Dagstukkies met CLF 6 Oktober 2020

Doen

“Nie dié wat die wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die wet sê, sal vrygespreek word” (Romeine 2:13)

Elke mens wil graag weet wat hy of sy mag doen en wat nie gedoen mag word nie. Ons ken die Tien Gebooie wat God aan die Israeliete gegee het. Daarmee wil God vir elke mens sê hoe Hy wil hê ons moet leef. As jy ’n tydjie het, gaan lees gerus weer Eksodus 20 of Deuteronomium 5. Jesus het natuurlik ook in Matteus 22 die wil van God opgesom in die wet van die liefde. As ons daardie wet van God nakom, en doen wat Hy vra, dan leef ons soos God se kinders.

In ons teksvers sê Paulus dat ons nie net van die wet moet hoor nie, ons moet ook doen wat die wet sê. Daar is baie mense wat weet waar die wet in die Bybel staan, en hulle weet ook wat daar geskrywe staan, maar hulle lewe nie volgens God se Wet nie. Ek en jy moet besef dat ons God se gebooie moet gehoorsaam, want ons is sy kinders.

 

Here, dit is my so moeilik om u wet te gehoorsaam. Vergewe my en help my om ’n beter kind vir U te wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 5 Oktober 2020

God oordeel regverdig

“Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel”(Romeine 2:2)

Een van ons mense se swakste eienskappe is seker om ander te veroordeel. Dit is vir ons so lekker om ander se foute raak te sien, en hulle dan te kritiseer. Ons voel amper goed as ander mense verkeerde dinge doen, sodat ons dit kan veroordeel, so asof ons sonder sonde is.

Ek en jy wat kinders van die Here is, weet dat ons almal vol sonde is. Daarom kan ons niemand oordeel nie, net God alleen kan oordeel. Ons weet wanneer ons verkeerd doen, en dan kan ons net die Here vra om ons te vergewe.

In ons teksvers skryf Paulus aan die Romeine dat God regverdig sal oordeel oor mense wat verkeerd optree. Uit hierdie gedeelte moet ons leer om vir die Here te vra om ons sondes te vergewe. Doen ons dit nie, kan God ons nie vergewe nie. Hy wil hê ons moet vergifnis vra, sodat ons vrygespreek kan word.

 

Here Jesus, help my om elke dag my sonde voor U te bely. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 4 Oktober 2020

Help mekaar

“Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne” (Romeine 1:12)

Omdat Paulus so graag die boodskap van God aan alle mense wou verkondig, het hy ’n hele aantal briewe geskryf. Hierdie brief, Romeine, skryf hy aan die gelowiges wat in Rome bly. Hy wil hulle graag besoek, sodat hulle mekaar kan help om hul geloof te versterk.

Ons almal weet dat as ’n groot werk gedoen moet word, dit soveel makliker is as almal saam werk. Wanneer jy ’n groot klip moet optel, kry jy dit miskien nie reg nie, maar as jou maat help, is dit soveel makliker.

So wil die Here ook hê dat ons as gelowiges moet saamstaan en mekaar help. Dan kan God se boodskap soveel makliker die wêreld ingedra word. Probeer help waar jy kan, sodat jou geloof versterk kan word, en dat Here se Woord ook deur ander verstaan kan word.

 

Dankie, Here, dat daar so baie mense is wat u Woord verkondig. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 4 November 2020

’n Geskenk van God

“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly”

(2 Korintiërs 4:17)

Om ’n mens te wees, is nie altyd maklik nie. Van geboorte af tot volwassenheid is daar maar altyd swaarkry en probleme. Daar is baie soorte siektes en ongelukke wat ’n mens tref. Ook wanneer ons groot is, moet ons hard werk om aan die lewe te bly. Dit is soms baie warm of baie koud, maar ons moet uithou om te kan oorleef.

Ons teksvers sê dat hierdie swaarkry nie vir altyd sal wees nie. As ons volgens God se wil lewe, sal ons eendag die heerlikheid in die hemel ontvang. Ons menslike verstand is te klein om te verstaan wat God in die hemel vir ons sal gee, maar ons kan weet dat die hemel vol vrede en vreugde sal wees. Dit sal ook vir ewig en vir altyd wees. Wat ’n wonderlike vooruitsig!

 

Wonderlike Here, help my om my oë te hou op die  heerlikheid van die toekoms. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 3 Oktober 2020

Paulus in Rome

“Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor

die Here Jesus Christus geleer”(Handelinge 28:31)

Paulus was ’n besonderse mens. Hy was so vol van die Heilige Gees dat hy God se Woord aan soveel mense moontlik wou verkondig. In Handelinge lees ons van die baie dorpe en streke waar hy die mense van Jesus vertel het. Dit was nie altyd vir hom maklik nie, maar God was by hom om hom moed te gee. Baie mense was teen hom, maar die Here het self gesorg dat al meer mense hul bekeer het. So het God se kerk van dag tot dag gegroei.

Nadat Paulus baie reise onderneem het, is hy in Jerusalem deur die Jode aange­kla en het hy uiteindelik as ’n gevangene in Rome beland. Daar het hy ook die mense van Jesus vertel.

Omdat hierdie ou wêreld van ons so vol sonde en verkeerde dinge is, moet ons bid dat die Heilige Gees mense se harte sal verander. Wanneer mense deur God veran­der word, sal ons vrede en liefde op aarde hê.

 

Here, ek bid vir die mense wat nog nie U aangeneem het nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Kerknuus – Sondag, 4 Oktober 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   0 4  O K T O B E R   2 0 2 0

 

OCTOBER 2020 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH
Bethany Fellowship Church will be offering evening Matric classes for October/July 2021 for adults who need to complete their Senior Certificate.

Where: Bethany Fellowship Church, 225 Imam Haron Road, Claremont

Contact: Church Office on 021 671 9400 or 084 693 2801

 

4 OKTOBER 2020 PRO DEO KERK
Pro Deo Kerk begin ‘n Nuwe Reeks “Rebuild” – Om te herbou na ‘n krisis soos Covid!

Waar: Reddam House, Durbanville           Tyd: 09h30

Besoek webtuiste: www.prodeo.org.za of epos na info@prodeo.org.za

 

19-21 DESEMBER 2020 VGK VALHALLA PARK
VGK Valhalla Park hou ‘n Fondsinsameling Bootreis na Nerens op die MSC Boot

Koste: 2 Slaapplek binnekajuit @ R3800p/p asook familie binne kajuite @ R3800 volw, R900 p/kind, sluit in alle etes, tee/koffie/water, alle vertonings ens.   

Skakel: Delores of Arend by 084 301 0885 of (021) 903 5207

Alles & Nog Wat – 03 Oktober 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  0 3  O K T O B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Curved TV 120cm & Soundbar @ R13 500 + Washing Machine @ R3000

Percolator @ R800 + Double Bedset & headboard + 2 side cupboards @ R3500

TV Cupboard @ R1800

Contact: 083 667 7229

   
T E  K O O P F O R  S A L E
Beige Bathroom Wall Tiles – make an offer.

Contact: Diane on 082 832 9435

T E  K O O P F O R  S A L E
2 Black bags of scatter pillows @ R100p/bag + 2 Black Bags of variety light blankets, table cloths, placemats and light curtains @ R200p/bag

2 Medium size boxes of new born/toddler clothing @ R200p/box

Contact: 073 812 9142

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Chest of Drawers + 3-door Cupboard with 2 drawers and mirror @ R2000

Trio Sleeper Bank with single mattress @ R2500

Contact: 084 272 2018  

T E  K O O P F O R  S A L E
Damesklere (nr.38-40) in goeie toestand – Prys o.h.b.

Skakel: 071 004 0301

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Nissan Exa Bakwerk met Ratkas vir R3500

Skakel: Christie by 078 695 9266

 

T E  K O O P F O R  S A L E
1983 Ford Granada 3L vir R10 000

Skakel: 078 506 4771

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Avokado peer Bome @ R30/R50 elk + Appel, peer en Koejawel bome @ R15/R20 elk.

Skakel: 060 461 5017

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Het jy stukkende meubelstukke wat jy bloot net wil weggooi of dalk oortolliges wat in jou pad is en jy net van ontslae wil raak? Deure, hout ens, jou rommel is iemand se skatkis!

Skakel: 083 490 9971 en skenk vir ‘n goeie doel.

 

Dagstukkies met CLF 2 Oktober 2020

As God wil

“Hy het van hulle afskeid geneem en gesê: ‘As God wil,

kom ek na julle toe terug’ ” (Handelinge 18:21)

Terwyl Paulus in Efese was, het hy besluit om na ander dorpe ook te gaan. Omdat die mense so baie van God se woord gehou het, wou hulle gehad het dat Paulus langer moes bly. Hy wou egter verder gaan, en het gesê dat as dit God se wil is, hy weer na hulle sou terugkom.

Elke dag neem ons besluite oor wat ons gaan doen, of waarheen ons wil gaan. Ons lewe is in God se hande, en Hy alleen weet wat die beste is vir ons. Daarom moet ons altyd verstaan dat die mens planne kan maak, maar ons planne is afhanklik van God. Ons moet vir die Here vra wat sy wil vir ons is, voor ons ’n besluit neem. Wanneer ons vir Hom vra wat die beste sal wees, sal Hy ons die regte pad laat loop.

Dierbare Here, ek gee my lewe oor in u hande. Help my om altyd u wil te doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 1 Oktober 2020

Die Here stap saam

“Een nag het die Here in ’n gesig vir Paulus gesê: ‘Moenie bang wees nie, hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou’ ”  (Handelinge 18:9)

Omdat daar in Paulus se tyd nog so min mense van Jesus gehoor het, het hy baie dorpe en streke besoek. Die Bybel vertel van Paulus se sendingreise. Paulus was so ywerig dat hy enigiets verduur het net om God se boodskap te verkondig. Hy is in die tronk gegooi, geslaan en verneder, maar nogtans het hy aangehou met preek. Die Here self het hom moed ingepraat soos ons teksvers sê.

Soos Paulus die Woord van God versprei het, so moet ek en jy ook nie bang wees om vir God te werk nie. As ons die behoefte het om ander van Jesus te vertel, kan ons op die Here vertrou, want Hy is altyd by ons. Ons het dikwels die geleentheid om te getuig, dan moet ons nie bang wees nie, deur sy Heilige gees is Hy naby ons, binne-in ons.

 

Vader in die Hemel, gee vir my die vrymoedigheid om vir U te getuig en te werk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.