Dagstukkies Met CLF 23 Februarie 2020

Begeer die goeie dinge

“Mag Hy gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk” (Psalm 20:5)

In Psalm 20 het ons te doen met die ander kant van begeer. In die Tien Gebooie sê God dat dit verkeerd is om die slegte dinge in die lewe te begeer. Dawid vra vir God in hierdie Psalm om vir hom die goeie dinge te gee. Hy begeer dus om die mooi dinge van God te kry.

Wanneer ons kinders van God is, mag ons die mooi en die goeie dinge begeer. En ons mag dit van die Here vra. Op sy tyd sal Hy die daardie dinge gee wat ons begeer – as dit sy wil is. Want die Here weet wat vir ons die beste is. Hy weet beter as onsself wat vir ons die beste is.

Ons mag maar mooi en goeie dinge begeer en dit vir God vra. Die beste ding om te begeer is dat God altyd naby ons sal wees. En dat Hy ons sal lei, sal beskerm en sal versorg. En dat ons dan vir Hom sal liefhê en dien.

Here, help my om die regte dinge in die lewe te begeer. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies Met CLF 22 Februarie 2020

Die Here leer ons

“Die Woord van die Here is volmaak: dit gee lewe” (Psalm 19:8)

 

Psalm 19 vertel vir ons hoe groot en almagtig die Here is. Die hele skepping van God verkondig sy grootheid. Die son en die maan, die sterre, alles vertel hoe groot God is. Al kan ons dit nie hoor nie, vertel die een dag dit vir die volgende dag: God is groot en baie goed!

Ons hoef maar net rondom ons te kyk, na al die groot en die klein dingetjies wat die Here gemaak het, ons hoef maar net te dink aan al die wonderlike dinge wat die Here elke dag laat gebeur, dan weet ons: God is groot en baie goed. Om dit raak te sien, is wysheid.

Maar in die Here se Woord leer ons dit die heel beste, nog beter as in die natuur of in die dinge wat elke dag gebeur. Daar leer God self vir ons, daar leer ons van God self. Vers 8 sê dat die Here se Woord volmaak is, want daar ontmoet ons God self, leer Hyself vir ons. Die lesse wat die Here ons leer, is betroubaar en waar.

As ons elke dag vir God ons leermeester maak, sal ons gelukkig wees en kennis van sy Woord opdoen.

 

Here, dankie vir ’n Leermeester soos U. Leer my om die regte pad te loop. Amen.

 

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Alles & Nog Wat – 22 Februarie 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 2   F E B R U A R I E   2 0 2 0

T E   K O O P F O R   S A L E
Nissan Langley Motorparte – Prys onderhandelbaar

Skakel: Herman by (021) 633 7265

   
T E   K O O P F O R   S A L E
 Samsung galaxy J1 Selfoon @ R500

Kontak: Marius by 083 549 2404

 
T E   K O O P F O R   S A L E
Opel Astra vir R10 000 + DSTV Dekodeerder + Skottel vir R400 + 2 Opel Deure vir R250

Opel tenk vir R200 + Opel Pan vir Carburetor vir R100 + Gas verwarmer @ R300

Skakel: 061 837 1530

 
T E   K O O P F O R   S A L E
Elektriese Orrel vir R800

Skakel: 082 646 1475  

 
O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Luisteraar is op soek na ‘n badkamervenster teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 079 727 2545

 
T E   K O O P   F O R   S A L E
Tweede handse Matte – redelike meters (los stukke) vir R1000

Skakel: 062 307 0319

 
O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Luisteraar is op soek na dakplate en balke teen ‘n weggeeprys, vir huis met brandskade.

Skakel: 078 046 6668 of 064 386 6167

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Luisteraar is op soek na ‘n klein kombuiskassie teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 073 840 6708

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Imbuia kopstuk + spieëltafel + 2 toiletbakke vir R800

Skakel: 078 023 0909

 

 

 T E   K O O P F O R   S A L E
Enkelbed & Bases in ‘n goeie toestand vir R400

Kontak: Mev. Swanepoel by (023) 342 0029 of 076 226 2595

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Eileen is op soek na ‘n TV & yskas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 074 575 9062

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Luisteraar is op soek na ‘n TV & enkelbeddens teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 078 695 0976   

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Naaimasjien vir R750

Skakel: 072 909 4016 

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Kiraz Stainless steel 21-piece sauce pan & casserole pots + steamer & utensils @ R1000

Contact: 071 828 5066 

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Light colour brand new inside door @ R350

Contact: Veronica on (021) 694 1570 or 073 892 2884 

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Houtraam vensters (1.2mx1.2m) @ R500 + 2 stortdeure @ R600

High pressor masjien vir R900

Skakel: 063 512 0873

 

T E   K O O P F O R   S A L E
200L Geyser @ R1200 + aluminium IBR roof sheeting (4.3mx1.7m) – price negotiable

Contact: Joseph by 083 216 3373

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Phillips Snackwich Toaster, new @ R200 + fleamarket stuff + computer monitor + keyboard + Clothing (size 42-44) + trap orrel – Price negotiable

Contact: Pamela on 072 574 5007 or (021) 927 1169

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Pensioenaris is op soek na ‘n Kombuiskas met groot pak spasies + Hangkas teen ‘n weggeeprys     

Kontak: Mary by 078 354 7882

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Luisteraar is op soek na Baba Stootwaentjie (Pram) teen bekostigbare prys.     

Skakel: 082 469 5263

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Pienk badkamer Wasbak + 20L Drom met outydse Houtblokkies vir vloerbedekking – Prys o.h.b     

Skakel: 082 469 5263

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Samsung 51cm TV in goeie toestand + Open View HD @ R1 100      

Kontak: Patricia by 078 771 0198

 

Kerknuus – 23 Februarie 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   2 3   F E B R U A R I E   2 0 2 0

 

28, 29 FEBRUARY & 1 MARCH 2020 MDK OUTREACH MINISTRIES
Melvin De Koker Outreach Ministries Presents The Macassar Praise & Worship Festival Fundraising Weekend with The Soul Sisters, Trevor Benson, Phillipine, Helderberg &
Kings Choristers & many Others
Where: Macassar High School Hall   Time: 17h30    Cost: R60 daily/R130 weekend

Contact: Evang. Melvin De Koker on 081 782 0295

 

29 FEBRUARIE 2020 INNER HEALING MINISTRIES
Inner Healing Ministries hou ‘n 6-Weekse Innerlike Genesingskursus

Waar: Shiloh Kerk, H/v Boyne & Vygekraalstraat, Primrose Park     Tyd: 14h30-17h30

Kontak: Gertrude by 082 660 6122

 

1-6 MAART  2020 HARVEST TIME MINISTRIES
Harvest Time Ministries hou Opelug Dienste met Pastoor Cheslyn Isaacs & Ander

Waar: Balingen Place, Silversands     Tyd: 17h00 & 19h30

Kontak: Joleen by 063 000 1218

 

6-8 MAART 2020 PIETER & HELENE THERON
Pieter & Helene Theron bied hul Bevrydingskursus aan

Waar: Laerskool De Hoop, Somerset Wes   Koste: R600p/p (sluit handleiding & nasorgboekie in)   

Kontak: Lynette by 076 591 1273 of epos aan info@lig.faith

Inskrywings kan gedoen word op www.lig.faith/theron-bevrydingskursus

 

6,13,20 & 27 MAART 2020 BETHEL TABERNACLE FULL GOSPEL CHURCH
Bethel Tabernacle Full Gospel Church will be hosting a Four Part Youth Relationship Series, Unchain My Heart 2020 with Pastor Dominique Adonis & Artists Kezia Erasmus and Others, Where: Bethel Tabernacle Full Gospel Church, Scottsville, Kraaifontein    Time: 19h30    

Contact: 076 196 5708

 

6 MAART 2020 DOXA DEO KERK
Doxa Deo Gemeente Langeberg bied aan “Spieëltjie in jou hand met Alettè Winckler”

Waar: Doxa Deo Langeberg    Tyd: 19h00-21h00   Koste: R150p/p (sluit ete in)

Kontak: Danelle by (021) 987 1275

 

7 MAART 2020 NGK BELLVILLE
NGK Bellville hou Basaar met heerlike Gebak en vele meer!

Waar: NGK Bellville, De Langestraat, Bellville    Tyd: 09h00 – 11h00   

Kontak: Nicolene by 021 948 3550 of Herman by 083 777 9896

 

22 MAART 2020 OESTYD PINKSTER KERK
Harvest Time Pentecostal Church Celebrates their Ground Breaking Ceremony

Where: Harvest Time Pentecostal Church, 5 Rio Grande Road, Manenberg

Time: 15h00   

Contact: Apostle Manuel on 081 351 1520

 

28 MAART 2020 VGK SCOTTSVILLE
VGK Scottsville hou ‘n Spogtee
Waar: VGK Scottsville, Kraaifontein       Tyd: 14h00       Koste: R100p/p  

Kontak: Selwina by 078 688 5964

 

28 MAART 2020 CHRISTUS DIE HOEKSTEEN SENDING
Christus die Hoeksteen Sending hou ‘n Pret Dag met ‘n Sport Kompetisie en vele meer!

Waar: J.S. Klopper Primêre Skool, Elsiesrivier          Tyd: 10h00         

Inskrywings: R50p/span                Stalletjies: te huur @ R150

Kontak: Pastoor Adonis by 083 765 1517

 

2 MEI 2020 GOSPEL KONSERT
Gospel Konsert met Evang. Voss

Waar: Blackheath Gemeenskapsaal, Evergreen Weg 12, Blackheath       Tyd: 18h00 

Koste: R50 volw, R20 kinders

Kontak: Evang. Voss by 065 891 3646

 

 

 

Dagstukkies Met CLF 21 Februarie 2020

God het jou lief

“Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet” (Psalm 18:20)

Die Here was baie lief vir Dawid. Dawid het hierdie Psalm geskryf nadat die Here hom van sy vyande verlos het. In Dawid se lewe het hy baie vyande gehad wat hom wou doodmaak. Maar omdat Dawid ’n kind van die Here was en op God vertrou het, was die Here vir hom goed en baie lief. In die Bybel lees ons dat Dawid ’n man na God se hart was.

Vandag word ons lewens ook in gevaar gestel deur mense wat ons kwaad wil aandoen. Al waarop ons kan vertrou, is God. Hy het ons lief en sal ons altyd beskerm. Hy is ons Vader in die hemel en weet wat ons nodig het.

My Vader, baie dankie dat U my as u kind aangeneem het. Dankie dat U my so oneindig liefhet. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 20 Februarie 2020

Geen afgode nie

“Die afgode in die land, so aantreklik vir baie – met hulle wil ek niks te doen hê nie”

(Psalm 16:3)

Psalm 16 is ’n baie mooi gedig van Dawid. Daarin vertel hy van die baie mense wat afgo­de dien. Met sulke afgode wil hy niks te doen hê nie. Hy wil selfs nie eers oor afgode praat nie, nog minder wil hy vir hulle offers bring. Want afgode is nikswerd dinge.

Ook in ons sondige wêreld van vandag is daar baie afgode wat vir ons aantreklik lyk. Afgode is alles wat ons in God se plek stel. Alles wat ons aanbid.

In plaas van afgode te dien, moet ons liewer soos Dawid ontdek dat dit veel beter is om by God alleen te skuil, en Hom alleen te dien. Want wie by die Here skuil, ontvang oorvloedige blydskap en net wat mooi is. Want die Here sorg vir ons. Hy gee vir ons die lewe self.

Here Jesus, bewaar my van alle kwaad. Laat U Heilige Gees my die regte pad wys om te loop. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies Met CLF 19 Februarie 2020

God se wil

“Here, leer my tog wat reg is, en help my om U wil te doen” (Psalm 5:9)

 

Wanneer ons Psalm 5 lees, kom ons agter dat die skrywer, Dawid, na God roep om hulp. Hy sê dat daar baie mense is wat verkeerde dinge doen. Hy prys God omdat God hom genadig is. God is ’n God van liefde wat die regverdiges beskerm. In vers 9 vra Dawid dat God hom moet help om sy wil te doen.

In ons lewe moet ons elke dag besluite of keuses maak. Soms wil ons dinge op ons eie manier doen, dan werk dit nie uit nie. Wanneer ons weer keuses of besluite moet maak, moet ons eers vir God vra wat sy wil is. God weet wat die beste vir ons sal wees. As ons dan doen wat God se wil is, sal Hy saam met ons stap en in die toekoms vir ons sorg.

Help my Here, om u wil te doen. Leer my om elke dag naby aan U te leef. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 18 Februarie 2020

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 8   F E B R U A R I E   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VERSENDINGSKLERK DESPATCH CLERK
Requirements: Despatch Clerk needed with Pastel in Multi Store Stock Systems, for trading company based in Blackheath with experience in Hardware and Retail industry. Hands-on approach essential. Forklift drivers’ license an advantage and Computer skills imperative – Pastel/Excel/Word

Email CV with contactable references to strandsteel@telkomsa.net

 

VERSENDINGSKLERK/VOORRAADBEHEER DESPATCH/RECEIVING CLERK/STOCK
Requirements: Despatch/receiving/Clerk/Stock and End Control with dispatch duties required for trading company in Blackheath, with ability to plan vehicle loading for delivery/collection routes. Experience in Hardware and Retail industry an advantage.

Email CV with contactable references to strandsteel@telkomsa.net

 

PANEELKLOPPER PANELBEATER
Vereistes: Malmesbury Paneelkloppers BK benodig ‘n gekwalifiseerde Paneelklopper met mininum 10 jaar toepaslike ondervinding.

Epos CV en aansoek na renata@malmesburypb.co.za

 

STIKSTERS MACHINIST
Vereistes:  2 Poste beskikbaar vir ervare Stiksters.

Kontak: Lorraine by 072 956 1628

 

STAF VERPLEEGSTER STAFF NURSE
Vereistes: ACVV Dienstak Bellville benodig ‘n SANC geregistreerde Staf Verpleegster met kennis van Wet op Ouer persone, deeglike kennis van pasiëntsorg, infeksie beheer en medikasie, goeie kommunikasie vaardighede in Afrikaans en Engels, Indemniteitsversekering.

Epos CV, gesertifiseerde afdrukke van SA ID en SANC kwitansie na hoof@ons-tuiste.co.

 

SEKRETARESSE SECRETARY
Vereistes: Sekretaresse benodig met verkieslik Vericlaim kennis en help met tik van verslae.

Epos CV na acc.drmebuchner01@gmail.com

 

SENIOR SEKRETARESSE SENIOR SECRETARY
Vereistes: Basson & Blackburn Paarl benodig ‘n Senior Sekretaresse in die kommersiële afdeling met minimum 10-15 jaar relevante ondervinding om spoedig diens te aanvaar.

Epos CV aan: marinal@bassonblackburn.com

 
KODE 10 DRYWER CODE 10 DRIVER
Vereistes: Kode 10 Drywer benodig met geldige PDP en eie vervoer vanaf Maandag tot Vrydag (07h30-17h00) in Blackheath area.

Epos: CV na jcwh@mweb.co.za of Faks (021) 905 7917

 

PERSOONLIKE ASSISTENT PERSONAL ASSISTANT
Vereistes: Persoonlike Assistent benodig vir ‘n Dokters Netwerk. Voorkeur aan kandidate met ondervinding in Publisher en ‘n mediese agtergrond. Moet beskik oor goeie organiseringsvaardighede.

Stuur CV na hanlie@cpcqualicare.co.za

 

BEMARKINGSBESTUURDER MARKETING MANAGER
Vereistes: Swift Dry Cleaners benodig ‘n Marketing/Front Office Bestuurder & Tydelike Drywer verkieslik woonagtig naby Kloofstraat, geldige bestuurslisensie, sosiale media savvy, engels & afrikaansmagtig en basiese rekenaarvaardighede.

Stuur CV na info@swiftdrycleaners.co.za

 

FASILITEITSBEAMPTE FACILITIES OFFICER
Vereistes: Is jy ‘n raakvatter Nutsman met ‘n kan-doen-benadering wat daad by woord kan sit? As jy ‘n geldige rybewys het, prakties aangelê, onafhanklik kan werk terwyl jy ‘n span ondersteun, is hierdie geleentheid vir jou. Radio Tygerberg het tans ‘n posisie beskikbaar vir ‘n Instandhoudingspersoon by hul kantore in die Noordelike voorstede. Die suksesvolle kandidaat moet beheer neem van alle bates, store, voertuie, skakeling met diensverskaffers, ens. Eie vervoer is ‘n vereiste.

Stuur ‘n kort CV, afskrif van jou geldige rybewys en salarisverwagting na cv@104fm.co.za

Indien jy binne 14 dae nie van ons gehoor het nie, kan jy aanvaar jou aansoek was onsuksesvol

 

BEMARKING MARKETING
Vereistes: Goed gevestigde organisasie vir 29 jaar benodig konsultante. Verdien ‘n bo-gemiddelde inkomste. Opleiding en kliënte word voorsien uit projekte. Skakel vandag nog!!!

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

ONDERWYSERS TEACHERS
Vereistes: Diploma in Onderwys ‘n vereiste, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Gemeenskapsnuus – 18 Februarie 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 8   F E B R U A R I E   2 0 2 0

 

21 FEBRUARIE 2020 ST. MARKS METHODISTE KERK
St. Marks Methodiste Kerk hou ‘n Sang & Musiek Aand met Gugulethu Tenore & Ander         Waar: St. Marks Methodiste Kerk, Langkloof Singel, Edgemead

Tyd: 19h30    Koste: R100p/p

Kontak: Kerkkantoor by (021) 558 9295

 

23 FEBRUARIE – 1 MAART 2020 TABERNAKEL VAN GOD PINKSTER KERK
Tabernakel van God Pinkster Sending Kerk hou ‘n Herlewing Tent Veldtog     

Waar: H/v Beverley & Sandpiper Straat, Stratford Eersterivier       Tyd: 10h00 & 19h00                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                      

Kontak: Evang. Hendricks by 084 453 9346

 

28, 29 FEBRUARY & 1 MARCH 2020 MDK OUTREACH MINISTRIES
Melvin De Koker Outreach Ministries Presents The Macassar Praise & Worship Festival
Fundraising Weekend with The Soul Sisters, Trevor Benson, Phillipine, Helderberg &  Kings Choristers & many Others
Where: Macassar High School Hall   Time: 17h30    Cost: R60 daily/R130 weekend

Contact: Evang. Melvin De Koker on 081 782 0295

 

29 FEBRUARIE 2020 FONDSINSAMELING
Fondsinsameling ten bate van Jaco se mediese kostes na ernstige besering

Waar: Barnyard Teater, Tyger Vallei.   Tyd: 18h30 vir 20h00   Kaartjies: R165p/p

Kontak: Chantelle by 076 495 8722

 

29 FEBRUARIE 2020 BELLVILLE SENIOR SENTRUM
Bellville Senior Sentrum hou Basaar met tradisionele geregte soos Kerrie-afval, Tuisgebak- en Lekkergoed tafel en vele meer!

Waar: Bellville Senior Sentrum, Chrismar Villas, Bellville     Tyd: 09h00-11h30

Kontak: Kantoor by (021) 910 1250

 

6-8 MAART 2020 PIETER & HELENE THERON
Pieter & Helene Theron bied hul Bevrydingskursus aan

Waar: Laerskool De Hoop, Somerset Wes

Koste: R600p/p (sluit handleiding & nasorgboekie in)   

Kontak: Lynette by 076 591 1273 of epos aan info@lig.faith

Inskrywings kan gedoen word op www.lig.faith/theron-bevrydingskursus

 

7 MAART 2020 NGK STELLENBOSCH
NGK Stellenbosch hou ‘n Junk & Vintage Mark – Kom kuier saam en grawe vir skatte of
maak geld uit jou wit olifante!
Waar: Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch   Tyd: 09h00-13h00   

Kontak: Michelle by 071 368 4164

 

13-14 MARCH 2020 JOHN POWER CHILDRENS HOLIDAY CAMP
John Power Childrens Holiday Camp & Atlantis Medical Outreach Team presents a Medical Community Outreach with medical services & medication, Dentist consultation & many more!     

Where: John Power Camp, Camp Drive, Camp Road, Strandfontein   Time: 08h00    Cost: Free

Contact: Johanna Rose on 072 652 1272

 

 

 

 

 

 

 

Dagstukkies Met CLF 18 Februarie 2020

Die Here doen wonders

“Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is” (Psalm 4:4)

In hierdie Psalm roep Dawid ook na God. Hy is bekommerd oor die mense wat hom kwaad wil aandoen. Hy praat van mense wat vals is en leuens vertel.

Later skryf hy dat hy op die Here sal vertrou en dat hy dan veilig sal woon. Dawid weet dat God wonders kan doen as ’n mens na Hom roep en Hom vertrou. In die Bybel is daar baie geskryf oor die wonders van God. Ons menslike verstand is te klein om regtig te kan verstaan hoe groot God is, en hoe groot die wonders is wat Hy kan doen.

Ons kan maar in God glo en op Hom vertrou. Hy kan groot dinge laat gebeur, in sy kinders se lewens, maar ook oral in die wêreld .

Here, vergewe my as ek so baie kere nie glo dat U groot wonders kan doen nie. Help my om altyd op U te kan vertrou. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.