Dagstukkies met CLF 8 November 2020

Wees ’n staatmaker

“Ek is baie bly dat ek in elke opsig op julle kan reken”

(2 Korintiërs 7:16)

Dit is altyd goed wanneer jy op iemand kan staatmaak. As jy vir iemand vra om vir jou iets te doen, en daardie persoon voer jou opdrag uit, maak dit jou baie gelukkig. Iemand op wie jy kan reken is ’n betroubare en verantwoordelike mens.

Paulus was baie bly toe hy gehoor het hoe die mense in Korinte ander bygestaan en gehelp het. Hy het geweet God woon in hul harte, en daarom sal hulle die regte dinge doen en getrou wees.

Ons moet ook so lewe dat ander mense op ons kan reken. Doen elke dag jou werk getrou, wees verantwoordelik en die Here sal jou vergoed. Lewe so dat die Here ook op jou kan staatmaak om sy Woord uit te dra. Vertel vir ander van Jesus, en wat Hy vir jou doen, en vertel ook dat ons altyd op God kan staatmaak om ons te help.

 

Dankie, Here, dat ek op U kan reken. Help my sodat ander mense ook op my kan staat­maak. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 7 November 2020

God se tyd

“Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het ek jou gehelp”. Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding”
(2 Korintiërs 6:2)

Ons weet almal dat tyd baie belangrik is. Daar is ’n sekere tyd wanneer ons soggens opstaan om betyds by die werk te kom. Kinders moet ook ’n sekere tyd by die skool wees. Die kerk begin ook Sondae op ’n bepaalde tyd.

God bepaal ook vir ons die regte tyd: nou is die tyd vir verlossing. Ook as ons bid en vir God iets vra, beantwoord Hy dit op die regte tyd. Soms wonder ons of God ons hoor as ons bid, want Hy antwoord ons dan nie dadelik nie. Moenie ophou om te bid en te glo nie, op God se tyd sal Hy antwoord.

Die Bybel leer ons dat God se tyd nie ons tyd is nie. Hy weet wanneer en wat ons nodig het. Hy weet wat die beste vir ons is, en Hy sal ons gebede altyd op die regte tyd verhoor.

 

Here Jesus, dankie dat U in beheer is van my lewe. Dankie dat U op die regte tyd vir my gee wat ek nodig het. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Kerknuus – 8 November 2020

K E R K N U U S
S O N D A G   0 8  N O V E M B E R   2 0 2 0

 

8-9 NOVEMBER 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Konferensie met Past. Rynier Nolan

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 09h00 & 18h00

Toegang: Gratis, liefdesoffer opgeneem word tydens dienste.

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

5 DESEMBER 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou ‘n Mini Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

6  DESEMBER 2020 UITSIG GEMEENSKAPSFORUM
Uitsig Gemeenskapsforum hou ‘n Dag van Gebed en nooi alle gemeentes en die gemeenskap.

Waar: Uitsig Sportgronde   

Kontak: Kurt Swartbooi by 062 995 2468 vir meer inligting.

 

Alles & Nog Wat – 7 November 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G  0 7  N O V E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Michelle is op soek na ‘n Sofa of Sitkamerstel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Michelle by 062 569  3354

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Ilse is op soek na ‘n Kos Sleepwa (Food Trailer) of Persoon wat dit vir haar kan ontwerp en bou teen ‘n billike prys.

Skakel: 084 588 9669

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Bettie soek na ‘n Dubbelbed, Yskas, TV, Yskas en Gordyne teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 035 6375  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Alexander is op soek na ‘n Sitkamerstel teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 752 3018

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Bettie is op soek na Kombuiskassies met ‘n Opwasbak teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 173 9307

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Eva is op soek na ‘n Klerekas en Vloer Teels teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 064 186 7557

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 1000L Water Tenk vir R800 + 2 Stortdeure vir R500

Vorm (mould) vir Boublokke @ R1500

Kontak: Joseph by 062 419 6516

 

 

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar op soek na ‘n Buitedeur (stable door) en Bou materiaal om bad en toiletgeriewe te installeer, teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 083 759 2619

 

T E  K O O P F O R  S A L E
4-Plaat Stoof vir R650 + Vrieskas vir R850

Kontak: Jackie by 064 976 4601

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Samsung Computer Monitor @ R120 + Evening Wear: Chiffon Dress (sizes 34/36) @ R450 & Black glittery Lacy Dress @ R180 + Chiffon Wedding Dress @ R300

Contact: Shirley on 074 440 2321

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Stel Gholfstokke vir R2500

Skakel: 061 192 4693

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Heather soek na ‘n Enjinkap “Bonnet” vir ‘n 1400 Nissan Bakkie teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 079 655 2646

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Richard is op soek na oortollige Bou Sand teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: Richard by 072 448 3984

 

T E  K O O P F O R  S A L E
New Black Leather Seat Covers @ R200 + Classic Guitar @ R600 + Double Zink @ R200 + Heater @ R150 + Convention Oven @ R360 + Big Frying Pan @ R350

Brown round Table with Chairs @ R600

Contact: 081 512 9291

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Fiela is op soek na ‘n Yskas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 803 8876

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Omkap naaimasjien (Overlocker) teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 082 572 6059

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Clothing to sell in good condition – Price neg.

Contact: 071 004 0301

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Soliede Geelhout Eetkamerstel in goeie toestand vir R15000 o.h.b.

Kontak: Corrie by 021 988 2211 of 076 086 9362

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n TV teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 695 0976

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Ann soek na 2 Enkelbed Matrasse, ‘n Stoof en enige kleur Verf teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 639 4194

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Roslyn is op soek na ‘n Yskas & Sitkamermeubels teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 929 1317

 

Dagstukkies met CLF 6 November 2020

Nuwe mense

“Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens.

Die oue is verby, die nuwe het gekom”(2 Korintiërs 5:17)

Elke mens wat gebore word, is vol sonde. Dit is in ons aard om ons eie pad te gaan. Die Bybel leer ons dat dit vanaf Adam se tyd so was. Wanneer ’n kind opgroei en groot word, kry hy of sy een of ander tyd met die Here te doen. Ouers vertel hulle van Jesus, of hulle leer by die skool of Sondagskool van die Here.

As mense in die Here Jesus glo en Hom aanneem as hul Verlosser, word hulle nuwe mense. Dit is asof hulle weer gebore word. Hulle is nou kinders van God. Hulle los die sonde en leef vir Christus.

Is jy al ’n kind van God? As jou antwoord ja is, is jy ’n nuwe mens. Ongelukkig kry nie alle mense op aarde die geleentheid om God se kinders te wees nie. Ander wil dit nie glo nie. Dit is net genade van die Here as ons deur Hom geroep word.

 

Dankie, Here, dat ek ’n nuwe mens kan wees. Dankie dat U ook vir my sondes gesterf het. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 5 November 2020

Jou keuse

“Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Korintiërs 5:10)

Elke mens op aarde moet die een of ander tyd sterf. Niemand op aarde kan vir altyd leef nie. Vandag leer ons dat elke mens voor God se regterstoel sal staan om beoordeel te word oor hoe hy of sy op aarde geleef het. Dié wat volgens God se wil gelewe het, sal beloon word, maar dié wat God se verlossing geïgnoreer het, sal vir ewig sonder God wees.

Wat sal jy kies? Die goeie pad of die verkeerde een? Dis nie ’n moeilike keuse nie. Ons wil elkeen graag nadat ons gesterf het vir ewig in die hemel by God wees. Daar­om moet ek en jy elke dag so aan God vashou dat ons nie bang hoef te wees vir sy oordeel nie.

 

Dierbare Here, help my om elke dag U wil op aarde te doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds

Dagstukkies met CLF 4 November 2020

n Geskenk van God

“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly”

(2 Korintiërs 4:17)

Om ’n mens te wees, is nie altyd maklik nie. Van geboorte af tot volwassenheid is daar maar altyd swaarkry en probleme. Daar is baie soorte siektes en ongelukke wat ’n mens tref. Ook wanneer ons groot is, moet ons hard werk om aan die lewe te bly. Dit is soms baie warm of baie koud, maar ons moet uithou om te kan oorleef.

Ons teksvers sê dat hierdie swaarkry nie vir altyd sal wees nie. As ons volgens God se wil lewe, sal ons eendag die heerlikheid in die hemel ontvang. Ons menslike verstand is te klein om te verstaan wat God in die hemel vir ons sal gee, maar ons kan weet dat die hemel vol vrede en vreugde sal wees. Dit sal ook vir ewig en vir altyd wees. Wat ’n wonderlike vooruitsig!

 

Wonderlike Here, help my om my oë te hou op die heerlikheid van die toekoms. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds

Werkverskaffing – 3 November 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   0 3  N O V E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

BEMARKING KONSULTANTE  MARKETING CONSULTANTS
Requirements: Marketing Consultants needed with NQF4 Equivalent, computer literacy in MS Word & Excel, fluency in written and spoken English, good presentation and communication skills. Ability to work according to strict deadlines on an on-going basis, strong customer service orientation etc.

Email Cover letter and CV to info@jsbrokerage.co.za

 

STIKSTER MACHINIST
Requirements: Clothing Alteration Shop opposite Tygervalley requires a Sample Hand All Rounder Machinist. Must have references.

Contact: Irene on 021 914 4537 or 071 670 7081

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: Pos beskikbaar vir klereherstelwerk, met ondervinding en verkieslik in Cape Gate omgewing woonagtig wees vir 2/3 dae per week.

Whatsapp alleenlik by 076 978 5135

 

OPSIGTER CARETAKER
Vereistes: Opsigter benodig by ‘n Deeltitel Kompleks in Vredekloof, Brackenfell. Moet oor ‘n voertuig en geldige bestuurslisensie beskik, rekenaarvaardig en goeie menseverhoudings kan handhaaf.

Stuur opgedateerde CV na admin@holm.co.za

 

STOORMAN STOREMAN
Requirements: Storeman required in Blackheath Kuils River, with Grade 12 min. qualification, knowledge of stock orders, delivery notes, purchase orders, computer literate, excel exp.

Email CV to haliwelafinances@gmail.com

 

BESTUURDER MANAGER
Vereistes: Bestuurder benodig by Huis Uitsig, Parow-Noord. Aansoeke van gemotiveerde persone met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.

Vir meer inligting besoek Badisa se webtuiste by www.badisa.org.za/recruitment

 

JUNIOR ARGITEKSTEGNOLOOG JUNIOR ARCHITECT TECHNOLOGIST
Vereistes: Piet Dekker Argitekte benodig ‘n Junior Argitekstegnoloog met 5jr. ondervinding, toepaslike tersiêre kwalifikasie en ervare wees in Autodesk Revit. (Tydelike posisie).

Stuur verkorte CV na info@pietdekker.co.za

Dagstukkies met CLF 3 Desember 2020

Ware rykdom

“As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees” (1 Timoteus 6:8)

In hierdie wêreld van ons is daar baie ryk mense. Hulle kan koop net wat hulle wil hê, hulle kan vakansie gaan hou waar hulle wil, en kan die lewe geniet. Vir ons wat nie baie het nie, lyk dit so lekker.

In vandag se woord waarsku Paulus vir Timoteus (en vir ons) dat rykdom op aarde niks beteken nie. Die Bybel leer vir ons dat daar mense is wat geld najaag en dan van die geloof afdwaal. Sulke geldgierige mense maak op hul rykdom staat en dink hulle het God nie nodig nie. Met hul geld kan hulle alles regmaak.

Maar dit is nie waar nie. Sonder God in ons lewe is ons baie arm. Geld kan nie vir ons ’n plek in die hemel koop nie. Alles wat ons besit, kom van die Here af. Hy sorg dat sy kinders elke dag genoeg het.

Daarom moet ek en jy, al is ons nie ryk nie, tevrede wees met wat ons het. Ons rykdom is by God in die hemel.

 

Vergewe my, Here, as ek aardse rykdom begeer en vergeet hoe ryk ek is in U. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 3 November 2020

Oop deure

“Toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus daar te verkondig, het die Here die deure vir my wyd oopgemaak” (2 Korintiërs 2:12)

Ons weet almal dat ’n mens nie sommer by ’n toe deur kan ingaan nie. As die deur nog boonop gesluit is, is dit onmoontlik om in te gaan.

Paulus skryf dat toe hy in Troas gekom het om die evangelie te verkondig, die Here vir hom die deure wyd oopgemaak het. Dit beteken dat God hom gehelp het om die Woord te verkondig in nuwe gebiede. God het dit vir hom maklik gemaak. Hoekom het God dit dan vir hom maklik gemaak? Omdat God geweet het dat Paulus God se Woord aan ander wou bring.

Wanneer ons vandag ook vir God wil werk, en ons bedoelings is opreg, sal die Here ons ook help en ons pad gelyk maak. Die Here belowe in sy Woord dat Hy ons sal bystaan as ons bereid is om vir Hom te werk.

 

Dankie, Here, vir die baie deure wat U oopgemaak het in my lewe. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.