Gemeenskapsnuus – 03 September 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 3  S E P T E M B E R   2 0 1 9

 

6-7 SEPTEMBER 2019 AGS OOSTENBERG OASE KERK

 

AGS Oostenberg-Oase hou ‘n Nagmark met groot Bonfires & ‘n Familiefees met ‘n Merry-go-Round, Stalletjies en vele Vermaak      Tyd: 17h00 & 09h00

Waar: AGS Oostenberg Oase, H/v Kerk & Walnutstraat, Rouxville, Kuilsrivier,      

Kontak: Kerkkantoor by (021) 906 1986

 

7 SEPTEMBER 2019 MIENKA DE JAGER FONDSINSAMELING

 

Kom ontdek jou… inner Vrou Fondsinsameling ten bate van Mienka de Jager met Dr. Marlena du Toit & Marelize Swart     Waar: Villa Visaggio’s, Klapmuts    

Tyd: 10h00-15h00

Kaartjies: R300p/p

Kontak: Elzaan de Jager by 082 536 8767

 

7 SEPTEMBER 2019 JUNK & VINTAGE MARK

 

Junk & Vintage Mark hou ‘n Spring Cleaning Lente Mark – Raak ontslae van al jou Wit olifante!

Waar: Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch     Tyd: 09h00-13h00

Kontak: Michelle by 071 368 4164

 

14 SEPTEMBER 2019 WOMEN OF HOPE MINISTRY

 

Women of Hope Ministry Presents Proverbs 31 – 15th Annual Woman of the Year Celebration with Speaker, Samantha Booysen, Joslyn Staal & Others

Where: Rocklands Civic Centre, Rocklands, Mitchells Plain     Time: 14h00

Cost: R20p/p

Contact: Sandra on 073 964 2407

 

15 SEPTEMBER 2019 ORIGIN SA

 

Origin SA presents Performances by Cape Town Mass Choir, CT Philharmonic Orchestra, Symphonic Praise & Rouchelle Liedemann   Where: Cape Town City Hall, Grand Parade

Time: 15h00      Tickets: R150p/p.

Contact: (021) 825 9903

 

20 SEPTEMBER 2019 HEIDEKOPPIE GEMEENTE

 

Heidekoppie Gemeente bied aan Leon Ferreira, bekende Gospelsanger in Konsert!! ten bate van Mosaïek Gemeenskapskerk   Waar: Heidekoppie Kerk, H/v Protea & Stasieweg, Brackenfell

Tyd: 19h00      Kaartjies: R90p/p.

Kontak: Attie Rall by 082 932 2922

 

20 SEPTEMBER 2019 SIMPSONS PROKUREURS

 

Simpsons Prokureurs hou ‘n Gholfdag & Veiling ten bate van Goukam Health, fasiliteit wat versorging bied aan mense wat breinbeserings opgedoen het

Waar: Bellville Gholfklub

Kontak: Charl by 081 772 8339 of epos: charl@echovine.co.za  vir meer inligting.

 

 SEPTEMBER 2019/JULY 2020 BETHANY EDUCENTRE

 

Bethany Educentre at Bethany Fellowship Church in Claremont will be offering free Matric Classes for September/July 2020, for adults who need to complete their Senior Certificate.

Contact: Bethany Office on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

27 SEPTEMBER  2019 OASIS DAG SENTRUM

 

Oasis Dagsentrum hou ‘n Oasis Super Hero Dag

Waar: Oasis Dagsentrum, H/v Northway & Christians Straat, Ravensmead

Tyd: 10h00-13h00        Koop ‘n Superhero plakker vir R10 en deel in die pret!!

Skakel: (021) 932 6541/2

 

28 SEPTEMBER  2019 FRANETTE FUNDRAISER

 

Franette Fundraiser for Electrical Wheelchair with Garner Nel

Where: Voortrekker Hall, 151 De Wet Street, Vrijzee, Goodwood       Time: 19h00     Cost: R60p/p

Skakel: Franette by 082 557 0133

 

Werkverskaffing – 03 September 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 3  S E P T E M B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

ADMINISTRATIEWE ASSISTENT ADMINISTRATIVE ASSISTANT
 
Requirements: Electrical Contracting Company, Paarl needs an Administrative Assistant to assist Financial/Admin/HR Manager with HR exp. min. 5yrs, Health & Safety exp. min 5yrs, general admin, tenders/quotes exp. min 5yrs, buying exp. excellent knowledge of electrical material and equipment.  

Send CV to info@cumpstyelectrical.co.za

ADMINISTRATIEWE ELEKTRIESE POSISIE ADMINISTRATIVE ELECTRICAL

       

Requirements: Electrical Administrative Position in Stellenbosch Branch, with background of electrical maintenance contractors products and material, computer literacy, fluent in Afr/English, drivers license and own transport.

Email: CV to Irma Toerien, Tiervlei Electric – irma@tiervlei.co.za

 

ELEKTRISIëN ELECTRICIAN

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Elektrisiën benodig vir Electrical Contractors, Paarl, met Trade Test Sertifikaat (Red Seal), min. 5jr. ondervinding van Geboue, Behuising, industriële Industrie.

Epos CV na info@cumpstyelectrical.co.za

 

AUTO ELEKTRISIEN AUTO ELECTRICIAN

 

Vereistes: Auto Elektrisiën Werktuigkundige benodig in Swartland Area met min.10jr. ondervinding met kennis van Trokke, Landbou implemente, konstruksie masjienerie ens.

Epos: CV na admin@bestertd.co.za

 

SEKRETARESSE SECRETARY

 

Vereistes: Prokureurs VisagieVos benodig ‘n Sekretaresse in hul Aktes Afdeling. Ondervinding is ‘n voorvereiste.

Stuur u Aansoek na marinda@visagievos.co.za

 

MEDIESE REKENINGDAME  MEDICAL ACCOUNTANT

 

Vereistes: Mediese Praktyk in Medi-Kliniek Panorama benodig ‘n Rekeningdame (30-55jr) vanaf 1 Okt. 2019, met Graad 12, rekenaarvaardig, min. 2jr. admin. ondervinding, tweetalig (Afr/Engels) nie roker, verantwoordelik wees vir kwotasies, betalings, debiteure en mediese fonds skakelwerk.

Epos CV na nidia@optiprac.co.za

 

VERKOOPS AGENTE  SALES AGENTS

 

Requirements: Calandria is looking for young and energetic Sales Agents (19-23yrs), English & Afrikaans fluency, must reside in the Northern suburbs.

Contact: 021 949 2929

 

STIKSTER  MACHINIST

 

Vereistes: Versatile Machinist benodig, moet op alle masjiene kan werk, geen kansvatters.

Skakel: Lorraine by 072 956 1628

 

NAEL TEGNIKUS  NAIL TECHNICIAN

 

Requirements: Trained Nail Technician needed for Acrylic, Gel, Manicure, Pedicure, Lashes & Treading

Contact: 071 220 8951 or Send CV to Cresenthia@gmail.com

 

FASILITEERDER  FACILITATOR

 

Requirements: EQ4KIDS, Emotional Intelligence Development Programme for Kids Ages 3-18 needs a Facilitator, with a passion for working with children, proven track record, comfortable and creative presenting classes, exp. in teaching/guiding especially with children advantageous, trustworthy, honest reliable, hardworking, strong relationship building skills and confidence, drivers license, own car,  no need for prior knowledge in emotional intelligence development – full training provided.

Submit your CV to roana@eq4kids.co.za

 

SWEISER/BOILER MAKER  WELDER/BOILER MAKER

 

Vereistes: Gekwalifiseerde Sweiser/boilermaker benodig in Blackheath/Kuilsrivier Area.

Epos CV aan sam@cemstone.co.za

 

MAATSKAPLIKE WERKER  SOCIAL WORKER

 

Vereistes: Living Network Krisissentrum benodig ‘n Bestuurder/Maatskaplike Werker met Graad of Diploma in Maatskaplike werk, geldige registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diens beroepe (SACSSP) min. 6jr. ondervinding as Maatskaplike werker, goeie kommunikasie vaardighede, goeie admin. vaardighede en rekenaarvaardigheid, geldige Kode 8, vermoë om skriftelik en verbaal in Afr & Engels te kommunikeer.

Stuur aansoek insluitende ‘n volledige CV aan die Voorsitter, Personeelkomitee: 13de Laan 85, Boston Bellville, 7530 of epos na livnet@churchadventure.co.za

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Radio Tygerberg bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee. Neem kennis dat Radio Tygerberg nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

 

 

 

Dagstukkies met Dennis 3 September 2019

3 SEPTEMBER 2019

1 Korintiërs 15:55-57:  #Oorwinning

Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?  Die angel van die dood is die sonde en die sonde kry sy krag uit die wet van God.  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.”

Paulus praat hier van ‘n onderwerp waaroor mense nie baie wil praat nie: die dood.  Die dood was nooit bestem vir die mens nie. Na die sondeval moes God die dood instel, want anders sou die mens vir altyd in sonde gelewe het. Hier in 1 Korintiërs 15:55 vra Paulus: “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Dan sê hy: Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.

Dit herinner ons maar net weer waar die dood ingetree het, dan voel dit soos ‘n angel wat steek en die verskriklike pyn en verdriet wat die mens ervaar en jy voel jy het die stryd verloor. Dit word baie keer erger die feit dat die persoon nie met die Here kennis gemaak het nie. Dan skreeu ‘n mens in die pyn en hartseer uit: “Doderyk waar is jou oorwinning?

Romeine 6:23 verklaar: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Dan sê Paulus: ”Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.”  Daarom dieselfde krag wat Christus Jesus uit die dood uit opgewek het, is in ons sterflike liggaam. Daarom sê Jesus: Ek maak julle meer as oorwinnaars.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 2 September 2019

Spreuke 21:31:  #Oorwinning

Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee.”

Hierdie skrifgedeelte kan ‘n mens op verskillende maniere benader, want ‘n mens moet die moontlike doen, dan doen God die onmoontlike. Dit hang af waar die klem val.  Met ander woorde, waar dit meer beklemtoon word; dit wat jy as mens gedoen het of dit wat God geonderneem het.  In Matteus 9 vanaf vers 27 het Jesus twee blindes se oë geopen, maar voordat dit kon gebeur moes hulle Hom volg en uitroep na Hom. Hul hulpkreet het Sy ore bereik en hulle het die moontlike gedoen, maar in die proses het hulle, hul vertroue op die Seun van God geplaas. Daarom het Jesus hulle die oorwinning gegee deur hulle te laat sien.

In Spreuke 21:31 sê Salomo: “Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg”. Dit was die norm in die ou dae en jou sterkte was as’t ware gemeet aan hoeveel perdekrag jy gehad het. Baie konings het hul hoop en vertroue op die perde geplaas, hulle het dus op die arm van vlees vertrou.  Jeremia 17:5 verklaar: “Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk”.  Ons afhanklikheid moet van die Here wees.  Daarom moet ons God vertrou met ons hele hart en siel en die moontlike doen sodat God die onmoontlike kan doen, soos die skrif sê: “…maar die oorwinning is deur die Hand van die Here.”

Vrede / Shalom