Gemeenskapsnuus – 04 Februarie 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 4  F E B R U A R I E  2 0 2 0

 

4 FEBRUARIE 2020 NGK STELLENBERG

 

NGK Stellenberg hou ‘n Gratis Optrede met Jugend & Blasorchester van Leipzig Duitsland

Waar: NGK Stellenberg, Edelweis Straat & Mountainview Rylaan, Stellenberg

Tyd: 19h00

Kontak: Rene by 079 893 8104

 

8 FEBRUARY  2020 CROSSWAY CHURCH

 

Crossway Church presents a Messianic Testimony Annual Conference 2020 themed “Removing the Veil” with Speakers, Chrissy Rodgers, from the UK, Leigh Telli & Liron Shany, from Israel

Where: Crossway Church, Goedemoed Road, Durbanville   Time: 09h00-13h00    Entry: Free

Contact: 082 537 4300 (booking is essential) or email: leightelli@gmail.com

 

8 FEBRUARY  2020 DARREN AUGUST

 

Darren August presents a Self-Publishing Masterclass for those dreaming of writing your own book

Where: Hotel Verde, Cape Town   Time: 08h30     Cost: R750p/p

Contact: 067 064 0228 or www.Quicket.co.za

 

8 FEBRUARIE  2020 JUNK & VINTAGE

 

Junk & Vintage Mark – Kom kuier saam en grawe vir Skatte of kom maak geld uit jou wit olifante!

Waar: NG Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch   Tyd: 09h00-13h00

Epos: michelle.junkmark@gmail.com

 

14 & 15 FEBRUARY 2020 CROSSWAY CHURCH

 

Crossway Church presents an Introductory Biblical Counselling Seminar with Liron Shany on Topics Theological Foundation for Biblical Counselling & The 5 main sources of Emotional and Mental Problems and the Path to Inner Healing     Cost: R200p/p (includes refreshments & manual)

Where: Crossway Church, Goedemoed Road, Durbanville    

Time: 18h30 & 09h00

Contact: Church Office on (021) 976 0778 or email: admin@crossway.co.za

 

14 FEBRUARY 2020 JORJAH LEIGH FUNDRAISING

 

Jorjah Leigh Belgium Valentines Day  Fundraising Gala with a 2-Course Dinner & Entertainment  

Where: Kenmere Primary School Hall, 10th Avenue, Kensington   Time: 19h30 – 23h00

Tickets: R150p/p

Contact: Natasha on 071 868 5078

 

15 FEBRUARY 2020 INDEPENDENT DUTCH MISSION CHURCH

 

Independent Dutch Mission Sondagskool hou ‘n Spogtee ten bate van Gemeente Boufonds    Waar: IDM Kerk, Haltweg 455, Elsiesrivier   Tyd: 16h00    Koste: R100p/p

Kontak: Mev. Viljoen by 062 108 8669

 

 

 

Dagstukkies Met CLF 4 Februarie 2020

Soek skuiling by God

“Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy”

(2 Samuel 22:31)

Die Here was baie lief vir Dawid. Dawid het in sy tyd baie oorwinnings oor sy vyande behaal. Al was Dawid ook ’n sondaarmens, het hy altyd op God vertrou, en altyd weer teruggedraai na God toe.

Nadat God weer vir hom ’n oorwinning gegee het, het Dawid in 2 Samuel 22 ’n lied vir God gesing. Met die lied wou hy vir God dankie sê.

In ons teksvers hoor ons die lied. Dawid sê dat as ons by God skuiling soek, Hy ons sal beskerm. Soos ’n klein kuikentjie onder sy ma se vlerke gaan inkruip as daar gevaar is, kan ons ook by God gaan skuil wanneer ons in nood is.

Ons lewens is baie keer in gevaar. As ons God se kinders is, en ons vra die Here se hulp, sal Hy help. Hy sal ons beskerm. God kan alles doen.

Grote God, baie dankie dat U altyd daar is om my te beskerm as ek in gevaar verkeer. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 3 Februarie 2020

Begeer

“Maar wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here” (2 Samuel 11:27)

Nadat Dawid koning oor Israel geword het, het sy soldate sy vyande oorwin, en so het Dawid ’n magtige koning geword. Eendag het hy ’n baie mooi vrou gesien wat besig was om te bad. Haar naam was Batseba. Dawid het haar begeer en haar na sy huis laat kom. Hy het by haar geslaap, en sy het toe ’n kind verwag.

Batseba se man was ’n soldaat wat toe in Dawid se leër oorlog gemaak het. Dawid het vir een van sy aanvoerders laat weet dat Batseba se man op die voorpunt moes veg, sodat hy kon sterf. Dit het so gebeur, en Dawid het sy vrou Batseba as sy vrou geneem.

Een van God se tien gebooie is dat ons nie mag begeer nie. Dawid het daardie gebod oortree, en ook nog iemand se dood veroorsaak. Dit het baie hartseer in Dawid se hart en in sy lewe gebring. Dawid se seun, wat Batseba in die wêreld gebring het, het ook gesterf.

Here, help my om nie te begeer nie. Vergewe my as ek daardie gebod al oortree het. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 2 Februarie 2020

Dawid en Goliat

“Maar Dawid sê vir die Filistyn: ‘Jý kom na my toe met ’n dolk en ’n spies en ’n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige’ ”

(1 Samuel 17:45)

Die verhaal van Dawid en Goliat is een van die mooi verhale in die Bybel. Van kleins af is vir ons vertel hoe Dawid die reus, Goliat, verslaan het.

Die jong seun Dawid was op pad om vir sy broers op die slagveld kos te gaan wegbring. Toe hy by hulle aankom, het die reus Goliat weer vorentoe gekom en die Israeliete uitgedaag om teen hom te veg. Omdat Dawid geweet het God sal hom help, het hy aangebied om teen Goliat te veg. Die reus het die seun gespot wat teen hom wou veg, maar Dawid het op God vertrou. Hy het Goliat met ’n klip uit sy slingervel teen sy voorkop getref. Toe Goliat dood is, het die Filistyne almal gevlug. So het Dawid gehelp dat die Filistyne verslaan word.

Uit hierdie geskiedenis van Dawid leer ons hoe God ons kan gebruik in sy plan. Selfs al lyk dit asof ons teen reuse moet veg, en voor probleme staan wat ver groter en sterker as ons is, kan ons op die Here vertrou. Die Here het vir Dawid gebruik.

Leer my Here, om altyd op U te vertrou. Amen

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 1 Februarie 2020

God kies sy mense

“Samuel sê toe vir die hele volk: ‘Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het?’ ”

(1 Samuel 10:24)

Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as leiers oor Israel aangestel. Maar sy seuns het verkeerde dinge gedoen. Die mense het toe vir Samuel gevra om vir hulle ’n koning aan te stel. Samuel wou van die Here hoor wie hy moes aanstel.

In Israel was daar ’n man, Kis, wat ’n seun gehad het met die naam van Saul. Saul was ’n sterk en mooi man. Op ’n dag stuur Saul se pa hom om donkies te gaan soek wat weggeraak het. Hy loop toe vir Samuel in een van die dorpe raak. Toe Samuel vir Saul sien, het die Here vir Samuel gesê dat Saul die regte man is om koning te word. Daarna het Samuel vir Saul gesalf, en hy het koning oor Israel geword.

Soos God vir Saul uitgekies het om koning te word, so kies Hy ook vir ons om sy werk hier op aarde te doen. Ook ons is konings, want die Here het ons gekies om vir Hom te werk. Maar dan moet ons gehoorsaam wees aan die Here. Goeie konings doen net wat die Here vir hulle sê om te doen – dan gaan dit goed met hulle.

Here, dankie dat U ook vir my gekies het om vir U te werk. Help my om gehoorsaam aan U te wees.  Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.