate van Eagles Nest Christen Primêre Skool

Waar: Fathers House Christian Fellowship Church, Bellville     Tyd: 11h30

Koste: R150-R170p/p

Skakel: 079 582 5026

 

10  AUGUSTUS   2019 SPIRIT WORLD REVIVAL MINISTRIES

 

Spirit World Revival Ministries bied aan “Women of Greatness & Wonders” met Past. Samantha

Waar: Groendal Sekondere Skoolsaal, Franschhoek     Tyd: 15h00

Skakel: 062 867 3220

 

11, 18, 25  AUGUSTUS   2019 OIKEDOME CHRISTEN SENTRUM

 

Oikedome Christen Sentrum Vroue Bediening hou Spesiale Vroue Maand Dienste met Spreker, Joslyn Staal & Past. Dominique Adonis oor Tema “This is how we fight our battles”    Waar: Oikedome Christen Sentrum, Eon Laan, Scottsdene, Kraaifontein    Tyd: 09h00

 

12  AUGUSTUS   2019 IMPACT OPLEDINGSENTRUM

 

Impact Opleidingsentrum hou ‘n Drama Werkswinkel met David Reece, TV persoonlikheid,

Waar: Belhar & Elsiesrivier    Tyd: 16h00-18h00       Koste: R50p/leerder/student

Skakel: Neil by 078 767 8048

 

16-17  AUGUSTUS   2019 LOGOS CHILDRENS MINISTRY

 

Global School of Theology will be hosting a Childrens Ministry Leadership Summit with Gordon & Becki West, Dr. Peter Hammond & many Others on different Topics

Cost: R200p/p   Where: Global School of Theology, 8 Potsdam Road, Killarney Gardens    Time: 18h00 & 19h00

Contact: Sonia on 082 974 4213 or 021 535 5853

 

17 AUGUSTUS 2019 CHRISTIAN SPORT & BUSINESS

 

Christian Sport & Business hou ‘n Optrede met Angus Buchan & Getuienis van bekende Sport Persoonlikheid,    Waar: Die Lighuis, Voortrekker Weg, Parow

Tyd: 14h00-16h00

Kaartjies:  R30p/p (beskikbaar by Itickets)

 

24 AUGUSTUS 2019 HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM

 

Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 22ste jaarlikse Concertofees met Optrede van 16 jong musici & Hugo Lambrechts Simfonie Orkes

Waar: Hugo Lambrechts Musieksentrum, Parow       Tyd: 19h00    Kaartjies: R130p/p

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105

 

31 AUGUSTUS 2019 SJ PRODUKSIES & DGP MUSIEK

 

SJ Produksies & DGP Musiek hou ‘n Aand van Goeie Kos & Goeie Musiek met Kristan Donson, Bianca Solomons & Ander

Waar: Westcliff Spesiale Hoërskool, Ou Paarl Weg, Bellville

Tyd: 19h00         Kaartjies: R100p/p

Kontak: Samantha by 076 064 6620

 

Werkverskaffing – 06 Augustus 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 6  A U G U S T U S    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
ONTVANGSDAME RECEPTIONIST
 
Vereistes: Algemene Mediese Praktisyn in Bellville, benodig ‘n Ontvangsdame/Administratiewe Assistent, bo 45jr met Matriek, rekenaarvaardigheid in Microsoft, tweetaligheid – Afr/Engels Diensaanvaarding: 1 Nov. 2019 (Sluitingsdatum: 31 Aug. 2019)  

Epos: CV aan drhmarais@mweb.co.za

   
INSLAAP HUISHULP NANNY/DOMESTIC WORKER

       

  Vereistes: Inslaap Huishulp (35-55jr) benodig met sober gewoontes en kontakbare verwysings. Moet omsien na 11mde oue baba, huistake en hulp met pasgebore Baba in September. Salaris R2500p/m

Epos CV na t.jooste@hotmail.com (Trifosa Gantana)

 

INSPEKTEUR INSPECTOR

 

Vereistes: Gehaltebeheer Inspekteur & Logistieke Beampte benodig vir (Voedsel en-bestuur) Foreshore, Kaapstad, met Matriek, toepaslike kwalifikasie in Gehaltebeheer, 3-5jr ondervinding in vars vrugte as Gehaltebeheer beampte, eie vervoer, bestuurslisensie, woonagtig in Kaapstad.

Epos CV na etoit@chenshia.com (Sluitingsdatum: 16 Aug. 2019)

 

VAKATURES VACANCIES

 

Vereistes: Bester Tegniese Dienste, Swartland area benodig 1. Gekwalifiseerde Auto Elektrisiën; 2. Gekwalifiseerde Elektrisiën;  3. Werktuigkundiges (Slootgrawers, Vragmotors, Konstruksie) met ten min. 10 jaar ondervinding.

Epos: CV aan admin@bestertd.co.za

 

VERPLEEGKUNDIGE NURSE

 

Requirements: Professional Nurse needed, will be responsible to manage a large team and report to the Health Care Manager, be able to work in an interdisciplinary and multifunctional environment, own transport, driverslicense, fluency in Afr/Eng, computer literacy, exp. in an old-age home environment.

Email: CV to cindy@plumrus.co.za before 15 August 2019

 

KONSULTANTE CONSULTANTS

 

Vereistes: Jy hoef nooit weer sonder werk te wees nie! Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. benodig Konsultante – Opleiding en Kliënte word voorsien, bogemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Skakel: (021) 910 0992 of 082 458 0533 of www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma in Onderwys, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 082 458 0533 of www.learn2learn.co.za

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Skakel of Whatsapp asb. vir Yolandi by 082 733 5447

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS

 

Requirements: Marketing Consultants needed with Grade 12, qualification in marketing will be advantageous, computer literacy, good written and spoken English, must have tolerance for stress, customer service, attention to detail and self-starter.

Email CV to info@jsbrokerage.co.za

 

 KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Requirements: Justice 4U Consultancy in Bellville are looking for persons who can act as our agents in tracing former members or beneficiaries, owed unclaimed retirement benefits.

Contact: Janine on 021 949 8673

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Dagstukkies met Wayne 6 Augustus 2019

6 AUGUSTUS 2019

#Gebed       Efesiërs 6:18:                                                                                     

Doen dit alles bidden en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.  Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”

Hierdie skrifgedeelte is baie bekend en word sommer maklik aangehaal in boodskappe rondom gebed. Dit is ook ‘n skrifgedeelte wat ek goed ken en self ook baie gebruik om ander te leer en te inspireer rondom gebed. As ek egter die skrif lees staan die volgende woorde vir my uit: “Doen dit alles biddend.” Beantwoord die volgende vraag vir jouself so eerlik as wat jy kan: “Doen jy alles biddend?”

As ek eerlik moet wees met jou: ek doen nie. Soms is gebed nie my eerste reaksie in ‘n moeilike situasie nie; dit is ook nie altyd my eerste opsie in tye van krisis nie; dit is ook nie my eerste “stopplek” as ek antwoorde soek of ‘n uitkoms nodig het nie. Voordat jy my oordeel, wees eerlik met jouself en dink mooi daaraan: Doen jy werklik alles biddend? Die mooi-antwoord is natuurlik: “Ja!” Ons wil alles biddend doen, maar as ons vir ‘n oomblik mooi daaroor moet dink is die antwoord nie altyd “ja” nie.

In die tye van krisis, tekort, behoefte, teleurstelling, of wanneer ons antwoorde soek, oplossings nodig het en opsies oorweeg met groot besluite, dan is gebed nie altyd nommer een op ons lysie van take wat verrig moet word nie. Weet jy hoekom is dit die geval? Want ek (en jy) heg nie genoeg waarde aan gebed nie. Gebed kan van ons teleurstellings voorkom, dit kan van ons situasies verander en dit kan help dat ons verkeerde besluite maak, sou ons alles biddend doen en alles in die lewe so benader. Maar omdat ons dit nie doen nie, is dit die oorsaak dat ons soms sit waar ons sit.  Kom ons kweek nuwe gewoontes en doen alles biddend.

Voordat jy daardie besluit maak, daardie ding koop, daardie besigheid oop of toe maak, trou met daardie man of vrou, voordat jy ja of nee sê vir daardie geleentheid wat voor jou staan… stop! Bid en reageer eers dan.

As ons dit doen, sal ons werklik geken word as ‘n Vriend van God.

104FM gaan groot saam met Gimmies en Boishaai

Deur Sedrick Taljaard

Valskerm foto’s verskaf deur Paarl Post se Noël Teba

Daar kon nie vir beter weer gevra word gister in die Paarl nie, waar Radio Tygerberg 104fm met gereelde oorskakelings regstreeks verslag gedoen het van vanjaar se opwindende Paarl Interskole tussen die rugbyspanne van die Hoërskool Gimnasium en Paarl Boishaai. Die son het heerlik geskyn en daar was geen sprake van wind nie. Dit was die perfekte omstandighede vir die 104de Paarl Interskole op die Faurestraat Rugbyveld, waar bykans 23 000 toeskouers saam gekom het om dié stryd gade te slaan.

Chris en Roelien van Altena (heel links en regs) het al die pad van Kleinmond af gekom om hul eerste Paarl Interskole by te woon saam met vriende Willie en Thea Rossouw van Claremont in die suidelike voorstede van Kaapstad, terwyl Sedrick Taljaard vir Hentie de Wet, oud-Boishaaier en eienaar van Henties Vrugtesappe, op die hoofpawiljoen van die Faurestraat stadion raakgeloop het.

Radio Tygerberg 104fm se mede-aanbieders tydens die Paarl Interskole, Willem Erwee (foto 1 links bo) en Arrie Hougaard (foto 3 links onder), het Saterdag tydens regstreekse oorskakelings na die Faurestraat Stadion in die Paarl verskeie onderhoude gevoer, met onder andere Muis Miller, raadslid van die Drakenstein Munisipaliteit; Lieze Bosman en Drew Bennett, onderskeidelik Gimmies en Boishaai se hoofdirigente; Eddie Bateman, skoolhoof van Gimnasium; en Fred Potgieter, valskermspringer van Mother City SkyDiving, wat kort voor die hoofwedstryd saam met ‘n kollega ná ‘n sierlike vertoning op die Faurestraat rugbyveld geland het. Radio Tygerberg 104fm se buite-uitsendings en oorskakelings tydens die Paarl Interskole moontlik gemaak is met die komplimente van Sasfin Wealth.

Arrie Hougaard en Willem Erwee besig om regstreeks kommentaar te lewer oor die laaste spanningsvolle minute van die Paarl Interskole kragmeting tussen Gimnasium en Boishaai, wat uiteindelik naelskraaps met 18-17 deur Gimmies gewen is. Sodoende het Gimnasium sy wendroogte van vier jaar gebreek en Boishaai die kans ontneem om dit vyf-in-‘n-ry te maak.

Twee valskermspringers van Mother City SkyDiving het Saterdagmiddag as deel ban die Paarl Interskole 104 Stunt, kort voor die aanvang van die hoofwedstryd met ‘n sierlike vertoning vanuit die blou lug afgesak en netjies op die Faurestraat rugbyveld geland, waarna elkeen ‘n skoolvlag van onderskeidelik Gim en Boishaai op verskillende plekke op die veld geplant het. Die eienaars wat daardie betrokke plekke op die veld vir R25 stuk gekoop het, stap elkeen weg met R10 000 kontant. Die twee gelukkige wenners word deur die loop van Maandag 5 Augustus op sosiale media bekend gemaak. Hou dié spasie dop!

Lank nadat die eindfluitjie op die Faurestraat Stadion geblaas is, met die naelskraapse uitslag van 18-17 in die guns van Paarl Gimnasium, het die leerlinge, ouers, oud-leerlinge en ondersteuners van beide skole nog op die hoofpawiljoen bly sit terwyl beide skole, soos voor die aanvang van die hoofwedstryd, uit volle bors hul skoolliedere gesing en krete herhaal het. Dít spreek boekdele van uitstekende sportman gees en wedersydse respek tussen alle betrokkenes by dié twee skole. Waardes wat sedert die instelling van die Paarl Interskole 104 jaar gelede in die leerlinge gekweek word.

Talle toeskouers by Saterdag se Paarl Interskole het voor die afskop van die hoofwedstryd nog van die geleentheid gebruik gemaak om kaartjies te koop vir die Paarl Interskole 104 Stunt, met twee kontantpryse van R10 000 elk op die spel. Die Radio Tygerberg 104fm stalletjie is beman deur Helena de Lange en Surita Cowley van die radiostasie se promosie en projekte span. Die wenners van die kompetisie word later Maandag 5 Augustus in #HuisToe en op sosiale media aangekondig.

Dagstukkies met Wayne 5 Augustus 2019

5 AUGUSTUS 2019

Psalm 5:3-4:  #Gebed                                                                      

Gee tog aandag aan my hulpgeroep my Koning en my God, want tot U bid ek.  U luister na my stem in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”

Is dit nie gerusstellend om te weet dat die God van die heelal dit belangrik ag om na jou stem te luister nie?  Vra ‘n paar gelowiges om jou en jy sal vinnig agterkom dat baie Christene bewus is daarvan dat gebed belangrik is. Baie gelowiges weet ook dat gebed nie net belangrik is nie, maar dat dit ook noodsaaklik is. Hulle weet ook dat gebed ‘n wapen is waarmee ons oorwinning kan ontvang oor die vyand en sy aanslae. As gelowiges weet ons ook te goed om vir ander om ons te sê: “Ek bid vir jou.” Maar kom ons wees eerlik… gebed is iets waaroor ons as gelowiges baie makliker praat as wat ons dit werklikwaar toepas. Die feit dat God na ons stem luister as ons bid is definitief die waarheid, maar Hy kan slegs luister as daar wel iets gesê word.

Die Psalmdigter skryf in hierdie vers dat hy tot God bid en dat as hy bid dit God is wat na sy stem luister. Weet vandag dat God na jou stem ook wil luister.  Hy wil weet wat jou pla.  Hy stel belang in wat jy te sê het en Hy wil hoor wat jou seermaak.  Gedurende die volgende week wil ek jou uitdaag om saam met my te reis en jou gebedslewe te evalueer.  Vra jouself die volgende vrae af:  Bid ek genoeg? Wanneer maak ek werklik tyd vir gebed? Bid ek doelbewus of slegs uit gewoonte uit? Dit is nie te laat nie… begin vandag.

God wil aandag gee aan jou hulpgeroep. Roep soos nog nooit vantevore nie.

Soos jy bid, wees jouself en praat soos ‘n Vriend van God.

 

Wayne de Vos: vreesloos vir Christus

“Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”

Jesaja 43:1 is , skrywer van die week se Dagstukkies met…rubriek, se gunsteling vers!

En vir die wat die voorreg het om Saterdae in die geselskap van Wayne op Radio Tygerberg 104fm te kuier, of die wat hom as pastoor op Sondae of jeugpastoor in die week by verskeie skole sien, is hierdie vers deel van dié jong man se DNA.

Jy sal verskoon word as jy dink dat die pastoor nie te lank gelede op die skoolbanke van Hoërskool De Kuilen was nie. Maar “looks can be deceiving” kom jy baie vining agter wanneer jy met Wayne te doen kry. Hy is agtermekaar en vier in November sy 28ste verjaarsdag! Hy is iemand wat jy kan vertrou en iemand wat jou keer op keer heerlik verras met sy bereidwilligheid, sy kreatiwiteit en sy heerlike sin vir humor.

Volgens Wayne, wat Saterdae van 15:00 tot 18:00 agter die mikrofoon inskuif, het radio hom gekies, maar het hy baie vining sy hart op dié medium verloor. Sy passie vir die Woord en Kaapstad is amper tasbaar. “My droom vir die stad is om te sien dat inwoners tot die volheid sal kom waarvoor God ons geroep en geskape het. Om te sien hoe mense oor alle grense  -rasse, kulture, ouderdomme, “klasse” en denominasies – sal saam staan en werk as ‘n eenheid om God se Koninkryk te vestig op aarde net soos wat dit is in die hemel.” Sy gunsteling deel van sy program is dan ook #KaapseKlanke waar hy onderhoude met plaaslike Kaapse kunstenaars doen.

Wayne is getroud met Chantelle en die paar het twee pragtige blondekopdogtertjies, Mila en Emma wat hul jonk hou. Chantelle is saam met Wayne in die bediening by die Vriend van God Gemeente (AGS Goodwood) en skryf die mooiste musiek.

As dit by musiek kom speel Wayne graag klawerbord en hou veral daarvan om saam met Chantelle die Here te aanbid deur middel van musiek.

En hoewel Wayne net oor naweke op lug is, is hy baie betrokke agter die skerms. Binnekort is hy weer deel van die bestuurspan van die gevreesde “VreesLOOS 2019” wat Radio Tygerberg 104fm in samewerking met Tygervallei van 3 – 5 Oktober aanbied. Gelukkig vrees Wayne min dinge, want alles van die eet van goggas, om aan grillerige dinge te vat, meer as 24 uur wakker te bly en verskeie Bybelspeletjies te doen is maar net ‘n paar van die items op vanjaar se spyskaart.

Is daar iets waarvoor hierdie jong man bang is? “Wel, bredies, pasta en braaivleis maak sy kniee lam, lag hy. “Dan moet ek weer begin draf. En dit maak my effe bang. Die draf-ding.” En so ken ons hom by die stasie – aan die lag in sy bekende denimblou-hemp, donkerraam bril en netjiese haarstyl. Nie ‘n banghaar op sy kop nie.

Wayne is die week ons skrywer van Dagstukkies met Wayne en sy tema is #Gebed.

 

 

‘n Reënboog van seën

Deur Elize Parker

 Adri Williams, deur wie se visie Projek SOS100 in 2016 gebeur het, haar ouers Johan en Brenda Jacobs by die kruis wat sy geplant het by die ongelukstoneel waar sy destyds ernstig beseer is in ‘n motorongeluk. Elize Parker het die reis met hulle meegemaak.

Haar reënboog van seën

Van die 160 Noord-Kaapse boere wat in 2016 voer ontvang het tydens die Radio Tygerberg 104fm SOS 100-uitreik, is nog 160 steeds aan die boer ten spyte van die feit dat die uitmergelende droogte van die afgelope vyf jaar hul kuddes uitgedun het en hul bankrekenings leeg gemaak het.

Die syfer is wel ‘n troos vir sakevrou Adri Williams van Khayalitsha Cookies in Kaapstad wat met die projek ook haar staal gewys het as raakvatter om voer op plase in Noord-Kaap distrikte te kry by boere wat werklik nood gehad het.

Ek was onlangs saam met Adri en haar ouers op ‘n pelgrimstog, nie net na van die boere in die Hantam en die Hoogland-Karoo wat nou nog swaarder kry nie, maar ook op ‘n persoonlike binne-reis vir die dinamiese en veelsydige vrou.

Op die pad tussen Williston en Carnarvon het Adri se motor se band destyds gedurende die uitreike gebars. Sy was in ‘n lewensveranderende ongeluk toe die kar ses keer getol het en twintig meter ver van die pad en in die bossie veld as ‘n wrak tot ruste gekom het. Saam met haar was omroeper Gerald Petersen van Radio Tygerberg – toe nog by Media24 saam met Adri as fotograaf. Hy het ook ernstige beserings opgedoen.

Dit het drie ure geneem vir ‘n boer en ‘n span om haar uit die wrak te kry en na ‘n senutergende rit met ‘n ambulans, is Adri in ‘n hospitaal opgeneem waar die plaaslike mediese personeel nie haar ernstige beserings kon aanspreek nie. Haar arms was sleg gebreek en haar lewenslig het flou gebrand na die drie ure in die wrak op ’n dag wat dit buite 42 grade warm was.

Na vele operasies in verskeie hospitale oor drie jaar en nadat sy met moed en durf weer haar arms moes leer gebruik, bestuur sy vandag die motor na die plek waar die boer wat haar destyds gehelp het, Keith Coetzee van Skipperskloof, met ‘n sak teen die draad sou aandui presies waar die ongeluk gebeur het. Hier wil sy ‘n kruis oprig om die Here te bedank dat Hy haar en Gerald se lewens gespaar het.

Reeds vroeg op die pad anderkant Calvinia boog ‘n halwe reënboog teen die horison en ons stop om die kleurboog in hierdie droë wêreld te kiek. ‘n Vreemde verskynsel in ‘n omgewing wat geen reën vir maande gesien het nie. Skielik, voel ek dit aan.

Hier is ‘n belofte wat wag…

Veel later, na ‘n wye omdraai in Carnarvon, bel Adri vir Keith want die wit sak teen die draad, die teken waarop ons bedag moet wees, is nêrens te siene nie. Ons val weer in die pad. Toe, met Keith wat aan die een kant van die pad staan waar die ongeluk was, kyk ons op. Vir ‘n flitsoomblik, sien ons weer ‘n reënboog aan die ander kant van die pad.

Vir Adri is dit die belofte waarna sy so lankal gesoek het. Sy spel dit half oorbluf uit: “Die Here sê dit gaan nie weer gebeur nie.”

Met die gerusstelling in haar hart, bring sy saam met haar pa Johan, ma Brenda en Keith die houtkruis wat al die pad van Kaapstad saamgebring is,  in die veld soos ‘n baken aan. Van alle kante dra ons klippe aan om die seker te maak dit bly ferm staan.

Toe ons terugstaan na ‘n gebed, besef ons die klipaltaar dra die dankbaarheidswense van sovele: Adri se eggenoot en die twee dogters tuis, haar personeel in haar fabriek, haar ouers en haar uitgebreide gesins- en familiekring.

Ons kyk op,  maar die reënboog van vroeër is lankal nie meer oor die Karoolandskap te siene nie. Maar die belofte staan wel. Adri gryp dit met hart en siel aan toe sy met meer selfvertroue weer agter die wiel inskuif, en net vir ‘n oomblik na die doringdraad kyk waar ons deurgeklim het na die toneel waar haar lewe vir ewig verander het.

Haar glimlag breek deur haar trane. Sy het vele van die antwoorde wat sy gesoek het, hier tussen bossies en bruin Karooklippe gevind.

 

Dagstukkies met reinhard 14 Augustus 2019

1 4   A U G U S T U S   2 0 1 9

14 AUGUSTUS 2019

Romeine 10:15:  #Liggaam

“Hoe wonderlike klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

In die Bybelse tyd was ‘n paar skoene die teken van volwassenheid. Dit was die simbool van onafhanklikheid, ‘n sigbare bewys dat die persoon groot geword het.

Vandag is dinge aansienlik makliker en kry kinders motors wanneer hul ‘n sekere ouderdom of status bereik. Die gee van skoene was egter die teken dat jy enige plek kon gaan – dat daar geen beperkings op jou was nie.  Vandag nog wil ouers deur die geskenke aan hul kinders die eindelose moontlikhede wys wat die wêreld bied en dat hulle gehoorsaam sal wees aan hul roeping. Die skoene is sleutel tot ‘n toekoms vol geleenthede.

Elke mens het ook ‘n paar skoene by sy Hemelse Vader gekry. En hoewel niemand foutloos is nie, kom hierdie skoene met outoriteit en ‘n roeping.  Jy het spreekwoordelik die sleutel aan jou voete wat deure vir ander kan oopsluit.  Elke tree is ‘n nuwe geleentheid om die goeie boodskap te verkondig.

Sluit jou skoene deure en geleenthede vir mense oop of toe? Dit is jou vraag om vandag eerlik te beantwoord. En die wonderlike genade van skoene is dat dit die rigting volg wat jy kies. Kies jy vandag reg?

Jesus Liefde

Kerknuus – 4 Augustus 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   0 4  A U G U S T U S   2 0 1 9

 

4  AUGUST   2019 POWERHOUSE MINISTRIES

 

Powerhouse Ministries presents an Interdenominational Worship Night for worship leaders to join.

Where: Powerhouse, 15 Marais Street, Durbanville     Time: 16h00-20h00

Cost: Free

Contact: 082 518 0045

 

7  AUGUST   2019 ST. MICHAEL ANGLICAN CHURCH

 

ST. Michael & All Angels Church will be hosting ALPHA – A Practical introduction to the basics of Christianity, on topics Who is Jesus & many more!

Where: St. Michael and all the Angels, C/o Letchworth Drive & Louis Thibault Drive, Edgemead     Time: 19h00     Cost: Free

Contact: Church Office on (021) 558 4139 or email: edgemeadanglican@telkomsa.net

 

8-10  AUGUSTUS   2019 JESUS MIRACLE CENTRE MINISTRIES

 

Jesus Miracle Centre Ministries, Ravensmead hou ‘n Konferensie met Tema“Remember who you are”  Waar: Christian Straat, 195, Ravensmead,   Tyd: 19h30

Kontak: Past. Jenny by 072 341 8634

 

9 AUGUSTUS  2019 THE FLOCK LADIES MINISTRIES

 

The Flock Ladies Ministries hou ‘n Vroue Ontbyt met Tema “Dare to Dream”

Waar: Sonnemeisie Straat, 2 Kuilsrivier     Tyd: 10h00-14h00

Koste: R100p/p

Kontak: Meriza by 084 854 8241

 

9 AUGUSTUS  2019 CONSUMING FIRE MINISTRIES

 

Consuming Fire Ministries hou ‘n Vroue Dag met Debbie Blackenberg oor Tema “Broken, but not Destroyed”    Waar: Hillcrest Gemeenskapsaal, Blue Downsweg, Blue Downs     Tyd: 12h00     Koste: R50p/p

Kontak: Past. Wendell Nimmerhout by 071 765 2044

 

9 AUGUSTUS  2019 HADASSAH WOMENS OUTREACH

 

Hadassah Womens Outreach hou hul Jaarlikse Vroue Konferensie met Dr. Pinky Ngcakani-Ncula oor Tema “Restoration” Waar: Westridge Burgersentrum, Mitchells Plain     Tyd: 13h00      Stalletjies @ R150

Kontak: Lenore by 084 494 0043

 

10 AUGUST  2019 NEW LIFE ASSEMBLY

 

New Life Assembly Ladies presents You Matter with Ellen Pakkies, Marian Kortjie & Others

Where: Shawco Hall, 12th Avenue, Kensington     Time: 14h00     Entrance: Free

Contact: Chantal Philander on 065 983 2194

 

11, 18, 25  AUGUSTUS   2019 OIKEDOME CHRISTEN SENTRUM

 

Oikedome Christen Sentrum Vroue Bediening hou Spesiale Vroue Maand Dienste met Spreker, Joslyn Staal & Past. Dominique Adonis oor Tema “This is how we fight our battles”

Waar: Oikedome Christen Sentrum, Eon Laan, Scottsdene, Kraaifontein   

Tyd: 09h00

 

17 AUGUSTUS  2019 PROJEK 31

 

Projek 31 hou ‘n Fondsinsamelings Ontbyt  ten bate van Jeugbemagtiging

Waar: St. Georges The Martyr Anglikaanse Kerksaal, Sarepta Straat, 67, Kuilsrivier    

Tyd: 09h30 vir 10h00     Kaartjies: R100p/p (bring blikkies kos item)

Kontak: Lesley Bam by 082 333 3604

 

17 AUGUSTUS  2019 PROSPER MINISTRIES

 

Prosper Ministries presents a Gospel Show with various Artists

Where: New Open Doors Ministries, C/o Eindhoven & Churchhill Street, Delft    

Time: 18h00     Tickets: R40 adults, R15 child/u/12yrs.

Contact: 082 061 4722

 

Dagstukkies met Dennis 2 Augustus 2019

2 AUGUSTUS 2019

Efesiërs.6:14#Waarheid

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.”

Wanneer Apostel Paulus hierdie woorde aanhaal, word dit benadruk dat die stryd wat ons voer, nie teen vlees en bloed is nie, maar soos Efesiërs 6:12 sê: “…teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Daarom sê hy eintlik broeders word kragtig in die Here in die krag van Sy sterkte, want so maklik kan ‘n mens beweeg word van dit waarin jy glo.

Die vyand kom soos ‘n engel van die lig, hy ken ook die Woord, maar hy is die vader van die leuens.  Daniel se drie vriende, Sadrag, Mesag, en Abednego het aan die koning gesê hulle gaan nie voor die beeld buig nie, want hulle staan in die waarheid dat jy nie voor enige gegote beeld mag buig op die aarde of onder die aarde nie. Hulle was bereid om liewer die vuuroond te trotseer, want hulle lendene was omgord met die waarheid.

Efesiërs 6:14 begin met die woorde: “Bly dan op julle pos…” met ander woorde, laat niks en niemand jou beweeg nie.  Daniël self het liewers die leeukuil getrotseer as om op te hou om die lewende God te aanbid, want hy het drie maal op ‘n dag gebid met die vensters oop in die rigting van Jerusalem.  Wanneer ons staan vir die waarheid dan staan die waarheid by jou. Jesus sê in Johannes 14 “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.” Met ander woorde die Waarheid, Jesus Christus, staan by jou deur die moeilikste omstandighede as jy in die waarheid onbeweeglik vas staan.

Vrede / Shalom