Dagstukkies met CLF 22 Mei 2020

Daniël

“Die koning het vir Daniël gesê: ‘Werklik, julle God is die grootste van al die gode, Hy heers oor die konings en Hy openbaar geheime, want jy kon hierdie geheim bekend maak’ ” (Daniël 2:47)

Daniël was ’n gelowige mens. Hy het op God vertrou in alles wat hy gedoen en gesê het. God het hom ook die vermoë gegee om drome te kan uitlê. Op ’n keer het hy vir die heidense koning ’n droom uitgelê wat waar geword het. Die koning was baie in sy skik met Daniël, en het hom aangestel as hoof oor sy raadgewers.

Omdat Daniël net op God vertrou het en van Hom getuig het, het God gesorg dat Daniël onder die heidense mense kon werk om so God se boodskap aan hulle oor te dra.

In die volgende paar dae gaan ons nog meer van Daniël leer. Al wat ek en jy kan doen, is om sy voorbeeld te volg en dan sal ons sien hoe goed God vir ons is.

 

Here, dankie vir ’n man soos Daniël. Help my om sy voorbeeld te volg. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 21 Mei 2020

’n Moeilike werk

“Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur” (Esegiël 2:4)

Esegiël was ’n priester in die tyd toe die Israeliete onder die mag van die Babiloniërs gestaan het. Die Israeliete het God vergeet, en daarom het God hulle gestraf.

Op ’n dag het God met Esegiël gepraat. Hy het hom ’n opdrag gegee om na die Israeliete te gaan. Hy moes hulle waarsku en sê dat hulle weer na God moes terugdraai. God het Esegiël gewaarsku dat die mense moeilik sou wees, en nie sommer na hom sou luister nie. Maar God het hom verseker dat hy nie hoef bang te wees nie, want God self sou by hom wees.

Wanneer jy vir God getuig sal jy ook baie hardkoppige mense kry, mense wat dit vir jou moeilik sal maak. Moenie bekommerd of bang wees nie, want die Here stap saam en sal jou help om sy werk op aarde te doen.

 

Liewe Heer, al is die werk hier op aarde moeilik, help my om elke dag van U te getuig. Amen.

 

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Hoe eet jy ‘n olifant…

…happie vir happie!

 

In ‘n tyd wat eintlik net as onwerklik beskryf kan word, word ons gedwing om dinge stap vir stap en dag vir dag te neem.  Vir die laaste meer as 60 dae is ons dag-tot-dag bestaan totaal op sy kop gedraai. Talle het hul werk – waarvoor hul reuse lenings moes uitneem, of reeds jare toegewyd aan gewerk het of wat geslagte reeds in die familie was – verloor. Sommige moes drasties afskaal. Alle luukses is gestop, in baie gevalle is baie noodsaaklikhede ook gestop.

Wanneer daar aansoek gedoen is vir alle reddingsboeie, alle reserves uitgeput en alle opsies deeglik oorweeg, ondersoek en probeer is, waarheen dan?

Een vrou van Kaapstad het daardie olifant vierkantig in die oë gekyk en begin hap. En hap. En hap.

Magdél Steyn het, saam met eVoucher.mobi en The Significance Network weggespring om persone in nood met dié wat ‘n helpende hand kon uitreik, te verbind.

“Ons het aanvanklik met kospakkies probeer help maar dit was duidelik dat die nood net te groot was. Inperkingsregulasies het dinge ook bemoeilik en aangesien mense se behoeftes so uiteenlopend is – alles van kos, krag, brandstof of ander uitgawes, was die koopbewys ‘n praktiese oplossing,” sê Magdél.

“Ons het vandat die Staat van Inperking aangekondig is, tot nou, direk, 447 gesinne (1378 persone!) gehelp. Indirek is daar sowat 200 gesinne wat al gehelp is. Ek sal jok as ek sê dis maklik of dat ek nie telkens wonder waarin ek myself begeef het nie”, lag sy, “maar wanneer mense bereid is om regtig moeite te doen, is enigiets moontlik.”

Sy en haar span volg ‘n baie streng proses om te verseker dat die mense wat hul help, slegs eenmalig hulp ontvang, en so ver moontlik, nie die proses en goedhartigheid misbruik nie.

“Met dié dat ons die koopbewyse gebruik, stel dit ons in staat om mense regoor Suid-Afrika te help, en nie slegs in een gebied of provinsie.”

HOE WERK DIT

Indien jy in nood verkeer, kan jy na www.thechangemakers.co.za gaan, of aansluit by die ChangeMakers Facebook-groep.

Indien jy kan help, met ‘n geskenk- of koopbewys direk aan iemand in nood of met fondse, besoek gerus https://www.thechangemakers.co.za/donate/

 

Magdel is ook die stigter en eienaar van Movers & Shakers wat Radio Tygerberg se vennoot is vir die 104Netwerk en haar maatskappy, MSMedia was ook verantwoordelik vir die bou van hierdie webblad. Besoek haar gerus.

Dagstukkies met CLF 20 Mei 2020

Wees vrolik

“Vrolikheid het uit ons lewens verdwyn, ons koordanse het plek gemaak vir rou”

(Klaagliedere 5:15)

Ons almal hou daarvan om vrolik en opgeruimd te wees. Dis lekker om saam met vriende te gesels en die jongmense geniet dit om te dans. Mense wat saam fees kan vier, is gelukkig. Feeste hou die bekommernisse weg.

Die Here wil hê dat ons as sy kinders gelukkig moet wees. Hy wil nie hê dat ons heeldag moet kla en met suur gesigte moet rondloop nie. In ons teksvers kla Jeremia dat daar nie meer vreugde onder sy mense is nie. Die rede is omdat hulle ver van God af lewe.

Wanneer ek en jy naby aan God lewe, sal ons gelukkige mense wees. Dan kan ons die lewe geniet en vrolik wees. Ons mag saam met ons vriende partytjie hou en lekker dans. Solank ons net vir God saam met ons neem en optree soos sy kinders. Nooi die Here ook saam na jou vriende, en julle sal dit geniet.

 

Dankie, Here, dat ek as U kind ook vrolik saam met my vriende mag verkeer. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 18 Mei 2020

As jy moeg is

“Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed”

(Jeremia 31:25)

Ons was al almal liggaamlik moeg. Wanneer ons ’n ver ent gehardloop het, of baie hard gewerk het, is ons uitgeput en sonder krag. Na ’n groot rugbywedstryd is die spelers uitasem en baie moeg.

Soms is ons ook moedeloos as dinge met ons verkeerd gaan. Ons is bekommerd en voel die lewe raak te veel. Ons is ook ongeduldig met mense as ons so moedeloos voel.

Lees gou weer ons teksvers. Dit is wat God vandag vir jou wil sê. Onthou, as jy weer moeg of moedeloos is, weet dat God jou weer nuwe krag sal gee. God het jou gemaak, Hy ken jou, Hy weet wanneer jy hulp nodig het. As jy jou hart vir die Here gegee het, en lewe volgens sy wil, kan jy maar enige tyd na Hom toe gaan vir krag en moed.

Dierbare Heer, as ek weer moeg of moedeloos is, gee asseblief vir my nuwe krag om weer te kan aangaan. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

What colour is your heart?

The 1000 Women 1 Voice Trust developed a special lingo in partnership with Avon South Africa.
They speak in colour. And hearts. Because sometimes you simply can’t say what you want to or really need to say.

By using this very simple language of love, you can make sure that someone will hear you and  be your voice.

Colour-coded language to support survivors of gender-based violence

Police statistics for the first week of lockdown show that more than 2 300 complaints of gender-based violence were recorded. According to the organisation 1000 Women Trust, this number is 37% higher than the weekly average recorded last year.

1000 Women Trust invests in women-led grassroots initiatives and mobilises women across South Africa to show solidarity and work towards eradicating violence against women and children.

Statistics show that a woman is killed every three hours in South Africa and in 50% of cases, the murder is committed by a man she had a close relationship with. This number is five times the global average. More than 110 incidents of rape per day is being reported to the police with the number of unreported sexual assaults committed estimated to be far higher. Gender-based violence in South Africa has surged since the national lockdown regulations were implemented on 27 March 2020.

To give women being subjected to gender-based violence the opportunity to cry out for help, 1000 Women Trust is launching colour-coded language using colour hearts on social media. The colour-coded hearts also convey the message to survivors of gender-based violence that they are not alone.

“Through this new colour-coded language of hearts, the message to South African women is clear: You may be isolated, but you are not alone. By posting a heart of a specific colour on your social media pages or Whatsapp status, you are telling your friends whether you need their help,” explains Tina Thiart, founder member of 1000 Women Trust.

The language is simple and the colour of the heart conveys a specific message:

  • Blue/yellow heart – you are in a good mindset, safe space, and happy. This will let your friends know that you are fine and they don’t need to worry.
  • Green, black and red hearts – you might be anxious, exhausted or irritated, but you are coping. Your friends will know to check in more regularly and assist where possible.
  • Orange – you are experiencing gender-based violence and need urgent assistance. Discuss with your friend what action she needs to take like calling the police or neighbourhood watch or somebody that can assist you urgently.
  • Purple – you are experiencing trauma and require immediate action from your friends. Discuss with your network of friends what action you would need.
  • White – you are thankful and in a good space.
  • Brown – you are confused and can’t put your feelings into words, you are simply not sure how you feel.

“During level 4 of the continued lockdown regulations, many woman may suffer emotionally and mentally because of the danger of gender-based violence. We want to empower women to communicate to their friends network if they need assistance and also enable them to help their friends despite not being able to visit or assist them physically. Our colour-coded message system ensures that all women’s voices will be heard,” says Thiart.

1000 Women Trust also provides counselling or a vent buddy (someone you can talk to in confidence) to help women cope with their situation.

Women who want to liaise with 1000 Women Trust, can visit their Facebook page, 1000women1voice. Send them a heart to show how you are coping.

A special Facebook live meeting took place on 14 May on the 1000women1voice page that replaced the annual 1000Women1Voice luncheon that was scheduled to be held on that day at the Cape Town International Convention Centre.

For urgent assistance, call the gender-based violence National Command Centre on 0800 428 428.

Never a victim, always a survivor.

Dagstukkies met CLF 17 Mei 2020

Ons verdien straf

“Here, straf ons soos ons verdien, maar nie in toorn nie, dat U ons nie

tot niet maak nie.”

(Jeremia 10:24)

Voorgelees deur Elize Parker

Jeremia het besef dat sy mense verkeerd doen, en dat God hulle moes straf. Maar nou pleit hy by God om hulle genadig te wees. Ja, God moes hulle straf, maar asseblief nie so erg dat hulle heeltemal tot niet sal gaan nie.

Die Here is ’n wonderlike en liefdevolle God, en Hy het elke mens lief. Hy wil niemand laat verlore gaan nie. Daarom is Hy altyd gewillig om te vergewe wanneer mense daarvoor vra. God het baie geduld met mense en gee elkeen nog ’n kans om sy of haar saak met die Here reg te maak.

Wanneer jy die verkeerde pad begin loop, draai na God toe en vra Hom om jou nog ’n kans te gee. Jy sal wel jou straf moet dra, maar God sal jou help om weer op te staan. As jy werklik berou oor jou sonde het, sal jy weer vreugde vind en God getrou kan dien.

 

Liefdevolle Here, straf my vir my sonde, maar moet my nooit verlaat nie. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 16 Mei 2020

Wees nederig

“Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken” (Jeremia 9:24)

Voorgelees deur pastoor Dennis Francis

Niemand hou van mense wat grootpraat en dink dat hulle beter is as ander nie. Ons het al almal met sulke mense te doen gekry. Hulle hou hulle slim en wat ook al ander mense sê, is vir hulle nie goed genoeg nie.

Toe Jesus op aarde was, het hy die mense geleer om nederig te wees. Jesus self was so ’n nederige persoon. Hy het selfs sy dissipels se voete gewas. In Jesus se tyd was dit ’n baie nederige werk om iemand se voete te was.

In Jeremia lees ons dat as ons alleen groot wees as ons God ken. As ons aan Hom behoort, en Hom so ken, kan ons van Hom getuig. Eers dan is ons regtig slim.

Die Here sal jou eendag vergoed omdat jy altyd God eerste stel in jou lewe. Wees altyd die minste, God sien dit raak.

 

Liefdevolle Vader, leer my om nederig te wees en  vir U te prys. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies met CLF 15 Mei 2020

Jy is nie te jonk nie

“Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: ‘Ek is te jonk’ nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê’ ”

(Jeremia 1:7)

Voorgelees deur Elize Parker

Jeremia was baie jonk toe die Here hom geroep het om ’n profeet te word. Die Israeliete het gesondig en het baie swaar gekry. Hy moes die mense leer om weer die regte pad na God toe te loop. Jeremia het verskonings gesoek, en vir God gesê dat hy nog te jonk is, en dat hy nie goed kan praat nie. God het hom egter gerusgestel en vir hom gesê dat Hy hom sal help met die werk.

Miskien is jy ook nog baie jonk, en sien nie kans om nou al vir God te werk nie. Moenie bang wees om vir God te getuig nie. Soos God in ons teksvers belowe, sal Hy jou help en vir jou die woorde in jou mond lê, om sy Naam hier op aarde groot te maak. Bid tot God en vra Hom om jou te help, en jy sal ook ander mense na God toe lei.

 

Here, lê die woorde in my mond, sodat ek vir ander van U kan vertel. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

 

Dagstukkies met CLF 14 Mei 2020

Veilig by God

“Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel” (Jesaja 66:13)

Voorgelees deur pastoor Dennis Francis

Ons weet almal dat wanneer klein kindertjies in nood is hulle altyd na hul ma sal gaan omdat hulle daar veilig voel. Wanneer hulle seerkry of bang is, hardloop hulle eerste na hul ma toe. So ’n ma sal hulle dan vasdruk en vertroos sodat hulle weer rustig kan raak.

Hier aan die einde van Jesaja skryf hy dat God ons ook altyd sal laat veilig voel. Die Here weet wanneer ons bang of benoud is. Soms gebeur daar dinge in ons lewens wat ons baie ontstel. Ons weet nie wat om te doen nie, en dan is ons verlore. Baie keer gaan mense se gesondheid ook agteruit van bekommernis.

Gelukkig het ons ’n liefdevolle Vader wat soos ’n moeder vir ons omgee. As jy sy kind is, sal Hy met liefde vir jou help en weer veilig laat voel.

 

Dankie Here, dat U elke dag as ek benoud is weer kalmte gee, en my veilig bewaar. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.