Werkverskaffing – 10 September 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 0  S E P T E M B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BERADER COUNSELOR
 
Vereistes: Hoërskool Gimnasium Paarl (Beheerliggaam pos) benodig ‘n Berader met B Ed.Psig of BA Hons (Sielkunde) of soortgelyke spesialiseringsgebied, sterk administratief, vorige ervaring ten opsigte van skoolberading noodsaaklik, kennis van/ondersteuning aan Leerders met leerstoornisse.  

Rig volledige aansoek aan: Die Skoolhoof, Posbus 281, Paarl, 7620 of epos aan admin@paarlgim.co.za of Faks na 021 872 8654 (Sluitingsdatum: 13 September 2019)

   
ADMINISTRATIEF ADMINISTRATIVE

       

  Vereistes: Gevestigde Firma in Brackenfell benodig die dienste van Administratiewe Persoon met Rekeningkundige agtergrond, sterk admin. aanleg, betroubaar en hardwerkend.

Epos CV na leana.j@absamail.co.za

 

ELEKTRISIëN & ASSISTENTE ELECTRICIAN & ASSISTANTS

 

Requirements: Electricians needed with wireman’s license & Assistants with working exp. in the maintenance field, must have 5yrs exp. with a trade certificate, fluent in Afr&English and valid drivers license. Both male & female CV’s will be taken into consideration.

Email CV’s to Irma Toerien, Tiervlei Electric – irma@tiervlei.co.za

 

VOERTUIGVERKOOPSBESTUURDER VEHICLE SALES EXECUTIVE

 

Requirements: Vehicle Sales Executive needed at JBs Nissan, Malmesbury with 3yrs. Vehicle sales exp, Code 08 drivers license, exp. in Commercial vehicle sales, good communication skills, punctual, well organized, reliable, ambitious (driven by incentives) customer service driven, self-starter, team player.

Email CV to Welmie Oliver at welmieo@jbnissan.co.za

 

QUALIFIED DIESEL MECHANIC

Requirements: Must be fully bilingual, ability to work under pressure, basic problem solving & self management, be able to do diagnostics & fault finding, accurate completion of Job cards, attend to follow up on breakdowns, available for after hour breakdowns, repairs, services and maintenance.

Email CV to Welmie Oliver at welmieo@jbnissan.co.za

 

VEHICLE INVOICING CLERK – 6 Month Contract

Requirements: Min. 3yrs relevant working exp, Grade 12, Computerliterate, Pinnacle knowledge advantageous, must be able to work in Corporate Dealer Group environment, to work under pressure and have contactable references.

Email CV to Welmie Oliver at welmieo@jbnissan.co.za

 

PERSOONLIKE ASSISTENT  PERSONAL ASSISTANT

 

Vereistes: Persoonlik Assistent benodig in Stellenbosch/Kraaifontein omgewing, met eie vervoer, Rekenaarvaardig, ervaring/kennis van registrasie van nuwe Kleuterskool sterk aan beveling, aanvanklike vaste kontrak met verlengings opsie indien kandidaat geskik is.

Epos CV na pierrebar@telkomsa.net

 

KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. is op soek na Konsultante, opleiding en kliënte word voorsien, bo gemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533 of besoek www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 082 458 0533 of besoek: www.learn2learn.co.za

 

STIKSTER  MACHINIST

 

Vereistes: All Round Machinists benodig in Mitchells Plain area, moet op alle masjiene kan werk.

Skakel: Nicole by 076 694 5298

 

VAKATURE  VACANCY

 

Vereistes: Maatskappy in Brackenfell is op soek na Matriek mans (18-30jr) om skofte te werk in Warehouse bedryf. Geen ondervinding nodig nie. Goeie weeklikse betaling.

Stuur SMS met jou naam en area na 074 446 5463

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee. Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

 

 

Gemeenskapsnuus – 10 September 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 0  S E P T E M B E R   2 0 1 9

 

14 SEPTEMBER 2019 WOMEN OF HOPE MINISTRY

 

Women of Hope Ministry Presents Proverbs 31 – 15th Annual Woman of the Year Celebration with Speaker, Samantha Booysen, Joslyn Staal & Others

Where: Rocklands Civic Centre, Rocklands, Mitchells Plain     Time: 14h00

Cost: R20p/p

Contact: Sandra on 073 964 2407

 

15 SEPTEMBER 2019 ORIGIN SA

 

Origin SA presents Performances by Cape Town Mass Choir, CT Philharmonic Orchestra, Symphonic Praise & Rouchelle Liedemann

Where: Cape Town City Hall, Grand Parade   Time: 15h00      Tickets: R150p/p.

Contact: (021) 825 9903

 

15-18  SEPTEMBER  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Konferensie met Spreker, Past. Leslie Andrews

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood     Tyd: 10h00 & 18h30      Toegang: Gratis (Liefdesoffer opgeneem word)      Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

19 SEPTEMBER 2019 ST FLORIANER BOYS CHOIR

 

St. Martini Church, Cape Town will be hosting the St. Florianer Boys Choir SA Tour 2019   Where: St. Martine Church, 240 Long Street, Cape Town    Time: 19h30      Tickets: R120 adults, R50 children (Quicket) Tour donation

Contact: Erika on 082 707 7219

 

20 SEPTEMBER 2019 HEIDEKOPPIE GEMEENTE

 

Heidekoppie Gemeente bied aan Leon Ferreira, bekende Gospelsanger in Konsert!! ten bate van Mosaïek Gemeenskapskerk

Waar: Heidekoppie Kerk, H/v Protea & Stasieweg, Brackenfell

Tyd: 19h00      Kaartjies: R90p/p.

Kontak: Attie Rall by 082 932 2922

 

20 SEPTEMBER 2019 SIMPSONS PROKUREURS

 

Simpsons Prokureurs hou ‘n Gholfdag & Veiling ten bate van Goukam Health, fasiliteit wat versorging bied aan mense wat breinbeserings opgedoen het

Waar: Bellville Gholfklub

Kontak: Charl by 081 772 8339 of epos: charl@echovine.co.za  vir meer inligting.

 

21 SEPTEMBER 2019 MIRACLE BIBLE TRAINING CENTRE

 

Miracle Bible Training Centre presents a Five-A-Side Soccer Tournament, Prizes & Social Media Selfie Competition      Where: Curro School, Socrates Way, Century City    Time: 09h00

Contact: 074 085 2990 or player registration forms on MBTC Facebook Event

 

 SEPTEMBER 2019/JULY 2020 BETHANY EDUCENTRE

 

Bethany Educentre at Bethany Fellowship Church in Claremont will be offering free Matric Classes for September/July 2020, for adults who need to complete their Senior Certificate.

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

26 SEPTEMBER 2019 SPORTS SCIENCE INSTITUTE

 

Sports Science Institute of SA (SSISA) presents a Career Day for all Grade 12 Learners that are interested in Personal Fitness Training & Conditioning, in order to make best study career choices.    Where: Sports Science Institute        Time: 08h00

Contact: Sean on (021) 659 5728

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

 

Dagstukkies met Dennis 10 September 2019

10 SEPTEMBER 2019

Kolossense 2:6-7:  #Groei

Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid gevul.”

Hierdie skrifgedeelte laat my altyd dink aan wat Jesus gesê het in Johannes 15:2 “Elke loot wat in my nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.” Daarom sê Jesus in vers 4: “Bly in My, soos Ek in julle.” Wanneer ons in Hom is, in Hom wandel, met ander woorde, die Woord in my en ek in die Woord, dan word ons gewortel en opgebou in Hom. Ons is dus geanker in Hom om tot hoër hoogtes te groei. Daarom wanneer ons Hom aangeneem het, word ons geloof versterk en ons het die volle wapenrusting van God aan, dan kan ons staande bly teen die aanslae van die vyand.

Wanneer ons in Christus Jesus wandel, met ons oog gevestig op Jesus, ons Leidsman en Voleinder van ons geloof, dan vind daar diep innerlike groei plaas wat elke gelowige tot ‘n geestelike volwassenheid bring. Daarom moet ons bewus wees dat groei gaan gepaard met verandering en dit is nie altyd lekker nie, want dit kan pynlik wees, maar as ons, ons geloof in God geplaas het, word ons dankbaarheid oorvloediger.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 9 September 2019

9 SEPTEMBER 2019

Lukas 8: 14-15:  #Groei

Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die Woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie.  Die deel wat in goeie grond val dui op dié wat die Woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”

Hier het Jesus die gelykenis van die saaier aan die groot menigte uit die verskillende stede vertel. Hier beeld Jesus uit hoe die saad op verskillende plekke val en hoe die reaksie is. Elke saaier, glo ek, sal wil sien dat die saad wat hy gesaai het, op moet kom en groei en die vrug voortbring.

Verskillende oppervlakke lewer verskillende resultate. Lukas 8:14 verklaar dat die saad wat tussen die dorings geval het, het opgekom, maar dit het verstik. Dit het die saad dood gedruk en tot vandag toe verstik die sorge van die lewe, rykdom en genietinge van die lewe die groei van die geestelike lewe. Daarom moet ons seker maak dat die grond goed voorberei word vir die saad om te groei.

Die saad wat in die goeie grond gesaai was het opgekom en goeie vrug opgelewer. In elke mens se lewe is die potensiaal om baie vrug te kan dra, daarom moet ons die grond gereed maak, sodat wanneer die goeie saad gesaai word, dit verder kan groei.

Vrede / Shalom

 

Kerknuus – 8 September 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   8  S E P T E M B E R   2 0 1 9

 

9-11 SEPTEMBER  2019 NEW HOPE IN CHRIST MINISTRIES

 

New Hope in Christ Bediening hou ‘n Konferensie met Past. Errol Joemath & Ander oor Tema “God our Deliverer”

Waar: New Hope in Christ Ministries, H/v Caledon & Leiden Straat, Leiden Delft     Tyd: 19h30

Kontak: Evang. Appollis by 061 303 9623

 

13-15  SEPTEMBER  2019 MIGHTY WOMEN WESTERN CAPE

 

Mighty Women W/Cape presents You are Royalty Womens Camp

Where: Sandringham Farm, Sandringham Road, Stellenbosch     Cost: R300p/p (Computicket)    

Website: www.mightywomen.org.za

 

13-14  SEPTEMBER  2019 BETHANY FELLOWSHIP FULL GOSPEL CHURCH

 

Bethany Fellowship Full Gospel Church presents their 7th Annual Throne of Grace Women’s Conference with Past. Heather Bock & Others

Where: Bethany Fellowship Full Gospel Church, Claremont     Cost: R100p/p       

Contact: Past. Heather on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

13-14  SEPTEMBER  2019 LUIGI APRIL GOSPEL TOER

 

Luigi April, tans te sien op SABC2 Home Sound hou ‘n Gospel Toer

Waar: Wittedrift Gemeenskapsaal, Plettenberg Baai     Tyd: 18h30     Koste: R20p/p   Kontak: Feizel by 078 986 3554

 

14  SEPTEMBER  2019 NGK PAROW-PANORAMA

 

NGK Parow-Panorama hou ‘n Snuffelmark met Koffie & Pannekoek en vele meer!

Waar: NGK Parow-Panorama, Rembrandtsingel 14, Panorama    Tyd: 08h00-09h00 (Koffie & Pannekoek) Deure open om 09h00 

Skakel: (021) 930 3100

 

15-18  SEPTEMBER  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Konferensie met Spreker, Past. Leslie Andrews Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood,  Tyd: 10h00 & 18h30      Toegang: Gratis (Liefdesoffer opgeneem word)        Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

27  SEPTEMBER  2019 VREDELUST CHURCH

 

Vredelust Church will be hosting a Glorious Grace Concert with Ricardo Burnett, Helmut Meijer & many Others!    Where: Vredelust Church 87 13th Avenue, Boston Bellville

Time: 19h30      Tickets: R100p/p.

Contact: 073 859 9545

 

28  SEPTEMBER  2019 EMMANUEL WORSHIP CENTRE

 

Emmanuel Worship Centre presents a Walk for Change with WCape Band Association & Police escort,         Where: Emmanuel Worship Centre, 34 Dune Drive, Woodlands      Time: 09h00       

Contact: Centre on (021) 374 4364

 

28  SEPTEMBER  2019 AUBREY ZAIN MINISTRIES

 

Aubrey Zain Ministries in Association with Arubah Family Church is hosting The Great Prophetic Bash,    Where: Steenberg High School Hall, Symphony Street, Steenberg,       Time: 14h00       

Contact: Past. Chris Frantz on 066 217 1363 or 067 735 9561

 

6 OKTOBER  2019 GREYLADIES

 

Greyladies Assosiasie hou ‘n Philadelphians Koor Konsert

Waar: Kerk van die Heilige Gees, Bailey Singel, Heideveld      Tyd: 15h00

Kaartjies: R50p/p   

Kontak: Barbara by (021) 671 0820 of 073 697 5152

 

18 – 20  OKTOBER   2019 MEC MINISTRIES INTERNASIONAAL

 

MEC Ministries Internasionaal hou ‘n Hugs Vroue Kamp met Tema “Father God, Here is my Shattered heart”Ps.131:2       Waar: Bergkroon Wellington,  

Koste: R600p/p (etes ingesluit, bring eie beddegoed en handdoeke)

Kontak: Sheila by 082 419 2992 of epos: sheila@meccommunityservices.co.za

 

Kerknuus – 07 September 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 7  S E P T E M B E R     2 0 1 9

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Golf Chico Mark1 Dashboard vir R400 + Mazda Agter Venster – Prys o.h.b.

Skakel: 021 374 2734 of 082 211 7732

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
 Jennifer is op soek na ‘n Twin Tub Wasmasjien teen vergoeding.

Kontak: Jennifer by 073 073 3831 

 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Defy Tuimeldroër in goeie werkende toestand vir R500

Kontak: Felicia by 074 458 6209

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Estelle is op soek na ‘n Fiets vir haar 15jarige seun teen vergoeding.

Skakel: 073 984 0379 of (021) 794 0073

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
54cm Kleur TV vir R550 + Loopraam (Walker) vir R450 + Waterbum vir R700

Kontak: Andrew by 078 837 9256

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Morphy Richards Induction Cooker with Pot @ R800 + Defy 2-Plate Hob @ R700

Contact: Estie on 079 973 2578

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Eetkamer Tafel met 4 Stoele + Kas + Strykplank + nuwe Sateliet Skottel + Salon Haardroër staander Maak ‘n aanbod

Skakel: 071 004 0301

 
 

T E  K O O P F O R  S A LE

 

Koningin grootte Posture Bed & Matras in goeie toestand vir R1000

Kontak: Rita by 074 473 2005 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Mobiele Elektriese Chips Fryer in goeie toestand vir R3500 + Scooter in goeie toestand vir R5000

Skakel: 078 040 8825

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Desk @ R500 + Double Bed with Headboard @ R500 + Black Double Sleeper Couch @ R500         

Contact: 074 143 7794

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

LG 8 Kg Automatiese Toploader Wasmasjien in goeie toestand vir R1500

Kontak: Leonard by 076 160 1072

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

2 Sakke Damesklere, Bloese ens. – Prys o.h.b.

Skakel: 071 004 0301 

 

 

 

Dagstukkies met Dennis 6 September 2019

6 SEPTEMBER 2019

Deuteronomium 20:4:  #Oorwinning

Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.”

Dawid sê in 2 Samuel 22:30: “Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur.” Dawid het geweet waarvan hy praat, want toe hy in benoudheid was, het die Here hom daaruit gehelp. In Deuteronomium 20:4 spreek die priester met die volk Israel, wat op die punt staan om te gaan veg: “Want dit is die Here julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee” – 1933-53 vertaling.

Die aanslag vandag is baie hewig teen die gelowiges, want Johannes 10:10 verklaar: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Sonder die Here is alles te vergeefs, want Hy stry vir ons, Hy gaan saam met ons om vir ons die oorwinning te gee. Eksodus 14:14 sê: “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” God is getrou, Hy is nie ‘n mens dat Hy sal lieg nie, want gister, vandag tot in alle ewigheid is Hy dieselfde.  Hy maak ons meer as oorwinnaars.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 5 September 2019

5 SEPTEMBER 2019

Psalm 3:8:  #Oorwinning

Ek is nie bang vir tienduisend mense wat van alle kante af op my toesak nie.  Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek.  U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.”

Hierdie Psalm was geskryf toe Dawid vir sy seun Absolom gevlug het. Dit was ‘n môrelied, ‘n uitroep want van God is sy oorwinning. Alhoewel baie teenstaanders teen hom opgestaan het, baie het vir hom gesê dat by die Here is daar geen heil nie, nogtans het Dawid die Here aangeroep. In Psalm 3:4 sê hy: “Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die een wat my hoof ophef.”

Baie kere, selfs in vandag se lewe, voel ons magteloos wanneer ons deur ons eie familie teëgestaan word, maar wanneer ons, ons vertroue in die Here plaas, kom God en gee  gemoedsrus, daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan.  Psalm 3:6 verklaar: “Ek het gaan lê en aan die slaap geraak; ek het wakker geword, want die Here het my ondersteun.” Daarom sê die Woord van die Here ook in Spreuke 3:6 “Ken My in al jou weë, en Ek sal jou paaie gelyk maak.” In die 1933-53 vertaling sê die skrif: “Staan op Here, verlos my, my God!” Dit is net God wat ons daardie totale oorwinning kan gee.

Vrede / Shalom

Help! Ek is allergies vir alles!

Dit is lente. Vir talle mense is hierdie seisoen een groot kopseer. Letterlik. Wanneer die winter sy vaal baadjie afskud en die lentebloeisels begin om kaal takke in ligte groen en wit te tooi, begin ‘n groot gedeelte van mense sneesdoekies, neusspuite, antihistamien uitruk. 

As jy “allergies is vir alles” sal jy die gevoel ken want alles jeuk. Van jou neus, jou ore, jou keel,  jou kopvel en selfs jou nek tot  oë wat traan en ‘n keel wat toetrek of ‘n lastige kuggie of snuifneus wat jou wange in enige ander seisoen rooi van skaamte sou laat.

Volgens die Allergy Foundation of South Africa sal een derde van Suid-Afrikaners op een stadium in hul lewe met allergieë worstel. Hiervan is 40% kinders. Dit sluit alles van hooikoors, ekseem, asma en kosallergieë in.

Lorrein Katzke het in haar program Gesondheidsake die volgende uitgelig:

Die belangrikste en algemeenste allergene (dinge wat hooikoors veroorsaak) sluit in:

  • Grassade van veral hawer, lenteblomme, lang swenkgras, kamgras, en weigras
  • Stuifmeel van bome veral die eik, die olyf, bloekom, akasia, vlierboom, esdoring, elsboom, berkehout, okkerneuthout, haselneut, seder, sipres, essenhout, populier, wilg, en elm
  • Onkruid-stuifmeel veral van kruiskruid, boksuring, brandnetel, muurkruid, meelpiesang en wildesuring
  • Swamspore
  • Huismyt
  • Sigaretrook
  • Medisyne-allergieë veral teen penisillien en amoksilien antibiotika
  • Bysteek
  • Kakkerlakke
  • Parasiete: spoelwurms (veral in Wes-Kaap) en bilharzia (veral in die noorde van Suid-Afrika)
  • Kossoorte: 90 persent van alle voedselallergieë word deur agt kossoorte veroorsaak – grondboontjies, melk, eiers, koring, soja, neute van bome, vis en skulpvis
  • Sekere diere: Kat- en hondevel, -urine en speeksel. Ook dié van rotte, muise, voëls, eende, ganse, koeie, hase, hamsters en marmotte
  • Antihistamienmddels kan allergieë en hooikoors in bedwang bring en asma moet te alle tye uiters goed met asmamiddels beheer en nooit onderskat word nie. Voorkoming is egter die beste behandeling.

As jy dus nie ‘n allergielyer is nie, wees genadig met die wat nies, hoes en proes wanneer hulle met ‘n bos blomme bederf word!

GESONDHEIDSFOKUS WORD ELKE DINSDAG OM 14:00 DEUR LORREIN KATZKE IN #KUIERTYD AANGEBIED EN MET TROTS GEBORG DEUR IMMUNADUE.

 

 

Dagstukkies met Dennis 4 September 2019

1 Johannes 5:4-5:  #Oorwinning

“Enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin.  En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?”

Geen mens wil ‘n verloorder wees nie, want in die eerste plek is ons gebore wenners in Christus. In Markus 10:14b sê Jesus: “Laat die kindertjies na My toe kom, want aan sulkes behoort die Koninkryk van God.” Dit is duidelik dat Johannes 1:12-13 verklaar: “Almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.”

Ons oorwinning lê dus in ons geloof, om te glo dat Hy die Seun van God is, wat in die wêreld gekom het om te red en verlos die wat verlore is. Jesus sê in Johannes 16:33 “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” Daarom sê die Woord van die Here in 1 Johannes 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld….” Want niks kan stand hou voor die krag van die Here nie.  Ons geloof in die Here maak ons dus meer as oorwinnaars. Openbaring 12:11 verklaar: “En hulle het oorwin deur die bloed van die Lam en deur die Woord van hulle getuienis en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”

Vrede / Shalom