Alles & Nog Wat – 15 Augustus 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 5  A U G U S T U S   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of

per SMS na 32716 Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Bettie is op soek na ‘n Yskas+ Beddegoed+ ‘n Radio en Basis vir ‘n koningingrootte bed teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 035 6375

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Estelle is op soek na Baba/kinderklere van 0-6jr. teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 984 0379

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Stel Gholfstokke vir R2500

Skakel: 061 192 4693

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Dubbelbed + TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 068 026 7284  

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Het jy stukkende meubelstukke wat jy bloot net wil weggooi of dalk oortolliges wat in jou pad is en jy net van ontslae wil raak? Deure, hout ens, jou rommel is iemand se skatkis!

Skakel: 083 490 9971 en skenk vir ‘n goeie doel.

T E  K O O P   F O R  S A L E
Gemini Defy Thermofan Oond & Hob vir R500

Skakel: 084 500 3045  

T E  K O O P F O R  S A L E
2 Voertuig Bande 15/75 – Prys o.h.b.

Skakel: 084 469 3502

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Luisteraar is op soek na ‘n Naaimasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 942 6019

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Martin is op soek na ‘n Tuimeldroër + 50cm TV teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 078 324 9175

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Ann is op soek na ‘n Naaimasjien + TV vir ‘n Bejaarde teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 639 4194

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Houtraam Venster met ruite (1.2m x1.2m) vir R400 + 2 Stortdeure vir R400

Skakel: Mnr. Joseph by 062 419 6516

 

 T E  K O O P F O R  S A L E
Electrolux Vacuum Cleaner with attachments @ R600 + Defy 8kg Frontloader Washing machine @ R800 + Defy 4-Plate Stove in good working condition @ R1200 + Samsung 8kg Toploader W/machine @ R1000

Contact: Leonard on 076 160 1072  

 

S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T
Mev. Roelf is op soek na ‘n Saamrygeleentheid vir haar seun vanaf Firgrove na Zevenwacht Winkelkompleks, Kuilsrivier vir Maandag-Saterdag tussen (08h00-18h00) teen vergoeding.

Skakel: 063 035 1300 of 082 900 8635

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Colin by W/Kaap Sending Genootskap is op soek na kinderklere (2-18jr) n.a.v. brandskade.

Skakel: 072 895 0453

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Yskas en gasstofie teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 074 575 9062

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Room Divider @ R600

Contact: 086 484 3361   

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Groot Spieël 1.5m vir R890 + Cardomatic Breimasjien vir R2800 + Apple Ipad vir R500

Skakel: Elizabeth by 082 646 1475

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2010 Ford Fiesta met lisensie en papierwerk vir R25 000

Skakel: 073 399 0525

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Pensioenaris is op soek na ‘n Wendy Huis teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 066 417 2370

Dagstukkies met CLF 14 Augustus 2020

Glo God se Woord

“Hy het gesê: ‘Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie’ ” (Markus 1:15)

Die eerste vier boeke van die Nuwe Testament word die evangelies genoem. In hierdie boeke word vir ons vertel van Jesus se geboorte, wat Hy alles op aarde gedoen het, en hoe Hy gekruisig is en weer opgestaan het. Elke evangelie is deur ’n ander skrywer geskryf.

Vandag begin ons om Markus se evangelie te lees waar hy van die begin van Jesus se werk geskryf het. Soos ons teksvers sê, het Jesus almal opgeroep om te verander, om om te draai. Vandag beteken dit dat ons vir Jesus as Verlosser moet aanneem, en glo wat die Bybel vir ons sê.

Ek en jy moet elke dag getrou ons Bybel lees en glo dat Jesus vir ons sondes gesterf het, dan is ons kinders van God se koninkryk.

 

Dankie vir u Woord, Here. Help my om te glo. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 13 Augustus 2020

Jesus se opdrag

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” (Matteus 28:19)

Nadat Jesus opgestaan het, het Hy sy dissipels by die berg naby Galilea ontmoet. Toe hulle Jesus sien, het hulle Hom aanbid. Sommige van hulle het nog getwyfel of dit werklik Jesus was wat uit die dood opgestaan het.

Jesus gee toe vir hulle ’n opdrag wat nie net vir sy dissipels van daardie tyd bedoel was nie, maar vir elkeen van ons wat sy kinders is. Hulle moes na alle mense en nasies toe gaan en sy Woord gaan verkondig. Jesus wil hê dat ek en jy sy getuies moet wees, en aan mense van Jesus vertel.

Omdat ons vir Jesus leer ken het, kan ons nou sy boodskap aan ander vertel. Dink net hoeveel vrede en vreugde hier op aarde sal wees as almal aan Jesus behoort.

Probeer om solank jy op aarde is, elke dag so te lewe dat ander mense kan sien dat jy ’n kind van die Here is.

 

Here, gee my die wysheid om u boodskap aan ander oor te dra. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 12 Augustus 2020

Jesus het opgestaan

“Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het” (Matteus 28:6)

Op die derde dag nadat Jesus gesterf het, het Maria Magdalena en die ander Maria na Jesus se graf toe gegaan om Hom verder te versorg. Intussen was daar egter iets soos ’n groot aardbewing. ’n Engel van die Here het die klip voor die graf weggerol en daarop gaan sit. Die engel sê toe vir die vroue dat Jesus opgestaan het, en dat hulle dit vir die dissipels moes gaan vertel.

Hulle was bang, maar baie bly, en het gehardloop om dit vir die dissipels te gaan vertel. Skielik het Jesus voor hulle gestaan en hulle gegroet. Die vroue was baie verbaas en het vir Jesus aanbid. Toe sê Jesus vir hulle dat hulle nie bang moes wees nie.

Soos Jesus daardie vroue gerus gestel het, net so hoef ons ook nooit bang te wees nie. Jesus het opgestaan sodat ons nooit sal sterf nie, maar vir ewig by Hom kan woon.

 

Dankie Jesus dat U die dood oorwin het. Nou kan ek ook vir ewig by U gaan woon. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 11 Augustus 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 1   A U G U S T U S  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

PLAASVOORMAN FARM MANAGER
Vereistes: Betroubare Getroude Plaasvoorman benodig op wingerd/vrugteplaas in die Koelenhof omgewing, met goeie gesondheid, goeie arbeidsverhoudinge, prakties aangelê wees, toepaslike boerdery ondervinding, naweekdiens te doen, geen betrokkenheid by enige ander besigheidsbelange nie.

Stuur asb. net jou naam en kontakbesonderhede na fruitfarm27@gmail.com

 

KODE 14 DRYWERS CODE 14 DRIVERS
Vereistes: Vervoer Maatskappy in Noordelike Voorstede is opsoek na Kort-en Langafstand Kode 14 Drywers (26-55jr) met sober gewoontes, min. 5jaar (Sliding bin Tipper, Side Tipper, Back Tipper) moet bereid wees om lang ure te werk, asook bereid wees om uit te slaap, eie vervoer na werk en terug.

Epos CV met kontakbare verwysings & ID dokument, geldige rybewys met PDP na stransport487@gmail.com

 

LOGISTIEKE BESTUURDER LOGISTICS MANAGER
Requirements: Transport Company in Northern Suburbs needs a Logistics Manager with Matric/Grade 12, computer literate, min. 5yrs exp. in logistics and valid Code 08 license essential. Must perform several tasks simultaneously in an extreme stressful environment. Work extended hours. Own transport essential.

Email CV to stransport487@gmail.com

 

VERPLEEGKUNDIGE NURSE
Vereistes: Kaap OOG Hospitaal benodig ‘n Geregistreerde Verpleegkundige vir Pre-en Postoperatiewe pligte in die herstelkamer, met ten minste 2jr. ondervinding in soortgelyke pos, registrasie by SA Raad vir Verpleging. Goeie Afrikaans/Engelse kommunikasie vermoë, mondeling en skriftelik. Oor Professionele indemniteit beskik. Doen aansoek voor 24 Augustus 2020 per hand by Hospitaal af te lewer of per faks na 086 665 7275 H/v Oosterzeestraat en DJ Woodweg, Privaatsak X64 Bellville 7535  

 

TEGNIKUS TECHNICIAN
Requirements: Dirtrider Motorcycles Cape Town, Montagu Gardens is looking for a head Technician (motorcycle Mechanic) with a good track record with references, sober habits essential. Must have a passion for off-road motorcycle bikes: MX, Enduro, Adventure, Motards or Quad bikes. No Chancers please.

Email CV to info@dirtrider.co.za, also visit website: www.dirtridermotorcycles.co.za,

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Dagstukkies met CLF 11 Augustus 2020

Jesus word begrawe

“Laat die middag het daar ’n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook ’n volgeling van Jesus was” (Matteus 27:57)

’n Mens sou dink dat Jesus se dissipels self vir Jesus sou begrawe, maar ons lees dat daar gelukkig ’n ryk man met die naam van Josef gekom het om Hom te begrawe. Hy het Jesus se liggaam geneem en in skoon linne toegedraai. Toe het hy vir Jesus in ’n nuwe graf, wat uit rots gekap is, neergelê. Ook het hy ’n groot klip voor die ingang van die graf gerol. In daardie dae is dit hoe mense begrawe is.

Ons lees dat daardie Josef ’n volgeling van Jesus was, hoewel hy nie een van Jesus se binnekring-dissipels was nie. Dit sê vir ons dat hy ’n kind van die Here was. Hy was nie skaam om dit bekend te laat word nie. Soos daardie Josef ’n goeie daad vir Jesus gedoen het, moet ons ook sorg vir almal wat oor ons pad kom.

 

Here, maak my gewillig om ook my deel vir ander te doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 10 Augustus 2020

Jesus sterf

“Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas” (Matteus 27:50)

Hulle het Jesus na ’n plek geneem met die naam Golgota. Daar het hulle Hom aan ’n houtkruis vasgespyker en die soldate het by Hom waggehou. Baie mense wat daar verbygeloop het, het met Hom gespot en gesê dat Hy ander mense kon red, maar homself kon Hy nie red nie.

Teen twaalfuur het daar groot donkerte oor die land gekom. Die aarde het geskud en die rotse het uitmekaar gebars. Toe die soldate al hierdie dinge sien gebeur, was hulle baie bang en het hulle gesê dat Jesus werklik die Seun van God is.

So het Jesus vir ons almal gesterf. Gelukkig het Hy die dood oorwin en na drie dae weer opgestaan. Nou kan alle mense wat glo, eendag vir ewig by God in die hemel woon. Jesus is nou by sy Vader waar Hy vir ons as sy kinders plek maak om vir altyd daar te woon.

 

Here, help my om so in U te glo dat ek ook eendag in die hemel saam met U kan woon. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 9 Augustus 2020

Jesus word gekruisig

“Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: ‘Dit is Jesus, die koning van die Jode’” (Matteus 27:37)

Jesus is toe na die goewerneur Pilatus gebring. Hy was die regter wat moes besluit of Jesus skuldig is of nie. Pilatus het geen skuld in Jesus gekry nie, en Hom probeer los kry. Toe hy vir die mense vra wat hy met Jesus moes doen, het hulle al harder geskree dat Jesus gekruisig moes word. Toe Pilatus sien dat hy die mense nie kan beheer nie, het hy Jesus oorgelewer om gekruisig te word.

Hoewel Jesus onskuldig was, was dit sy Vader in die hemel se wil dat Hy moes sterf. Jesus het baie swaar gekry, tog was Hy gewillig om vir ons sondes te sterf. Jesus het nie gesterf vir goeie mense nie, maar vir sondaars soos ek en jy. Kom ons loof en prys Hom vir alles wat Hy vir ons deurgemaak het.

 

Here Jesus, soos U vir my vergewe het, help my om ook ander te kan vergewe. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 8 Augustus 2020

Vir my en jou

“Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan”

(Matteus 26:67)

Nadat hulle Jesus gevange geneem het, is Hy weggelei na die hoëpriester waar die skrifgeleerdes en familiehoofde bymekaar gekom het. Hulle het hard probeer om Jesus skuldig te kry sodat hulle Hom kon doodmaak. Toe het hulle besluit dat Jesus so skuldig is dat Hy doodgemaak moet word. Hulle het in sy gesig gespoeg en Hom geslaan soos ons in die teksvers lees.

Jesus het al daardie pyn en vernedering verduur vir almal wat in Hom glo, ook vir jou en my. Jesus moes dit alles deurgaan, en uiteindelik sterf, om vir ons sondes te betaal.

Soms kry ons ook baie swaar hier op aarde, maar as ons dink aan wat Jesus deurgemaak het, kan ons nie kla nie. Elke dag moet ons vir die Here dankie sê dat Hy al daardie lyding vir ons deurgemaak het. As Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, was ek en jy verlore mense.

 

Jesus, dankie dat U vir my al daardie pyn verduur het.  Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 8 Augustus 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 8  A U G U S T U S   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per

SMS na 32716 Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Sonia is op soek na ‘n Argila Oondbak teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 066 213 4315

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mercia is op soek na ‘n Rystoel teen ‘n bekostigbare prys vir tydelike gebruik.

Skakel: 083 545 8960

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Solid Wood Dressing Table & Headboard @ R3500

Contact: Mr. Petersen on 083 641 5038

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Wasmasjien en Sitkamerstoel/Bank teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 929 1317  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Francis is op soek na binnemuurse Verf teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 394 4820

 
T E  K O O P   F O R  S A L E
42cm TV @ R350 + 32cm TV vir R250

Skakel: Marzanne by 076 687 4441  

 
S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T
Janika soek ‘n Saamrygeleentheid vanaf Mitchell’s Plain na Somerset Wes van Ma-Vrydag tussen (07h00-17h00) teen vergoeding.

Skakel: 063 304 6262

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Karavaan vir Bediening teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 078 674 6125

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n klein betroubare Voertuig om haar ma te vervoer, wat aansterk na ‘n ongeluk

Skakel: 068 078 3335

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Dorothy is op soek na ‘n TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 035 6375

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Luisteraar is op soek na ‘n Kantoor Lessenaar teen ‘n billike prys of te skenk.

Skakel: 063 483 0913

 

 T E  K O O P F O R  S A L E
Peugeot 407 manuel 6 speed in very good condition @ R65 000 (License and paperwork in order).

Contact: 084 314 0162  

 

S A A M R Y G E L E E N T H E I D L I F T
Mev. Roelf soek ‘n Saamrygeleentheid vir haar seun vanaf Firgrove na Zevenwacht Winkelkompleks, Kuilsrivier van Maandag-Saterdag tussen (08h00-18h00) teen vergoeding.

Skakel: 063 035 1300 of 082 900 8635

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Colin by W/Kaap Sending Genootskap soek na kinderklere (2-18jr) n.a.v. brandskade.

Skakel: 072 895 0453

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Yskas en gasstofie teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 074 575 9062

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n 4-deur Toyota Voertuig teen ‘n billike prys.

Skakel: 078 658 1373   

 

T E  K O O P F O R  S A L E
24 inch Raleigh Fiets vir R500 + 2-Plaat gasstoof met 2kg gastenk vir R700

Dixon Bluetooth Speaker vir R700 + Bruin Ronde Tafel met Stoele vir R550

Skakel: 081 512 9291

 

T E  K O O P F O R  S A L E
1989 Opel Kadett 1400 in goeie lopende toestand – Prys o.h.b.

Skakel: 073 052 8766 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Pensioenaris is op soek na ‘n Wendy Huis teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 066 417 2370