Dagstukkies met Dennis 6 November 2019

1 Korintiërs 15:51:  #Verborgenheid  

Kyk, ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend:  Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.”

Wanneer ons die briewe lees wat Aposel Paulus aan die Korintiërs geskryf het, word ons bewus van die baie vraagstukke waarmee die Korintiërs mee geworstel het.

Een van hulle was: Wat gebeur met die mens wat nog in die lewe is en hulle wat reeds oorlede is as Jesus weer kom? Dit is diep verborgenhede wat die menslike verstand nie kan uit redeneer nie. Apostel Paulus was ‘n man wat weggeruk is tot in die derde hemel. God het voor dit ‘n ontmoeting met om gehad op die Damaskuspad. God sou hom gebruik om die verborgenheid te openbaar.

In 1 Korintiërs 15:51 sê Paulus: “Kyk, ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend:  Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.” Die Woord verklaar dat ons wat in die lewe is, die dode hoegenaamd nie voorsal wees nie, want hulle sal eerste opstaan. Vlees en bloed kan die koninkryk nie ingaan nie, daarom sal ons verander in ‘n oomblik om in lyn te kom met die vereistes om in die koninkryk van God in te kan gaan.

Vrede / Shalom

Gemeenskapsnuus – 05 November 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 5  N O V E M B E R   2 0 1 9

 

6-9 NOVEMBER   2019 CAMPUS CRUSADE FOR CHRIST

 

Campus Crusade for Christ presents The Lenses Institute – We help change the way people see the World!       Where: Merrimans Lions Centre, Goodwood

Time: 17h00         Cost: R700p/p

Contact: Lenses@cccsa.org.za or call 071 395 0049

 

9-10 NOVEMBER  2019 STELLENBERG GARDENS

 

Stellenberg Gardens is Open to the Public for 2 Days in Aid of Adopt a bed for St. Josephs Home     Where: Stellenberg Gardens, 30 Oak Avenue, Kenilworth

Time: 09h30-17h30      Cost: R50 adults, Child u/12 free under adult supervision     Garden Tea : R30 (cash & Zapper only)

Contact: Magda on (021) 934 0352

 

9 NOVEMBER  2019 8 MISSES CROON

 

8 Misses Croon bied aan Op ‘n Stasie… soos vertel deur Amanda Strydom

Waar: Reddam House Durbanville, Clara Anna Fontein Kampus        Tyd: 19h00   Koste: R100/R80, Kaartjies beskikbaar by www.plankton.mobi

Kontak: 8missescroon@gmail.com

 

9 NOVEMBER  2019 MITCHELLS PLAIN LIONS CLUB

 

Mitchells Plain Lions Club presents a Diabetes Awareness Walkathon & Free Blood pressure and blood glucose  Testings,  Time: 09h00

Entries: R20 adults, R10 child/u/12yrs.

Where: From Rehoboth Community Centre & Mosquito & Kitty Hawk Streets, Rocklands

Contact: Johanna on 081 847 7619

 

9 NOVEMBER  2019 NGK STELLENBOSCH-WES

 

NGK Stellenbosch-Wes hou ‘n Junk & Vintage Mark met heerlike Verversings en uitstekende Entrepreneurs geleentheid!   Waar: Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch    Tyd: 09h00-13h00
Kontak: Michelle by 071 368 4164 (Besprekings vir Stalletjies)

 

10 NOVEMBER  2019    NGK WELGEMOED

 

NGK Welgemoed hou ‘n Spesiale Gebedsgeleentheid vir Reen & Nagmaal

Waar: NGK Welgemoed, Diaz Straat 15, Welgemoed         Tyd: 18h30

Kontak: Kerkkantoor by (021) 913 2320

 

16 NOVEMBER  2019 PAROW WEST NEIGHBOURHOOD WATCH

 

Parow West Neighbourhood Watch presents their Market & Festival with Food Stalls, Music, Jumping Castle and many more!!   Where: Hernus Kriel 62 Bedford Street, Parow      Time: 10h00
Contact: Eddie on 083 258 9357

 

17 NOVEMBER  2019    VISION EXPRESS MINISTRIES

 

Vision Express Ministries & Aldene Toorn presents a Worship Encounter Dance Far Away    Where: Macassar New Civic Centre, Macassar      Time: 15h00

Cost: Free

Contact: Aldene on 082 058 5720

 

23 NOVEMBER  2019 JAN KRIEL SKOOL

 

Jan Kriel hou hul Jaarlikse Liggieboom Kerskonsert met Pedro Kruger & Jan Kriel se Kinders  Waar: Jan Kriel Skool        Tyd: 19h00 (hekke maak 17h30 oop)

Koste: R100p/liggie

Kaartjies aanlyn beskikbaar by Quicket (www.quicket.co.za)

Kontak: Jan Kriel Instituut by (021) 903 0434 of admin@jankriel.co.za

 

29 NOVEMBER  2019 JMC MUSIC CORPORATION

 

JMC Music Corporation presents By His Grace CD Launch with Shirley Francis & JMC Band   Where: Elsies River Civic Centre, next to Elsies River Library    Time: 18h00

Cost: R250p/p (includes CD)        Dresscode: Smart casual

Contact: Past. Dennis Francis on 082 786 4715

 

Werkverskaffing – 05 November 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   0 5  N O V E M B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VAKATURE VACANCY
 
Vereistes: Jong mans met Matriek benodig vir permanente poste in die “Warehouse” bedryf. Geen ondervinding benodig, werk behels skofte, moet oor Gesertifiseerde ID en Matrieksertifikaat beskik asook belastingnr. vir SARS & Bankstaat.

Skakel: 074 335 5852 of 074 446 5463

   
ADMIN DAME ADMIN LADY

       

  Requirements: Admin Lady needed for a Packaging & Engineering Company in Brackenfell. Must be a positive, friendly well presented and self-motivated person, with good admin. skills, telephone and communication skills and liason with customers and Head Office. Computer skills and Pastel knowledge is essential.

Email CV to info@strapprof.co.za

 

BESTUURDER/TUTOR  MANAGER/TUTOR

 

Vereistes: Bestuurder/Tutor benodig met Gr.12, Wisk & Wet. 60% min. Werksure: Daagliks.

Epos CV na math@absamail.co.za

 

VERKOOPSDAMES  SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde Produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Vereistes: Jy hoef nooit weer sonder werk te sit nie. Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. benodig Konsultante – Opleiding en Kliënte word voorsien. Bo gemiddelde inkomste – Moenie wag nie!

Skakel: (021) 910 0992 of 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys. Moet oor naweke fasiliteer.

Skakel: 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

KLEREMAAKSTER  SEAMSTRESS/DRESSMAKER

 

Requirements: Part time Seamstress/Dress Maker needed with exp. in the functions of Seamstress/ Dressmaker, valid SA ID, ability to keep records, logs, function independently, contactable references.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za of call 072 208 7531

 

BEMARKING SEMINAAR  MARKETING SEMINAR

 

Vereistes: Geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te bou met ‘n minimale maandelikse kapitaal uitleg. Volledige opleiding en inligting word verskaf by ons volgende seminaar op Sat. 9 Nov. 2019, te Ouditorium van die Publieke Biblioteek in Bellville (Agter Melomed Hospitaal) om 10h30. Toegangsfooi: Gratis, Registrasie noodsaaklik.

Stuur Whatsapp of SMS na 082 926 5062 om jou en potensiële groep vir seminaar te registreer.

 

VERSPREIDER  DISTRIBUTOR

 

Requirements: Watkins Valeur needs an Independent Distributor with free Training, quality branded products, excellent prices, etc.

SMS “Join” to 083 609 6469 or email: heste@valeur.co.za

 

GRAFIESE ONTWERPER  GRAPHIC DESIGNER

 

Requirements: Watkins Valeur needs a Graphic Designer that can also do copywriting. Full time position. Includes social media management and webpage management.

 Email: heste@valeur.co.za

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

Dagstukkies met Dennis 5 November 2019

 

Matteus 13:10-11:  #Verborgenheid  

Die dissipels het vir Jesus kom vra:  “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”  Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.”

Hier in die hart van die dissipels het ‘n bekommernis ontstaan, want elke keer praat die Here in gelykenisse met die skare, want menigte skare het Jesus gevolg feitlik ooral waar Hy gegaan het om te luister na die wysheid van die Here se gelykenisse sodat hulle kan verstaan. Toe die dissipels na Jesus kom en hulle bekommernis bekend maak, het Hy hulle met die woorde geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.”

Hier word die dissipels bewus gemaak, die feit dat hulle alles gelos en vir Jesus gevolg het, het hulle die Gees van aanneming ontvang en so ook die verborgenheid met ander woorde die Gees wat die dieptes kan peil en openbaar.  Verborgenhede wat die wêreld nie kan ontvang nie. Daarom is dit baie belangrik vir elke gelowige om te weet wat God vir hom gegee het.

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Dennis 4 November 2019

 

1 Korintiërs 2:7 #Verborgenheid  

Wat ons verkondig, is die wysheid van God, verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.”

Die Bybel verklaar dat die letter dood is, maar die Gees maak dit lewendig. In hierdie hoofstuk bring Apostel Paulus die verskil tussen die wysheid van die wêreld en die wysheid van God na vore. Vers 5 verklaar: “Sodat julle geloof nie in wysheid van die mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.”

Die wysheid van die wêreld gaan verby, dit gaan tot niet, dit duur tot ‘n sekere tyd, dan verdwyn dit, want elke dag word iets nuuts ontdek. Maar Paulus spreek in 1 Korintiërs 2:7: “Wat ons verkondig, is die wysheid van God, verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.”

Die wysheid van God bring dus dit wat bedek was, dit wat verborge was, in die openbaar.  Met ander woorde dit wat die wêreld nie ken nie, om ons as Sy kinders te versterk. Daarom sê die Woord: “   tot ons heerlikheid.” Daarom moet ons die Here aanbid met ons hele verstand en alles wat in ons is, want Hy wil Sy verborgenheid aan ons openbaar.  Apostel Paulus skryf in die negende vers: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.”

Vrede / Shalom

Dagstukkies met Wayne en Chantelle 1 November 2019

Eksodus 15:2:  #Sing                                                                        

Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.  Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Homs al ek verhef.”

In Eksodus 14 lees ons van een van die wonderlikste wonderwerke wat God gedoen het. Moses en die Israeliete word vervolg deur Farao en die Egiptenare en in hulle poging om te vlug stop hulle voor die Rooisee en het hulle nêrens om heen te gaan nie. In ‘n oomblik word hulle vreesagtig en is hulle bang, maar God gee hulle bevel om nie te vrees nie.  Later praat die Here met Moses en soos Moses sy kierrie oor die see uitgesteek het, het die Here die see oopgekloof sodat die Israeliete op droë grond deurbeweeg. Toe Farao en die Egiptenare later deur die droë see wou deurbeweeg het die water weer teruggekeer na normaal en in die proses is almal dood en het God verlossing gebring aan Sy volk.

In Eksodus 15, na die oorwinning, besluit Moses om eer te bring aan die Here en sing hy ‘n lied tot eer van die Here. Deel van hierdie lied was die woorde van Eksodus 15:2: “Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.” Wat so mooi is van hierdie skrif is die feit dat God oorwinning bring aan Moses en die volk, maar dat hulle dan dadelik ‘n loflied aan God #sing.  Hierdie skrifgedeelte herinner ons dat ons lof moet bring aan God vir alles wat Hy vir ons doen. Hoeveel bid ons nie oor ‘n situasie nie en ons vertrou die Here vir deurbraak, wonderwerke en verandering, maar die oomblik as dit realiseer laat ons na om Hom te dank daarvoor en om eer en lof aan Hom te bring. Mag ons die gewoonte aanleer om na elke mylpaal, na elke oorwinning en na elke deurbraak te stop en aan God ‘n loflied te #sing wat eer bring aan Hom.

Neem vandag en dink aan geleenthede waar jy dalk nagelaat het om dankie te sê, en eer en lof aan God te bring soos ‘n vriend van God.

Van jou vriende,

Wayne & Chantelle