Dagstukkies met CLF 15 November 2020

Ou mense

“Van hier af skryf ek eiehandig aan julle.

Kyk net die groot letters!” (Galasiërs 6:11)

Ons weet almal hoe gaan ’n mens se liggaam agteruit soos wat jy ouer word. Ou mense is baie swakker as jongmense. Baie keer verswak ons oë al op ’n vroeë ouderdom. Dan moet ’n mens ’n bril kry, want om klein letters te lees word al hoe moeiliker.

Waarom sou Paulus in ons teksvers sê dat hy skryf met groot letters? En dat hy in sy eie handskrif skryf? Party sê dat Paulus nie goed kon sien nie, en dat iemand anders daarom namens hom die skryfwerk gedoen het. Ek dink die doel daarmee is dat almal, ook die ou mense, sy boodskap moet kan lees en verstaan. Paulus se groot doel in die lewe was om God se Woord te verkondig. Dit was vir hom so belangrik dat hy selfs daaraan gedink het om dit ook vir die ouer mense leesbaar te maak.

Hoeveel doen ek en jy vir ou mense? Probeer om altyd vir ou mense goed te wees. Onthou, jy raak ook eendag oud, en dan sal jy dit self waardeer as jongmense vir jou omgee.

 

Liewe Here, help my om meer te doen vir mense wat oud is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 14 November 2020

Gee om vir mekaar

“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus”  (Galasiërs 6:2)

Die lewe vandag is so gejaagd. Ons het amper nie tyd om al ons eie dinge te doen nie. Baie keer sien ons nie eers ons vriende of familie se nood raak nie. Tog herinner Paulus ons daaraan dat ons mekaar se laste moet help dra. Die wet van God verwag ook van ons om ons naaste lief te hê soos onsself.

Jesus is vir ons die voorbeeld van hoe om vir mekaar om te gee. Dink net ’n bietjie na oor hoe Jesus mense gesond gemaak het, hoe Hy mense moed ingepraat het en so baie wat Hy na God toe gelei het.

Vandag doen die Here nog steeds baie vir jou en my. Kom ons volg Jesus se voorbeeld en help ander mense om gelukkig te wees. Troos mense wat hartseer is, praat hulle wat moedeloos is moed in en gee die honger mense iets om te eet.

 

Vergewe my, Here, dat ek so min vir my naaste omgee. Leer my om soos U te wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 14 November 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  1 4  N O V E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za

of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is dringend op soek na ‘n elektriese Rolstoel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 076 801 4308

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Bed en Kassie teen ‘n billike prys of te skenk.

Skakel: 064 021 4924

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Geiser teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 079 445 7205  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Sonia is op soek na ‘n Radio teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 600 2706

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Ford Focus 2L + Volvo S402 Alternator + Cylinder head Exhaust Branch + Throttle body engine block Pistons STD coil packs + 1962 Morris Minor – Prices neg.

Contact: 078 669 8635

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Motorbande (15’s) vir R600 + Grassnyer vir R500

Skakel: 084 469 3502

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Luisteraar soek na Klere vir 10jarige seun (grootte 10-11) teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 066 297 7547

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Willem is op soek na ‘n Karavaan teen bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 073 415 5783

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Cathy is op soek na ‘n Voordeur Ysterhek teen bekostigbare prys.

Skakel: 076 598 1785

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Baby Feeding Chair in good condition – Price neg.

Contact: Shirley on 072 574 5007

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2010 Ford Fiesta with licences @ R25 000

Contact: Russell on 073 399 0525

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na Verf teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 505 8109

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Jocelyn is op soek na ‘n Stel Dromme vir haar seun teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: (021) 932 9107 of 079 445 7205

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Leticia is op soek na ‘n Dubbelbed en Laaikas teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 084 987 1167

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Alexander is op soek na ‘n Sitkamerstel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 752 3018

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Kombuis Vloer Teels groot hoeveelheid vir R200 + Krukke vir R200

Skakel: 084 394 4820

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Industrial Overlocker & Industrial Plain Sewing Machines @ R3000 (both) price neg.

Contact: Bertha on 074 404 8518

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Soliede Geelhout Eetkamerstel in goeie toestand vir R15000 o.h.b.

Kontak: Corrie by (021) 988 2211 of 076 086 9362

Kerknuus – 15 November 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   1 5  N O V E M B E R   2 0 2 0

27-28 NOVEMBER 2020 GRETHA WiiD
Vrouenaweek met Gretha Wiid – Reis van Egipte tot Kanaan oor Hoop

Waar: Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston, Bellville

Tyd: Vrydag: 18h30 & Saterdag: 08h30

Toegang: R500p/vrou (eie piekniek-mandjie vir Saterdag)

Kontak: Tertius by 082 783 7107

 

5 DESEMBER 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Mini Basaar met heerlike Potjiekos, Tee-Tuin en vele meer

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

6  DESEMBER 2020 UITSIG GEMEENSKAPSFORUM
Uitsig Gemeenskapsforum hou ‘n Dag van Gebed en nooi alle gemeentes en die gemeenskap.

Waar: Uitsig Sportgronde   

Kontak: Kurt Swartbooi by 062 995 2468 vir meer inligting.

 

 

Dagstukkies met CLF 13 November 2020

Jou erfporsie

“Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak” (Galasiërs 4:7)

Jare gelede was daar slawe. Mense het slawe gekoop as hulle eiendom. Sulke slawe was nie toegelaat om weg te gaan om vir iemand anders te gaan werk nie. Nou sê Paulus in ons teksvers dat iemand wat die Here aanneem verlos word van die slawerny van die sonde. Ek en jy is nie meer ’n slaaf van die sonde nie. God het ons vrygemaak en ons aangeneem as sy kinders.

Kinders erf mos hul ouers se besittings of geld wanneer dié te sterwe kom. Omdat ons ook nou kinders van God is, erf ons God se rykdom, naamlik die ewige lewe saam met God in die hemel. Hierdie is sekerlik die grootste erfporsie wat iemand kan ontvang. Ons moet elke dag so lewe dat ons sal uitsien na die groot geskenk wat vir ons in die hemel wag.

 

My Here, baie dankie dat ek ook U erfgenaam kan wees. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 12 November 2020

Almal gelyk voor God

“Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één” (Galasiërs 3:28)

Ek wonder of jy al gehoor het dat mense vertel dat mense van spesifieke nasies of stam­me nie in die hemel sal kom nie? Hulle redenasie is dat daardie mense te veel verkeerde dinge doen en dat God hulle nooit sal aanvaar nie.

Dit is nie die waarheid nie! Hier lees ons vandag dat alle mense gelyk is voor God. Wanneer iemand vir Jesus as sy Verlosser aanneem en glo dat Jesus vir sy sondes gesterf het, het hy of sy die ewige lewe! Dit maak nie saak wat jou kleur of jou afkoms is nie, of jy ryk of arm is nie, of jy man of vrou is nie, as jy jou lewe vir die Here gee, is jy saam met alle gelowiges een in Christus Jesus.

Ek en jy moet elke dag bid vir mense wat nog die verkeerde begrip het van wie God se kinders mag wees.

 

Dankie, Here, dat U vir my aangeneem het en ek u kind kan wees net soos ek is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 11 November 2020

Moenie twyfel nie

“Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring”(Galasiërs 1:7)

Ook vandag hoor ons van mense wat die boodskap van God verdraai. Hulle beweer dat dit wat ek en jy in die Bybel lees nie waar is nie. Hulle bring mense op ’n dwaalspoor, en dan begin mense twyfel aan God se bestaan.

Hier in Galasiërs waarsku Paulus teen sulke mense. Ons moet op ons hoede wees en nie sommer enigiets aanvaar nie. Elkeen van ons wat die Here aangeneem het, weet dat die Bybel waar is, en dat daar net een God is. Hierdie mense wat God se woord in twyfel trek, word maar net deur die duiwel gebruik. Die duiwel sal altyd probeer om God se kinders op die verkeerde pad te bring.

Dink net ’n bietjie na oor al God se liefde vir jou, oor alles wat God in die wêreld doen, en jy sal nooit twyfel nie.

 

Liewe Vader, ek weet en ek glo dat U die enigste en ware God is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 10 November 2020

Goeie raad

“Verder broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!”  (2 Korintiërs 13:11)

Hier aan die einde van sy brief gee Paulus vir die gelowiges van Korinte nog goeie raad. Die eerste was om altyd bly te wees. Hoe kan ’n mens bly wees as jou omstandighede sleg is? Omdat God in ons harte is, kan ek en jy bly wees!

Ook moedig hy hulle aan om geestelik te bly groei. Dit geld ook vir ons. Ons moet tog nie soos babatjies in die geloof bly nie. Verder herinner hy hulle daaraan dat hulle bereid moet wees om reggehelp te word. Ek en jy moet dit ook aanvaar as ander ons op ons foute wys. En bo alles, sê Paulus, moet ons met mekaar oor die weg kom, en in vrede met mekaar saamleef.

Kom ek en jy aanvaar ook vandag die goeie raad van Paulus. Dan sal die God van liefde en vrede by ons wees.

 

Here, baie dankie vir al die goeie raad wat ek in die Bybel kry. Help my om dit ook uit te leef. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 9 November 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   1 0  N O V E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

INSTALLEERDER  INSTALLER
Vereistes: Voltydse, hardwerkende en betroubare Plaveisel Installeerder benodig vir die Konstruksie Bedryf in Stellenbosch. Ervare persoon wat kan leiding neem, netjies werk en spanwerk bevorder.

Kontak: Lenette by 084 627 1152

 

STIKSTER MACHINIST
Requirements: Clothing Alteration Shop opposite Tygervalley requires a Sample Hand All Rounder Machinist. Must have references.

Contact: Irene on (021) 914 4537 or 071 670 7081

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: Pos beskikbaar vir klereherstelwerk, met ondervinding en verkieslik in Cape Gate omgewing woonagtig wees vir 2/3 dae per week.

Whatsapp alleenlik by 076 978 5135

 

INSTALLEERDER INSTALLER
Vereistes: G2G Cupboards benodig ‘n Persoon (25-60jr) wat ingeboude Slaapkamer en Kombuis Kaste kan aanmekaar sit en installeer. Kandidate moet ‘n paar jaar se ondervinding in die bedryf hê, eie vervoer tot in Brackenfell noodsaaklik en sober gewoontes belangrik.

Kontak: Jacques by 074 477 5005 of epos CV na admin@g2gcupboards.co.za

 

STOORMAN STOREMAN
Requirements: Storeman required in Blackheath Kuils River, with Grade 12 min. qualification, knowledge of stock orders, delivery notes, purchase orders, computer literate, excel exp.

Email CV to haliwelafinances@gmail.com

 

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE ADMIN OFFICER
Vereistes: Laerskool Courtrai, Paarl benodig die dienste van ‘n selfgedrewe, positiewe en bekwame Administratiewe Beampte met uitstekende menseverhoudings vanaf 1 Februarie 2021. Vereistes: Krediteure, betalings volgens voorgeskrewe beleid, Payroll, Sage Pastell, rekonsiliasies, bemarking ens.

Epos volledige CV aan Skoolhoof: Laerskool Courtrai Paarl: courtraips@mweb.co.za

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist benodig in Durbanville.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

VAKATURES VACANCIES
Requirements: Tradesmen & artisans needed in Mitchell’s Plain, Strand, Elsies River, Manenberg areas. Construction site Superintendents,  Construction site managers, Construction site Supervisors, Civil engineers, Inspectors, Boilermaker contractors, Artisans, Labourers, Bricklayers, Plasterers, Airconditioning contractors and Health and Safety Officers.

Email CV to stephenpetersen85@gmail.com

 

DRYWERS DRIVERS
Vereistes: Drywers benodig met geldige PDP en 5jr. ondervinding van personeel vervoer, vir 7dae p/w regoor die Kaapse Skiereiland. Geen kansvatters.

Skakel: (021) 692 0012 of 074 440 2321

Dagstukkies met CLF 9 November 2020

God se krag

“Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is’ ”(2 Korintiërs 12:9)

Ons het al voorheen gelees dat Paulus baie probleme gehad het toe hy die Woord van die Here verkondig het. In 2 Korintiërs hoofstuk 11 en 12 lees ons weer hoe moeilik hy gehad het. Hy is lyfstraf toegedien, met klippe gegooi, en was dikwels in gevaar wanneer hy op reis was. Hy moes nagte sonder slaap bly, en was dikwels honger en dors. Ons lees ook dat hy ’n soort siekte gehad het wat hom baie gepla het. Daarom het hy die Here gevra om dit van hom af weg te neem.

God se antwoord aan hom lees ons in die teksvers: God se genade sal vir hom genoeg wees. Juis omdat Paulus swak was, sou hy God se krag sien.

Wanneer ons swaarkry en soms moedeloos word, kan ons maar net aan Paulus dink. God se genade en krag sal ons deur moeilike tye dra. Die Here sal altyd by sy kind­ers wees om te help.

 

Dankie, Here, dat ek op u krag kan reken. Laat my op U vertrou wanneer ek swak is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.