Dagstukkies met CLF 14 Oktober 2020

Wees opgewonde

“Moenie in jul toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here” (Romeine 12:11)

Nog een van Paulus se riglyne hoe om ’n goeie Christen te wees, kry ons in vandag se teksvers. Hy skryf dat ons nie moet verveeld raak met ons godsdiens nie. Ons moet altyd met groot opgewondenheid die Here dien. Elke dag moet ons daarna uitsien om met die Here te praat en om die Bybel te lees. Ons moet ook gereeld met ons vriende oor God se goedheid praat.

Wanneer ons as mense iets nuuts aanpak, is ons vuur en vlam met die nuwe uitdaging. Soms raak ons gou verveeld daarmee, en ons belangstelling neem af. Die Bybel waarsku ons dat ons nie lou Christene nie, maar vuurwarm vir God moet wees.

As jy ooit weer moeg of verveeld raak oor jou Christenskap, gaan op jou knieë, en vra die Heilige Gees om jou weer opnuut opgewonde te maak.

 

Heilige Gees van God, help my om met oorgawe vir U te leef. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 13 Oktober 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 3  O K T O B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

ADMIN KLERK  ADMIN CLERK
Requirements: Matured Admin Clerk with telephone skills, exp. in Hardware and retail industry, required for trading company based in Blackheath. Must daily reconcile in Excel with Stock control in Pastel.

Email CV with contactable references to strandsteel@telkomsa.net

 

PA & ADMIN ASSISTENT PA & ADMIN ASSISTANT
Requirements: Cape Town based logistics Company requires a PA/Admin Assistant. Must be computer literate (MS Office, Excel, Outlook) good command of both English and Afrikaans, pro-active, organized and valid Code 8 driver’s licence with own transport.

Send CV to Stransport487@gmail.com

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Skakel of whatsapp vir Yolandi by 082 733 5447

 

BANKETBAKKER CONFECTIONER
Requirements: Zevenwacht Superspar needs a Confectioner. Must be self motivated and reliable, valid SA ID, Matric Certificate, income tax reference number and 1yr.exp with contactable reference.

Email CV to Zevenwacht1@gmail.com

 

HONDE GROOMER DOG GROOMER
Vereistes: ‘n Honde Groomer benodig vir Passion4Paws, Grooming Salon in Klein Oostersee, Parow vanaf 1 November 2020, met sober en christelike waardes, passie vir honde, 2-5jr. ondervinding in honde grooming en eie vervoer.

Epos jou CV na info@passion4paws.co.za of Kontak Veroeska by 071 867 4746

 

WERF AGENT SITE AGENT
Vereistes: Site Agent (Vegetation Maintenance) in Worcester Omgewing benodig vanaf November 2020 – Maart 2021                                                                                                                                                                 Stuur volledige CV met ondervinding en kontakbare verwysings na info@hydrogroupservices.co.za

 

TOESIGHOUDSTER SUPERVISOR
Vereistes: Toesighoudster vir Skoonmaakdiens benodig met eie motor en selfoon, vorige ondervinding sal in kandidaat se guns tel.

Skakel: 061 513 5762

 

SKOONMAKERS CLEANERS
Vereistes: Cleaners/Skoonmakers vir Skoonmaakdiens benodig met vorige kontakbare verwysings. Geen inslaapwerk beskikbaar nie.

Skakel: 061 513 5762

 

VAKATURES VACANCIES
Vereistes: SPAR Bellville het die volgende poste beskikbaar:

Worsmaker – met ten minste 5jr. ondervinding.

Blokman – met ten minste 8jr. ondervinding.

Merchandizer – met ten minste 2jr. ondervinding.

Kassiere – met ten minste 1 jr. ondervinding.

Deli Counter hands – met ten minste 4jr. ondervinding

CV’s kan by SPAR Bellville ingehandig word tussen 09h00-14h00

 

VOORRAADBEHEER KONTROLEUR CONTROLLER
Vereistes: Loodgieter Maatskappy in Worcester verlang die dienste van manlike Voorraadbeheer Kontroleur (35-55jr) met Matriek, min. 6jr. ondervinding in voorraad beheer, sober gewoontes, geldige rybewys met eie vervoer, ondervinding in Sage/Pastel of Quickbooks sal voordelig wees.

Epos CV met verwysings na info@ritcosa.com

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2020)

 

 

 

 

Dagstukkies met CLF 13 Oktober 2020

Hoe leef ’n Christen?

“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.

Wees goedgesind teenoor alle mense”

(Romeine 12:17)

Al is ons kinders van die Here, is daar so baie wat ons nog oor Christenskap wil weet. Een van die vrae is: hoe moet ek en jy leef om ware kinders van God te wees? In Romeine 12 vanaf vers 9 tot 21 gee Paulus vir ons die riglyne vir die Christelike lewe. Dit is so ’n mooi gedeelte dat jy dit gerus in jou Bybel kan onderstreep.

Een van die riglyne is om nie vir iemand kwaad te wees as jy kwaad aangedoen is nie. Dit is nie so maklik nie, maar die Here verwag dit van ons. Ons moet mekaar verge­we, en goed wees vir alle mense. Onthou net, die Here ken elkeen se hart en Hyself sal oordeel oor die mense wat jou kwaad aandoen.

As iemand jou weer beledig of kwaad aandoen, dink aan hierdie gedeelte in die Bybel, wees die minste, en die Here sal trots wees op ’n kind soos jy.

 

Help my, Here, om vir alle mense te wys dat ek aan U behoort. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 12 Oktober 2020

Altyd God se kind

“As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie” (Romeine 11:29)

Gister het ons gelees dat God ons uitverkies het om sy kinders te wees. Vandag kry ons die verdere versekering dat as ons eenmaal sy kind is, ons altyd sy kinders sal wees. Soms, wanneer ons sondig, is ons agterna bekommerd of God ons nog sal liefhê. Ja, God sal altyd vir ons lief wees. Hy weet dat ons net mense is met baie swakhede. Hy het ons mos self gemaak en ken ons hele wese.

Ons kan dit vergelyk met ’n pa wat ook kinders het. Kinders doen baie kwaad en is ook soms stout, maar hulle bly nog sy kinders. ’n Aardse pa leer sy kinders reg en gee hulle soms ’n pak slae, maar hy bly lief vir hulle.

Nou kan ons vir seker weet dat ons vir ewig sy kinders sal wees.

 

Here, ek wil so graag vir altyd u kind bly. Vergewe my as ek u teleurstel. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 11 Oktober 2020

Jy is uitverkies

“Net so is dit ook vandag: daar is ’n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is” (Romeine 11:5)

Ons lees op baie plekke in die Bybel dat God self sy  kinders kies. Hy is so liefdevol dat Hy mense aanneem om sy kinders te wees. Niemand kan uit sy eie krag ’n kind van God word nie. Al is jy die rykste of slimste of mooiste mens, sonder God se genade sal jy nooit sy kind kan word nie.

Dit is nie so maklik om die uitverkiesing te verstaan nie. Ons sal nooit verstaan hoe God dinge doen nie. Laat dit jou gerusstel: reeds omdat jy nou hierdie stukkie lees, kan jy weet dat God jou uitverkies het. Jy sal nie in die Here se Woord belangstel as Hy jou nie deur genade uitverkies het nie. Wees elke dag dankbaar en prys die Here omdat Hy jou as sy kind aangeneem het.

 

Grote Here, ek kan nie vir U genoeg dankie sê omdat U vir my as sondige mens aange­neem het nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 10 Oktober 2020

Wie word gered?

“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word” (Romeine 10:9)

Baie mense wil graag weet wat hulle moet doen om eendag in die hemel te kan kom. In die eerste plek moet ’n mens die behoefte hê na die ewige lewe. As jy wel daardie behoefte het, en jy soek na die antwoord, sal die Here jou help om sekerheid te kry. Wanneer ons antwoorde in die Bybel soek, is daar baie plekke waar ons dit sal kry. Vandag lees ons in ons teksvers ’n eenvoudige antwoord: bely en glo dat Jesus God en Koning is.

Jesus het gesterf aan die kruis sodat alle mense gered kan word. Elke mens moet egter een of ander tyd in sy lewe die geleentheid kry om op God se liefde te antwoord, en om sy of haar hart vir die Here te gee. Dit is die Heilige Gees wat in ons hart werk dat ons positief op sy liefde kan antwoord.

 

Dankie, Here, dat ek kan glo dat Jesus vir my sondes gesterf het. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 10 Oktober 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  1 0  O K T O B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 Curved TV 120cm & Soundbar @ R13 500 + Washing Machine @ R3000

Percolator @ R800 + Double Bedset & headboard + 2 side cupboards @ R3500

TV Cupboard @ R1800

Contact: 083 667 7229

   
T E  K O O P F O R  S A L E
Beige Bathroom Wall Tiles – make an offer.

Contact: Diane on 082 832 9435

 
T E  K O O P F O R  S A L E
2 Black bags of scatter pillows @ R100p/bag + 2 Black Bags of variety light blankets, table cloths, placemats and light curtains @ R200p/bag

2 Medium size boxes of new born/toddler clothing @ R200p/box

Contact: 073 812 9142

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Black & White Chest of Drawers + Dark brown 3-door Cupboard with 2 drawers and mirror in the middle @ R2000 (both)

Trio Sleeper Bank with single mattress @ R2500

Contact: 084 272 2018  

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Damesklere (nr.38-40) in goeie toestand – Prys o.h.b.

Skakel: 071 004 0301

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Nissan Exa Bakwerk met Ratkas vir R3500

Skakel: Christie by 078 695 9266

 

T E  K O O P F O R  S A L E
1983 Ford Granada 3L vir R10 000

Skakel: 078 506 4771

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Avokado peer Bome @ R30/R50 elk + Appel, peer en Koejawel bome @ R15/R20 elk.

Skakel: 060 461 5017

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Het jy stukkende meubelstukke wat jy bloot net wil weggooi of dalk oortolliges wat in jou pad is en jy net van ontslae wil raak? Deure, hout ens, jou rommel is iemand se skatkis!

Skakel: 083 490 9971 en skenk vir ‘n goeie doel.

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Ouma Daisey is opsoek na ‘n Enkelbed teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 730 5616

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2-Plaat Gasstoof vir R300 + Waaier (Fan) vir R100

Kontak: Mev. Jonker by 074 296 0639

 

T E  K O O P F O R  S A L E
15L Urn feitlik nuut vir R350

Skakel: Mnr. Thomas by (021) 374 8764 of 083 534 4406

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Dorothy is op soek na swart Eetkamer Stoele teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 894 4917

 

 T E  K O O P F O R  S A L E
Opel Kadett GLS 1600 @ R15 000 + Diabetes Glukose meter vir R300

Volvo S40 2L @ R30 000

Kontak: 061 837 1530

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Stel Gholfstokke vir R2500

Skakel: 061 192 4692

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 2 Bedlampies vir R275 + Elektriese Stoompot vir R700

Kontak: Mev. de Haas by (021) 949 1396 of 076 068 5531

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Sandra is op soek na ‘n Dubbelbed en Kas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 708 0345

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Kitaar vir R650 + Ronde Tafel met stoele vir R600 + Empisal Omkapmasjien (Overlocker) vir R850 + 2 Roomkleurige Bedkassies vir R350 (albei)

Skakel: 072 909 4016   

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 695 0976

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Ann soek na 2 Enkelbed Matrasse, ‘n Stoof en enige kleur Verf teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 639 4194

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Roslyn is op soek na ‘n Yskas & Sitkamermeubels teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 929 1317

Dagstukkies met CLF 9 Oktober 2020

Die Heilige Gees help

“Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie” (Romeine 8:26)

Dit is nie vir alle mense ewe maklik om te bid nie. Sommige mense het die gawe gekry om maklik in die openbaar te bid. Vir ander mense is dit weer moeilik om voor ander mense of in ’n biduur te bid. Soms sukkel ek ook, want ek weet nie of ek my woorde reg kies as ek tot die Here bid nie.

Gelukkig gee Paulus vir ons uitkoms in dit wat hy in vandag se teksvers skryf. Die Heilige Gees wat in ons woon praat in ons plek met God as ons bid. Die Heilige Gees weet presies wat ons vir God wil sê, en dan doen Hy die praatwerk, en God verstaan. As jy weer sukkel om te bid, weet net dat die Heilige Gees jou sal help.

 

Dankie Here, dat die Heilige Gees my help as ek met U praat. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 8 Oktober 2020

Kinders van God

“Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei,

is kinders van God” (Romeine 8:14)

Elke kind wil graag trots wees op sy ouers. By die skool spog kinders oor hoe goed hulle pa of ma is. Seuntjies vertel graag aan hulle maats wat hulle pa kan doen. Veral as ’n pa ’n rugbyspeler was, vertel hulle graag hoe ’n goeie speler hy is. Ook die dogtertjies spog dat hulle ma mooi klere kan maak en lekker koek kan bak. Dit is goed om in vandag se tye te hoor dat kinders nog trots is op hulle ouers.

Ek en jy kan ook baie trots wees om so ’n goeie Vader in die hemel te hê. Om ’n kind van God te wees, is ’n groot voorreg. Nie almal kan sê dat hulle kinders van God is nie. Dis net God se groot genade en liefde wat ons sy kinders maak. Daarom moet ons ons deur sy Gees laat lei en sy wil doen.

 

My Vader in die hemel, dankie dat U my aangeneem het as u kind. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 6 Oktober 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   0 6  O K T O B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

VERKOOPSMAN  SENIOR SALESMAN
Requirements: Senior Salesman in Tyre Industry needed with management skills, 6-10yrs exp. advantage, teamplayer, high attention to detail, valid drivers license, knowledge of wheel alignment, balancing, fitting and stripping tyres, identifying Tyre/Rim defects and using computer programs.

Email CV to capegate@tyresandmore.com

 

NAALDWERKSTER SEAMSTRESS
Requirements: Seamstress needed in Stellenbosch, must be able to sew different types of fabric including stretch and wovens.

Contact: Elna on 082 612 1228

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Skakel of whatsapp vir Yolandi by 082 733 5447

 

VAKATURE VACANCY
Requirements: CUM Books W/Cape area requires the services of dynamic people for various retail positions, with at least 3-5yrs retail exp. friendly and diligent with a passion for customer service, must be computer literate (MS Word and Excel) fully bilingual – Eng & Afrikaans and excellent leadership qualities.

Email your application to cv@cumbooks.co.za (Position closes 12 October 2020)

 

HONDE GROOMER DOG GROOMER
Vereistes: ‘n Honde Groomer benodig vir Passion4Paws, Grooming Salon in Klein Oostersee, Parow vanaf 1 November 2020, met sober en christelike waardes, passie vir honde, 2-5jr. ondervinding in honde grooming en eie vervoer.

Epos jou CV na info@passion4paws.co.za of Kontak Veroeska by 071 867 4746

 

HUISHULP DOMESTIC WORKER
Vereistes: Betroubare Huishulp met sober gewoontes en kontakbare verwysings benodig in Parow area, om na kinders om te sien vir 3dae p/week, vanaf 07h00-17h00.

Kontak: Charlynn by 073 334 4086

 

STIKSTER STITCHER
Vereistes: Deeltydse pos in Kuilsrivier vir ‘n ervare, betroubare Stikster met kontakbare verwysings, verkies lik in bereikbare area woonagtig wees.

Skakel: 082 788 7894

 

VAKATURES VACANCIES
Vereistes: SPAR Bellville het die volgende poste beskikbaar:

Worsmaker – met ten minste 5jr. ondervinding.

Blokman – met ten minste 8jr. ondervinding.

Merchandizer – met ten minste 2jr. ondervinding.

Kassiere – met ten minste 1 jr. ondervinding.

Deli Counter hands – met ten minste 4jr. ondervinding

CV’s kan by SPAR Bellville ingehandig word tussen 09h00-14h00