Dagstukkies Met CLF 9 Februarie 2020

Gebed van Salomo

“Luister tog uit die hemel en vergeef u dienaars en u volk Israel se sonde en gee reën op u land wat U aan u volk as besitting gegee het” (1 Konings 8:36)

Salomo en sy mense het sewe jaar aan die tempel gebou. Nadat dit klaar was, het Salomo voor al die mense gaan staan en ’n gebed tot God gerig. Hy het God geloof en geprys omdat die Here so goed vir die Israeliete gesorg het. Ook het hy gevra dat God in die toekoms vir hulle moet sorg. In ons teksvers vra hy dat God hulle sondes moet vergewe en as dit droog is, dat God reën moet stuur.

So baie keer is daar in ons land ook droogtes. Dan kry almal swaar. Sulke tye kan ons tot God bid vir reën. Maar dan moet ons ook vergiffenis vir ons sonde vra en weer terugdraai na die Here toe. Die Here wil graag ons sondes vergewe en vir ons as sy kinders help. By God is niks onmoontlik nie, Hy sal ons altyd help as ons in nood is.

 

Almagtige Here, dankie dat U alles kan doen. Help my om altyd tot U te bid as ek in die nood is. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 8 Februarie 2020

Die Tempel

“Ek sal tussen die Israeliete woon, Ek sal my volk Israel nie verlaat nie” (1 Konings 6:13)

Baie jare nadat die Israeliete in hulle beloofde land aangekom het, het die Here vir koning Salomo toegelaat om vir die Here ’n tempel te bou. Die Here het vir hom presies gesê hoe die tempel moes lyk. Hy het dit laat bou sodat die mense daar tot God kan bid en offers bring. Die tempel moes nie net ’n huis van gebed vir die Israeliete wees nie, maar vir al die volke. Alle mense moes welkom wees om daar te aanbid.

Omdat Salomo ’n baie ryk man was, het hy ’n baie mooi tempel gebou. In 1 Konings 6 word beskryf hoe die tempel gebou is. Daar is baie hout en goud gebruik vir die bou van die tempel. Die tempel was die plek waar God op ’n spesiale manier by sy volk was.

Alhoewel ons nie meer ’n tempel het nie, het ons kerkgeboue waar ons kan gaan aanbid en van God se Woord kan hoor. As ons gereeld saam met die gemeente gaan om Hom te loof en prys, sal God ons ook seën. As God ons seën, beteken dit dat Hy net die beste vir ons wil gee. Soos God in vers 13 belowe het dat Hy die Israeliete nooit sal verlaat nie, so woon God ook by ons.

 

Liefdevolle Here, help my om gereeld saam met u gemeente te aanbid, sodat ek daar meer van U kan leer. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 08 Februarie 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 8  F E B R U A R I E  2 0 2 0

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Luisteraar is op soek na betroubare persoon met Bakkie om haar meubels teen bekostigbare prys te vervoer vanaf Blackheath na Delft.

Skakel: 065 115 2150

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
 Pensioenaris is op soek na ‘n Hondehok teen bekostigbare prys.

Skakel: Enith by 062 342 3487

 
 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Pensioenaris is op soek na ‘n Yskas en Voordeur teen weggeeprys.

Skakel: Mev. Solomons by 021 397 6422

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Digital Camera @ R500 + Video Camera @ R800 + Defy Silver Fridge @ R2000

Defy Microwave oven @ R500 + Solid Wood Headboard with Dressing Table @ R3000

2 Single Beds with headboards & mattresses @ R500

Contact: 071 736 4585  

 
   
S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T  
   
Mev. Plaatjies is op soek na ‘n Saamrygeleentheid vir haar dogter van Kraaifontein na Uitendal Stasie soggens (04h30) vanaf Ma-Vrydag, teen vergoeding.

Skakel: 079 979 1245

 
   
T E  K O O P   F O R  S A L E  
   
Ryobi angel grinder HG650 soos nuut vir R300

Skakel: 083 549 2404

 
 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Aluminium IBR Roof Sheeting (4.3mx1.7m) – Prys o.h.b.     

Kontak: Basil by 083 216 3373

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Luisteraar soek persoon om leerhandsakke te maak.

Skakel: 072 229 7471

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Claudia is op soek na ‘n TV + Enkelbed Matrasse teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 695 0976

 

O P  S O E K L O O K I NG  F O R

 

Anthony is van sy fiets beroof en is dringend op soek na ‘n Bergfiets (mountain bike) in goeie toestand teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 083 742 6122

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Luisteraar is op soek na Baba Bedjies (Cots) teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 067 813 4254

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Anlette (Pensioenaris) is op soek na ‘n Audi 500 Ratkas teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 072 568 1505

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Opel GSI 1600 with complete engine, new rings and top schemed @ R4500

Contact: Pierre on 071 762 0640

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Volledige stel Gholfstokke in sakhouer vir R2500

Skakel: 061 192 4693   

 

S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T

 

Voornemende Student is op soek na ‘n Saamrygeleentheid van Ma-Vrydag, vanaf Elsiesrivier na Universiteit Stellenbosch, teen vergoeding.

Skakel: Olivia by 073 606 7167 of Damian by 081 494 3971 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Heiligdom van Christus Bediening soek na 20 Sinkplate en 30 stoele teen vergoeding of te skenk.

Skakel: Past. Skippers by 081 770 9649 

 

S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T

 

Mnr. Karriem is op soek na ‘n Saamrygeleentheid vir 2 Studente soggens en smiddae, vanaf Elsiesrivier na Universiteit Stellenbosch, teen vergoeding.

Skakel: 081 539 7940 

 

 

Kerknuus – 9 Februarie 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   0 9  F E B R U A R I E  2 0 2 0

13 FEBRUARY 2020 RHEMA CAPE TOWN NORTH CHURCH

 

Rhema Cape Town North Church is hosting “Loss of a Spouse” Seminar

Where: CAB Conference Centre, 19 Jeanette Street, Brackenfell

Time: 19h00-20h30   

Contact: Lorraine on 072 442 6997

 

14 & 15 FEBRUARY 2020 CROSSWAY CHURCH

 

Crossway Church presents an Introductory Biblical Counselling Seminar with Liron Shany on Topics Theological Foundation for Biblical Counselling & The 5 main sources of Emotional and Mental Problems and the Path to Inner Healing     Cost: R200p/p (includes refreshments & manual)

Where: Crossway Church, Goedemoed Road, Durbanville    

Time: 18h30 & 09h00

Contact: Church Office on (021) 976 0778 or email: admin@crossway.co.za

 

14 FEBRUARIE 2020 BLUEDOWNS VERENIGDE KERK

 

Bluedowns Verenigde Kerk hou ‘n Valentynsaand met die Legendariese Rockets & Ander   Waar: Blackheath Hoërskool, Blackheath   Tyd: 19h00    

Koste: R150p/p (verversings te koop)

Kontak: Miles by 072 631 2734

 

15 FEBRUARIE  2020 INNER HEALING MINISTRIES

 

Inner Healing Ministries hou ‘n 6-Weekse Innerlike Genesingskursus

Waar: Shiloh Kerk, H/v Boyne & Vygekraal Straat, Primrose Park

Tyd: 14h30-17h30

Kontak: Gertrude by 082 660 6122

 

16 FEBRUARIE 2020 PRO DEO KERK

 

Pro Deo Kerk hou ‘n Gratis Verhoudingsreeks met Tema “Relationship goals” oor die kern bestandele wat verhoudings sal help om te floreer en als te word wat God wil hê dit moet wees       Waar: Protea Hotel Durbanville

Tyd: 08h30 (Afrikaanse Diens) & 10h00 (Engelse Diens)   

Kontak: info@prodeo.org.za of www.prodeo.org.za

 

21 FEBRUARIE 2020 ST. MARKS METHODISTE KERK

 

St. Marks Methodiste Kerk hou ‘n Sang & Musiek Aand met Gugulethu Tenore & Ander

Waar: St. Marks Methodiste Kerk, Langkloof Singel, Edgemead

Tyd: 19h30    Koste: R100p/p

Kontak: Kerkkantoor by (021) 558 9295

 

22 MAART 2020 OESTYD PINKSTER KERK

 

Harvest Time Pentecostal Church Celebrates their Ground Breaking Ceremony

Where: Harvest Time Pentecostal Church, 5 Rio Grande Road, Manenberg

Time: 15h00   

Contact: Apost. Manuel on 081 351 1520

 

 

Dagstukkies Met CLF 7 Februarie 2020

Salomo se wysheid

“Die hele Israel het gehoor van die uitspraak wat die koning gelewer het, en hulle het hoë agting vir die koning gekry, want dit het vir hulle duidelik geword dat hy van God self wysheid ontvang het”

(1 Konings 3:28)

Eenkeer het twee vroue na Salomo gekom met ’n probleem. Hulle het saam in ’n huis gewoon, en elkeen het ’n baba gehad. Een nag is die een vrou se baba dood. Sy ruil toe haar baba om met die ander vrou se baba wat nog lewe. So het hulle voor Salomo gestaan en stry oor wie se baba dit is wat nog lewe.

Salomo beveel toe dat die baba wat nog lewe in twee gesny moet word en vir elke vrou ’n helfte gegee moet word. Toe het die regte ma van die baba gesoebat dat hulle dit nie moet doen nie, maar liewer die baba vir die ander vrou moet gee. Dit was duidelik wie die regte ma was. So het Salomo sy wysheid, wat hy van God ontvang het, gebruik om regverdig op te tree.

As ons ook vir God om wysheid vra, sal Hy ons help om ook in ons lewe teenoor ander regverdig op te tree.

Here, gee asseblief elke dag vir my die wysheid sodat ek ook soos Salomo regverdig kan optree. Amen.

 

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Johannesburg ♥ MercyMe x 2!

Wanneer die manne van MercyMe jou hartsnare roer en behoorlik warm laat klop, en geskenk-idees vir Valentynsdag jou moedeloos laat, het 104Concerts net die antwoord!

As jy die JOHANNESBURG-vertoning van hierdie internasionaal bekroonde groep wil gaan beleef, kan jy vir ‘n kort tydperk (net tot een minuut voor middernag op 14 Februarie!) van die Koop-een-Kry-een aanbof op iTickets gebruik maak.

Steel haar hart, maak sy dag of bederf jouself met die heerlike geskenk!

Vir meer (of as jy ‘n Kapenaar is en reeds elke dag bederf word), klik hier:

 

 

Kom #Brunch met Mammas 101 op 104FM

Mawees is pret… maar kan jou soms met hande in die hare laat… Op Vrydag, 7 Februarie om 10:00 begin ’n splinternuwe interaktiewe program tydens Brunch met Benescke, Mammas 101. Tydens dié pretprogram met Benescke Janse van Rensburg en Rouchelle Liedeman as aanbieders, gaan hulle elke week oor interessante temas gesels en interessante gaste nader trek om hul kennis, glipse, hoogtepunte en leer-oomblikke met jou te deel!

Die lekkerste is dat jy as luisteraar heerlik kan saamgesels op die WhatsApplyn en so verseker dat al jou Mamma-vrae beantwoord word. Trek dus ’n groot rooi sirkel om Vrydag, 7 Februarie om 10:00 en maak seker jy vertel vir al jou mamma-vriendinne om vir die volgende paar weke ook in te skakel.

Mammas 101 net hier op Radio Tygerberg. Ons leef Christus.

 

WEEK 1: HOE HET MA-WORD JOU LEWE VERANDER?

Mammas 101 is afgeskop met Radio Tygerberg se Rosebud Tshobane en Veldskoen se Anna Greenfield en klein Charlotte Dean.

 

Dagstukkies Met CLF 6 Februarie 2020

Gehoorsaam aan God

“Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê”

(1 Konings 3:9)

Nadat Salomo koning geword het, het hy in Gibeon vir die Here ’n offer gebring. Ons lees dat hy duisend diere vir die Here geoffer het, omdat God hom so geseën het.

Daar in Gibeon het die Here een nag in ’n droom aan hom verskyn. God het hom gevra wat hy graag wil hê. Salomo vra toe dat God vir hom gehoorsaamheid sal gee, en insig, soos ons in die teksvers lees. Omdat Salomo nie rykdom of eer gevra het nie, het God hom sy lewe lank geseën en baie meer gegee as wat hy gevra het.

So moet ons ook wees. Vra vir die Here gehoorsaamheid. Gehoorsaamheid aan die Here gee ware wysheid. En dan sal die Here ook al die ander dinge wat ons nodig het, vir ons gee.

Dierbare Vader, gee vir my gehoorsaamheid aan U. Dankie vir al die mooi dinge wat ek so onverdiend van U ontvang. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 5 Februarie 2020

Salomo

“Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens” (1 Konings 2:3)

Toe Dawid oud geword het en naby sy einde was, het hy besluit dat sy seun Salomo die volgende koning moes word. Dawid het vir Salomo laat kom en hom beveel om God te gehoorsaam, dan sal hy voorspoedig wees in alles wat hy doen.

Wat ’n mooi boodskap is dit nie! Dis sekerlik die belangrikste ding wat ’n pa vir sy seun kan sê voor hy sterf. Ons ken die geskiedenis van Salomo. Hy was ’n baie wyse man. Hy was baie voorspoedig. Die Here was goed vir hom omdat hy gehoorsaam was.

Ons gee ook baie keer vir ons kinders raad. As ons hulle so ’n boodskap gee soos Dawid aan Salomo gegee het, dan gee ons vir ons kinders iets kosbaars. Dan ontvang hulle deur ons die Here se seën.

Here, gee my die wysheid om ook vir my kinders te lei om U te gehoorsaam. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 04 Februarie 2020

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G  0 4  F E B R U A R I E  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
SEKURITEITS BEAMPTES SECURITY OFFICERS
 
Vereistes: Junior Sekuriteits Beamptes benodig by Babylonstoren, Franschhoek met Graad 12, Graad C PSIRA kwalifikasie, Kennis van SAIDA min. standaarde, min. 2 jr. ondervinding as sekuriteitsbeampte, kennis van CCTV sekuriteits kameras, professionele voorkoms, sober gewoontes, skoon kriminele rekord, eie vervoer, moet verantwoordelik kan optree onder alle omstandighede en prosedures.

Rig aansoek aan: anneline@babylonstoren.com

 

ELEKTRISIëN ELECTRICIAN

 

Requirements: Qualified Electrician needed in Somerset West with Red seal, 2yrs exp. as qualified electrician, construction back ground, valid drivers license and veritable references.

Email: Detailed CV with copies of qualifications to Nadia Davids at: admin@arccon.co.za

 

KLAS ASSISTENT CLASS-ASSISTANT

 

Vereistes: Klas-Assistent vir Grondslagfase benodig by Laerskool Bastion, met bewys van registrasie vir afstandsonderrig (Unisa/NEW-B.Ed) asook Polisieklaring vanaf Ma-Vrydae (07h30-14h00) asook buite muurse afrigting soos nodig – Sluitingsdatum: 7 Februarie 2020

Epos: CV na admin@bastionps.co.za

 

ONDERWYS STUDENT TEACHER (STUDENT)

 

Vereistes: Nasorg (2 Poste) by Laerskool De Tyger, verkieslik ingeskrewe Onderwysstudent vir onderrig ondersteuning, moet goed in span kan saamwerk, waardegedrewe met 2 onlangse getuigskrifte.

Doen Skriftelik aansoek by: Die Skoolhoof – lsdetyger@telkomsa.net.

 

TIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Betroubare Stikster deeltyds benodig met verwysings, verkieslik in Kuilsrivier area woonagtig wees.

 Kontak: 082 788 7894 of epos: acoverit@gmail.com

 

HUISHULP DOMESTIC WORKER

 

Vereistes: Afrikaanssprekende Huishulp benodig met sober gewoontes, netjiese voorkoms, goeie verwysings, vorige ondervinding van huishoudelike take, kook, kinders vergesel na sport oefening en skool, toediening van medikasie vir diabeet ens. (Werksure: 07h30-17h00)

Epos CV na admin@ctsolutions.co.za

 

FASILITEERDERS FACILITATORS

 

Vereistes: Fisantekraal benodig vrywillige Fasiliteerders vir Lewensvaardighede, Kliëntediens, Engelse Geletterdheid, Loopbaan Afrigting, hulp met “mock” onderhoude en CV Voorbereiding.

 Vir meer inligting, kontak Chantelle by (021) 975 7764

 

DRYWERS DRIVERS

 

Requirements: Netflorist need Temp Drivers in Cape Town with a drivers licence and own vehicle, from 13-14 February 2020, for delivering of flowers and gifts. No exp. necessary, training will be provided.

Email your name and surname, contact number, type of vehicle, copy of drivers licence and preferable area(s) of delivery – drivers@netflorist.co.za or Call: 060 748 3569

 

KLIëNTE DIENS CUSTOMER SERVICES

 

Requirements: Customer Service Representative needed with Computer literacy, strong communica tion skills (written & verbal) accuracy and attention to detail, able to multi-task and work under pressure, liaison with production, procurement and dispatch regarding availability and expectancy,

Email CV’s to Anzell Loots: anzell@printondemand.co.za

 

SLOTMAKER KEYCUTTER/LOCKSMITH

 

Requirements: Keycutter/Locksmith required in Northern Suburbs.

 Send email to: info@wplocks.co.za or Call: 082 338 8949

 

INSLAAP HUISHULP/VERSORGER SLEEP-IN DOMESTIC/CARER

 

Vereistes: Betroubare Inslaap Huishulp/Versorger benodig vir hulp met huishoudelike take, kosmaak en toedien van medikasie, vir Dame met matige vorm van Dementia, in Bellville omgewing.

Belangstellendes stuur ‘n kort CV met kontakbare verwysings na info@thefarmhouse.co.za

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.