Werkverskaffing – 10 Maart 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 0  M A A R T   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

AFTREE-OORD BESTUURDER RETIREMENT RESORT-MANAGER
Vereistes: ‘n Algemene Bestuurder met bewese bestuurservaring word verlang. Finansiële, personeel-rekenaar en administratiewe vaardighede is basiese vereistes vir hierdie pos.

Gekwalifiseerde belangstellendes kan hul CV’s en navrae stuur aan: vakature@multiweb.co.za

 

JUNIOR SEKRETARESSE JUNIOR SECRETARY
Vereistes: Junior Sekretaresse benodig by Visagie Vos Prokureurs in Goodwood. N4, N5 & N6 sal ‘n aanbeveling wees.

Stuur u aansoek na marinda@visagievos.co.za

 

MEDIESE SEKRETARESSE MEDICAL SECRETARY
Vereistes: Mediese Sekretaresse Rekeninge en Tikwerk benodig vir Spesialis Praktyk Goodwood, met Rekenaar- Tikvaardigheid en Praktyk ondervinding.

Tweetalige aansoekers kan CV epos aan: profstaff1@adept.co.za

 

LOODGIETER PLUMBER
Requirements: The Drain Surgeon needs a qualified trade license Plumber with experience and PIRB COC Certificates, drivers licence and clean criminal record.

CV’s handed at Office in 11 Victoria Road, Bellville or contact:

Wessel on 066 301 2457

 

BEMARKING MARKETING
Vereistes: Goed gevestigde organisasie vir 29 jaar benodig konsultante. Verdien ‘n bo-gemiddelde inkomste. Opleiding en kliënte word voorsien uit projekte. Skakel vandag nog!!!

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

ONDERWYSERS TEACHERS
Vereistes: Diploma in Onderwys ‘n vereiste, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

GEMEENTE/FINANSIëLE BESTUURDER CHURCH FINANCIAL MANAGER
Vereistes: NGK Stellenberg benodig ‘n Finansiële Bestuurder met Tersiëre finansiële kwalifikasie asook bewese ondervinding in finansiële en personeelbestuur. Diensaanvaarding: 1 Mei 2020

Epos volledige CV, Navrae en posbeskrywing aan stellenberg@stellenberg.co.za

 

HONDE GROOMER DOGS GROOMER
Vereistes: Passion4Paws benodig ‘n Honde Groomer vir nuwe Grooming Salon in Brackenfell, verkieslik jong persoon met sober gewoontes, passie vir honde met ± 2jr. ondervinding, eie vervoer en woonagtig in Oostenberg area.

Stuur CV na: info@passion4paws.co.za

 

VAKATURE VACANCY
Vereistes: Benodig dringend ‘n persoon met ervaring vir die maak van leerhandsakke en bedrewe wees in die gebruik van die volgende masjiene: Walking Foot & Binding machine, vir Maatskappy in Bellville. Ons benodig nie gewone stiksters nie.

Skakel: 072 229 7471

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS
Requirements: Matric qualifications or Nqf4 Equivalent, no experience needed, computer literacy in MS Word & Excel, fluency in written and spoken English, good presentation and communication skills. Ability to work according to strict deadlines on an on-going basis, strong customer service orientation, strong self-starter, with a passion for hard work, attitude and skill.  

Email CV with cover letter to info@jsbrokerage.co.za

 

HAARKAPSTER HAIR STYLIST
Vereistes: 2 Haarstiliste benodig met clientele vir Haarsalon in Ravensmead.

Kontak: Dominique by 076 907 5826

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

Dagstukkies met CLF 10 Maart 2020

Bid vir ons land

“Die Here sal voorspoed skenk en ons land sal sy oes gee” (Psalm 85:13)

 

In hierdie Psalm word die Here geprys omdat Hy goed was vir die mense van Israel. Hy het vir hulle ’n land gegee om in te woon. Hy het hulle sonde vergewe. God het weer vir hulle ’n toekoms gegee. Hyself was by hulle.

Maar die Psalm is ook ’n gebed: die Here moet hulle tog help om gehoorsaam te lewe. Hy moet hulle help om Hom alleen te vertrou en Hom alleen te dien. Want dan sal Hy aanhou sorg, Hy sal vrede en geregtigheid gee, Hy sal voorspoed en genoeg kos gee.

Ons werk is om genoeg kos te help maak vir al die mense van ons land. Soms kom daar droogte of oorstroming of rampe. Dan is daar nie genoeg kos nie. Daarom moet ons nie net hard werk nie, ons moet ook op die Here vertrou. Wanneer ons goeie oeste maak, is dit net genade van God. Hy gee alles en sorg vir ons.

Wanneer ons na ’n dag se werk tot God bid, moet ons die Here vra dat Hy ons land sal seën, sodat almal iets sal hê om te eet. En dat daar vrede sal wees.

 

Here, gee dat die natuur daar buite vir ons goed mag wees, en dat ons dankbaar sal wees vir kos om te eet. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 9 Maart 2020

Gaan kerk toe

“Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite” (Psalm 84:11)

 

Die skrywer van hierdie Psalm sê dat dit vir hom lekker
is om in die tempel van God te wees. Want in die tempel
is God self teenwoordig. Daar ontmoet hy God. Daar
hoor hy God se Woord. Daar hoor God ons gebede en liedere. Hy voel tuis en veilig. Selfs die mossie en swaeltjie, wat hul nessies maak onder die dak van die tempel, voel daar veilig.

Die Here het Sondae vir ons gegee om rustig te wees. Om saam met ander gelowiges kerk toe gaan en saam na die Woord van God te luister en meer te leer van God: hoe lief Hy ons het, hoe mooi Hy vir ons sorg, en hoe Hy ons sonde vergewe. Ons bid en sing saam tot God, gee ons dankoffers en word versterk.

As jy deur ’n dorre, dors wêreld moet trek en jy ontdek skielik ’n fontein met helder, koel water, so is dit om kerk toe te gaan. Dis soos die vroeë reën na ’n droogte. Keer op keer kry mens daar nuwe krag.

Besluit sommer nou om Sondag kerk toe te gaan, om God daar te aanbid. Die ontmoeting sal so wonderlik wees; jy sal nie anders as om God te loof nie.

 

Heilige Gees, gee asseblief vir my die begeerte in my hart om Sondae saam met die gemeente kerk toe te gaan. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 8 Maart 2020

Vertel aan ander

“…sodat die volgende geslag dit sal weet, en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan hulle kinders kan vertel” (Psalm 78:6)

 

Een van die maniere om God se Woord op aarde te versprei, is om dit aan ander mense oor te vertel. Die grootste rede vir ons bestaan is om mee te werk dat God se liefde aan ander bekend sal word. God wil hê ons moet sy dissipels wees om so sy Naam op aarde groot te maak.

Hierdie Psalm wys daarop dat elke geslag die kennis omtrent die groot werke van God aan die volgende moet oordra. Dan sal daardie kinders dit weer aan hulle kinders vertel.

As jy kinders het, vertel hulle van God. Vertel van Jesus wat gesterf het aan die kruis, en vir al ons sonde betaal het. Vertel ook dat die ewige lewe gegee word aan almal wat glo dat Jesus ons Verlosser is.

 

Heilige Gees, leer en help my om my kinders van U te vertel. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 7 Maart 2020

Die Here hoor altyd

“In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep”

(Psalm 55:18)

 

In hierdie Psalm skryf Dawid dat hy baie ontsteld is. Hy het baie vyande wat hom wil doodmaak. Nou smeek hy God om hom te help, want hy is baie bang. Hy besef dat hy enige tyd na God kan roep. Dit maak nie saak of dit in die dag of nag is nie, in die oggend of aand nie. God hoor altyd as hy roep.

Ons kan ook soos Dawid enige tyd na God roep as ons hulp nodig het. Of ons by die werk is, of by vriende, of selfs in die middel van die nag, ons kan tot die Here bid. Hy is nooit te besig om ons hulpgeroep te hoor nie. Ons beste vriende laat ons partykeer in die steek, maar God het altyd tyd vir ons.

Moenie bang wees om enige tyd na God te roep nie. Vertrou dat Hy sal hoor.

 

Here, dankie dat U elke sekonde van my lewe tyd het vir my. Amen.

 

Kerknuus – 08 Maart 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   0 8  M A A R T   2 0 2 0

 

9-11 MARCH 2020 REVIVAL WORSHIP CENTRE
Revival Worship Centre presents a Supernatural Encounter with Apost. Jacques van der Westhuizen    Where: Revival Worship Centre, 10 Gemini Street, Brackenfell

Time: 07h30  Cost: Free (offering taken)           

Contact: Colleen on 083 772 6715

 

13,20 & 27 MAART 2020 BETHEL TABERNACLE FULL GOSPEL CHURCH
Bethel Tabernacle Full Gospel Church will be hosting a Four Part Youth Relationship Series, Unchain My Heart 2020 with Pastor Dominique Adonis & Artists Kezia Erasmus and Others,

Where: Bethel Tabernacle Full Gospel Church, Scottsville, Kraaifontein    Time: 19h30   

Contact: 076 196 5708

 

14 MAART 2020 TRANSFORMED WOMAN MINISTRY
Transformed Woman’s Ministry bied aan “Breaking Free!”

Waar: NGK Plumstead, Ophir Weg 30, Plumstead      Tyd: 14h00            

Kontak: 073 545 4304 of 081 829 6670

 

22 MAART 2020 HARVEST TIME PENTECOSTAL CHURCH
Harvest Time Pentecostal Church Celebrates their Ground Breaking Ceremony

Where: Harvest Time Pentecostal Church, 5 Rio Grande Road, Manenberg

Time: 15h00   

Contact: Apostle Manuel on 081 351 1520

 

27 MAART 2020 SILVERSTREAM TABERNAKEL MANENBERG
Silverstream Tabernakel Kerk bied aan ‘n Optrede met Eleazar Southgate met Tema “Nothing like Your Presence”       Waar: Silverstream Tabernakel Kerk, Ruimte Weg 28, Manenberg   Tyd: 19h30      Toegang: R10p/p

 

28 MAART 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met ‘n Tee Tuin, Potjiekos, Kinderpret en vele meer!

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood   Tyd: 08h00   

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

28 MAART 2020 VGK SCOTTSVILLE
VGK Scottsville hou ‘n Spogtee
Waar: VGK Scottsville, Kraaifontein       Tyd: 14h00       Koste: R100p/p  

Kontak: Selwina by 078 688 5964

 

28 MAART 2020 CHRISTUS DIE HOEKSTEEN SENDING
Christus die Hoeksteen Sending hou ‘n Pret Dag met ‘n Sport Kompetisie en vele meer!

Waar: J.S. Klopper Primêre Skool, Elsiesrivier          Tyd: 10h00         

Inskrywings: R50p/span

Stalletjies: te huur @ R150

Kontak: Pastoor Adonis by 083 765 1517

 

2 MEI 2020 GOSPEL KONSERT
Gospel Konsert met Evang. Voss

Waar: Blackheath Gemeenskapsaal, Evergreen Weg 12, Blackheath       Tyd: 18h00 

Koste: R50 volw, R20 kinders

Kontak: Evang. Voss by 065 891 3646

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alles & Nog Wat – 7 Maart 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 7  M A A R T   2 0 2 0

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Karen, working with Special Needs children is looking for a Jungle Gym at a give away price.

Contact: 083 875 6022

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 Matte in verskillende groottes – Pryse R350 & R250 p/stuk.

Skakel: Mev. October by 081 301 1721

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Doris is op soek na ‘n klein Vrieskas teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 078 532 7952

 
S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T
Marieta is op soek na ‘n Saamrygeleentheid vanaf Parow na Stellenbosch teen vergoeding.

Skakel: 082 493 0520  

 
T E  K O O P F O R  S A L E
2 Motorbande (2.45x65x17) in goeie toestand vir R1600

Kontak: Bruce by 072 602 3069

 
S A A M R Y G E L E E N T H E I D   L I F T
Madre soek ‘n Saamrygeleentheid vanaf Durbanville na Pinelands teen vergoeding.

Skakel: 072 715 1486

 
T E  K O O P F O R  S A L E
1998 Toyota Tazz 1.3 @ R26 000 + Nissan Sentra Bubble Shape 1400 @ R12 000 + Uno Mia @ R15 000 + 2002 Renault Megane hatchback @ R19 000 + Point of Sale with all accessories @ R15 000

Contact: 063 852 1753  

 

T E  K O O P F O R  S A L E
White dotted Chiffon wedding Dress @ R300

Contact: Shirley on 074 440 2321

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Margaret is op soek na ‘n 2-Sitplek Bank teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 061 393 6642

 

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Lionel is op soek na ‘n Klavier Speler wat musiek kan komponeer, lees en skryf.

Skakel: 078 964 9257

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2½ Sakke Dames Klere (grootte 42) vir R350 + Rolstoel & Loopraam – Prys o.h.b.

Kontak: Mev. Goliath by 084 250 3717

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Play Station 2 @ R600 + Stoof in werkende toestand vir R650 + Bruin Muur-eenheid vir R380 + Dixon Bluetooth Box @ R650 + Bruin Mat vir R150 + Raleigh Fiets vir R500

Skakel: 083 693 4223   

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar soek ‘n Selfoon te skenk, benodig dringend werk en het uitdagings om gekontak te word.

Skakel: 066 285 1255 

 

Dagstukkies met CLF 6 Maart 2020

Vra om vergifnis

“Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees” (Psalm 51:9)

 

Ons lees in die Bybel dat Dawid God gedien het. Hy was ’n kind van die Here, maar tog het hy ook gesondig. Ons het al tevore gekyk na een groot sonde wat hy gedoen het, toe hy Uria laat doodmaak het om sy vrou Batseba te vat.

Alhoewel Dawid gesondig het, het hy berou daaroor gehad en vir God gevra om hom te vergewe. In Psalm 51 smeek hy God om hom te vergewe en hom ’n nuwe mens te maak. Hy besef dat hy verkeerd gedoen het en vra dat God hom weer blydskap en vreugde moet gee.

Elke mens op aarde doen een of ander tyd sonde. Niemand is volmaak nie; net God alleen is sonder sonde. As jy sondig, gaan na God, sê jy is jammer en vra dat Hy jou moet vergewe. Die Here sal jou vergewe en jou weer ’n nuwe, skoon hart gee.

 

Wonderlike Here, vergewe asseblief my sonde, en was my witter as sneeu. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 5 Maart 2020

Rykdom

“Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word nie” (Psalm 49:17)

 

Daar is baie ryk mense in die wêreld. Hulle het baie besittings, baie geld in die bank, groot en mooi huise, duur motors en pragtige klere. Soms voel ons wat nie soveel het nie ’n bietjie jaloers en ons kwel ons daaroor. Ons wens baie keer om meer te hê.

Nou lees ons in Psalm 49 dat ryk en arm mense gelyk is voor God. Ons moet almal eendag doodgaan; dan kan ons niks saamneem nie. Dan tel ryk of arm niks meer nie. Aardse besittings is nie so belangrik nie. Jesus het gesê dat ons liewer vir ons skatte in die hemel bymekaar moet maak.

Al het ons min, maar ons het God in ons harte, is ons baie ryk. Want dan kan ons op Hom vertrou, Hy sal sorg.

 

Here, dankie vir wat ek besit. Dankie dat ek die grootste rykdom het – vir U. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 4 Maart 2020

Sing vir God

“God is Koning oor die hele aarde; sing vir Hom ’n lied” (Psalm 47:8)

 

Die Bybel leer ons hoe om God te dien. Daar is baie maniere. Ons kan God dien deur te bid, deur Bybel te lees en kerk toe te gaan. Ons dien God ook deur gehoorsaam aan sy Woord te lewe en te doen wat Hy in sy Tien Gebooie van ons vra. Maar ons kan God ook dien deur te sing. En dis tog ’n lekker manier; ons hou mos van sing.

In hierdie Psalm word ons gevra om vir die Here te sing. Om saam lofliedere vir Hom te sing. Deur vir God te sing, erken ons dat Hy Koning is oor die hele aarde, dat Hy groot en goed is. Ons bewys ook ons respek aan God as ons tot sy eer sing.

Wanneer jy weer kerk toe gaan en daar word gesing, sing dan tot sy eer. Let op die woorde wat gesing word, en so kan jy God dien en prys. As ons liedere vir God sing, maak dit God se hart bly. Maar dit maak ook ons eie hart vol blydskap. Om lekker te sing, gee vir ons die vreugde en vrede van God

 

Dankie Here dat U vir my ’n stem gegee het. Help my om U te dien wanneer ek sing. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.