Dagstukkies met Dennis 14 November 2019

 1 Korintiërs 1:7:  #Wag

Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan ‘n enkele genadegawe ontbreek nie.  Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus.”

Apostel Paulus skryf aan die Korintiërs in 1 Korintiërs 1:4 wanneer hy sê: “Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is.” Baie keer het ons die ywer maar die kennis ontbreek, daarom sê Paulus in vers 5: “Dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis…”

Dit bring ons dan by die kern gedagte van die dagstukkie in 1 Korintiërs 1:7: “Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan ‘n enkele genadegawe ontbreek nie.  Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus.” Gedurende die wagperiode vind die vormingsproses plaas.  Dis hier waar jy geskaaf en gebrei word om sodoende by die openbaring van onse Here Jesus Christus tot die volle geestelike volwassenheid te groei, sodat ons vir geen enkele genadegawe agter hoef te staan nie.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 13 November 2019

Jakobus 5:7-8:  #Wag

Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom.  Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer.  Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. Julle moet ook geduldig wag en moed hou want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.”

Apostel Jakobus, die broer van Jesus en pastoor van die gemeente in Jerusalem, bemoedig die gelowiges om geduldig te wees tot en met die wederkoms van Jesus. Die mens wonder altyd wanneer is die wederkoms, want vanaf die vroeg af is die boodskap: Maak gereed, want die koms van die Here is naby. Die vyand sal ook alles in sy vermoë probeer om die mens mismoedig te maak.

Jakobus bemoedig die gemeente: “Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en laat reën ontvang het.” Met ander woorde die landbouer moet geduldig wees, hy moet wag totdat die proses voltooi is, saam met die geduld ook die geloof.  Daarom sê Jakobus 5:8: “Julle moet ook geduldig wag en moed hou want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.” Hy kom soos ‘n dief in die nag, daarom moet ons bid en waak en gereed wees.

Vrede / Shalom

Werkverskaffing – 12 November 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 2  N O V E M B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BEMARKING MARKETING
 
Vereistes: Afrikaanssprekende persone in Noordelike Voorstede word benodig om unieke produkte te bemark, opleiding word verskaf, weeklikse inkomste moontlik. Produkbekendstelling, Donderdag, 21 Nov. 2019 om 19h00 by Cafè Chameleon, Winkel nr. 5, Plattekloof Sentrum.

(Bespreking noodsaaklik) Skakel: 074 610 9613 of epos: info@lulosahealthandwealth.co.za

   
HR BEAMPTE HR OFFICER

       

  Requirements: HR Officer with wages exp. (VIP Premier) required for Packhouse in Vyeboom, just outside Villiersdorp.

Email CV to am@helderbergpersonnel.co.za

 

INGESKREWE KLERK  ENROLLED CLERK

 

Vereistes: Gevestigde Rekenmeestersfirma in Bellville bied die geleentheid aan matrikulante en Klerke wat alreeds hulle 1ste/2de jaar klerkskap voltooi het om aan te sluit en opgelei te word as ‘n SAIPA Rekenmeester.

Epos CV aan chris@ctoerien.co.za

 

MAATSKAPLIKE WERKER  SOCIAL WORKER

 

Vereistes: Badisa Tygerberg benodig ‘n Maatskaplike Werker geregistreer by die Raad op Maatskap-like Diens Professies, ondervinding in Kinderbeskermingsdienste, tweetalig: Afr & Engels, bestuurs- lisensie, geen leerlinglisensies nie.

Stuur CV, afskrif van bestuurslisensie en registrasie by SACSSP aan rpretorius@badisa.org.za

 

ADMIN KLERK  ADMIN CLERK

 

Vereistes: Besige Vulstasie in Noordelike Voorstede benodig ‘n eerlik, hardwerkend en deeglike persoon met vorige ondervinding asook eie vervoer.

Stuur CV na vulstasie@vodamail.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys. Moet oor naweke fasiliteer.

Skakel: 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

KLEREMAAKSTER  SEAMSTRESS/DRESSMAKER

 

Requirements: Part time Seamstress/Dress Maker needed with exp. in the functions of Seamstress/ Dressmaker, valid SA ID, ability to keep records, logs, function independently, contactable references.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za of call 072 208 7531

 

BEMARKING SEMINAAR  MARKETING SEMINAR

 

Vereistes: Geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te bou met ‘n minimale maandelikse kapitaal uitleg. Volledige opleiding en inligting word verskaf by ons volgende seminaar op Sat. 16 Nov. 2019, te Ouditorium van die Publieke Biblioteek,  Bellville om 10h30.

Toegang: Gratis, Registrasie noodsaaklik.

Stuur Whatsapp of SMS na 082 926 5062 om jou en potensiële groep vir seminaar te registreer.

 

STIKSTER MACHINIST

 

Requirements: Qualified cover seam Machinist required. Must be able to travel to Athlone, start immediately until mid December.

Contact: Sharon on 082 500 1843

 

VAKATURES VACANCIES

 

Vereistes: Koerier Maatskappy het die volgende posisies beskikbaar: 1. Operasionele Bestuurder (Operations Manager) Airport Industria  2. Operasionele Supervisor (Airport Industria) 3.  Courier In-house Clerk  (Century City) 4. Customer Service Agent / Call Centre  Airport Industria.

Skakel: 083 611 1660 (vanaf 09h00-17h00 tydens kantoor-ure)

 

NAEL TEGNIKUS NAIL TECHNICIAN

 

Vereistes: Hair & Beauty Salon in Goodwood needs an experienced Beautician /Nails technician to start a.s.a.p.

Contact: Douglas on 072 855 7202 or (021) 591 3883

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

 

Gemeenskapsnuus – 12 November 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 2  N O V E M B E R   2 0 1 9

 

14 NOVEMBER  2019    LOUIS LEIPOLDT MEDICAL CENTRE

 

Louis Leipoldt Medical Centre presents  Free Blood pressure & blood glucose Tests for Diabetes Awareness Month  Where: Louis Leipoldt Medical Centre, Entrance Foyer, Bellville

Time: 09h00-14h00

Contact: Hermien Everts on (021) 957 6000

 

16 NOVEMBER  2019 PAROW WEST NEIGHBOURHOOD WATCH

 

Parow West Neighbourhood Watch presents their Market & Festival with Food Stalls, Music, Jumping Castle and many more!!   Where: Hernus Kriel 62 Bedford Street, Parow      Time: 10h00
Contact: Eddie on 083 258 9357

 

17 NOVEMBER  2019    VISION EXPRESS MINISTRIES

 

Vision Express Ministries & Aldene Toorn presents a Worship Encounter Dance Far Away    Where: Macassar New Civic Centre, Macassar      Time: 15h00

Cost: Free

Contact: Aldene on 082 058 5720

 

23 NOVEMBER  2019 JAN KRIEL SKOOL

 

Jan Kriel hou hul Jaarlikse Liggieboom Kerskonsert met Pedro Kruger & Jan Kriel se Kinders

Waar: Jan Kriel Skool        Tyd: 19h00 (hekke maak 17h30 oop)   Koste: R100p/liggie

Kaartjies aanlyn beskikbaar by Quicket (www.quicket.co.za)

Kontak: Jan Kriel Instituut by (021) 903 0434 of admin@jankriel.co.za

 

29 NOVEMBER  2019 JMC MUSIC CORPORATION

 

JMC Music Corporation presents By His Grace CD Launch with Shirley Francis & JMC Band

Where: Elsies River Civic Centre, next to Elsies River Library    Time: 18h00

Cost: R250p/p (includes CD)        Dresscode: Smart casual

Contact: Past. Dennis Francis on 082 786 4715

 

30 NOVEMBER  2019 BISHOP LAVIS HOëRSKOOL

 

Bishop Lavis Hoërskool hou hul 40ste Reunie vir Graad 10 Klas van 1977 & Matrieks van 1979

Skakel: 083 648 8910 vir meer besonderhede.

 

30 NOVEMBER  2019 BREED DEVELOPMENT

 

Breed Development presents Voice of African Women High Tea with Heidi Edson & Others

Where: The Daily Restaurant, Langverwacht, Plein 85 Kloof Street, Dumas, Kuils River

Time: 15h00-18h00           Tickets: R180

Contact: Mr. Arries on 082 583 9269

 

30 NOVEMBER  2019 RAILWAY VINTAGE MARK

 

A Train running to 2 Derry Street, Rondebosch! Come on board the Rondebosch station with old timer chutneys, jams, vintage clothes, vinyls galore, cooked meal for a family of 4 or less @ R200

Time: 16h00-20h00

Contact: Ester on 021 686 4314 or Arina on 071 594 9659

 

7 DESEMBER  2019 PAROW SENIOR SENTRUM

 

Parow Senior Sentrum hou ‘n Feestyd Mark Dag met  Kosstalletjies, Arts & Crafts, Kinder V                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                         ermaak en vele meer!   Waar: Parow Sentrum, Bedford Straat 62, Parow   Tyd: 08h00-15h00

Stalletjies: beskikbaar @ R150     Toegangsfooi: R5, Kind/o/12jr. gratis

Kontak: Amanda by 081 746 8694

 

14 DESEMBER  2019 PARKWOOD TALENT SEARCH

 

Parkwood Talent Search presented by Brenda & Lionel with Sing, Dance & Rap (Age Group 11-17 & 18+)    

Where: Blackbird Avenue, Parkwood Netball Court        Time: 14h00

Contact: Brenda on 064 075 7278

 

 

Dagstukkies met Dennis 12 November 2019

Psalm 130:7:  #Wag

Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.”

Die mens wil altyd iets gister gedoen gehad het en dan is hy spyt wanneer dinge nie uitwerk soos hy dit verwag het nie, want hy was te haastig. Die oomblik wanneer Israel ongehoorsaam was, het God toegelaat dat hulle nederlae gely het, en het soms in ballingskap gegaan.  Dit is dan in hierdie tye wat die volk Israel benoud geraak het en baie keer gevoel het hulle God het hulle verlaat.

In Psalm 130:6 sê die Psalmdigter “My siel wag op die Here meer as wagters op die môre.” Hiermee word die erns van die saak om te wag op die Here, uitgebeeld. Daarom om te wag hang ook baie af van die mens se ingesteldheid om geduldig te wag op die Here vir die uitkoms.  Die Psalmdigter besef ook op nuut dat net by die Here is die goedertierenheid en dit is tot in ewigheid. Job, terwyl hy deur al die gebeure gegaan het, het gesê: Hy weet sy Verlosser leef, daarom by God is daar verlossing.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 11 November 2019

Jesaja 30:18:  #Wag

En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ‘n God van die gerig.  Welgeluksalig almal wat op Hom wag.”

Die Woord wag is ‘n drie letter woord, maar vir dit moet jy soms baie geduld hê anders stoot jy jou bloeddruk op. Die profeet, Jesaja, sê tereg: “En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees”.  Hier bring dit die teenoorgestelde uit; met ander woorde: “die Here sal met ongeduld wag”. Dis te sê God kan nie meer wag nie, Hy is ongeduldig, want Hy wil ons genadig wees, ten spyte van ons foute.

Die oomblik wanneer die mens hom onderwerp aan die gesag van God, en Hom erken in al Sy weë, dan “sal Hy hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig  almal wat op Hom wag.” God het Sy bepaalde tyd waarin Hy dinge doen en laat gebeur, daarom moet ons gefokus bly en geduldig op Hom wag vir die uitkoms.

Vrede / Shalom

Alles & Nog Wat – 9 November 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 9  N O V E M B E R     2 0 1 9

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
House of Hope is dringend op soek na Beddens, matrasse, beddegoed en handdoeke teen ‘n weggeeprys of te skenk, het verliese gely a.g.v. brand.

Kontak: Mev. Baardman by 067 977 8861

 
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
 2 Matric Ball Dresses (Fusion Purple & Pink) (size 34) @ R800

Contact: Mrs. Alexander on 064 231 9720

 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Overlocker Naaimasjien vir R1500 + Plain Machine vir R1800

Kontak: Jenny by 084 244 6928

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Pensioenarisse is op soek na ‘n Mikrogolfoond & Radio teen ‘n weggeeprys  of te skenk.

Skakel: 079 825 4500

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Vanessa is op soek na ‘n Linker Kunsbeen Stut teen vergoeding of te skenk.

Skakel: 073 194 2195

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Julie is dringend op soek na ‘n Yskas teen ‘n billike prys of te skenk.

Kontak: Julie by 079 018 3799

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  

 

Diningroom Table with 6 Chairs in good condition @ R7000      

Contact: Charles on 021 422 1666

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Kinderfiets + valhelm“helmet” in goeie toestand vir R800  + Rekenaar Tafel vir R500     

Kontak: Jenny by 083 371 6287

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Trojan Enduro Oefenfiets in goeie werkende toestand vir R2500

Kontak: Adrian by 084 556 1433

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Page Pro Printer in goeie werkende toestand vir R300

Kontak: Angela by 082 342 4794

 

T E  K O O P   F O R  S A L E

 

Sharp Mikrogolfoond in goeie werkende toestand vir R400 + TV Eenheid vir R300

Kontak: Anthony by 082 432 2233

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Opel Motor Parte – Pryse o.h.b.

Skakel: 021 987 4794 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Ligte Bruin Lazy Boy Stoel vir gratis weggee.

Skakel: Mnr. Theron by 076 746 9009

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

New Corner Bath @ R2500 + 3 Internal Doors with handles @ R100 each.

Contact: John on 073 180 8771

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Galvanized Steelframe for a Bakkie @ R2500 + White Standard Safety Gate @ R500

Defy portable Air Conditioner/Heater remote controlled @ R2500

Bronze aluminium Frame – Price neg. + Grade 11 Book: Die Krippel Engel @ R80

Contact: 082 429 0442

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Georgina is op soek na ‘n Wasmasjien teen vergoeding.

Skakel: 084 683 5663

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

10  Seater Oregon Dinner Room Table + 10 Chairs (unfinished) extra @ R7500

6 Seater Kitchen or Diningroom Table with white legs and wooden top @ R1200

Contact: Pierre on 083 409 4653 or Carol on 084 609 4653

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Groot Sak met Damesklere (nr.42)  in baie goeie toestand vir R250

Skakel: 084 394 4820  

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Noleen is dringend op soek na ‘n Dubbelbed & Kombuis Kas teen vergoeding.

Kontak: Noleen by 078 784 6779

 

T E  S K E N K G I V E  A W A Y

 

Lessenaar & Ingeboude Kas vir gratis weggee.

Skakel: 082 439 1206

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Honda Ballade Sedan vir Parte of @ R12 000 + Opel Kadett vir R20 000

Golf vir R15 000 + Extractor Fan vir R400 + Verwarmer (heater) vir R300

Opel Deure vir R500 + DSTV Decoder vir R300 + Opel Carburetor Pan vir R100

Polo vir R21 000

Skakel: 061 837 1530 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Brand new Vodacom smart E8 Cellphone with airtime @ R700

Contact: 021 558 3443 or 072 171 1411 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Clive is op soek na ‘n Scooter of Fiets in baie goeie toestand teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 952 3780 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Old Type Samsung Computer Monitor @ R120 + Evening Wear (size 34/36) Champagne colour Chiffon Dress @ R450 + Black Glittery Lacy Dress @ R180

White Dotted Chiffon Wedding Dress @ R300

Contact: Shirley on 074 440 2321 

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Double Bed Embuia Headboard with Drawers @ R800 + Embuia Dressing Table @ R550

Contact: Louise on 072 868 7214 

Kerknuus – 10 November 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 0  N O V E M B E R   2 0 1 9

 

10 NOVEMBER  2019    NGK WELGEMOED

 

NGK Welgemoed hou ‘n Spesiale Gebedsgeleentheid vir Reen & Nagmaal

Waar: NGK Welgemoed, Diaz Straat 15, Welgemoed         Tyd: 18h30

Kontak: Kerkkantoor by (021) 913 2320

 

17 NOVEMBER   2019 OESTYD PINSTER KERK

 

Oestyd Pinkster Kerk hou ‘n Lof & Aanbiddings Diens met Past. Benjamin Titus oor Tema “New Beginning”             Waar: Rio Grande Weg 5, Manenberg (langsaan Salvation Army)   Tyd: 09h00

Kontak: D. Manuel by 081 351 1520

 

17 NOVEMBER  2019    VISION EXPRESS MINISTRIES

 

Vision Express Ministries & Aldene Toorn presents a Worship Encounter Dance Far Away   Where: Macassar New Civic Centre, Macassar      Time: 15h00

Cost: Free

Contact: Aldene on 082 058 5720

 

25-28 NOVEMBER   2019 AGS MORNINGSTAR KERK

 

AGS Morningstar Kerk hou hul Jaarlikse Veldtog Dienste met Sr. Hannie Smith

Waar: AGS Morningstar Kerk, Skoolstraat, Durbanville   Tyd: 19h00

Kontak: Past. Jan van Zyl by 073 501 0315

 

29 NOVEMBER  2019 JMC MUSIC CORPORATION

 

JMC Music Corporation presents By His Grace CD Launch with Shirley Francis & JMC Band

Where: Elsies River Civic Centre, next to Elsies River Library    Time: 18h00

Cost: R250p/p (includes CD)        Dresscode: Smart casual

Contact: Past. Dennis Francis on 082 786 4715

 

30 NOVEMBER   2019 ROBIN JOSHUA IN CONCERT

 

Robin Joshua in Concert & Live DVD Recording

Where: Portlands High School Auditorium, Merrydale Road, Mitchells Plain

Time: 18h00                 Cost: R80p/p

Contact: 065 989 8141 or 078 230 8272

 

7 DECEMBER   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Tabernacle of Praise presents Top Gala

Where: Tabernacle of Praise Fellowship Hall, Alexandra Street, Parow   Time: 18h00    Cost: R200p/p       Dresscode: Strictly Formal

Contact: Past. John Gordon on 076 782 7709

 

8 DECEMBER   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Tabernacle of Praise presents The Night that Christ was Born with T.O.P Choir & Others

Where: Tabernacle of Praise Fellowship Hall, 20 Alexandra Street, Parow

Time: 18h00      Cost: R15p/p

Contact: 076 782 7709

 

 

 

Dagstukkies met Dennis 8 November 2019

 

Jeremia.33:3:  #Verborgenheid  

Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.”

Die mens was nog altyd geïntereseerd in wat in die toekoms sal gebeur. Hierdie nuuskierigheid het al baie mense in groot moeilikheid laat beland.  Baie het hulle lewe daardeur verloor. Daar is baie mense wat nie kon wag op die Here nie, dan het hulle waarseërs of ander mediums genader en dit laat my dink aan
1 Samuel hoofstuk 28, waar Saul die heks van Endore geraadpleeg het, om met Samuel te praat.

Die Woord van die Here verklaar baie duidelik in Jeremiah.33:3 “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en bekend maak groot en ondeurgrondlike dinge wat jy nie weet nie.” God is die kenner van die hart en die toetser van die niere. Psalm 139 verklaar nog voordat ‘n woord op ons tong was, is Hy bekend daarmee.

God ken al die verborgenhede van die mens, en Hy het die toekoms in Sy hande, daarom sê die Woord: “Roep My aan!” Die Woord sê ook nader tot My en Ek sal tot julle nader, want Hy is die God wat jou kan bewaar teen die onheile wat die vyand, ons teëstander, wat ons wil aanval.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 7 November 2019

 

Job 12:22:  #Verborgenheid  

Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.”

In Job hoofstuk een gebeur dinge met hierdie vroom, opreg en Godvresende man wat hy in sy wildste drome nooit sou gedink het nie. Alles het feitlik om hom in duie gestort en elke keer het net een oorgebly om die tyding te bring. Wat Job nie geweet het nie, is die gesprek wat Satan met God oor hom gehad het. God het Job geken van naby en van ver.  Die verborgenheid waarmee God met die mens deel is somtyds onpeilbaar, maar wanneer ons Sy aangesig soek in opregtheid dan openbaar God Homself aan ons namate ons geloof.

In Job 1 vanaf vers 13 wys Job op die magtigheid van God “By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.” Niks is by God verborge nie, daarom sê die Woord in Job 12:22 “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Daarom kon Job die woorde aanhaal toe dit aan hom geopenbaar is: dat sy Verlosser leef en dat hy doodskaduwee  uit bring in die lig.

Vrede / Shalom