Dagstukkies met CLF 23 Maart 2020

Werk gee vreugde

“Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra”

(Psalm 126:6)

 

Van die vroegste tye af was daar landbouers, boere wat ploeg en plant om vir mense en diere kos te voorsien. Om die grond voor te berei en die saad te saai is harde werk. Van soggens vroeg tot saans laat, in die warm son, die koue wind of in die reën. Swaar sakke moet gedra word. Dis asof hy die saad met trane saai.

Maar hy doen dit met die wete dat daar groot vreugde gaan wees as die oes inge­sa­mel word. Wanneer hy eendag die gerwe dra, gaan daar vrolikheid wees. Dis mos lekker om kos huis toe te neem vir jou gesin, om die vrug van jou arbeid te geniet.

God beloon ons vir harde werk. Dit maak nie saak watter tipe werk ons doen nie, God sien ons swaarkry raak en sorg dan dat ons goed kan lewe. Om te kan werk is ’n groot voorreg.

 

Dankie Here, dat ek gesond is om te kan werk. Dankie dat ek elke dag iets het om te eet. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 21 Maart 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 1  M A A R T   2 0 2 0

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Bakkie Bande (145/65/17’s) @ R1700

Kontak: Bruce by 072 602 3069

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 Philips Hifi @ R400 + Clock Radio @ R100

Contact: Johan on 084 976 8627

N E W  L D  M I N I S T R Y
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na Dak Plate teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 225 7071

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Opel GSE 1600 for parts: Front Calipers @ R200 each + Windscreen @ R500 + Bonnet @ R250

Tailgate & Spoiler @ R900 + 5-speed Gearbox @ R1200 + 4 Rims & Tyres @ R600

Brake booster @ R300 + Doors @ R250 each + Wipers @ R200 + Back Bumper @ R500

Dash Board @ R650 + Spot Lights @ R200 each + Complete exhaust @ R350 + Radiator @ R250

Contact: Johan on 071 762 0640  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is dringend opsoek na ‘n Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: Claire by 081 041 0583

 
T E  K O O P   F O R  S A L E
1998 Opel Astra 1600 vir R18 000 (prys o.h.b.)

Skakel: 079 450 2356  

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Compressor vir R3000 + Verwarmer @ R300 + 2 Opel deure vir R400 + DSTV Dekodeerder vir R400

Skakel: 061 837 1530  

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Jessica is dringend op soek na Dakplate en boumateriaal teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 062 439 2360

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Splinternuwe Whirlpool Wasmasjien te ruil vir ‘n Twin Tub (Dubbelbalie wasmasjien) of vir R3000

Kontak: Nina by 063 700 0175

 

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Kevin is op soek na ‘n Oefenfiets & Amp teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Kevin by 064 994 6634

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Indesit Skottelgoedwasser @ R1000

Kontak: Mnr. Jacobs by 060 924 0943

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
The Bethany Charity Shop is in need of pre-loved clothing, shoes, books, toys, household goods, etc.

Contact: Past. Heather on 021 671 9400 or 084 693 2801   

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Izaks is op soek na ‘n TV & Yskas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 060 453 1444   

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Sandra is op soek na ‘n Dubbelbed & TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 708 0345 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
3-Burner cast iron gas top without regulator hose @ R350

Undercounter Oven with 4-plate glass Hob @ R750

Contact: Leonard on 076 160 1072 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
30+ Volledige Legkaarte (puzzles) tot vir kleuters (opvoedkundig) @ R250

Netjiese dames Kerkhoede verskeie kleure @ R200

Skakel: 083 777 9807

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Lionel is looking for a Soprano, Alto and Tenor for their music department.

Contact: 078 964 9257

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Tenor Saxophone neck @ R590

Contact: 082 646 1475

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Babybliss hair straightener or curler @ R300 + Egg boiler @ R150

21 piece stainless steel cooking Pots – Price neg.     

Contact: Wendy on 061 639 9321

 

T E  K O O P F O R  S A L E
DVD Player + Video Machine + Computer Monitor + Keyboard + Clothing (42-44) + Trap Orrel – Pryse o.h.b.   

Kontak: Pamela by 072 574 5007

 

T E  K O O P F O R  S A L E
200L Geyser @ R1000     

Kontak: Basil by 083 216 3373

 

Dagstukkies met CLF 22 Maart 2020

Die Here beskerm

“Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare” (Psalm 121:5)

 

Die skrywer vra die vraag: waar sal my hulp vandaan kom? Rondom was daar berge, rots­vaste berge. Party mense glo daar woon afgode op die berge. Sal die berge beskerm­ing gee? Nee.

Die skrywer weet: my hulp kom van die Here af. Die Here wat nie net die berge gemaak het nie, maar ook die hemel en aarde. Hy is van altyd af daar, en sal altyd wees.

Hierdie God slaap nooit nie, Hy is altyd daar om ons te beskerm. Bedags as die son warm is, is Hy daar, vir ons. En snags as dit donker is, bewaar Hy ons. Hy bewaar ons van alle gevare. En as ons val, tel Hy ons weer op.

Hy bewaar ons oral en altyd.

Liefdevolle Heer, dankie dat U altyd daar is vir my. Dankie dat U altyd hoor as ek vra of na U roep. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 21 Maart 2020

Lig vir ons pad

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” (Psalm 119:105)

In die donker nag het ons lig nodig om te kan sien wat ons doen of waarheen ons moet gaan. Ons skakel die lig aan of ons steek ’n kers of lamp aan sodat ons kan sien. Motors, treine, skepe en vliegtuie het ligte om in die nag te kan ry.

Ons wêreld vandag is ook donker van al die sonde. As ons nie ’n lig het wat ons op koers kan hou nie, is ons verlore. In hierdie Psalm word vir ons gesê dat God se Woord vir ons ’n lig op ons pad is, sodat ons in hierdie sondige wêreld die regte pad wat na God toe gaan, sal kan loop. As ons gereeld ons Bybel lees, sal die Here ons leer hoe om sy wil te doen en sal ons eendag die ewige lewe kan ontvang.

As dinge rondom jou donker raak en jy weet nie waarheen nie, vra God om hulp, Hy sal sy Lig stuur sodat jy kan sien waarheen om te gaan.

Here, stuur u lig vir my, sodat ek die pad na U toe kan sien. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 20 Maart 2020

Jou vriende

“Ek is ’n vriend van almal wat U dien en u bevele gehoorsaam” (Psalm 119:63)

In die begin het God vir Adam, die eerste mens, gemaak. Toe sien God dat hy baie alleen is, en het toe vir Eva gemaak, as ’n maat vir hom. Mense het ander mense nodig. So is ons vandag nog, ons het familie en vriende en maats nodig. Daarsonder sal ons baie alleen wees.

Nou sê ons teksvers dat ons ons vriende goed moet kies. Ons moet vriende kies wat ook aan God gehoorsaam is. Daar is baie soort vriende, hulle wat God liefhet en ander wat nie God se pad loop nie. Dis baie belangrik om die regte vriende te kies. Vriende kan ’n mens beter maak of aftrek na die verkeerde dinge toe.

Onthou om altyd vriende – en veral ’n lewensmaat – te kies wat ook soos jy aan God behoort. Saam kan julle dan mekaar help om beter Christene te word en so die Here se Naam hier op aarde groot te maak.

Liewe Here, dankie vir vriende in my lewe. Help my om die regte vriende te kies. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Raad en skakels met die kleinspan by die huis

Aanvanklik was ouers optimisties oor alles wat met kleiner kinders gedoen kan word wanneer skole hul hekke sluit.

Aanvanklik is daar wonderlike brokkies, skakels, foto’s en raad deur ewe optimistiese vriende op Facebook en WhatsApp gedeel.

Aanvanklik was daar die oulike dagprogramme met tydgleuwe vir opvoedkundige aktiwiteite, gesinstyd, oefening, en skermtyd.

Aanvanklik was daar resepte vir gesonde peuselhappies en selfs eetgoed wat kinders self kan maak.

Dit was Maandag.

Vandag is Donderdag. Vergete is die optimistiese programme wat teen yskaste pryk. Die vloer is vol blokkies, inkleurpotlode, tennisrakkette en die speelgoed het ‘n manier gevind om in amper elke vertrek hul intrek te neem.

Maar ten spyte van al die goeie bedoelings en proaktiewe werk, sit die kleinspan vasgevang voor Henry Danger, The Thundermans and The Loud House of speel Fortnite of Mindcraft. Kleiner kinders wil Paw Patrol kyk terwyl Nicky Ricky Dicky en Dawn die perfekte program blyk te wees vir klein en groot! Ander kerm weer oor mamma of pappa se rekenaar of selfoon terwyl die net ingeskakel by hul kantoor wil bly.

Dan is daar natuurlik die hartseergesiggies en pleitstemme wanneer jy verduidelik ons kan nie gaan uiteet of by maats gaan speel nie.

Dit alles terwyl jou dag se werk gedoen moet word, die huis moet skoon en ontbyt, middag en aandete weer ‘n hoogtepunt is.

Vasbyt! Die wêreld is letterlik in dieselfde bootjie. En weet – deur by die huis te bly, doen jy die regte ding!

Hieronder ‘n is paar skakels na blogs, webtuistes, besighede en sommer baie meer om jou te help kophou sodat jy nie dalk die wetenskaplikes voorspring met daardie teenmiddel nie!

 

Storietyd!

https://www.storylineonline.net/

Besoek die museum:
https://www.travelandleisure.com/attractions/museums-galleries/museums-with-virtual-tours

Bou saam met LEGO:

 

Vir kleinboet tot ousus

https://myklaskamer.com/

https://www.natgeokids.com/za/

https://homeschoolhideout.com/educational-shows-on-netflix/

https://www.boredteachers.com/resources/40-science-websites-to-keep-kids-engaged-and-entertained-at-home

https://classroommagazines.scholastic.com/support/learnathome.html

https://allinonehomeschool.com/

https://www.abcya.com/

https://www.funbrain.com/

https://www.splashlearn.com/

https://pbskids.org/
https://www.highlightskids.com/

https://www.starfall.com/h/

https://www.uniteforliteracy.com/

https://www.coolmath4kids.com/
http://www.mathgametime.com/
http://www.literactive.com/Home/index.asp

http://www.sciencekids.co.nz/

https://www.switchzoo.com/
https://www.seussville.com/

https://www.turtlediary.com/
https://www.e-learningforkids.org/

https://www.weareteachers.com/kindergarten-math-games/?utm_content=1583755261&utm_medium=social&utm_source=facebook

https://www.facebook.com/406711342711382/posts/2735224369860056/

BERIGTE MET NOG SKAKELS

https://www.goodthingsguy.com/lifestyle/educational-resources-lockdown/

https://www.facebook.com/groups/2037274793196983/permalink/2566635790260878/

https://www.facebook.com/586261458095703/posts/2723659497689211/

https://kidsactivitiesblog.com/135609/list-of-education-companies-offering-free-subscriptions/

https://thingstodowithkids.co.za/blog/covid-19-how-thrive-these-4-weeks-100-activities/

EN AS JY SELFS MEER INLIGTING SOEK, BESOEK GERUS:

– BrainPop
– Curiosity Stream
– Tynker
– Outschool
– Udemy
– iReady
– Beast Academy (Math)
– Khan Academy
– Creative Bug
– Discovery Education
YouTube Channels:
– Crash Course Kids
– Science Channel
– SciShow Kids
– National  Geographic Kids
– Free School
– Geography Focus
– TheBrainScoop
– SciShow
– Kids Learning Tube
– Geeek Gurl Diaries
– Mike Likes Science
– Science Max
– SoulPancake

 

Dagstukkies met CLF 19 Maart 2020

Jongmense

“Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” (Psalm 119:9)

Die vraag word hier gevra hoe jongmense, en selfs kinders, moet lewe. Dan kry ons dadelik die antwoord: deur aan God se Woord vas te hou. Dit beteken om te doen wat God wil, om aan Hom gehoorsaam te lewe.

Vandag is daar so baie jongmense en kinders wat ver van die Here af leef. Miskien het hulle ouers nagelaat om hulle van Jesus te leer. Dan is die versoeking groot om verkeerd te lewe, om dwelms en drank te misbruik, te steel, geweld te pleeg of verkeerde keuses te maak. Onder druk van verkeerde maats beland hulle maklik op verkeerde paaie, wat baie hartseer bring.

Daarom sê die Bybel: jongmens, hou vas aan God se Woord. Lees gereeld jou Bybel. Vra die Here om jou te help, dan sal jy ’n skoon lewe hê. Dan wys die Bybel jou die regte pad wat na egte geluk lei.

Help my asseblief, Here, om ’n skoon lewe te lei. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Lorrein deel resepte (X4)

 

Lorrein Katzke is bekend vir haar resepte op Radio Tygerberg. Of jy nou ‘n bo-baas kok met ‘n spens propvol voorraad of ‘n mamma-op-‘n-begroting is, Maandae deel sy heerlike en eenvoudige resepte met jou.

Met die langer skoolvakansie en “social distancing” wat die wêreld tans stewig in sy greep het, is tyd geen verskoning nie en kan jy nou aan jou (en almal in die huis!) se kookvernuf werk.

As jy ‘n gunsteling het, deel dit gerus met haar en sy deel dit net dalk met almal!

Maak seker jy is elke dag (maar veral Maandae) ingeskakel op #Kuiertyd van 12:00 tot 15:00 op Radio Tygerberg 104FM met Lorrein Katzke.

Stuur jou resep na rt104fm@gmail.com.

Hier is Lorrein se gunsteling van die vorige weke:

#HOENDERSOP

 

 

#GROENTEMUFFINS

 

 

#HOENDERBORSFILETTE IN DIE PAN

 

 

#DRIE-BESTANDDEEL-GRONDBOONTJIEBOTTER-KOEKIES-WAT-NIE-KAN-FLOP

 

 

 

Dagstukkies met CLF 18 Maart 2020

Prys die Here

“Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke, want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here!” (Psalm 117)

Psalm 117 is die kortste van al die Psalms in die Bybel. Dit bestaan uit net 30 woorde, maar dit sê so baie vir ons. Dit roep alle mense van alle volke en nasies op om die Here te prys. Om iemand te prys beteken om net goed van so iemand te praat. Daarom wil die skrywer hê dat alle mense vir God moet prys en loof, want God se liefde vir ons hou nooit op nie. Die Here het ons lief solank ons lewe.

Partykeer maak ons die Here se hart baie seer, want ons doen sonde, maar nogtans bly Hy lief vir ons. As ons vra dat Hy ons sondes sal vergewe, doen Hy dit. Ons as mense sal nooit regtig verstaan hoe groot God se liefde vir ons is nie.

 

Liefdevolle Here, baie dankie dat U vir my so liefhet. Help my dat ek ook vir U sal liefhê. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 17 Maart 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 7  M A A R T   2 0 2 0

18 MAART 2020 LEAH
Leah hou ‘n Fondsinsameling ten bate van Karlien van Heerden se mediese onkostes    

Waar: Jamrock Theatre, Brackenfell            Tyd: 19h00          Kostes: R120p/p                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Kontak: Lezaan by 081 278 6799          

 

27 MAART 2020 RAINBOW OF HOPE
Rainbow of Hope bied aan “Knight for a Princess”    

Waar: The Rockwell Dinner Theatre, Groenpunt            Tyd: 19h30          Kostes: R200p/p                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Kontak: Alison by 021 591 6610          

 

28 MAART 2020 B-STYLED SA
B-Styled SA presents Re-Envision Your Lifestyle Mens Conference with Brandon Van der Vyver      Where: Victory Kingdom Church, 128 Nooiensfontein Road, Kuilsriver

Time: 10h00-13h00        Cost: R150p/p   

Contact: Brandon on 071 013 0239

 

4 APRIL 2020 PAROW SENIOR SENTRUM
Parow Senior Sentrum bied aan “Kom deel jou Hart” met Spreker, Tania Smit, skrywer van Hekelwoorde, Tommy Oliver & Lisma Dunkley, ten bate van Parow Senior Sentrum
Waar: Parow Senior Sentrum, Bedfordstraat 62, Parow   Tyd: 09h00-12h00   Kaartjies: R160p/p.   

Skakel: (021) 930 3702 of parowsentrum@mweb.co.za

 

4 APRIL 2020 KIN CULTURE
Kin Culture presents a Foster Conference
Where: Vredelust Church, 87, 13th Avenue, Bellville   Time: 08h00-17h00  Tickets: R120-R150p/p      

Contact: Kobie on 082 560 6488

 

18 APRIL 2020 WOMAN AFTER GOD’S OWN HEART BEDIENING
Women after God’s own Heart Bediening hou ‘n Vroue Spog Tee oor Tema “Possess your Land” met Phillipine & Ander   Waar: Stadsaal, Hoofweg 11, Somerset Wes

Tyd: 10h00-12h00  Toegang: R100p/p      

Kontak: Natasha by 064 904 5419

 

EINDE SEPTEMBER 2020 HANDELSKOOL/TEGNIESE KOLLEGE
Handelskool/Tegniese Kollege Reunie: 1943 – 1979

Ons soek na alle oud leerders en personeel vir ‘n Reunie wat gaan plaasvind einde September in Kroonstad. Gaan registreer asb. op die Facebook bladsy – Hoër Handelskool Kroonstad vir meer info.