Gemeenskapsnuus – 17 September 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 7  S E P T E M B E R   2 0 1 9

 

19 SEPTEMBER 2019 ST FLORIANER BOYS CHOIR

 

St. Martini Church, Cape Town will be hosting the St. Florianer Boys Choir SA Tour 2019     Where: St. Martine Church, 240 Long Street, Cape Town    Time: 19h30      Tickets: R120 adults, R50 children (Quicket) Tour donation

Contact: Erika on 082 707 7219

 

20 SEPTEMBER 2019 HEIDEKOPPIE GEMEENTE

 

Heidekoppie Gemeente bied aan Leon Ferreira, bekende Gospelsanger in Konsert!! ten bate van Mosaïek Gemeenskapskerk

Waar: Heidekoppie Kerk, H/v Protea & Stasieweg, Brackenfell

Tyd: 19h00      Kaartjies: R90p/p.

Kontak: Attie Rall by 082 932 2922

 

20 SEPTEMBER 2019 SIMPSONS PROKUREURS

 

Simpsons Prokureurs hou ‘n Gholfdag & Veiling ten bate van Goukam Health, fasiliteit wat versorging bied aan mense wat breinbeserings opgedoen het

Waar: Bellville Gholfklub

Kontak: Charl by 081 772 8339 of epos: charl@echovine.co.za  vir meer inligting.

 

21 SEPTEMBER 2019 MIRACLE BIBLE TRAINING CENTRE

 

Miracle Bible Training Centre presents a Five-A-Side Soccer Tournament, Prizes & Social Media Selfie Competition      Where: Curro School, Socrates Way, Century City    Time: 09h00

Contact: 074 085 2990 or player registration forms on MBTC Facebook Event

 

21 SEPTEMBER 2019 SUSTERS4LIFE

 

Susters4Life hou ‘n Optrede met Shimmy Isaacs- Comedy for a Cause

Waar: Bellville-Suid Hoërskool, Bellville-Suid    Tyd: 19h00

 Kaartjies: R60-R120p/p

Skakel: Lesley Thompson by 082 313 2452

 

 SEPTEMBER 2019/JULY 2020 BETHANY EDUCENTRE

 

Bethany Educentre at Bethany Fellowship Church in Claremont will be offering free Matric Classes during September/July 2020, for adults who need to complete their Senior Certificate.

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

24 SEPTEMBER MATRIC BALL

 

Calling on Car Clubs & Bikers to make a Lifetime Memory for Tazneem’s Matric Ball

Where: Airport Mall, Belhar  (Pick up in Delft, Drop off Belhar)     Time: 16h00

Contact: Brandon on 071 870 8477

 

26 SEPTEMBER 2019 SPORTS SCIENCE INSTITUTE

 

Sports Science Institute of SA (SSISA) presents a Career Day for all Grade 12 Learners that are interested in Personal Fitness Training & Conditioning, in order to make best study career choices.    Where: Sports Science Institute        Time: 08h00

Contact: Sean on (021) 659 5728

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

28 SEPTEMBER  2019 FRANETTE FUNDRAISER

 

Franette Fundraiser for Electrical Wheelchair with Garner Nel

Where: Voortrekker Hall, 151 De Wet Street, Vrijzee, Goodwood       Time: 19h00     Cost: R60p/p

Skakel: Franette by 082 557 0133

 

28 SEPTEMBER  2019 REMNANT WORSHIP TEAM

 

Remnant Worship Team hou ‘n Konsert met Tema “We still Standing”

Waar: Liberty performance Art Centre, Goodwood       Tyd: 18h00     Koste: R80p/p

Skakel: Shaun by 078 727 7115

 

28 SEPTEMBER  2019 OIKODOME CHRISTIAN CENTRE

 

Oikodome Christian Centre, Dance Ministry presents a Dance Production, Themed Divine Completeness”   Where: Kraaifontein Civic Centre, Kraaifontein

Time: 17h00

Cost: R100 adults, R40 child/u/12yrs

Contact: Clearice on 082 998 0501

 

1 OKTOBER  2019 FISANTEKRAAL

 

Fisantekraal presents a 7weeks Home Management & Hospitality Course includes basic food knowledge & preparation skills, waiter skills, venues, restaurants & hotels, etc.

Where: FCD Training Venue, Durbanville           Cost: R300p/p (commitment fee)

Contact: Fisantekraal on (021) 975 7764

 

5 OKTOBER  2019 BADISA GOUE AAR TEHUIS

 

Badisa Goue Aar Tehuis, Malmesbury hou ‘n Vroue Oggend met Lindie Strydom & Chef Tiaan met ‘n Kos Demonstrasie & Koekbak Kompetisie

Waar: Malmesbury Stadsaal           Tyd: 10h00    Kaartjies: R120p/p

Kontak: Leon Venter by 022 486 6240

 

6 OKTOBER  2019 HELDERBERG HOSPICE

 

Helderberg Hospice presents Voices for Helderberg Hospice in Celebration of  World Hospice & Palliative Care Day with varied choral, instrumental & solo-trio Items

Where: United Church, 28 Bright Street, Somerset West       Time: 15h00

Cost: R95p/p

Contact: Natashja on (021) 852 4608 or 076 062 5855

 

15 OKTOBER  2019 TRANS-50 PANORAMA PALMS

 

Trans-50 Panorama Palms & Christelike Seemans Organisasie hou ‘n Optrede met Rina Hugo & Johan van Rensburg    Waar: Trans-50 Panorama Palms Afree-Oord

Tyd: 09h00

Toegang: R20p/p (Besprekingsfooi)

Kontak: Alida by (021) 930 6035

 

Dagstukkies met Dennis 17 September 2019

Filippense 4:13:  #Krag

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Dit is een van die mees gebruikte verse in die Bybel, wat mense al tot hoër hoogtes geïnspireer het. Ons leef regtig in ‘n wêreld vol uitdagings wat soveel probleme veroorsaak. Om hierdie uitdagings die hoof te bied het ons krag nodig en dan kan ons Filippense 4:13 aanhaal: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Dit is goed om die skrifte te ken, maar wanneer ons dit gebruik moet ons dit in die geloof doen. Ons moet glo dat Christus is in staat om ons bonatuurlik aan te raak met krag om enige situasie te oorwin.

In ons eie krag kan ons niks doen nie, daarom sê Jesaja 40:29: “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.” Vers 31 verklaar verder: “Maar die wat op die Here wag kry nuwe krag…”

Daar is ‘n koordigter wat sê: “Gee my die krag van die Here, wat aanhou en aan hou….” Wanneer ons vol is van die krag van die Here, dan kan niks en niemand ons stop nie, want Sy krag word in ons swakheid volbring. Daarom kan ons nie in onsself roem nie, want dit is die krag van die Here wat ons in staat stel om te doen waarvoor Hy ons geroep het.

Vrede / Shalom

Genoeg is Genoeg (Trauma)

#Genoeg is Genoeg (TRAUMA)

Deel 2: In Johannes 11:35 lees ons:

Jesus kon sy trane nie meer keer nie,Hy het gehuil.

Ek dink Jesus huil oor Suid-Afrika. Oor wat ons, as ‘n sogenaamde Christenland toelaat om te gebeur. Die koerantopskrifte is vervuil met opskrifte van moord, verkragting, ouers wat kinders vermoor, huurmoorde, plaasmoorde, kindermishandeling, mensehandel. Dan praat ek nie eers van korrupsie, vreemdelingehaat, vandalisme, brandstigting, die hemelhoë egskeidingsyfer, huwelikspare wat mekaar verneuk, verneder en verraai en diefstal nie.

Natuurrampe soos hierdie ongenadige droogte, orkane, vloede en verwoestende brande skets wêreldwyd ook nie ‘n positiewe prentjie nie. Mense is bang en beleef ongekende angs, vrees en trauma.

Die Woord maak dit baie duidelik in 2 Timoteus 1: 7dat God ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee het nie. Dit is natuurlik maklik om ‘n versies aan te haal indien jy nie tans in so ‘n situasie is nie. En deur hierdie vers aan te haal, mag ons nie die baie werklike emosies en gevare wat mense beleef, afmaak nie.

In September wil Radio Tygerberg 104fm die #ROOIverskil wees en maak in die Kaapse Skiereiland. Ons het hande gevat met die organisasie 1000 Women Trust wat daarop fokus om vroue wat in lewensgevaarlike omstandighede verkeer met ‘n praktiese uitkoms te bemagtig of hul deur die proses te help indien daar reeds ‘n traumatise gebeurtenis plaasgevind het. Die 1000 Women Trust help ook om die persone wat rondom daardie persoon is, toe te rus met die nodige hulpmiddels om haar (en moontlik haar kinders) reg te ondersteun. Dit is ‘n veilige plek vir vroue.

Twee gratis opleidingsessies word in September (14 & 28) by ons kantore in Parow, asook in Kommetjie en Somerset-Wes aangebied waar Trauma Steun-opleiding aangebied word.

WAT IS TRAUMA

Die woord trauma kom van die Griekse woord wat wond beteken. Trauma is die verlammende gevoel of gevolg wat ervaar word nadat iemand deur ‘n oorweldigende tyd of lewensbedreigende situasie, hetsy fisies of emosioneel, is. Dit is die onvermoë om sinvol in situasies te reageer. Persone voel dat hul beheer oor hul liggaam en besluite verloor. So iemand kan ook in die tyd afgesny raak van familie, vriende, die werkplek en gemeenskap as geheel.

Na ‘n traumatise gebeurtenis -soos die dood van ‘n kind, ‘n ongeluk, aanranding, egskeiding, ontvoering, motorkaping, plaasaanval, bankrotskap en die lys gaan aan – kan die persoon in skok ingaan. Tekens van skok kan insluit:

  • Persoon staar strak voor hul uit
  • Hartkloppings
  • Lighoofdigheid en naarheid
  • Onsameangende spraak en vreemde stemtoon
  • Die buite-die-liggaam-gevoel
  • Stomheid
  • Oormatige kalmte
  • Die skok wat intree by trauma is ‘n sielkundige meganisme wat outomaties inskop.

WORD ‘n TRAUMAHELPER

Die opleiding is ‘n praktiese sessie van 09:00 tot 12:00 en dek die volgende temas:

  • Hoe om ‘n veilige ruimte te skep
  • Doen ‘n ontleding van behoeftes en bekommernisse
  • Hoe om onmiddellike basiese behoefte | nood aan te spreek (bv veiligheid)
  • Hoe om te luister sonder om druk uit te oefen
  • Hoe om mense te bemoedig en te kalmeer
  • Die regte rigting: help met die gepaste inligting, dienste en steun wat polisie en hospitaal insluit
  • Hoe om mense te beskerm teen moontlike gevaarlike situasies of persone.

Ons leer in die Woord (Matteus 22:37 – 40) dat ons twee belangrike opdragte het: ons moet die Here ons God dien met alles wat ons is EN gelykstaande hieraan, moet ons ons naaste so lief soos onsself hê. Alles wat ons moet doen, word in daardie twee opdragte ingesluit.

Elkeen gaan een of ander tyd deur ‘n traumatise gebeurtenis. Almal ervaar trauma anders. Hierdie opleiding gaan jou bemagtig om meer as net ‘n gewillige oor te wees. Dit gaan jou praktiese raad en hulpmiddels gee om ‘n traumahelper te wees sodat jy die grootste opdrag kan uitvoer, om mekaar werklik lief te hê, veral in ‘n tyd van trauma.

Om die sessie by te woon, bespreek by 073 207 9079 en besoek die FaceBook-groep #1000Women1Voice waar al die hulpmiddels ook beskikbaar is.

Radio Tygerberg 104fm bied ook gratis beradingsessies aan by sy kantore in Parow met ‘n span van opgeleide beraders wat weeksdae vanaf 08:00 – 16:30 beskikbaar is. Afsprake kan gemaak word by 0861 104 104. Die stasie het ook ‘n aktiewe gebedspan wat alle gebedsversoeke hanteer. Versoeke vir gebede kan na gebed@104fm.co.za gestuur word of via Whatsapp 084 661 4104, sms na 32716 of via FaceBook Messenger.

 

Dagstukkies met Dennis 16 September 2019

Psalm 18:29:  #Krag

U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my.  Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.”

Genenis 1:3 verkaar: “En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.” Alreeds hier aan die begin word die krag van God geopenbaar in die woorde wat gespreek is. Johannes 1:5 sê: “En die lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” Want ons moet weet daar is krag in die gesproke Woord, om te roep dit wat nie bestaan asof dit bestaan.

Psalm 18:22 verkaar: “Want U laat my lamp skyn…” daarom het God die mens outoriteit gegee, om ‘n woord te kan spreek. Johannes 1:12 verklaar: “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” “U laat my lamp skyn…” sê ook vir ons dat God ons toerus met Sy krag selfs in die donkerste uur van ons lewe.  Hy sal ons lamp nie laat doodgaan nie, want ‘n dowwe lamppit sal Hy nie uitdoof nie, maar trim sodat dit helder kan brand in ‘n duister wêreld.

Wanneer ons lamp brand sê die Psalmis “…. Die Here my God laat my duisternis opklaar.” Daar is soveel krag in die lig wat skyn selfs middernag toe Paulus en Silas in blokke in die binneste gevangenis met boeie gewerp was, het hulle gesing en ‘n krag het die fondamente geskud en die boeie het afgeval. Daar is krag wanneer ons Sy aangesig soek in vrees en bewing.

Vrede / Shalom

Alles & Nog Wat – 14 September 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 4  S E P T E M B E R     2 0 1 9

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Felicity is op soek na ‘n Klerekas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 840 5368

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
 Tony soek na Musiek instrumente, Dromme + 12/24 kanaal mixer vir Mikrofoon teen vergoeding.

Kontak: 082 484 0898 

 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Antique Diningroom Table + 6 Queen Ann Walnut Wood Chairs + Lounge Suite, Antique bench   Bedroom Suite + Silk Rugs + Kitchenware + Molineux mixer + AMC Classic Pots+ Cutlery + 2 Dinner Sets + Aluminium Garden Furniture – Prices neg.

Contact: Walter on 082 860 2111

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Klein LG TV vir R380 + Muur Eenheid vir R500 + Aqua O Zone Bath Spa vir R800

Cane Ronde Tafel vir R200

Skakel: 083 693 4223

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
54cm Kleur TV vir R550 + Loopraam (Walker) vir R450 + Waterbum vir R700

Kontak: Andrew by 078 837 9256

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Gas Verwarmer vir R400 + Carburetor pan vir R100 + DSTV Decoder vir R300 + 2 Opel Deure vir R600

Karavaan vir R10 000 + Golf mk 1 vir R20 000 + Waaier vir R500

Skakel: 061 837 1530

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
   Alice is op soek na ‘n TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 799 4741

 
 

T E  K O O P F O R  S A LE

 

Defy Dubbeldeur Yskas vir R800

Skakel: 062 133 2278 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Quinny Prum Motorstoeltjie vir R1300 + Karstoeltjie vir 2-4jariges + ekstras vir R1200

Skakel: 071 980 5137

 

 

S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T

 

Yda is op soek na ‘n Saamrygeleentheid vir haar dogter vanaf Lotusrivier na die Waterfront vanaf Ma-Vrydag, teen vergoeding.         

Skakel: 078 329 9136

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Galvanised Steelframe for a Bakkie (3.1mx1.6m) @ R3000 + Veaudry Flatiron @ R1500

White Standard Safety Gate @ R500 + Bronze Aluminium Frame (855×2.045) – make an offer + Telefunken LED TV with built in DVD Player @ R1500

Contact: 082 429 0442

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Estelle is op soek na Baba Klere vir pasgebore babaseun  teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 984 0379 

 

 

Kerknuus – 15 September 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 5  S E P T E M B E R   2 0 1 9

 

15-18  SEPTEMBER  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Konferensie met Spreker, Past. Leslie Andrews

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 10h00 & 18h30      Toegang: Gratis (Liefdesoffer opgeneem word)

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

15 SEPTEMBER  2019 SPURWING PRIMARY SCHOOL

 

Spurwing Primary School will be hosting The Birthday & Honorary Service of Saul Claasen

Where: Spurwing Primary School, Eerste River    Time: 16h00 

Contact: Mrs. Manuel on 072 975 35733

 

27  SEPTEMBER  2019 VREDELUST CHURCH

 

Vredelust Church will be hosting a Glorious Grace Concert with Ricardo Burnett & many Others!      Where: Vredelust Church 87 13th Avenue, Boston Bellville      Time: 19h30      Tickets: R100p/p.

Contact: 073 859 9545

 

28  SEPTEMBER  2019 EMMANUEL WORSHIP CENTRE

 

Emmanuel Worship Centre presents a Walk for Change with WCape Band Association & Police escort,         Where: Emmanuel Worship Centre, 34 Dune Drive, Woodlands      Time: 09h00       

Contact: Centre on (021) 374 4364

 

28  SEPTEMBER  2019 AUBREY ZAIN MINISTRIES

 

Aubrey Zain Ministries in Association with Arubah Family Church is hosting The Great Prophetic Bash,     Where: Steenberg High School Hall, Symphony Street, Steenberg,       Time: 14h00       

Contact: Past. Chris Frantz on 066 217 1363 or 067 735 9561

 

5 OKTOBER  2019 LUIGI APRIL GOSPEL TOER

 

Luigi April, tans te sien op SABC2 Home Sound, hou ‘n Gospel Toer

Waar: Wolseley Pine Valley Gemeenskapsaal     Tyd: 16h00

Koste: R40volw, R20 kind/o/12jr.       

Kontak: Jasmine by 063 552 5973

 

5 OKTOBER  2019 PENTECOSTAL REVIVAL MISSION

 

Pentecostal Revival Mission Kerk hou ‘n Vroue Rally

Waar: Blomvlei Primere Skool, H/v Hanover Park Singel & Athwood Weg, Hanover Park                                      Tyd: 14h30           

Kontak: Kathy by 081 515 7229

 

6 OKTOBER  2019 GREYLADIES

 

Greyladies Assosiasie hou ‘n Philadelphians Koor Konsert

Waar: Kerk van die Heilige Gees, Bailey Singel, Heideveld       Tyd: 15h00

Kaartjies: R50p/p   

Kontak: Barbara by (021) 671 0820 of 073 697 5152

 

6-9 OCTOBER  2019 NEW LIFE APOSTOLIC HOUSE INTERNATIONAL

 

New Life Apostolic House International presents a Holy Fire Connection Conference with Past. Vincent Alexander, Past. Zion Matthew & many Others

Where: New Life Apostolic House International, 158 London Way, Malibu Village

Time: 09h00 & 19h00      

Contact: 021 909 2124 or 082 781 2848

 

10-13 OKTOBER  2019 NUWE JERUSALEM PINKSTER BEDIENING

 

Nuwe Jerusalem Pinkster Bediening hou ‘n 4-Dae Reeks Dienste met Past. N. Douw Pieters & Ander, oor Tema “God is not finished with me yet”

Waar: Kwazakhele Straat, Wesbank         Tyd: 19h15 & 10h00      

 

Dagstukkies met Dennis 13 September 2019

13 SEPTEMBER 2019

 Psalm 92: 12-14:  #Groei

Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon.  Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God.”

Apostel Paulus skryf in sy brief aan Timoteus in 2 Timoteus 3:12: “En almal wat Godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.” Die veertiende vers sê: “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het.”  Die Psalmis sê dan eintlik te midde van wat hom voorlê; kwaaddoeners wat teen hom opstaan, sy oog sal sien met welgevalle en sy oor sal hoor, maar die regverdige sal groei soos ‘n palmboom.  Hier maak die Psalmis gebruik van beeldspraak wanneer hy sê die regverdige sal groei soos ‘n palmboom.  Dit spreek van standvastigheid te midde van die omstandighede en die storms.  Dit is dan wanneer die wortels dieper afsak om die boom te anker en so moet die mens ook wees.

Verder moet ons wees soos die seder op die Libanon wat in moeilike omstandighede op moeilike plekke nog die liefde van Jesus kan uitstraal, want hierdie seders groei in die steil hellings waar hulle staan teen die wind en die weer, maar tog die mooiste grein gee. Daarom moet ons geplant wees in die huis van die Here en opgroei in die voorhowe.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 12 September 2019

12 SEPTEMBER 2019

1 Petrus 2:2-3:  #Groei

Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.  Julle het immers ondervind dat die Here goed is.”

Apostel Petrus, in sy eerste brief, bring ‘n diep saak na vore. Tot op hierdie oomblik volgens my kennis, word daar navorslng gedoen om so na as moontlik te kan kom aan die moedersmelk. Daardie onvervalste melk het al die voedingsware in wat nodig is vir ‘n pasgebore baba om te oorleef.  Dit is oorspronklik deur God geskep om alles wat daardie suigeling nodig het om te groei.  Daarom sê Petrus daar moet ‘n sterk verlange wees, want daardie baba is net tevrede wanneer hy of sy moedersmelk kan drink.

In elke kind van die Here moet daar ‘n dors wees na die krag van God sodat daar geestelike groei kan plaasvind. Die wat baie keer na vore kom is:  Hoe sterk is ons verlange na die werklikheid? Ons moet wees soos daardie kindjie wat nie ophou voor daardie onvervalste melk nie gekry is nie.  Daar moet regtig ‘n honger en dors wees sodat God se wil in ons lewens kan gekied, daarom onderrig Apostel Petrus ons dat as ons groei en standvastigheid wil ervaar, moet ons sterk verlang na die Woord van die Here, wat lewend gemaak word deur die Heilige Gees, sodat ons daardeur kan opgroei, wanneer ons die goedentierenheid van God geproe het.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 11 September 2019

11 SEPTEMBER 2019

Jesaja 54:2-3:  #Groei

Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan.  Verhinder dit nie!  Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in, want jy sal regs en links uitbreek en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.”

Dit is een van my geliefkoosde skrifte wat altyd vir my aandui op standvastigheid met die oog op uitbreiding. Die profeet, Jesaja, bemoedig die volk in die tyd van hulle ballingskap, dat te midde van die omstandighede, God nog steeds in beheer is en besig is met iets nuuts. Die opdrag was: “Maak die plek van jou tent wyd, en laat die doeke van jou tentwonings oopspan.”

Daar is moontlik dinge wat die mens in gereedheid moet bring om sodoende uitbreiding, oftewel groei, moontlik te maak. Daar word voorsiening gemaak dat daar geen probleem moet wees indien ‘n storm opkom of die winde ruk nie; want die lyne moet lank gemaak word en die tent penne styf in geslaan word.

Die belofte wat die Here vir die volk Israel gee terwyl hulle weg van die huis is, is dat daar gaan soveel groei wees dat hulle na links en na regs gaan uitbreek, nasies gaan in besit geneem word en die verwoeste stede gaan bewoon word. Daarom moet ons seker maak dat daar geen hindernisse vir die groeikrag van God moet wees nie.

Vrede / Shalom

#GenoegIsGenoeg (Dwelms)

#GenoegIsGenoeg – Deel 1

Drie jaar gelede het die #1000Women1Voice  ‘n veldtog geloods wat bekend gestaan het as #EnoughIsEnough. 

Dit was in ‘n tyd waar daar in ‘n kort tydperk talle verkragtings en moorde was. Vroue het landwyd en op sosiale media hul steun aan die projek gegee (video).

Dit is drie jaar later. Suid-Afrika beleef tans een van die donkerste tye in sy geskiedenis. Vroue en kinders word uitgemoor, vermorsel, verkrag en vergeet.

Mans ook.

Mense, soos ek en jy.

Iemand se pa. Iemand se ma. Iemand se kind.

As deel van Radio Tygerberg 104fm se #ROOIverskil, wil ons nie net die goeie nuus versprei nie, maar ook die flitslig hou op dit wat daagliks in die donker van ons land gebeur. Verkragting, moord, verbale en fisiese aanranding. Die afbreek van mense, gesinne, gemeenskappe en uiteindelik ‘n nasie.

Die oorsprong hiervan is legio. Gebroke gesinne, afwesige vaders, bendes, armoede, pornografie, geweld op TV, sedeloosheid, werkloosheid en dwelms. Talle van die uitdagings en probleme waarmee Suid-Afrika tans sit, spruit uit die misbruik van alkohol en dwelms.

Die plaaslike regering se gemeenskapsontwikkelingswerkers het onlangs by die Nelson Mandela Vredespark in Delft op die Kaapse Vlakte ‘n vroueoggend aangebied wat juis oor die onderwerp van dwelmmisbruik gehandel het.

Die vroue is gemotiveer om aktief betrokke te raak by hulle gemeenskappe. Rolspelers soos SASSA, SAPS, Touching Nations en vroue van Clicks het die oggend volgemaak met toesprake, geskenkpakke en ‘n gratis voetmassering.

Vroue is ook opnuut herinner om saam te werk om alkohol-en dwelmmisbruik in die kiem te sweer. Vroue wat ‘n slagoffer is van geweld, alkohol en/of dwelmmiskbruik kan hulp kry by onder meer die plaaslike polisiestasie. Die Slagoffer Bemagtigingsprogram kan ook gekontak word op  021 483 5045 of die nie-winsgewende organisasie Mosaic kan by 021 761 7585 geskakel word. Die werk wat die Forward Fund Trust en die 1000 Women Trust doen het reeds duisende vroue met ‘n veilige tweede kans gehelp.

Maar daar is altyd hoop! Op #Oggendrooi is die ongelooflike transformasie van voormalige dwelmverslaafdes bespreek soos wat op die FaceBook-blad, The Addict’s Diary, te sien is. Een van ons luisteraars, Leeroy, het ook hierdie foto van hom ingestuur. Hy was vir 10 jaar verslaaf aan dwelms en het uiteindelik besluit om sy lewe heeltemal te verander en die resultate spreek vanself.

Luister ook na die gesprek op Oggendrooi (10 September 2019) wat oor The Addict’s Diary was.

Moeder Teresa word vir talle waarhede onthou, onder andere:

If you want to change the world go home and love your family.

Begin vandag daar, by jouself. Wees die verskil en maak seker dat in September 2019 genoeg werklik genoeg was.

Maak jou bed op.

Maak jou huis skoon.

Bel jou ouers.

Vergewe jouself.

Bid.

Bid weer. Nooi Hom in sodat jy werklik kan verander en lewe volgens hemelse standaarde.

Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. ” – Johannes 16:33 (OAV).