Werkverskaffing – 17 Maart 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 7  M A A R T   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

KANTOOR ADMINISTRATEUR OFFICE ADMINISTRATOR
Vereistes: Camp Cover, Kuilsrivier benodig ‘n Kantoor Administrateur (Debiteure & Menslike Hulpbronne) met Gr.12, min. 3jr. ondervinding, gevorderde kennis van Microsoft Outlook, Word en Exel, Pastel Accounting en Pastel Payroll. Afr & Engelsmagtig, eie vervoer met geldige rybewys.

Epos volledige CV met 3 verwysings na: cv@campcover.co.za

(Sluitingsdatum: 12 Maart)

 

SKOONMAKER CLEANER
Vereistes: Skoonmaker benodig vir Kantoorgeboue in Bellville.

Stuur CV met 3 verwysings na bellvillerecruit@gmail.com

 

INVORDERINGSKLERK COLLECTION CLERK
Vereistes: Hoërskool Brackenfell benodig ‘n Invorderingsklerk vir skuldinvordering, skakeling met ouers, maandelikse state, alle skoolfondsnavrae ens. Tweetalig (Afr&Eng) rekenaarvaardig (Pastel & MS Office) en goed kan funksioneer onder druk.

Epos: CV aan staff@brackenfellhs.co.za

 

TOESIGHOUER SUPERVISOR
Vereistes: Betroubare Toesighouer (35jr+) benodig met eie vervoer, by voorafvervaardigde sement produkte Fabriek in Blackheath. Moet streng en konsekwent met arbeidsmag kan werk. Uitsonderlike netheid en vorige ondervinding is ‘n vereiste.

Epos kort CV aan: sam@cemstone.co.za

 

INSTALLEERDER/BESTUURDER INSTALLER/MANAGER
Requirements: Aluminium Installer/Manager needed to assist owner, manage installation teams and do more complicated fitment of windows and doors. Must have thorough knowledge and exp. in fitting and waterproofing of aluminium windows & doors. Must be a teamplayer, excellent communication skills, work under pressure and willing to work overtime. Preferably reside in Helderberg area or close vicinity.

Email CV to statusaluminium@isat.co.za

 

SUPERVISOR SUPERVISOR
Vereistes: Supervisor benodig by CMT vir die maak van T-hemde.

Kontak: Lorraine by 063 237 2552

 

VAKATURE VACANCY
Vereistes: Benodig dringend ‘n persoon met ervaring vir die maak van leerhandsakke en bedrewe wees in die gebruik van die volgende masjiene: Walking Foot & Binding machine, vir Maatskappy in Bellville. Ons benodig nie gewone stiksters nie.

Skakel: 072 229 7471

 

HAARKAPSTER HAIR STYLIST
Vereistes: 2 Haarstiliste benodig met clientele vir Haarsalon in Ravensmead.

Kontak: Dominique by 076 907 5826

 

KLAS ASSISTENT TEACHER ASSISTANT
Vereistes: Klas Assistent benodig by ‘n Kleuterskool in Kuilsrivier vir ‘n Baba Klas. Vorige ondervinding met kinders is ‘n vereiste. Halfdag pos: Ma-Vrydag (14h00-18h00)

Epos: CV na leanne.engelb@gmail.com

 

BESTUURDER MANAGER
Vereistes: Sophisticated Steakhouse in Bellville needs a FOH Manager with 1-2yrs exp. in a similar role, clear criminal record, Eng/Afrikaans fluency, attention to detail, problem and conflict solver, computer literate, exp. with GAAP advantageous, own transport, contactable references.

Email CV and recent photo to louis@lpatax.co.za

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Dagstukkies met CLF 17 Maart 2020

Wat kan ek vir God gee?

“Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?” (Psalm 116:12)

In hierdie Psalm vra die skrywer wat hy vir God kan teruggegee vir alles wat hy van God ontvang. Hy antwoord sommer self: “Ek sal dankie-sê offers bring, om so te getuig van die Here se grootheid en goedheid. Ek sal vertel van sy redding. Ek sal die Here dien en liefhê”. So sal hy die Here vergoed vir alles wat Hy doen.

Ons ontvang so baie van die Here. Ons verdien ook nie al die goedheid van die Here nie. Die heel beste wat ons ontvang het, is dat Jesus vir ons sonde gesterf het. Dan ontvang ons ook nog goeie gesondheid, ons het kos en klere, ’n huis om in te bly, familie en vriende wat vir ons goed is, ons het ’n werk, daar is te veel om op te noem.

Wanneer jy voel om vir God iets terug te gee, wees net lief vir Hom, getuig van die Here, en sê elke aand vir God dankie vir al die baie dinge wat God so onverdiend aan jou gee.

Here, ek wil so graag vir U lief wees. Help my om dit reg te kry. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 15 Maart 2020

God sorg ook vir diere

“Die voëls maak hulle neste langs die water en kwetter tussen die takke” (Psalm 104:12)

 

As jy kans het, lees die hele Psalm 104. Daarin lees ons hoe groot God is. God het die wonderlike heelal geskep, die sterre en planete, en niks op die mooi aarde – die berge, die see, die wolke, die bome en ook die diere wat hier op aarde is – het sonder Hom ontstaan nie. Hy sit agter alles. Hy het alles wonderlik gemaak. Hy hou alles elke dag aan die gang.

God het alles so goed gemaak dat daar vir alles hier op aarde ’n plekkie kan wees om te bestaan. In ons teksvers lees ons dat selfs die voëls vir hulle neste of blyplekke langs die riviere kan bou. Dit is God wat dit so laat gebeur. God sorg vir diere en mense.

Wanneer jy weer daar buite in die natuur stap, let op na al die diere en die mooi dinge wat van God af kom. Dit alles vertel hoe groot en goed God is.

God het ook die plante gemaak sodat ons hulle skoonheid kan geniet. Dink net aan die mooi bome en blomme. Hy het ook diere gemaak om vir ons as mense vreugde te bring. Dink net aan al die troeteldiere wat ons het, en watter genot hulle vir ons gee.

 

Grote Here, dankie vir diere hier op aarde. Help my om ook vir húlle te sorg. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 14 Maart 2020

God se liefde vir ons

“Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien”

(Psalm 103:13)

 

Dwarsdeur die Bybel lees ons hoe lief God vir ons as mense het. God self het ons gemaak. Hy ken ons. Ons is sy kinders. Sy liefde vir ons sal nooit ophou nie.

In Psalm 103 word God geprys omdat sy liefde so groot is. Die Here gee vir ons alles wat goed is, Hy gee gesondheid en krag, Hy laat ons lewe. Hy laat ons altyd weer soos ’n jong arend vlieg.

Maar die Here is ook genadig. As ons ons sonde erken en ons vra vergiffenis, dan vat Hy ons sondes heeltemal weg. So ver as die ooste van die weste af is, so ver vat Hy ons sonde van ons weg.

God is ons Vader. Nog meer as wat ’n vader sy kinders liefhet, so het God vir ons lief. Hy het ons altyd lief. Hy wil net die beste vir ons gee.

Is jy ’n goeie vader of moeder? Kan jou kinders iets van God se liefde in jou lewe sien?

 

Here Jesus, baie dankie dat U vir altyd vir my sal lief wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Kerknuus – 15 Maart 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   1 5  M A A R T   2 0 2 0

 

18, 19 & 22 MAART 2020 AGS KERK MATROOSFONTEIN
AGS Matroosfontein hou ‘n “Power” Konferensie met Past. James Davids oor Tema “Breaking Barriers”

Waar: Bishop Lavis Uitsig, Ravensmead      Tyd: 19h30 & 09h30        

Kontak: Past. Botha by 084 225 5853

 

20 & 27 MAART 2020 BETHEL TABERNACLE FULL GOSPEL CHURCH
Bethel Tabernacle Full Gospel Church will be hosting a Four Part Youth Relationship Series, Unchain My Heart 2020 with Pastor Dominique Adonis & Artists Kezia Erasmus and Others

Where: Bethel Tabernacle Full Gospel Church, Scottsville, Kraaifontein    Time: 19h30   

Contact: 076 196 5708

 

22 MAART 2020 HARVEST TIME PENTECOSTAL CHURCH
Harvest Time Pentecostal Church Celebrates their Ground Breaking Ceremony

Where: Harvest Time Pentecostal Church, 5 Rio Grande Road, Manenberg

Time: 15h00   

Contact: Apostle Manuel on 081 351 1520

 

27 MAART 2020 SILVERSTREAM TABERNAKEL MANENBERG
Silverstream Tabernakel Kerk bied aan ‘n Optrede met Eleazar Southgate met Tema “Nothing like Your Presence”       Waar: Silverstream Tabernakel Kerk, Ruimte Weg 28, Manenberg   Tyd: 19h30      Toegang: R10p/p

 

28 MAART 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met ‘n Tee Tuin, Potjiekos, Kinderpret en vele meer!

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood         Tyd: 08h00   

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

28 MAART 2020 CHRISTUS DIE HOEKSTEEN SENDING
Christus die Hoeksteen Sending hou ‘n Pret Dag met ‘n Sport Kompetisie en vele meer!

Waar: J.S. Klopper Primêre Skool, Elsiesrivier       Tyd: 10h00 

Inskrywings: R50p/span   Stalletjies: @ R150

Kontak: Pastoor Adonis by 083 765 1517

 

29 & 30 MARCH 2020 EMMANUEL WORSHIP CENTRE
Emmanuel Worship Centre presents an Impact 2020 Faith Conference with Past. Vincent Rhoda & Others

Where: Emmanuel Worship Centre, Dunes Drive, Woodlands, Mitchell’s Plain

Time: 17h00 & 19h45        

Contact: Office on (021) 374 4364 or 073 687 4443

 

10, 11 & 12  APRIL 2020 PISHON COMMUNITY CHURCH
Pishon Community Church presents a Love Conference hosted by Past. Michael & Ethel Matroos     Where: Hillcrest Hall, Eerste River,      Time: 10h00 & 17h00        

Contact: Devona Barnes on 084 912 8447

 

2 MEI 2020 GOSPEL KONSERT
Gospel Konsert met Evang. Voss

Waar: Blackheath Gemeenskapsaal, Evergreen Weg 12, Blackheath       Tyd: 18h00 

Koste: R50 volw, R20 kinders

Kontak: Evang. Voss by 065 891 3646

 

 

Alles & Nog Wat – 14 Maart 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 4  M A A R T   2 0 2 0

 

T E  K O O P F O R  S A L E
1998 Opel Astra 1600 vir R18 000

Skakel: 079 450 2356

   
T E  K O O P F O R  S A L E
Power Backup System, 12volt, 360W with lights and extras @ R3500

Contact: 079 450 2356

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Elizabeth is op soek na 2 Netbal pale, netbal Klere en ‘n bal teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 909 5447

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Opel GSE 1600 for parts: Front Caliper @ R200 each + Windscreen @ R500

Bonnet @ R250 + Tailgate & Spoiler @ R900 + 5-speed Gearbox @ R1200

4 Rims & Tyres @ R600 +  Brakes @ R300 + Doors @ R250 each + Wipers @ R200

Back Bumper @ R500  Dash Board @ R650 + Spot Lights @ R200 each

Complete exhaust @ R350 +  Radiator @ R250

Contact: Johan on 071 762 0640  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n paar Skoene (nr.5) teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: Claire by 076 805 0031

 
T E  K O O P   F O R  S A L E
Stinkhout Enkelbed sonder matras vir R200

Kontak: Maria by 071 775 4264

 
T E  K O O P F O R  S A L E
200L Geyser vir R1200 + IBR Dakplate (4.3mx1.7m) – Prys o.h.b.

Kontak: Basil by 083 216 3373 of (021) 927 1169  

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Damesklere (nr.42-44) + Rekenaar monitor + sleutelbord + Trap Orrel – Prys o.h.b.

Kontak: Pamela by 072 574 5007

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Pool Tafel vir R2500 + Garage Deur in goeie toestand vir R600

Kontak: Ralph by 021 591 2965

 

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Kevin is op soek na ‘n Oefenfiets & Amp teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Kevin by 064 994 6634

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Battery aangedrewe Rystoel – Prys o.h.b.

Kontak: Randolph by 082 881 4594

 

T E  K O O P F O R  S A L E
White undercounter Oven with glass Hob in working condition @ R1300

Contact: Leonard on 076 160 1072   

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Orrel in goeie toestand vir R1500

Kontak: Hendrik by 061 596 3661   

 

T E   K O O P F O R   S A L E
1999 Golf 3 in goeie toestand vir R35 000

Kontak: Mnr. Jacobs by 076 167 3324 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Beddegoed + Gordyne – Prys o.h.b + Opvoubare Aluminium Fiets vir R3300

Kontak: Mev. De Haas by 021 949 1396 of 076 068 5531 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Playstation 2 vir R600 + Stoof vir R650 + Bruin Muureenheid vir R380

Bruin Mat @ R150 +Dixon Bluetooth Box @ R650 + Raleigh Fiets met “helmet” @ R500

Skakel: 083 693 4223

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Lionel is looking for a Soprano, Alto and Tenor to make contact.

Contact: 078 964 9257

 

 

Dagstukkies met CLF 13 Maart 2020

 

As ons oud word

Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees”

(Psalm 92:15)

 

Niemand van ons bly vir altyd jonk nie. Wanneer ons jonger is, so tussen twintig en veertig jaar oud, het ons baie krag en is ons vol lewenslus. Ons kan ’n swaar vrag op ons skouers tel. Maar soos ons ouer raak, word ons swakker en kan nie meer alles doen soos voorheen nie. Siektes en pyne begin ook pla.

Nou lees ons in Psalm 92 hoe groot die dinge is wat God alles doen. In ons teksvers lees ons dat die Here steeds vir ons krag gee wanneer ons oud en swak word. As ons ons hele lewe lank vir God dien, sy wil doen, vir Jesus as ons Verlosser aanvaar, sal God sorg dat ons mooi oud word.

Wanneer jy iemand sien wat oud is, help so ’n persoon en weet dat die Here ook vir jou sal krag gee wanneer jyself oud is.

 

Liefdevolle Vader, dankie dat U belowe om vir my te sorg as ek oud word. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 12 Maart 2020

 

Skuil by God

“Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan” (Psalm 91:11)

 

Ons lewe in ’n wêreld waar daar baie geweld en misdaad is. Daar is siektes en allerlei teëspoed wat ons bang maak. Ons voel onveilig en bekommerd en ons weet soms nie watter kant toe nie.

In Psalm 91 is daar vir ons troos; dit laat ons veilig en beskermd voel. Daar staan dat ons maar by God kan skuil en sy beskerming kan vra. Soos kuikentjies onder hulle ma se vlerke invlug as daar gevaar is, so kan ons onder God se beskerming invlug; Hy sal ons van alle kante beskerm.

God het ons lief, Hy weet wie Hom ken en Hom aanroep, en Hy gee sy engele opdrag om ons te beskerm, selfs al is daar gevare.

As jy vandag bekommerd of vol angs is, gaan na God, vertel hom van jou probleme en jou nood, Hy sal hoor, en vir jou ’n veilige skuiling wees. Almal wat hul toevlug tot God neem, sal nie teleurgesteld wees nie.

 

Dierbare Here, dankie dat U altyd daar is waar ek kan skuil. Dankie dat ek U kan vertrou. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 11 Maart 2020

Leef elke dag voluit

“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom” (Psalm 90:12)

 

Psalm 90 is ’n gebed van Moses. Hy praat met die Here en sê dat die mense se lewe in God se hande is. God het die mens uit stof gemaak en God laat die mens weer sterwe, en hy word weer stof. Ook sê Moses dat die mense se jare gou verbygaan. Ons lewe omtrent so sewentig jaar of as ons baie sterk is, tagtig jaar. Ons lewe is soos ’n groen grassie wat gou verlep as die droë wind daaroor waai.

Ons almal weet hoe gou die jare verbygaan. Ons weet ook nie wanneer ons sal doodgaan nie. Daarom moet ons elke dag so gebruik om meer van God te leer en van die lewe self.

Leef elke dag voluit tot eer van die Here. Wees gehoorsaam, en doen God se wil. Wees lief vir die Here en jou naaste, sodat wanneer God jou kom haal, jy gereed sal wees om vir ewig saam met hom in die hemel te kan woon.

 

Here, help my om elke dag voluit vir U te lewe. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 10 Maart 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 0  M A A R T   2 0 2 0

 

13-14 MARCH 2020 JOHN POWER CHILDRENS HOLIDAY CAMP
John Power Childrens Holiday Camp & Atlantis Medical Outreach Team presents a Medical Community Outreach with medical services & medication, Dentist consultation & many more!     

Where: John Power Camp, Camp Drive, Camp Road, Strandfontein   Time: 08h00    Cost: Free

Contact: Johanna Rose on 072 652 1272

 

14 MAART 2020 TRANSFORMED WOMAN MINISTRY
Transformed Woman’s Ministry bied aan “Breaking Free!”

Waar: NGK Plumstead, Ophir Weg 30, Plumstead      Tyd: 14h00            

Kontak: 073 545 4304 of 081 829 6670

 

14 MARCH 2020 SORT ME SIMPLY
Sort me Simply presents their Third “Inspire Me” Workshop on Topics Why we should get organized etc    

Where: Baptist Church Hall, 19 4th Avenue Boston, Bellville   Time: 10h00    Cost: R30p/p RSVP 6 March                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Contact: Colleen on 076 863 8520 or Kylie on 082 921 6405

 

15 MAART 2020 8 MISSES CROON
8 Misses Croon bied aan “SKIRT” by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees 2020    

Waar: Drostdy Teater, Stellenbosch    Tyd: 20h30    Kostes: R140-R160p/p                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Kontak: Talita by 082 570 9794          

 

18 MAART 2020 LEAH
Leah hou ‘n Fondsinsameling ten bate van Karlien van Heerden se mediese onkostes    

Waar: Jamrock Theatre, Brackenfell            Tyd: 19h00          Kostes: R120p/p                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Kontak: Lezaan by 081 278 6799          

 

28 MAART 2020 B-STYLED SA
B-Styled SA presents Re-Envision Your Lifestyle Mens Conference with Brandon Van der Vyver       Where: Victory Kingdom Church, 128 Nooiensfontein Road, Kuilsriver

Time: 10h00-13h00        Cost: R150p/p   

Contact: Brandon on 071 013 0239

 

4 APRIL 2020 PAROW SENIOR SENTRUM
Parow Senior Sentrum bied aan “Kom deel jou Hart” met Spreker, Tania Smit, skrywer van Hekelwoorde, Tommy Oliver & Lisma Dunkley, ten bate van Parow Senior Sentrum
Waar: Parow Senior Sentrum, Bedfordstraat 62, Parow   Tyd: 09h00-12h00   Kaartjies: R160p/p.   

Skakel: (021) 930 3702 of parowsentrum@mweb.co.za

 

4 APRIL 2020 KIN CULTURE
Kin Culture presents a Foster Conference
Where: Vredelust Church, 87, 13th Avenue, Bellville   Time: 08h00-17h00 

Tickets: R120-R150p/p      

Contact: Kobie on 082 560 6488

 

EINDE SEPTEMBER 2020 HANDELSKOOL/TEGNIESE KOLLEGE
Handelskool/Tegniese Kollege Reunie: 1943 – 1979

Ons soek na alle oud leerders en personeel vir ‘n Reunie wat gaan plaasvind einde September in Kroonstad. Gaan registreer asb. op die Facebook bladsy – Hoër Handelskool Kroonstad vir meer info.