Werkverskaffing – 03 Maart 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   0 3 M A A R T   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

ADMINISTRATIEWE BESTUURDER ADMIN MANAGER
Vereistes: The Baby Leaf Maatskappy, Landbou produsent in Philippi benodig ‘n Admin Bestuurder met ‘n Sekretariële Diploma (3jr), 5jr ervaring in Besigheids- en kantoor administrasie, uitstekende rekenaarvaar-dighede (volledige Microsoft Office Pakket), kennis van Xero Accounting of soortgelyke program, eie vervoer, volkome tweetaligheid (Afr&Eng) en verwysings van vorige werknemers.

Stuur verkorte CV met gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies aan: odileheunis@gmail.com teen Vrydag, 13 Maart 2020

 

MAATSKAPLIKE WERKER SOCIAL WORKER
Vereistes: 2x Hulpmaatskaplike werkers & 1 Maatskaplike werker benodig met Registrasie by die SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe, toepaslike opleiding, bestuurslisensie, Afri & Engelsmagtig, ondervinding in kinderbeskermingsdienste.

Epos CV + afskrif van registrasie by SACSSP & bestuurslisensie aan: oc@badisatygerberg.org.za

 

FAMILIE-REG SEKRETARESSE FAMILY-LEGAL SECRETARY
Vereistes: Familie-Reg-Sekretaresse/Kantoor Administrateur benodig by besige Regsfirma vir hantering van familiereg, eiendomstransaksies en siviele sake, met min. 5jr. ondervinding by ‘n Regsfirma, Admin bevoegdhede, ten volle vertroud met LEXPRO-boekhou stelsel, verkieslik ouer as 35jr, ten volle tweetalig (Afr&Engels), kennis van MS Office en basiese kennis van aktes.

Stuur CV na ilenehva@telkomsa.net

 

ADMIN KLERK ADMIN CLERK
Vereistes: Matured Admin Clerk needed with telephone skills, for Trading Company in Blackheath Industria Computer skills imperative – Excel/Word/Pastel – for 5½ days p/week.

Email CV with contactable references to strandsteel@telkomsa.net

 

LOODGIETER PLUMBER
Requirements: The Drain Surgeon needs a qualified trade license Plumber with experience and PIRB COC Certificates, drivers licence and clean criminal record.

CV’s handed at Office in 11 Victoria Road, Bellville or

Contact: Wessel on 066 301 2457

 

ONDERWYSER TEACHER
Requirements: Platinum College in Robert Sobukwe Road, Bellville is looking for a retired Afrikaans Teacher to teach Afrikaans additional (2nd language) to 6 College Students do matric during the day.

Contact: Brian on (021) 023 0653 or email CV to platinumcollege2@gmail.com

 

BEMARKING MARKETING
Vereistes: Goed gevestigde organisasie vir 29 jaar benodig konsultante. Verdien ‘n bo-gemiddelde inkomste. Opleiding en kliënte word voorsien uit projekte. Skakel vandag nog!!!

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

ONDERWYSERS TEACHERS
Vereistes: Diploma in Onderwys ‘n vereiste, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

GEMEENTE/FINANSIëLE BESTUURDER CHURCH FINANCIAL MANAGER
Vereistes: NGK Stellenberg benodig ‘n Finansiële Bestuurder met Tersiëre finansiële kwalifikasie asook bewese ondervinding in finansiële en personeelbestuur. Diensaanvaarding: 1 Mei 2020

Epos volledige CV, Navrae en posbeskrywing aan stellenberg@stellenberg.co.za

 

BOEDEL BEREDDERAAR ADMINISTRATOR OF ESTATES
Vereistes: Boedel Beredderaar in die Paarl benodig met ten minste 5jr. ondervinding.

Stuur CV na: carina@annekestrauss.co.za

 

HONDE GROOMER DOGS GROOMER
Vereistes: Passion4Paws benodig ‘n Honde Groomer vir nuwe Grooming Salon in Brackenfell, verkieslik jong persoon met sober gewoontes, passie vir honde met ± 2jr. ondervinding, eie vervoer en woonagtig in Oostenberg area.

Stuur CV na: info@passion4paws.co.za

 

VAKATURE VACANCY
Vereistes: Benodig dringend ‘n persoon met ervaring vir die maak van leerhandsakke en bedrewe wees in die gebruik van die volgende masjiene: Walking Foot & Binding machine, vir Maatskappy in Bellville. Ons benodig nie gewone stiksters nie.

Skakel: 072 229 7471

 

STIKSTERS MACHINISTS
Vereistes: Benodig 2 Afrikaanssprekende Dames “All rounder” masjieniste vir ‘n Skool- en Sportklere Fabriek in Kuilsrivier.

Skakel: Louwina by 083 460 2195 tydens werksure

 

SKOONMAKER/ALG. WERKER CLEANER/GENERAL WORKER
Vereistes: Foundation for Alcohol Related Research (Farr) benodig ‘n Skoonmaker/Alg. Werker met uitstekende menseverhoudings, goed in engels kommunikeer, onafhanklik kan werk. Matrieksertifikaat nie vereiste, sal in guns tel. Moet oor vorige ondervinding beskik, verkieslik in ‘n korporatiewe omgewing. Sleutelprestasie-area sluit in skoonmaak, bediening van tee/koffie en algemene werk. Moet beskikbaar wees om spoedig te begin.

Epos CV met bewys van kwalifikasie en kontakbare verwysings na info@farrsa.org.za voor 13 Maart 2020

Vir navrae: Kontak Estelle by (021) 686 2645/6

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Gemeenskapsnuus – 03 Maart 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   0 3  M A A R T   2 0 2 0

 

6-8 MAART 2020 PIETER & HELENE THERON
Pieter & Helene Theron bied hul Bevrydingskursus aan

Waar: Laerskool De Hoop, Somerset Wes   Koste: R600p/p (sluit handleiding & nasorgboekie in)   

Kontak: Lynette by 076 591 1273 of epos aan info@lig.faith

Inskrywings kan gedoen word op www.lig.faith/theron-bevrydingskursus

 

6 MAART 2020 DOXA DEO KERK
Doxa Deo Gemeente Langeberg bied aan “Spieëltjie in jou hand met Alettè Winckler”

Waar: Doxa Deo Langeberg    Tyd: 19h00-21h00   Koste: R150p/p (sluit ete in)

Kontak: Danelle by (021) 987 1275

 

6 MAART 2020 PROTEA VALLEI KERK
Protea Vallei Kerk hou ‘n Jeug Sangaand met die Wholehearted Band van Somerset Wes      Waar: Protea Vallei Kerk, Van Riebeeckshof Weg 47, Durbanville

Tyd: 18h00-20h00  Kaartjies: R50

Kontak: youth@proteavalleychurch.org

 

7 MAART 2020 NGK STELLENBOSCH
NGK Stellenbosch hou ‘n Junk & Vintage Mark – Kom kuier saam en grawe vir skatte of
maak geld uit jou wit olifante!
Waar: Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch   Tyd: 09h00-13h00   

Kontak: Michelle by 071 368 4164

 

7 MAART 2020 MOMBIZ FAMILIE MARK
Mombiz Familie Mark word gehou as platform vir Mamma besitte besighede met heerlike geregte, gratis Kindervermaak en vele meer,  ten bate van Cart Horse
Waar: Protea Shed, Knorhoek Landgoed, Sir Lowry’s Pas   Tyd: 11h00-16h00   

Kontak: Henriette by 071 388 9591

 

7 MAART 2020 BOEK BEKENDSTELLING
“Fallen Men can Rise Again” Samuel Jacobs Boekbekendstelling
Waar:  Shawco Saal, Halt Weg 268, Elsiesrivier   Tyd: 09h00-12h00   Koste: R120 (Boekprys)        

Skakel: 062 817 9256

 

 

7 MAART 2020 NGK BELLVILLE
NGK Bellville hou Basaar met heerlike Gebak en vele meer!

Waar: NGK Bellville, De Langestraat, Bellville    Tyd: 09h00 – 11h00   

Kontak: Nicolene by (021) 948 3550 of Herman by 083 777 9896

 

7 MARCH 2020 HAMIGDALOR MINISTRIES
Hamigdalor Ministries presents Feasts of Deliverance with Speaker, Edith Sher

Where: Sea Point Evangelical Congregation, C/o Main & Marais Road, Sea Point

Time: 17h45    Entrance: Free (offering will be taken)

Fancy Dress: The Esther Story – best dress prizes. Bring dry beans & dry Pasta     

Contact: Amanda on 083 301 6896

 

7 MAART 2020 NGK PAROW-PANORAMA
NGK Bellville hou ‘n Kermis met heerlike Pannekoek, Geregte, Kinderpret en vele meer!

Waar: NGK Parow-Panorama Rembrandtsingel, Panorama    Tyd: 09h30  

Pretloop: 08h00 (Inskrywings open 07h00)    

Kontak: Kerkkantoor by (021) 930 3100

 

7 MAART 2020 AP KERK
AP Kerk hou ‘n Kermis/Basaar met Plesierritte, Potjiekos kompetisie, veteraan motors, teetuin en vele meer met Tema “Toeka se dae!!

Waar: Meridian Pinehurst Skool, Kampus weg 6, Pinehurst

Tyd: 08h00    Toegang: Gratis        

Kontak: Elsa Els by 082 336 1923

 

7 MAART 2020 BETHANY FELLOWSHIP KERK
Bethany Fellowship Kerk hou hul Maandelikse Mini-Mark met ‘n Tee Tuin, Konfyt en vele meer! Waar: Bethany Fellowship Kerk, Imam Haron Weg 225, Claremont

Tyd: 08h00 – 13h00   

Stalletjies: Beskikbaar @ R20        

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400 of 061 709 2533

 

13-14 MARCH 2020 JOHN POWER CHILDRENS HOLIDAY CAMP
John Power Childrens Holiday Camp & Atlantis Medical Outreach Team presents a Medical Community Outreach with medical services & medication, Dentist consultation & many more!     

Where: John Power Camp, Camp Drive, Camp Road, Strandfontein   Time: 08h00    Cost: Free

Contact: Johanna Rose on 072 652 1272

 

14 MAART 2020 TRANSFORMED WOMAN MINISTRY
Transformed Woman’s Ministry bied aan “Breaking Free!”

Waar: NGK Plumstead, Ophir Weg 30, Plumstead      Tyd: 14h00            

Kontak: 073 545 4304 of 081 829 6670

 

14 MARCH 2020 SORT ME SIMPLY
Sort me Simply presents their Third “Inspire Me” Workshop on Topics Why we should get organized etc    

Where: Baptist Church Hall, 19 4th Avenue Boston, Bellville   Time: 10h00    Cost: R30p/p RSVP 6 March                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Contact: Colleen on 076 863 8520 or Kylie on 082 921 6405

Dagstukkies met CLF 3 Maart 2020

As ons onseker is

“Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God!” (Psalm 42:6)

Hierdie Psalm is geskryf deur iemand wat op reis is deur die woestyn, op pad na Jerusalem, na die tempel toe. Die reisiger kry swaar en wonder of die Here hom nie vergeet het nie. Omdat hy so swaar kry, verlang hy na God. Hy verlang na die tempel. Hy dink ook aan die tye toe dit goed met hom gegaan het. Hy onthou hoe hy gesing en feesgevier het. Toe God naby hom was.

Baie kere in ons lewens gaan dit nie goed nie. Dinge loop verkeerd, en ons voel of God ons verlaat het. Dan moet ons maar net God se beloftes onthou. Hy sal sy kind­ers nooit in die steek laat nie.

Wanneer ons moeilike tye beleef, hou op twyfel aan God se liefde. Glo net, God is altyd daar, en sal ons troos en weer vreugde gee.

Liefdevolle Jesus, help my asseblief om nie te twyfel nie. Troos my in moeilike tye sodat ek weer vreugde sal hê. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

 

Dagstukkies met CLF 2 Maart 2020

 

Sorg vir mekaar

“Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke” (Psalm 41:2)

Daar is baie mense wat in groot nood is. Hulle kan nie vir hulleself sorg nie. Daar is ou mense, kreupel, blinde en dowe mense wat afhanklik is van ander. Daar is weeskinders en weduwees.

In vandag se teksvers belowe die Here dat dit goed sal gaan met die een wat na sulke mense omsien. Sulke mense is ons naaste, en God verwag van sy kinders om hulle lief te hê en hulle te help.

Ons word almal oud en miskien sieklik, dan sal ons dit waardeer as ander na ons omsien en help. Respekteer ou en swak mense, God sien dit raak en Hy sal ook vir ons sorg in tyd van nood.

Probeer om vandag vir iemand wat oud of swak is iets goeds te doen.

Here, dankie dat ek so gesond is. Gee my die wil om swak mense te help. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 1 Maart 2020

 

My sonde

“Ek bely my ongeregtigheid, my sonde kwel my”

(Psalm 38:19)

Elke mens doen een of ander tyd verkeerde dinge. Ons almal word met sonde gebore. Ons is sondaars van geaardheid. Gelukkig sal die Here ons vergewe as ons berou het daaroor.

In hierdie Psalm skryf Dawid dat sy sonde van die verlede hom pla. Hy sê dat hy dit nie meer kan uithou nie, en dat God hom tog nie moet verlaat nie. Hy vra dat die Here hom tog gou moet help.

As verkeerde dinge uit jou verlede jou kwel, gaan op jou knieë en vra die Here om jou te vergewe. Vertel Hom alles, Hy sal verstaan, jou genadig wees en jou die krag van die Heilige Gees gee om te kan stry teen die sonde. Lewe dan soos ’n nuwe mens en dank God vir sy vergifnis.

Wonderlike Here, dankie dat U my sondes vergewe. Help my om elke dag teen die sonde te stry. Amen.

 

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies met CLF 16 Maart 2020

God is aan jou kant

“Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap” (Psalm 108:14)

 

Ons ken nou al die geskiedenis van die Israeliete in die Ou Testament. Baie keer is hulle verdruk, en moes hulle veg teen hulle vyande. Dawid herinner hier daaraan hoe goed die Here vir die volk was. God het hulle elke keer gehelp en vir hulle gesorg. God was aan hulle kant. Omdat hulle op die Here vertrou het, het Hy hulle beskerm teen die vyand.

Vandag is daar ook baie vyande in ons lewe. Die duiwel probeer ons elke dag verlei om die verkeerde dinge te doen. Daar is kwaad in ons eie harte en bose dinge rondom ons. Die Bose doen sy bes om ons van God af weg te kry.

Wanneer die Bose jou weer verlei om sonde te doen, draai daarvan weg en vra die Here om jou te help. Hy is aan jou kant, en sal self saam met jou die sonde oorwin.

Sterke Here, dankie dat U aan my kant is. Help my om die goeie dinge te doen en die Bose te oorwin. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.