Dagstukkies met CLF 22 November 2020

Ander mense

“Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,

maar ook aan dié van ander” (Filippense 2:4)

Elke mens wil net graag doen wat vir hom belangrik is. Ons werk hard en lang ure sodat ons die mooi en lekker dinge van die lewe kan koop en geniet. Elkeen wil net so ’n groot televisie of blink motor hê as sy buurman. Ons wil eintlik altyd een voor wees.

Ons teks vandag herinner ons daaraan dat ons ook aan ander mense moet dink. Daar is so baie mense wat swaarkry, wat nie aldag kos op die tafel het nie, daar is baie blindes en dowes wat nie die mooi natuur kan sien nie, of nie die voëls se gefluit kan hoor nie.

Ons moet nie net dink aan sulke mense nie, nee, ons moet ook gee sodat hulle ook ’n beter lewe kan hê. Elke Sondag in die kerk is daar ’n geleentheid om vir minder bevoorregtes te gee. Probeer om altyd daarvoor ’n bydrae te maak. Die Here gee vir my en jou so baie, daarom kan ons uit dankbaarheid iets teruggee.

 

Maak my gewillig, Here, om my deel te gee vir die minder bevoorregte mense. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 21 November 2020

Altyd God se kind

“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in hulle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom” (Filippense 1:6)

Hierdie brief aan die Filippense het Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hy sê dankie vir wat die gemeente vir hom en die Here gedoen het. Ook waarsku hy hulle teen mense wat God se boodskap verdraai en verkeerde dinge verkondig.

Paulus skryf dat hy ook aan die mense wat hom opgepas het die Woord van God verkondig het. So het selfs Paulus se gevangenskap ’n geleentheid gebied om die evan­ge­lie te verkondig.

Die goeie werk wat God in daardie gemeente begin het, sal Hy mee voortgaan tot die wederkoms van Christus. So sal die Here ook vir óns sorg totdat Hy weer kom. Wanneer God goeie dinge in mense begin, sal Hy altyd daar wees om vir hulle te sorg. As ’n mens een keer God se kind is, sal jy altyd sy kind bly.

 

Here Jesus, baie dankie dat ek u kind kan wees. Moet my nooit verlore laat gaan nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Kerknuus – 22 November 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   2 2  N O V E M B E R   2 0 2 0

 

22 NOVEMBER 2020 NAMA PINKSTER KERK
Nama Pinkster Kerk hou ‘n Spesiale Diens met Tema “Gee die Blom”

Waar: Christen Gemeente Kerk, Joseph Laan, Scottsdene   Tyd: 15h00

Toegang: Covid Protokol word deurgaans gehandhaaf.

Kontak: D.J. Links by 078 421 5812

 

23 NOVEMBER 2020 ACTS 12V24 SCHOOL OF MINISTRY
Acts 12v24 School of Ministry invites you to an Information Session about Ministry Studies for Pastors, Church Leaders and members

Where: Radio Tygerberg 104fm, C/o Fairfield South & Williams Street, Parow

Time: 13h30

RSVP Amanda on 071 924 0905

 

27-28 NOVEMBER 2020 GRETHA WiiD
Vrouenaweek met Gretha Wiid – Reis van Egipte tot Kanaan oor Hoop

Waar: Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston, Bellville

Tyd: Vrydag: 18h30 & Saterdag: 08h30

Toegang: R500p/vrou (eie piekniek-mandjie vir Saterdag)

Kontak: Tertius by 082 783 7107

 

28 NOVEMBER 2020 THE JESUS COLLECTIVE
The Jesus Collective Live TBN & One Gospel Broadcast with Don Vino, Loyoiso Bala & Many Others   Where: Hilsong Church Cape Town    Time: 20h00

Registration: Due to Covid 19 protocols, seats are limited to 150, registration imperative.

Contact: www.thejesuscollective.co.za

 

28 NOVEMBER 2020 NGK PARKE- GEMEENTE
NGK Parke-Gemeente hou ‘n Buitelug Feesmark met ‘n Potjiekos Kompetisie en heerlike Eetgenot en Speelgoed vir die kinders!  Waar: Kiplingstraat, 60, Windsor Park, Kraaifontein    Tyd: 09h00-14h00

Kontak: Kerkkantoor by (021) 988 5340

facebookblad: www.facebook.com/ngkparke

 

30 NOVEMBER – 3 DESEMBER 2020 AGS MORNINGSTAR KERK
AGS Morningstar Kerk hou hul jaarlikse Veldtog met Past. Ernest van Wyk

Waar: AGS Morningstar Kerk, Skoolstraat, Durbanville   Tyd: 19h30

Toegang: Covid maatreëls word streng toegepas.

Kontak: Past. Jan van Zyl by 073 501 0315

 

5 DESEMBER 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Mini Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

6  DESEMBER 2020 UITSIG GEMEENSKAPSFORUM
Uitsig Gemeenskapsforum hou ‘n Dag van Gebed en nooi alle gemeentes en die gemeenskap.    Waar: Uitsig Sportgronde   

Kontak: Kurt Swartbooi by 062 995 2468 vir meer inligting.

 

 

Alles & Nog Wat – 21 November 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  2 1  N O V E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Annette is op soek na ‘n Boek getiteld “Die Hemel is ‘n werklikheid” deur Choo Thomas teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 084 941 3516

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Avril is op soek na mooi gekleurde afval Materiaal teen ‘n billike prys of te skenk.

Skakel: 074 570 2234

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Maria is op soek na ‘n Yskas teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 061 010 6231  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Shirley is op soek na ‘n Kombuis Wasbak/Mixer teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 074 440 2321

 
T E  K O O P F O R  S A L E
New Canon Printer @ R200 + used Printer for give away.

Contact: Lindsay on 078 085 5557

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is opsoek na ‘n Yskas & Stoof teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 060 453 1444

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na Klere vir 10jarige seun (grootte 10-11) teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 066 297 7547

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Arthur is op soek na ‘n Yskas teen bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 082 219 5239

 

T E  K O O P F O R  S A L E
1960 Wit Mercedes Benz E230 (manual) vir R21 000

Kontak: Melony by 084 596 5083

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Baby Feeding Chair in good condition – Price neg.

Contact: Shirley on 072 574 5007

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Acer Rekenaar Parte – Prys o.h.b.

Skakel: 084 394 4820

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Fiets teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 853 4471

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Colin is op soek na “Walking feet” Industriële Masjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 828 3058

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2 Elvis Presley Boeke @ R100 elk.

Kontak: Ria by 063 653 8140

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Alexander is op soek na ‘n Sitkamerstel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 752 3018

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Industrial Overlocker & Industrial Plain Sewing Machines @ R3000 (both) price neg.

Contact: Bertha on 074 404 8518

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Soliede Geelhout Eetkamerstel in goeie toestand vir R15000 o.h.b.

Kontak: Corrie by (021) 988 2211 of 076 086 9362

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Kamer in Bellville Area om te huur.

Skakel: Amanda by 073 542 1489

Dagstukkies met CLF 19 November 2020

Gebruik jou kanse

“Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in

’n goddelose tyd”  (Efesiërs 5:16)

Die tyd waarin ons lewe is baie deurmekaar en vol sonde. Elke dag hoor ons van ver­keer­­de dinge wat rondom ons in die wêreld gebeur. Soms raak ons bekommerd, en wonder waar dit alles gaan eindig. Dit voel asof die duiwel al meer veld wen. Lank gelede, toe vandag se teksvers geskryf is, was die wêreld al vol sonde.

Vandag se teksvers roep ons op om ons geleenthede te gebruik. Dit beteken dat ons elke geleentheid moet gebruik om te getuig van die Here, en om sy Woord aan ander oor te dra. Ook moet ons elke dag probeer om beter kinders van God te word. Ons moenie eendag spyt wees omdat ons te min vir die Here gedoen het nie.

Ons kry elke dag geleenthede om ons lewe aan God te wy. Ek en jy moenie vir God teleurstel nie. Ons moet voluit vir Hom lewe.

 

Dankie vir al die kanse wat U vir my gee. Help my Here, om dit te gebruik. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 18 November 2020

’n Nuwe lewe

“As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee” (Efesiërs 4:28)

In hierdie teksvers praat Paulus hard en reguit met die mense van Efese. Reeds in daardie tyd al was daar diewe wat gesteel het, en wat op ander mense geteer het.

Die Here wil hê dat almal wat verkeerd doen, ’n nuwe lewe moet hê. Elke mens moet deur harde werk vir homself sorg. Die Here het vir elke mens op aarde die opdrag
gegee om hard te werk, en sodoende ook iets vir die
armes te kan gee.

Daar sal altyd arm mense op aarde wees. Ek en jy moet net elke dag ons plig doen, dan sal die Here vir ons sorg. Ook sal Hy die liefde in ons harte gee sodat ons met groot dankbaarheid ook na die armes sal kan omsien.

Sê elke dag vir die Here dankie dat jy soveel meer het as baie ander.

 

Dierbare Here, baie dankie dat ek gesond is en kan werk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 17 November 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 7  N O V E M B E R   2 0 2 0

 

27-28 NOVEMBER 2020 GRETHA WiiD
Vrouenaweek met Gretha Wiid – Reis van Egipte tot Kanaan oor Hoop

Waar: Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston, Bellville

Tyd: Vrydag: 18h30 & Saterdag: 08h30

Toegang: R500p/vrou (eie piekniek-mandjie vir Saterdag)

Kontak: Tertius by 082 783 7107

 

30 NOVEMBER – 3 DESEMBER 2020 AGS MORNINGSTAR KERK
AGS Morningstar Kerk hou hul jaarlikse Veldtog met Past. Ernest van Wyk

Waar: AGS Morningstar Kerk, Skoolstraat, Durbanville   Tyd: 19h30

Toegang: Covid maatreëls word streng toegepas.

Kontak: Past. Jan van Zyl by 073 501 0315

 

4-6 DESEMBER HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM
Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 23ste jaarlikse Concertofees in die vorm van ‘n Virtuele Gala Konsert met 8 jong Musici o.l.v. Liam Burden en die Hugo Lambrechts Simfonie-orkes

Toegang: R155p/p (besoek: www.quicket.co.za)

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105 vir meer inligting.

Werkverskaffing – 17 November 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 7  N O V E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

KONSTRUKSIE VOORMAN  CONSTRUCTION FOREMAN
Vereistes: Gekwalifiseerde Konstruksie Voorman benodig in Boland area met min. 3jr. praktiese ervaring. Beton en strukturele staal konstruksie ondervinding sal voordelig wees.

Epos CV na Herman@kwandagroup.co.za

 

AKTEBESORGER TIKSTER CONVEYANCING TYPIST
Requirements: General secretarial duties for conveyancing purposes. Assisting with drafting of agreement and conveyancing documents. Conducting property searches. Diary management. Type correspondence. Good command of Afr & English, computer literate etc.

Email CV to info@ebersohnslaw.co.za

 

PLAVEISEL INSTALLEERDER PAVING INSTALLER
Vereistes: Voltydse, hardwerkende en betroubare Plaveisel Installeerder benodig vir die Konstruksie Bedryf in Stellenbosch. Ervare persoon wat kan leiding neem, netjies werk en spanwerk bevorder.

Kontak: Lenette by 084 627 1152

 

INSTALLEERDER INSTALLER
Vereistes: G2G Cupboards benodig ‘n Persoon (25-60jr) wat ingeboude Slaapkamer en Kombuis Kaste kan aanmekaar sit en installeer. Kandidate moet ‘n paar jaar se ondervinding in die bedryf hê, eie vervoer tot in Brackenfell noodsaaklik en sober gewoontes belangrik.

Kontak: Jacques by 074 477 5005 of epos CV na admin@g2gcupboards.co.za

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

VAKATURES VACANCIES
Requirements: Tradesmen & artisans needed in Mitchell’s Plain, Strand, Elsies River, Manenberg areas. Construction site Superintendents,  Construction site managers, Construction site Supervisors, Civil engineers, Inspectors, Boilermaker contractors, Artisans, Labourers, Bricklayers, Plasterers, Airconditioning contractors and Health and Safety Officers.

Email CV to stephenpetersen85@gmail.com

 

DRYWERS DRIVERS
Vereistes: Drywers benodig met geldige PDP en 5jr. ondervinding van personeel vervoer, vir 7dae p/w regoor die Kaapse Skiereiland. Geen kansvatters.

Skakel: (021) 692 0012 of 074 440 2321

Dagstukkies met CLF 17 November 2020

Naby aan God

“Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus” (Efesiërs 2:13)

Dit is nooit lekker om ver van jou familie of vriende te wees nie. Wanneer kinders klaar is met skool, gaan hulle uit hul ouerhuis om te gaan werk of studeer. Soms moet hulle baie ver weg van hul ouers gaan bly. Hulle verlang baie en mis dan hul ouers se raad en ondersteuning.

Die Bybel leer ons vandag dat wanneer ons ons harte vir die Here gegee het, is ons naby aan God. Voordat ons sy kinders was, het ons ver van God gelewe. Dit is alles moontlik gemaak deur die bloed van Jesus, toe Hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het.

Wanneer jy weer verlore en ver van jou ouers af is, onthou net dat jy baie naby aan God is. Jy is net ’n gebed ver van Hom af. Gaan op jou knieë, vertel vir God hoe jy voel, en Hy sal vir jou vrede gee.

 

Dankie, liewe Heer, dat U my hemelse Vader is, en dat U elke dag so naby my is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 16 November 2020

Aan God die eer

“Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie” (Efesiërs 2:9)

Wanneer iemand hier op aarde hard gewerk het en groot hoogtes bereik het, kan so iemand baie trots wees. Nog te meer, as iemand in al sy optrede eerlik en opreg was, en afhanklik van die Here geleef het, dan was so iemand se lewe die moeite werd.

Nou skryf Paulus dat niemand op homself trots kan wees nie. Niemand verdien enigiets nie, alles kom van God. Dit is Hy wat vir ons die verstand, gesondheid en die talente gee sodat ons kan presteer. Niemand sal iets kan bereik nie, as dit nie vir die genade van God was nie.

So kan ons ook nie trots wees op ons Christenskap nie. As dit nie was dat God ons uitverkies en gered het nie, was ons verlore mense. Al wat ons kan doen, is om elke dag vir die Here dankie te sê. Om ons dankbaarheid aan God te bewys, moet ek en jy Hom gehoorsaam wees en sy wil doen.

 

Here, ek is ’n swak mens en kan nooit vir U genoeg dankie sê vir alles wat U vir my doen nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.