W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 4  J U L I E   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

DIESELWERKTUIGKUNDIGE DIESEL & TRAILER MECHANIC
Requirements: Transport Company in Northern Suburbs needs a Semi-skilled Diesel & trailer Mechanic. Must be willing to work long hours, shifts, weekends and public holidays, thorough knowledge of preparing vehicles for COF, hydraulics, airbrakes, electrical (trailer) and welding, own reliable transport with valid drivers license a must.

Email CV to stransport487@gmail.com

 

PRODUKSIE ASSISTENT PRODUCTION ASSISTANT
Vereistes: Algemene Produksie Assistent benodig met Matriek (Tersiêre opleiding) ondervinding met beeste en weiding, hardwerkend, afr & engelsmagtig, rekenaarvaardig, sterk admin en weiding bestuur.

Epos: CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

LOGISTIEKE BESTUURDER LOGISTICS MANAGER
Requirements: Logistics Manager required for a Transport Company in Northern Suburbs, must have Matric/Grade 12 and be computer literate, at least 5yrs exp. in logistics, valid Code 8 licence essential, working extended hours, able to perform several tasks simultaneously.

Email: CV to stransport487@gmail.com

 

BAKKER BAKER
Vereistes: Babylonstoren Bakkery buite Franschhoek benodig ‘n hardwerkende, betroubare en pligsgetroue Bakker vir die bak van verskeidenheid brode van goeie kwaliteit, ervaring van fyngebak sal in jou guns tel, rekenaarvaardig, eie vervoer, moet bereid wees om oortyd en sommige naweke te werk.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

BLOKMAN BLOCKMAN
Vereistes: Babylonstoren Franschhoek benodig ‘n energieke Blokman met ervaring in vleisverwerking, toepaslike kwalifikasie, min. 4/5jr praktiese ondervinding as blokman of werk in slaghuis, Afr & Engelsmagtig, vermoë om onder druk te kan werk, goeie admin. beplanningsvaardighede en eie vervoer.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

SKRYNWERKER & HANDYMAN CARPENTER & HANDYMAN
Requirements: Construction Company needs a Carpenter & Handyman (All Rounder) who can do painting, carpentry, plumbing with sober habits and contactable references.

Email CV to ckphoenixbc@gmail.com

 

FIETSWERKTUIGKUNDIGE BICYCLE MECHANIC
Vereistes: Babylonstoren, Franschhoek benodig ‘n Fietswerktuigkundige met spesialiteits kennis oor die diens van fietse, kennis van algemene instandhouding, Afr & Engelssprekend en netjiese voorkoms.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

JUNIOR SEKURITEITSBEAMPTES JUNIOR SECURITY OFFICERS
Vereistes: Babylonstoren, Franschhoek benodig die dienste van betroubare, ervare en entoesiastiese Sekuriteitsbeamptes met Gr.12 Sertifikaat, Graad C PSIRA kwalifikasie, kennis van SAIDSA se min. standaarde, min. 2jr ondervinding as ‘n Sekuriteitsbeampte, kennis van CCTV sekuriteitskameras, Sober gewoontes, Skoon kriminele rekord, professionele voorkoms, eie vervoer, te alle tye verantwoordelik kan optree en voorgeskrewe prosedures volg. Verkieslik naby woonagtig wees bv. Paarl, Franschhoek of Simondium.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

BETAALSTAAT/ ADMIN PERSOON ADMIN/PAYROLL PERSON
Vereistes: Payroll/Admin Persoon benodig in Montague Gardens. Moet vertroud wees met Pastel.

Epos: CV na christo@apc.za.com

 

KINDER OPPASSER NANNY
Vereistes: Betroubare en eerlike Kinderoppasser met sober gewoontes en christelike waardes om na ‘n 6mde oue Baba om te sien, verkieslik engelsprekend.

Kontak: Mev. Vrey by 074 337 9945

 

DRYWER DRIVER
Vereistes: Betroubare Drywer benodig met PDP en bestuurslisensie, moet onmiddelik kan begin, bereid wees om naweke en publieke vakansie dae te werk, eie vervoer en verkieslik in Kuilsrivier en Durbanville omgewing woonagtig wees.

Kontak: Brumilda by 081 512 6255

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Dagstukkies met CLF 14 Julie 2020

Vind rus by Jesus

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28)

In die tye waarin ons leef is alles so gejaag en deurmekaar. Elke mens moet hard werk om genoeg geld bymekaar te maak sodat daar kos en klere vir sy gesin kan wees. Vandag moet vroue ook werk, anders is daar nie genoeg om van te lewe nie. Ook die kinders word van kleins af in kleuterskole gesit. Ouers het vandag amper nie tyd om rustig saam met hul kinders te wees nie. Ons hardloop van die oggend tot die aand rond om by alles uit te kom.

Soms voel ons dat daar nooit rus en vrede sal wees nie. Nou nooi Jesus ons om by Hom te kom rus vind. As ons elke dag ’n tydjie vir die Here afstaan, sal ons rus en nuwe krag kry vir die volgende dag. Vertel vir God hoe besig en moeg jy is. Hy sal jou weer nuwe moed en krag gee.

 

Here Jesus, baie dankie dat ek by U rus kan vind. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

13 Julie – Hartereeks met Elize: Brose harte en verwerping

Maandag 13 Julie: Brose harte en verwerping

Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geknak maar sal weer ons wonde verbind.
– Hosea 6:1

Verwerping laat nie net jou hart nie, maar ook God se hart breek.

Ons Vader wil ons liefde hê en vra op soveel maniere daarvoor, maar ons verwerp Hom net so dikwels soos wat die volk Israel gedoen het.

Dit is veral ons liefde vir valse gode wat die Vader se hart breek. Maar Hy neem ons altyd weer onvoorwaardelik terug net soos wat Hosea met sy afvallige vrou, Gomer, in sy tyd as profeet gemaak het.

Jesus ken verwerping. Hoe seer moes dit gemaak het toe sy eie mense en familie Hom uit sy geboortedorp, Nasaret, gejaag het!

So, wanneer jy met jou verwerping na Jesus kom, verstaan Hy jou gebroke, brose hart. Jesus is hoop in aksie. Hy sal Homself in die proses aan jou openbaar.

Gedurende hierdie heelmaakproses moet jy versigtig na sy stem luister en sy troos jou eie maak. Verwerping deur mense is partykeer sy manier om jou van rigting te laat verander.

’n Deur wat toemaak is ’n rigtingwyser na waar Hy jou nie wil gebruik nie.

Die troos is dat die God wat jou hart geskep het, jou seer hart wil regmaak voordat Hy nog ’n deur oopmaak.
Tyd en geduld is sy genade-geskenke aan jou.

Aksieplan…

Aanvaar ons liefste Vader het ’n genadeplan vir jou lewe. Toe deure en geslote harte is deel daarvan. Dit is nie sy wil vir jou om aan jou pyn vas te hou nie. Daarom sal Hy jou volkome herstel as jy diegene wat jou verwerp, vryspreek.

Gebed … Vader, dankie dat U aanhou openbaar dat U lief is vir my. Ek kies om dit te glo en te aanvaar u liefde kan my van enige gevoelens van verwerping herstel. Amen.

Lees ook: Lukas 22:39–46

Luister na die teks: Maandag Brose harte en verwerping

Dagstukkies met CLF 13 Julie 2020

Moenie twyfel nie

“En gelukkig is elkeen wat nie aan

My begin twyfel nie” (Matteus 11:6)

Johannes die Doper is deur God gestuur om aan mense te vertel dat Jesus op pad is om vergiffenis van hulle sondes te kom bewerk. Johannes is egter deur Herodus gevang en in die tronk gegooi, omdat hy God se Woord verkondig het. Terwyl hy in die tronk was, het hy gehoor wat Jesus alles doen. Hy stuur toe boodskappers na Jesus om te vra of Jesus regtig die een is wat gestuur is om die wêreld te kom verlos. Jesus se antwoord was dat hulle aan Johannes moet gaan vertel wat hulle alles by Jesus gehoor en gesien het.

Soms twyfel ons ook oor wie Jesus regtig is. Dan kan ons maar net in die Bybel gaan lees hoe groot en wonderlik Jesus is. Hy doen vandag nog wondere, Hy versorg ons. Hy het aan die kruis vir al ons sondes gesterf. Nou hoef ons nooit meer te twyfel aan God se liefde vir ons nie. Glo net dat Jesus my en jou Verlosser is.

 

Dankie Jesus, dat ek nooit weer hoef te twyfel aan u liefde vir my nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 12 Julie 2020

God sal beloon

“Wie aan een van hierdie geringstes net ’n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle” (Matteus 10:42)

Jesus se opdrag aan sy dissipels was dat hulle aan die geringste en eenvoudige mense goed moet doen. Die dissipels moes omsien na elkeen wat behoeftig of in nood is. God sal hulle beloon selfs as hulle vir iemand net ’n beker koue water gee.

Dit geld sekerlik vir ons ook. Dit geld ook as God se wil vir ons. Die Here sien wanneer ons iets vir ander doen. Selfs al is dit iets kleins wat ons vir iemand doen, God sal ons beloon.

Probeer van vandag af om elke dag vir iemand iets goeds te doen, soos om ’n ou mens oor die straat te help, of om ’n klein kindjie te troos wat huil, of om vir ’n arm mens iets te gee. Dit sal God se hart baie bly maak. God sal jou daarvoor beloon.

 

Here Jesus, help my om ander se nood raak te sien.

Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 11 Julie 2020

Jy is kosbaar vir God

“Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies”

(Matteus 10:31)

In die vorige paar dagstukkies het ons van Jesus geleer dat hulle wat God se Woord verkondig dit nie maklik sal hê nie. Nou vertel Jesus aan sy dissipels dat God selfs vir mossies sorg, al is hulle nie veel werd nie. As God dan vir die mossies sorg, soveel te meer sal Hy ook vir sy dissipels sorg. Hulle hoef dus nie bang te wees om die Woord van God aan ander te gaan verkondig nie.

Vandag wil Jesus ook vir my en jou moed gee om sy werk te doen. Omdat jy kosbaar is vir God, sal Hy jou bewaar en krag gee om sy Naam op aarde groot te maak. Ons besef nie elke dag hoe lief God vir ons is nie. Wanneer ons bereid is om sy werk te doen, hoef ons nooit bang te wees nie. Hy beskerm ons, en sy Heilige Gees sal in ons harte wees, om ons te vertel hoe ons moet optree.

 

Dankie Here dat ek, al is ek ’n sondaar, vir U kosbaar is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 10 Julie 2020

Swaarkry lê voor

“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe” (Matteus 10:16)

Nadat Jesus aan sy dissipels die opdrag gegee het om sy Woord te gaan verkondig, het Hy hulle ook gewaarsku. Jesus sê dat dit nie ’n maklike taak gaan wees nie. Soos ons teksvers sê, sal hulle soos skape wees tussen wolwe. Ons weet dat wolwe skape sal verskeur en doodmaak.

Wanneer ons getuig van Jesus, en ander mense vertel om sy wil te doen, sal ons ook probleme kry. Mense sal met ons spot en probeer om ons kwaad aan te doen. Sommige mense is al in die tronk gegooi omdat hulle God se Woord verkondig.

Gelukkig gee Jesus ook goeie raad vir sy dissipels. Net soos die dissipels moet ons ook versigtig wees wat ons sê en doen. Ook moet ons opreg soos duiwe wees, sodat mense met respek na ons sal luister. Vra net elke dag dat die Here jou sal lei en die regte woorde in jou mond sal lê.

 

Here, U wat ons stuur, help my om opreg te wees as ek u werk doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 9 Julie 2020

Jesus stuur ook vir jou

“Gaan liewer na die verlore skape van

die volk Israel toe” (Matteus 10:6)

Jesus het besluit om sy twaalf dissipels uit te stuur om God se boodskap te gaan verkondig. Die dissipels was al lank saam met Jesus gewees, sodat hulle nou op hul eie die Woord kon gaan verkondig. Jesus het hulle mooi geleer, en hulle het verstaan waaroor alles gaan. Die opdrag wat Jesus gegee het, was dat hulle die Woord aan die verlore skape moes gaan bring. Dit beteken dat hulle mense wat nog nie vir Jesus aange­neem het nie, na Jesus toe moes lei.

Hierdie opdrag gee Jesus vandag ook vir jou en my. Ons het nou al baie van die Bybel en van die Here geleer, en nou is dit ons beurt om vir Jesus te gaan werk. Ons hoef nie na ver plekke of ander lande toe te gaan nie. As ons rondom ons kyk, sal ons baie verlore skape sien wat ons kan help. Wees net elke dag gewillig om vir God te werk.

 

Here Jesus, stuur ook vandag vir my om vir U te werk.
 Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies met CLF 8 Julie 2020

Die groot oes

“Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die

arbeiders min” (Matteus 9:37)

 

Almal van ons wat al op ’n plaas gewerk het, weet dat baie mense nodig is om ’n oes in te samel. Elke boer wil graag soveel as moontlik van sy oes bymekaar maak. Dan is daar geld om die werksmense te betaal sodat hulle weer kos en klere kan koop.

Jesus gebruik hierdie voorbeeld om te sê dat daar nog baie mense is wat God se Woord moet hoor. Dit is die oes wat ingesamel moet word vir God se koninkryk. Die probleem is dat daar so min mense is wat bereid is om God se Woord aan ander te bring. Dit is die arbeiders waarvan Jesus praat.

Omdat daar so min mense is wat God se Woord verkondig, verwag die Here dat ek en jy ook ons deel moet doen. Kom ons begin sommer vandag al om die oes vir God in te samel.

 

Here, gee tog dat u Heilige Gees mense sal roep om u groot oes in te samel. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 07 Julie 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   0 7  J U L I E   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

STIKSTER MACHINIST
Requirements: Clothing Manufacturing Company needs a Machinist, must have knowledge of garment construction and Plain sewing, coverseam, overlocker and Zip hand skills.

Contact: Jamie on 066 423 9788

 

ONTVANGSDAME & SUSTER RECEPTIONIST & SISTER
Vereistes: Mediese Ontvangsdame en Gekwalifiseerde Suster benodig, verkieslik Dames 40jr+ met Mediese agtergrond noodsaaklik, goeie rekenaarvaardigheid en goeie interpersoonlike vaardighede.

Faks: Verkorte CV na 086 566 8541

 

LOGISTIEKE BESTUURDER LOGISTICS MANAGER
Requirements: Logistics Manager required for a Transport Company in Northern Suburbs, must have Matric/Grade 12 and be computer literate, at least 5yrs exp. in logistics, valid Code 8 licence essential, working extended hours, able to perform several tasks simultaneously.

Email: CV to stransport487@gmail.com

 

DIESELWERKTUIGKUNDIGE DIESEL MECHANIC
Vereistes: Pool Transport benodig ‘n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige met 10jr. ondervinding in swaardienswerkswinkel veral van Actros & Mercedes Benz.

Volledige advertensie is beskikbaar op www.pooltransport.co.za  

Epos CV na Careers@pooltransport.co.za (Sluitingsdatum: 17 Julie 2020)

 

BAKKER BAKER
Vereistes: Babylonstoren Bakkery buite Franschhoek benodig ‘n hardwerkende, betroubare en pligsgetroue Bakker vir die bak van verskeidenheid brode van goeie kwaliteit, ervaring van fyngebak sal in jou guns tel, rekenaarvaardig, eie vervoer, moet bereid wees om oortyd en sommige naweke te werk.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

BLOKMAN BLOCKMAN
Vereistes: Babylonstoren Franschhoek benodig ‘n energieke Blokman met ervaring in vleisverwerking, toepaslike kwalifikasie, min. 4/5jr praktiese ondervinding as blokman of werk in slaghuis, Afr & Engelsmagtig, vermoë om onder druk te kan werk, goeie admin. beplanningsvaardighede en eie vervoer.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

ARTISINALE KAASMAKER ARTISINAL CHEESEMAKER
Vereistes: Babylonstoren, Franschhoek benodig ‘n passievolle Kaasmaker met 1-2jr.ondervinding in kaas produksie of sjef kwalifikasie sal voordelig wees. Sensoriese belangstelling in Kaas & Suiwel kwaliteit beheer. Afr & Engelsmagtig, detail georiënteerd, onder druk kan werk en eie vervoer.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

FIETSWERKTUIGKUNDIGE BICYCLE MECHANIC
Vereistes: Babylonstoren, Franschhoek benodig ‘n Fietswerktuigkundige met spesialiteits kennis oor die diens van fietse, kennis van algemene instandhouding, Afr & Engelssprekend en netjies.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

JUNIOR SEKURITEITSBEAMPTES JUNIOR SECURITY OFFICERS
Vereistes: Babylonstoren, Franschhoek benodig die dienste van betroubare, ervare en entoesiastiese Sekuriteitsbeamptes met Gr.12 Sertifikaat, Graad C PSIRA kwalifikasie, kennis van SAIDSA se min. standaarde, min. 2jr ondervinding as ‘n Sekuriteitsbeampte, kennis van CCTV sekuriteitskameras, sober gewoontes, skoon kriminele rekord, professionele voorkoms, eie vervoer, te alle tye verantwoordelik kan optree en voorgeskrewe prosedures volg. Naby geleë woonagtig wees bv. Paarl, Franschhoek of Simondium.

Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com

 

INSLAAP HUISHULP SLEEP-IN DOMESTIC WORKER
Vereistes: Betroubare en eerlike Inslaap Huishulp word benodig met sober gewoontes, christelike waardes, verkieslik sonder afhanklikes (enkellopend) en kontakbare verwysings.

Kontak: Mev. Hamman by 061 843 8989

 Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.